Gebedsboekie v2

Page 1

Deurdrenk

ons land met

gebed

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here.” Jeremia 29:11–14a 1


Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se Nasionale Kerkleiersforum, met as voorsitter Hoogedele aartsbiskop Thabo Makgoba, het ons opgeroep om te bid vir die belofte van ’n postapartheid-Suid-Afrika. Die belofte van ’n regverdige, versoende en gelyke samelewing vry van enige vooroordele ten opsigte van ras, stam, herkoms en geslag, vry van korrupsie en ontbering, en met genoeg kos en skuiling vir elke burger en elke kind wat gebore word om tot hulle Godgegewe potensiaal te kan groei. Ons gebede is in die eerste plek gebede van dankbaarheid, maar dit is ook vol berou, belydenis en nood. Ons bid vanuit ons kwesbaarheid omdat ons eintlik nie weet hoe om te bid nie, maar ons weet die Gees sug saam met ons (Romeine 8). Die gebede gaan oor die onderwerpe wat die SARK geïdentifiseer het en is volgens die Ons Vader-gebed georden. Mag hierdie 10-dag-gebedskringloop ons help om ons land met gebed te deurdrenk.

2


Daaglikse gebede Op 18 Mei 2017 het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) die “Unburdening Panel”-verslag aan die kerklike publiek vrygestel. Dit was in reaksie op die pyn van sogenaamde staatskorrupsie. Die Algemene Sekretaris van die SARK het hierdie woorde by die verslag ingesluit: “Ons kan nie vergeet wat ons gesien het nie.” Hierdie woorde het my herinner aan die woorde van Nehemia in Nehemia 2:17: “Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit … Kom ons herbou … dat dié vernedering nie langer op ons rus nie.” Wanneer ons nou die voorneme maak om op te tree op maniere wat tot die beëindiging van hierdie vernedering sal lei, vra ek dat ons saam die volgende gebed sal bid:

Almagtige God, Here van lewe, ons het teen U en ons medemens, asook teen die hele skepping, gesondig deur ons gedagtes, woorde en dade, deur die bose dinge wat ons gedoen het en deur die goeie wat ons nagelaat het om te doen. Dit het ons gedoen weens ons onkunde, ons swakheid en soms deur doelbewuste foute. Ons is opreg jammer en het berou. Lei ons op nuwe paaie en gee dat ons U in ʼn nuwe soort lewe sal dien. Lei Suid-Afrika na regverdigheid, menswaardigheid, eerlikheid, vergifnis en berou.

1


Here, ons vertrou op U. In die onlangse verlede, voor 1994, het U ons gered uit ʼn situasie toe ons teen mekaar wou oorlog maak. U het aan ons die ruimte geskenk om te gaan sit en praat. Nou, 23 jaar later, het ons nog meer foute gemaak wat dreig om hierdie land in ʼn krisis te dompel. Skenk ons die bereidwilligheid om ruimtes te skep om na mekaar te luister, om as volksgenote saam te gaan sit en nuwe maniere te onderskei om uit hierdie diep en donker gat van morele en konstitusionele onreg te kom. Help ons om saam te werk aan die heling en om opnuut die waardes van sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte te aanvaar, asook waardes wat sal bydra tot die bevordering van die lewensgehalte van alle burgers en dit vir alle mense moontlik sal maak om hulle potensiaal te bereik. Here, in u genade, hoor ons gebede en gebruik ons as u instrumente om hierdie postapartheid-droom waar te maak. Amen Biskop Siwa President van die SARK

2


DAG 1

Ons Vader wat in die hemel is

DAG 2

Laat u Naam geheilig word

DAG 3

Laat u koninkryk kom

DAG 4

Laat u wil geskied

DAG 5

Op die aarde, net soos in die hemel

DAG 6

Gee ons vandag ons daaglikse brood

DAG 7

Vergeef ons ons oortredings

DAG 8

Soos ons ook diĂŠ vergewe wat teen ons oortree

DAG 9

Laat ons nie in versoeking kom nie

DAG 10 En verlos ons van die Bose

3


Die son, die vis en die duif Simbool van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees 4


Mag God ons mense beskerm. Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena bokola setjhaba sa heso. God seën Suid-Afrika. God bless South Africa. Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika. Die Suid-Afrikaanse kerke roep hulle gemeentes op om daarna te streef om die goeie te doen wat die samelewing sal verander, sodat hulle die seën kan wees waarvoor Enoch Sontonga gebid het – Nkosi Sikelel’ iAfrika. Ons word geroep om die seën te wees waarvoor geslagte Suid-Afrikaners gebid het, en om die seën te wees wat sal werk en intree vir die geseënde Suid-Afrika waarvoor ons bid.

5


Dag 1

Die son Simbool van God die Vader, lig en genade 6


Ons Vader wat in die hemel is Liefdevolle en ewig-teenwoordige God Dankie dat U altyd by ons is. Ons loof U dat ons in ’n verhouding met U en met mekaar kan wees. Op grond van u vertroue en u geloof in ons waag ons dit nou om tot U te bid, Abba. Ons bid nie net vir onsself nie, maar veral vir ons lewe saam, as mense wat saam hier in die suide van Afrika geplaas is. Ons weet U begeer die hemel vir ons maar. deur ons roekelose woorde en onnadenkende optrede, deur ons minagtig vir die armstes en swakstes, skep ons hel vir onsself en ander. Vergewe ons, Abba. Help ons om verantwoordelikheid te aanvaar. Help ons om na U, ons Bron, terug te keer, om U te herontdek, O verborge Wysheid en Teenwoordigheid in die ganse skepping, O Woord wat in al u kinders vlees geword het, en om eenvoudig u gemeenskap van liefde uit te leef in hierdie land waarvan ons bloot bestuurders is. Amen.

