My Dankoffer NGK Meyerton-Oos
Lukas 17 verse 11-19
Hoe lyk my verhouding met God (11) Op sy reis na Jerusalem
genees is, omgedraai en God
toe het Jesus al met die
hardop geprys. (16) Hy het
grens tussen Samaria en
voor die voete van Jesus
Galilea langs gegaan. (12)
neergeval en Hom gedank.
Net toe Hy ‘n sekere dorpie
Hierdie man was ‘n Samari-
wou binnegaan, kom tien me-
taan. (17) Toe sê Jesus:
laatse mans Hom tegemoet,
"Was daar nie tien wat
maar hulle bly op ‘n afstand
gesond gemaak is nie? Waar
staan (13) en roep hard:
is die ander nege dan? (18)
"Jesus, Here, ontferm U oor
Is daar niemand anders wat
ons!" (14) Toe Hy hulle
omgedraai het om God die
sien, sê Hy: "Gaan wys julle
eer te gee behalwe hierdie
vir die priesters." Op pad
man wat nie eers ‘n Jood is
daarheen het hulle gesond
nie?" (19) En vir hom sê Hy:
geword. (15) En een van
"Staan op en gaan huis toe.
hulle het, toe hy sien dat hy
Jou geloof het jou gered." 1
2
‘n Mens moet tog sekerlik eers na jou eie huis en eie familie kyk...?! Natuurlik moet ek vir my gesin sorg! Dis ‘n sonde om my huis af te skeep ter wille van die kerk, met die gedagte dat “hoe meer ek gee hoe meer gaan ek kry!”
MAAR...
Here my tog maar ‘n bietjie meer wou gee (inkomste, salaris, oeste), sou dinge ook beter gegaan het in die kerk.”
Tog bely hy daarop: “Die Bybelse waarheid is dat die dinge in jou eie huis nooit beter gaan Die gee van offergawes is vir my ‘n vóórdat jy sorg dat dit beter reaksie op die groeiende bewussyn dat gaan in die God deel is van my lewe. Dit is ten Here se huis diepste ‘n praktiese uitdrukking van die nie.” (Mal.3:8feit dat ek ‘n dissipel van Christus is 10 / Neh.13:1014)
...as ‘n mens nou biddend vra vir die Here: “Wat wil U hê moet ek doen ... Ook ten opsigte van my offers?” en die antwoord lyk darem buitensporig ..... Wat dan?!
Dit was die weduwee van 1Kon.17:12-15 se dilemma. Die Here vra deur Sy profeet alles wat sy vir haar en haar seuntjie oorgehad het. As die Here tog net éérs die meel en die olie in die kruik vermeerder het.....
DIE HERE VERWAG TOG SEKER NIE VANDAG NOG PRESIES ‘N TIENDE NIE? Natuurlik nie! Dit was die Ou Testamentiese wet wat ‘n tiende tot op die “sent” laat bereken het.
MAAR...
Helaas, dis waar GELOOF inkom! Iemand skryf eenkeer: “As die
...dink daaraan dat hulle onder (Vervolg op bladsy 44) 3
(Vervolg van bladsy 3 3)
die Ou Verbond so getrou geleef het—in afwagting van die vervulling ... Die bedeling waar hulle maar net skaduwees van Christus kon sien. As ons dan in die bedeling NA Christus leef EN die Verlosser in al Sy heerlikheid en verlossing ervaar, moet ons dankbaarheid nie juis dan méér oorvloedig wees nie?!
Kyk gerus na die volgende Bybeltekste: ♦ ♦ ♦ ♦ ♦
Mat.19:21, Mark.12:38-44 Hand.4:34-37, 2Kor.8:4-5, 11-15 2Kor.9:6-15.
KAN ONS JOU MAAR UITDAAG?! 1. Berei jouself in jou binnekamer voor vir die gee van jou offer, sodat jy saam met Dawid in 1 Kronieke 29:19 kan 4
sê: “Ek weet, my God, dat U die hart ondersoek en dat U opregtheid wil hê. Ek het in opregtheid van hart al hierdie gawes gebring ... Alles kom tog van U af. En ons gee net aan U terug wat ons van U gekry het. 2. Dalk dra jy elders ook by. Kan ons jou uitdaag om hierdie 10de maand jou volle tiende vir die kerk te gee—of, as die Here jou oortuig, selfs nog meer as ‘n tiende! 3. Woon die eredienste van Oktober by, sodat jy uit die Woord kan hoor wat die Here verder sê oor ons offers wat geloofs offers moet wees, sodat dit kan bydra tot ons geloof. 4. Vul die spesiale 10de Maand koevert met die bedrag waarop jy én die Here ooreengekom het en plaas dit Sondae in die offergawebord of gee dit by die kerkkantoor af of gooi dit in die na-ure posgleuf af.
