MEYERTON. – Unieke Kersliggie fees uit die Bybel. Die NG Gemeente Meyerton-Oos het vanjaar weer soos die vorige 7 jaar ‘n unieke en pragtige Kersliggie-skepping wat vanuit die Bybel wys hoe Jesus se geboorte die beloftes van God in vervulling bring. Amptelike Opening Die liggies word op Sondag 01 Desember amptelik aangeskakel op ‘n hoë noot met ‘n toneel en kers sangaand. Van die publiek wat dit voorheen bygewoon het, het dit beskryf as “fantasties”, ‘n heerlike gesinsfees”, “ongelooflike gasvryheid”, “spontane hartlikheid”. Die liggies sal vanaf die 16de Desember elke aand brand – sodra dit donker genoeg is - tot Oukersaand (24ste). ‘n Klein gidsie help die besoeker om te verstaan wat elke toneel uitbeeld. “Dit het my diep geraak’” het menige person gesê. Spesiale reëlings vir Oukersaand (24ste) Op Oukersaand word daar as afsluiting ‘n samesang en braai by die liggies gehou. Daar is dikwels mense wat alleen is en nie by hul geliefdes kan wees nie, en wat smag na iemand om die aand mee te deel. Elkeen word uitgenooi om die Oukersaand saam te kuier. Bring sommer jou eie vleisie en bykosse en eet lekker saam met almal. Kafeteria met gratis verversings. Daar sal elke aand gratis koffie en tee bedien word. Koeldranke, eetgoedjies, spesiale kers geskenkies en andere sal te koop aangebied word. Donasies/idees om die liggies uit te brei/verbeter is ook welkom. Almal is welkom om van “Die Begin” af deur die Bybel te reis, ‘n draai saam met Josef, Daniël se vriende, Ester en talle ander karakters mee te maak. Die absolute glanspunt is om saam met Dawid jou eie uitdagings in die oë te kyk, die slingervel op te tel, en jou eie Goliat-probleem (3m hoog) tussen die oë te gooi. Veral die kinders geniet hierdie aksie geweldig baie.
Die kerk se adres is op die hoek van Jan Neethling en Mentz strate (onder die groot kragdrade), in Riversdale, Meyerton. Hoek van Jan Neethling (voorheen hoofweg) en Mentz (voorheen Denne) strate (skuins oorkant die Katimar vulstasie en Food Zone). GPS: S -26059793 / E -28004046. Duidelike pad borde vanuit Jim Fouche (Vaaldam pad) sigbaar. Skakel die kerkkantoor by (016) 364 1484 (tussen 09:00 en 13:00, Ma, Wo, Don, Vry.) of 083 561 7813 (Hennie van Loggerenberg)of besoek ons by www.ngmtonoos.co.za.