Elia gebedsbeker2013 webblad

Page 1

Elia-Gebedskruik: Wat is die Elia Gebedskruik? Kruik: Die kruik herinner ons aan die tyd toe Elia tydens die 3jarige droogte by ‘n weduwee gebly het en God deur Sy genadige versorging gesorg het dat die kruik nooit leeg geraak het nie.

Elia: Hy was ‘n mens soos ons, hy het gebid en dit het nie gereën nie. Toe het hy weer gebid en dit reën. Jakobus maak seker ons sien Elia nie as iemand op ‘n troontjie nie, sodat ons kan besef dat dit nie hy was wat al hierdie wonders gedoen het nie.

God: Dit help ons om te sien dat God hierdie dinge doen, uit Sy genade. Hy is nie ‘n God van oordeel nie, maar ‘n God van liefde, genade en barmhartigheid.

Wat is die uitdaging? Dat “gewone gelowiges” deur toegeweide gebedslewens, groot verskille kan bewerkstellig. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Hoe werk dit? ‘n Gesin neem die kruik op Sondag vir ‘n week na hul leefruimte en bring dit die volgende Sondag weer terug kerk toe. Gedurende die week maak hul tyd om as gesin saam en afsonderlik, vir die onderstaande sake te bid:

Hoe maak ons ‘n verskil: Deur daagliks in te tree vir elkeen van die volgende sake gebedslys, nl.: 1. Geestelike verdieping van die eie gesin self; (bv. bid as gesin soggens voor julle die huis verlaat hiervoor) 2. Dat die Here vir ons leiers sal opwek vir die kerkraad, gawe-bedieninge en wyke. (bv. bid elkeen op hul eie terwyl jul by werk / skool is) 3. Dat die Here die “Fokus-Gesinne” van die betrokke dag mag seën, asook geestelik verdiep en laat groei. (bv. bid as gesin saam saans, net voor slaaptyd en weet julle seën ander gesinne daardeur.)


Elia-Gebedskruik: Op www.ngmtonoos.co.za word aangedui watter gesinne is elke weeksdag in die gebedsfokus - bid dan asb.vir daardie gesinne.

A1—Anna Bezuidenhout A2—Pieter & Sarie Noppe A3—Tienie & Christine Spamers A4—Ben Viljoen B1

(Indien jy nie internettoegang het nie, kyk na die lys langsaan en bid Maandag vir Blok A, Dinsdag vir Blok B, ens. ) Onthou om Sondag die kruik terug te bring, sodat dit oorgegee kan word vir die volgende gesin!

B2 B3—Kallie Spamers B4—Albie & Almeine Geyer B5 B6—Jaco & Colette Kriel C1—Piet Clase & Susan Ludick C2—Gonnie Louw C3—Willem & Janie Fourie C4—Des & Helen McGeer C5—Comine Els

Wat moet / kan ons bid? “Here, seën die XXXX-Gesin vandag met die mooiste wat U vir hulle kan gee, sodat hulle vandag gelukkig kan wees.”

“Here, wil u asb. gesin XXXX aanraak met U liefde, sodat hulle dit vandag baie spesiaal sal voel hoe lief U hulle het, sodat hulle vandag hul lewens weer net vir U sal gee en hul weer tot U sal bekeer.”

C6—Herby Trollip C7—Seun & Belinda Glaus

Bid vir hul gesondheid, lewensvreugde, werk, skool, genoeg fondse om van te leef, hul daaglikse behoeftes, ens..

C8—Charl & Ansie Coetzee D1—Hennie & Ronel Wagner D2—Alfred & Hanlie Henery D3—Karlien Dreyer D4—

Eben & Lindi Miellitz

D5—Wiets & Sanet Neethling D6—Nico Groenewald D7—Dicky & Marissa Pelser D8—André Jordaan E1—André & Esta Maree E2—Alfred & Theresa Bam E3—Monica Lourens E5—Piet & Maggie Myburgh E6—

Bid dat die Here hul geestelik sal aanraak, verdiep en in ’n sterker verhouding met Hom plaas.