Om los te kom van myself Die Vader wil ons so graag die werk van Jesus gee om te doen. Ons moet egter maar onthou: Deur my offergawe samel God nie geld in nie. So werk Hy persoonlik met my. God het nie ons geld nodig nie. Maar elke keer as ons ‘n offer bring, gee ons ‘n bietjie van ons selfsugtigheid weg. Die resultaat? God word geprys! Die digter van Ps.116 beleef dat waar geen mens meer kon help nie (vs.11), net die Here as anker oor is. Die Here se weldade is talryk—Hy hoor sy gebede, luister na hom, gee ontferming en beskerming, ens. Oorweldig hierdeur vra hy: “Hoe sal ek die Here vergoed vir al Sy weldade aan my?” (vs.12) Sy antwoord is asof dadelik: “Met ‘n drankoffer sal ek van Sy redding getuig!” (vs.13) en “Ek wil U loof met ‘n dankoffer” (vs.17).
Offergawe is sy dankie-sê
en sy lof aan God, omdat hy duidelik onthou watter verskil God in sy lewe maak. Dalk is dit ook hoe ons moet gee: deur ‘n oomblik stil te word en terug te kyk na God se voorsiening. Om te herleef watter verskil God maak. En dán Hom te loof met die dankoffers wat ons gee!!!
(Alle Bybelaanhalings uit NAV—Nuwe Afrikaanse Vertaling en/of BV Boodskap Vertalings geneem)
Haggai 1:4-8 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? (5) Daarom, so sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. (6) Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek. (7) So sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat5 Ek my eer kan ontvang en tevrede kan wees, sê die Here.
Kan jy Jesus beÏndruk? Lukas 21:1-4 (ook Markus 12:41-44) vertel in enkele verse die verhaal van ‘n offervaardige weduwee wat vandag steeds op die post-moderne mens ‘n appél maak en elke egte gelowige twee keer laat dink. In die voorhof van die tempel was daar 15 verskillende offerkiste waarin geld-offers gegooi kon word. Elke skatkis het ‘n priester wat die geld ontvang en daarin gooi. Die gewer het met die aanbied van die offer die bedrag hardop genoem. Ten aanhore van almal, is die mildelike gewer geprys, maar die geringe offer bestraf en selfs verneder. Dikwels het mense gestaan en luister na die bydraes. Ook Jesus het daar vertoef ... juis toe ‘n arm weduwee twee onbenullige munstukkies afgee ... en waarskynlik ‘n skrobbering deurmaak... Jesus het die omvang van die weduwee se offer raakgesien en was so beïndruk daarmee dat hy haar uitsonder en haar bydrae as belangriker ag as selfs die groot somme metaalmunte van die groot bydraers. So beïndruk was Jesus, dat hierdie weduwee se optrede in die evangelies verewig is! Waarom was Jesus so beïndruk? Daar is ‘n paar moontlikhede: 1. Hy was beïndruk omdat hy bonatuurlik geweet dat sy arm was met niemand om vir haar te sorg nie. Tog het sy alles gegee—soos ook Hy kort daarna álles sou gee.
wie se inkomste so laag was dat sy eerder moes ontvang het as om self te gee. Sy het nogtans gegee, sodat God se werk kon voortgaan, al was dit brood uit haar mond. 4. Hy was beïndruk omdat sy haarself tekort gedoen het om die Here vir Wie sy lief is, te vereer. Daarom prys Jesus haar openlik voor ander! 5. Hy was beïndruk omdat dit haar geloof in God wat sorg gedemonstreer het. Dit was haar laaste ete. Maar agter haar gawe staan ‘n God van Wie sy absoluut afhanklik was. Haar offer was ‘n afhanklikheids verklaring. Daarom sê Jesus: “As mense My volgelinge wil wees, moet hulle hulle hele lewe vir My gee” (Mat.16:24—BV).
Dit laat my en jou met hierdie baie belangrike vraag: “Wíé beïndruk ek met my offergawe? Myself? Ander mense? Of die Koning van my lewe?”
Die regte manier om te gee ! • 2Kor.9:7 ...nie met teensin of uit dwang nie, maar met blydskap.
2. Hy was beïndruk omdat dit haar hart ontbloot het. Sy het niemand probeer beïndruk nie en het dit ook nie aan die groot klok probeer hand nie. Net Jesus het dit opgemerk.
• Deut.8:18 ... Uit erkenning vir God se gawes aan ons.
3. Hy was beïndruk omdat sy iemand was
• Mat.22:21 ... Omdat Jesus self sé dat ons aan God moet gee wat Hom toekom.
6
• Luk.16:10 ... Uit getrouheid aan die Here • Maleagi 3:8,10 ... Die volle tiende na die huis van die Here neem
Offers gee perspektief Wanneer Paulus ons oproep om nie
ging) in die onsigbare te belê. (ook
alleen op die aardse dinge te fokus
tyd, energie, lewenskrag).
nie, wil hy ons bewustelik laat kies om die werklikheid van God en Sy Koninkryk in ons denke en optrede in ag te neem. Ja, die alledaagse is belangrik,
Jesus sê ook waarom dit belangrik is om sulke beleggings te maak: “Waar jou skat (belegging) is, daar sal jou hart (fokus /
maar om nét daarop te let sal ons nooit die léwe reg laat verstaan nie.
belange) wees”.
God het ‘n baie duidelike plan om jou te beskerm teen ‘n lewe waardeur jy jou waardes en verhoudings verloor.
Die alledaagse
die rotte resies opslurp. Die probleem daarmee, volgens Paulus, is dat dit ons laat fokus op die hier-en-nou dinge, die sigbare. En dit trek die prentjie van ons lewe skeef—so asof ons lewe nét uit die sigbare bestaan. Sodoende vervaag God en Sy Koninkryk in ons gedagtes en lewe. Jesus waarsku dringend: “Moenie skatte bymekaarmaak waar mot en roes verniel nie ... maak vir julle skatte in die hemel bymekaar!” Ons word uitgedaag om bepland en doelbewus (soos met enige ander beleg-
Paulus, gaan dit in ons beleggings oor die gerigtheid van ons hart. Koninkryk
lewe daarteenoor probeer ons juis in die dolle vaart van
Vir Jesus, en ook
beleggings rig ons hart verby die aardse rotte resies. Dit laat ons reg kyk na die lewe en ons verhoudinge met ander mense én die Here self. ‘n Treffende voorbeeld van iemand wie se lewenskwaliteit en menseverhoudings herstel het, is Saggeüs. Gaan lees gerus hierdie treffende beleggers portefeulje in Lukas 19:29. Sodoende word ons offergawe ‘n teenvoeter waardeur God ons beskerm om nie lewens– en ewigheidsperspektief te verloor nie.
7
Ek wil help HOE? BANKBESONDERHEDE VIR HIERDIE BYDRAES: NGK Meyerton-Oos ABSA MEYERTON TJEKREKENING 510-580-036 TAKKODE 33-41-37 Indien dit vir jou geriefliker is, kan jy ‘n eenmalige bedrag bydra deur dit in kontant, per tjek of per elektroniese transaksie in bovermelde rekening in te betaal. Andersins kan jy dit in ‘n koevert sit en tydens die eredienste in die offergawebordjie plaas, of by die kerkkantoor inbetaal. Indien jy dit verkies, kan jy ‘n aftrekorder by jou eie bank invul ten bate van bovermelde rekening. Om ons te help om die projek te monitor, sal ons dit werklik waardeer as jy hierdie bydrae duidelik sal merk as TIENDEMAAND of MELKGELD
HOE KAN JY VERDER HELP? Wil jy nie nog één gelowige buite die gemeente werf om ons op hierdie manier te help om ons tekorte aan te spreek nie? Jy kan individuele gelowiges daarvoor nader, of lede van ‘n kleingroep wat dit as een van hul projekte kan hanteer (bv. selgroep / Bybelstudie / omgeegroep). As elke lidmaat net één goedgesinde persoon kan betrek, sal dit ‘n reuse verskil maak en ons uitdaging beduidend aanspreek. Mag dit tot eer van die Koning van die Konings wees!
8