Bid dat hul betrokke sal raak by die gemeente en hul gawes sal uitleef ook na die omgewing (Mat.28:18-20).

Ons fokus ons gebed op spesifieke gesinne gedurende hierdie kwartaal. Mag God ’n kragtige werking in hul lewens loslaat en die gemeente en ons gemeenskap daardeur verryk!


Wat is die doel van gebed? Vir Christene is gebed die hartklop van ʼn gelowige se lewe voor God. God Die Bybel leer ons dat Gebed die een saak is wat vir elke gelowige onontbeerlik is. Gebed is die krag van ons geestelike lewe. Wys my iemand se gebedslewe en jy sal weet hoe toegewyd hy leef! Dit is werklik die asemhaling van ‘n gelowige! Dit hou jou as gelowige aan die lewe. As ons in die Bybel van mense lees wat groot geloofsdade gedoen het , lees jy ook van hulle ryke gebedslewe! Martin Luther het gesê: Gebed is die Hoofdoel van die Gelowige se lewe. Hy sê ons moet as’t ware beroepsbidders wees, want dit is ons werk om te bid. Soos ‘n kleremaker klere moet maak, so is dit die Christen se eintlike werk om te bid! Gebed raak ons hele lewe Dit is ons hele lewe! Gebed word natuurlik in verskillende kontekste in die Bybel gebruik. Soms is dit die manier hoe God met die gelowige praat. Soms is dit die manier hoe die gelowige die wil van die Here soek. Ander kere word gebed gebruik om die nood van die gelowige aan God bekend te maak. Hoe dit ook al gebruik word, Gebed speel ʼn belangrike rol in elke gelowige in die Bybel se lewe. Gebed het meer as een funksie. funksie Ek noem kortliks 3:

#1—Gebed is om ons dankbaarheid aan God te bewys. Dankbaarheid is die erkenning dat jy en ek ten volle van God afhanklik is. Dat alles van Hom afkom, die goeie en die slegte. ʼn Dankbare gebed is ʼn belydenis dat alles in die hande van die Here is. Dit is ons belydenis dat ons in alles van Hom afhanklik is. Dit is opmerklik dat 1 Tess 5:17 “bid gedurig” net voor die teks “Wees in alle omstandighede dankbaar” staan! ’n Dankbare mens is ‘n biddende mens!


#2—Gebed is om geestelik te groei. Hoe meer jy bid hoe meer geestelike energie ontvang jy. Gebed is die pyplyn waardeur gelowiges die krag van die Heilige Gees in hulle lewens ervaar. Hoe minder jy dus bid, hoe minder sal jou geestelike energie raak. Jakobus leer ons “Julle Julle ontvang nie want julle bid nie.” nie Gelowiges wat nie bid nie, groei nie geestelik nie. Calvyn leer ons dat God nie ons gebede nodig het nie, maar dat ons die gebede nodig het, want gebed verander jou geestelike lewe. Dit bring jou nader aan God. Hoe meer jy bid hoe meer gaan jou hart verander en hoe meer gaan jy God se wil vir jou lewe begin raaksien.

#3—Gebed is om van God se genade bewus te word en te weet dat Hy heeltyd by ons teenwoordig is. Die Here belowe ons dat hy heeltyd by ons teenwoordig is Gebed herinner ons daaraan dat God ons nooit alleen laat nie Hy is by ons in al ons krisisse en in al ons vreugdes. Hy is 24 uur, 7 dae ʼn week by ons teenwoordig. Hoe meer jy in gebed met die Here Jesus verkeer, hoe meer word jy daarvan bewus en hoe meer weet jy dat jy nie alleen is nie. God is met jou. Daar is nie ’n breukdeel van ’n sekonde dat jy sonder God is nie. Wat ’n troos!



As jy ’n getuienis oor God se wandel met jou of jul gesin het, skryf dit gerus hier neer, sodat ons as gelowige gesinne mekaar kan bemoedig op die lewensreis.

Skryf hier gebedsversoeke, verhorings en getuienisse neer.

Joernaal

Elia-Gebedskruik:


Nou die dag by ʼn partytjie, loop ek ʼn ou raak met ʼn baie interessante storie oor die krag van gebed. Ek kan nie sy naam onthou nie, kom ons noem hom sommer Piet. Piet was glo destyds in die spesmagte en het eers later in sy lewe tot bekering gekom. Radikaal! Ek kon duidelik sien die ou doen niks half nie. In sy oë was hy nou deel van God se spesmagte; ʼn recce vir Jesus.

nie Hy vir ons nie. Ons gaan aanmeld vir diens. En vir Hom vra wie van ons vir die Saartjie ʼn kar moet gee.”

Die tipe ou wat almal in ʼn hysbak sou stil maak en iets sê soos: “Die hysbak gaan nou op. Maar sê nou die kabel breek en die hysbak gaan skielik af . . . gaan jy op of af?” En dan nooi hy almal om hulle saak met die Here net daar reg te maak. ʼn Vreemde ou.

Sy was glo juis self besig om te bid in haar woonstel - ʼn klaaglied - toe daar skielik laat daardie aand ʼn klop aan haar voordeur is. ʼn Vreemde man wat sy nog nooit gesien het nie, het haar vriendelik gegroet en ʼn bossie sleutels in haar hand gesit. Het nie gevra of sy gou saam met hom ʼn fototjie sal neem vir die sendingblad nie - nie eers gesê wat sy naam is nie. Net gesê die kar is van God af, hy stuur die papiere, omgedraai en weggeloop.

Maar hy het iets van die koninkryk verstaan. Hy vertel my die volgende storie. ʼn Groep Christen sakemanne het elke Woensdagaand saam gebid. Een aand nooi hulle vir Piet om ʼn boodskap te bring en hulle te lei in gebed. Na hy uit die Bybel gelees het, gee hy ʼn kort boodskap en vra toe of daar enige gebedsversoeke is. Die een sakeman staan dadelik op en sê hulle moet asseblief vir Saartjie bid. Die ander stem saam, almal het gehoor wat met haar gebeur het. Saartjie was ʼn maatskaplike werker wat letterlik haar hele lewe gegee het om mense in hulle nood by te staan - ʼn ware sendeling in die gemeenskap. Sy het ʼn nederige lewe geleef; gewoon in ʼn klein woonstelletjie en jare lank dieselfde ou Volla gery. En nou is daai einste Volla gesteel en sy het nie versekering nie. Hulle moet asseblief nie vergeet om vir Saartjie te bid nie, sê die sakemanne. Piet sê hy het die storie só gekyk en al meer ongemaklik begin voel. “Waarvoor moet ons nou eintlik vir Saartjie bid?” vra hy. “Moet ons bid dat God vir haar ʼn kar uit die hemel uit beam?” Die manne het hulle koppe geskud, nou verstaan hulle nie mooi nie. Piet sê hy sal verduidelik, maar eers moet elkeen sê hoeveel karre hy besit. Tussen die groepie sakemanne was daar meer as veertig karre, vertel Piet ontsteld. Hy het, in sy eie woorde, amper self ʼn gasket geblaas toe hy dit hoor, maar homself op 'n manier ingehou gekry en probeer verduidelik soos hy beloof het. “Vanaand gaan ek julle ʼn spesiale soort gebed leer, en ek waarborg dat God dit gaan antwoord,” sê hy en haal die vers in Jakobus aan wat sê, hulle het nie gekry toe hulle

bid nie, want hulle wou net hulle eie selfsugtige begeertes bevredig. “Vanaand gaan ons bid asof óns vir God werk, en

Die manne was skielik doodstil. Piet sê hulle het daai aand nie lank gebid nie, toe antwoord God hulle gebede - en gebeur daar ʼn wonderwerk in Saartjie se lewe.

Saartjie se klaaglied het glo in 'n loflied verander. God het haar nood raakgesien, Hy het haar gebed verhoor, vertel sy die volgende dag vir almal wat sy teë kom. Iemand het eenkeer gesê, gebed is nie ʼn poging om God se wil te verander nie, maar om Sy wil te leer ken. Iemand anders het gesê, om te bid is om aan te meld vir diens. Die Nuwe Testament leer ons dat die gunsteling instrument waardeur God sy wil op aarde wil laat geskied, sy liggaam, sy mense is. Suid Afrika kan 'n ander plek wees as God se mense, elke keer wanneer hulle bid, ook sommer aanmeld vir diens. Jaco Strydom Beeld 24/04/2013


Die elemente van gebed 1. Aanbidding en lof Gebed is nie soos 'n inkopielys waarin dit net gaan om dit wat jy nodig het nie. Gebed is in die eerste plek 'n medium waardeur God aanbid en geëer word. Die rede vir die mens se bestaan is om in die eerste plek God te aanbid. Daarom mag die lof en aanbidding nooit in jou gebede ontbreek nie. God word aanbid deur Hom in jou gebed te loof en te eer vir wie Hy is. Sy Naam, Sy eer en heerlikheid, Sy werke word besing. Sy grootheid en almag, Sy heiligheid word erken. Hierteenoor word jou eie kleinheid en afhanklikheid van Hom bely. Jesus het ons die modelgebed gegee, nl. Die Onse Vader. 2. Danksegging Gebed verskaf 'n manier om vir God dankie te sê vir Sy genadige versorging. In Fil 4:6 word God se kinders aangemoedig: "Moet

3. Bid deur die krag van die Heilige Gees (Ef 6:18; Jud 1:20). 4. Bid gelowig (Heb 11:16). 5. Bid volgens God se wil (1 Joh 5:14-15). 6. Bid opreg (Mat 6:5-8) Wie erns maak met sy gebedslewe sal ervaar dat God sy gebede verhoor, dat hy groei in sy verhouding met die Here en dat hy die vrymoedigheid en krag ontvang om te volhard in sy verhouding met die Here asook in sy dienswerk in sy kerk en in die samelewing. Maak daarom erns met jou gebed-

oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."

slewe.

3. Belydenis van sonde

Gee gerus JOU gebedsversoeke/terugvoer by die ikon.

Jesus leer in die "Ons Vader"-gebed dat ons ons skuld voor God mag bely (Mat 6:12). Wie dit doen erken teenoor God dat hy verkeerd gehandel het deur iets te doen of na te laat wat teen God se wil is. Hy bely dat hy berou het daaroor en dat hy bereid is om sy sonde te laat staan. Hy vra God om Hom te vergewe. Die Bybel leer ons in 1 Joh 1:9 dat God ons vergewe en van alle ongeregtigheid reinig as ons ons sondes so voor Hom bely. 4. Voorbidding God sorg vir Sy kinders (Fil 4:19). Daarom mag hulle hulle behoeftes aan Hom bekend maak in die verwagting dat Hy daarin sal voorsien. Daarom leer Jesus ons in die "Ons Vader"-gebed om te bid vir dit wat ons daagliks nodig het (Mat 6:11). Christene mag ook bid vir hulle bewaring teen die Bose (Mat 6:13). In ons voorbidding gaan dit egter nie net oor ons eie behoeftes nie, maar ook om dié van ander mense. "Ek dring

daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense" (1 Tim 2:1). Dit sluit onder andere ook die owerheid in (1 Tim 2:3-4, Rom 13). In voorbidding gaan dit ook om God se werk in die wêreld (Mat 6:9,10) en in besonder om die verkondiging van die evangelie (Ef 6:19,20). Hoe moet jy bid? 1. Bid tot God die Vader (Mat 6:9). 2. Bid in die naam van Jesus Christus (Joh 14:13-14; 15:16).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.