7


Dag 2

Die kandelaar met sewe vertakkings Simbool van die Heilige Gees en die gemeentes wat God aanbid 8


Laat u Naam geheilig word Vergewende God So dikwels gebruik ons u Naam roekeloos. Ons spreek ons eie gedagtes en begeertes uit en voer valslik aan dat dit u wil is, dat ons u woord verkondig. Vergewe ons en maak ons weer heel. Lei ons na die waarheid en weg van leuens. Oorkom al ons mensgemaakte skeidings tussen en ons regverdiging van rasse, klasse en etniese groepe, sodat ons net die beste vir mekaar sal begeer, aan onsself sal sterf en vir mekaar sal leef. Skenk ons die wysheid om u Naam waarlik te heilig, deur Christus ons Here. Amen

9


Dag 3

Die kroon Simbool van God se heerskappy en koninkryk 10


Laat u koninkryk kom Dienaar-Koning, wanneer en hoe sal u heerskappy gevestig word, o God? ’n Koninkryk waar oorloë en geweld teen die kwesbaarste mense nie meer sal bestaan nie? ’n Koninkryk waar verslawende middels nie meer ’n houvas op ons en ons families sal hê nie? ’n Koninkryk waar ons sal deel wat U aan ons almal gegee het? ’n Koninkryk waar jongmense gekoester en bejaardes versorg sal word? ’n Koninkryk waar vroue en kinders nie onveilig voel nie en nie mishandel word nie? Ons weet nie hoe om te bid nie, maar u Gees sug hierdie vrae in ons. Dankie dat u koninkryk een van regverdigheid en vrede en vreugde in die Heilige Gees is. Kom dan, o Here, en open in ons die hekke van u koninkryk. Gee dat ons gemeentes die poorte na u koninkryk sal wees. Gee dat ons gemeenskappe sal word waar almal welkom is waar mure afgebreek is waar daar vir almal gebid word en waar niemand verag word nie. Amen

11


Dag 4

Triniteit Simbool van die Vader, die Seun en die Heilige Gees 12


Laat u wil geskied O God, laat nie ons wil nie, maar … laat u wil geskied – in die bystand van ons polisiemag laat u wil geskied – in die waaksaamheid van ons intelligensiediens laat u wil geskied – in die funksionering van ons regstelsel laat u wil geskied – in die ondersteuning van ons burgerlike gemeenskap laat u wil geskied – in die voorbeeld van ons parlement laat u wil geskied – in die besteding van ons land se finansies laat u wil geskied – in die leiding van ons president laat u wil geskied – in die inrigting van ons skoolstelsel laat u wil geskied – in die vorming by ons kolleges en universiteite laat u wil geskied – in die deursigtigheid van ons ekonomie laat u wil geskied – in die heiligheid van ons families laat u wil geskied – in die getrouheid van ons kerke laat u wil geskied – in ons hele lewe. Amen

13


Dag 5

Die vierkant Simbool van die vier hoeke van die aarde, die hele aarde 14


Op die aarde, net soos in die hemel Die aarde en alles daarop behoort aan die Here. Dankie vir ons Moeder, die Aarde. Dankie vir al die gawes wat uit die Aarde kom. Mag dit tot voordeel van u mense in hierdie land wees, veral die armstes en die mees gemarginaliseerdes. Dankie vir die guns wat U oor ons land uitgestort het. Ons hou aan bid vir u reĂŤns waar dit steeds droog is. Skenk ons die wysheid om te bewaar alles wat U vir ons gegee het, en om nie ons kinders en kleinkinders te belas met enige besluite wat ons vandag neem nie. Skenk ons die wysheid om vir die Aarde te sorg. Laat u wil geskied op die aarde, net soos in die hemel. Amen

15


Dag 6

Koringaar Simbool van lewensonderhoud, sorg en God se voorsiening 16


Gee ons vandag ons daaglikse brood Vrygewige God U het vir ons ’n tafel voorberei in die teenwoordigheid van ons vyande. Tog fokus ons so dikwels op die teenspoed en nie op die vele tafels wat U vir ons voorberei het nie. Dankie vir die tafel van vergifnis wat U so oorvloedig gedek het. Dankie vir die tafel van versoening. Dankie vir die tafel van ubuntu. Help ons om nuwe tafels te dek wanneer ons voor uitdagings te staan kom: tafels van vrygewigheid vir dié wat nie het nie tafels van deernis vir dié wat swaarkry tafels van empatie vir dié wat geïgnoreer word tafels van herstel vir dié wat stukkend is. U berei vir ons ’n tafel voor in die teenwoordigheid van ons vyande. Dankie. Amen

17


Dag 7

Die kruis Simbool van God se genade en versoening 18


Vergeef ons ons oortredings Genadige God Ons het ander op grond van hulle uiterlike voorkoms geoordeel, en ons doen dit steeds. Tog kyk U na ons hart, na die heel diepste deel van ons wese, en U bly onvoorwaardelik lief vir ons. Vergewe ons ons sonde. Ons het doelbewus die familielewe in Suid-Afrika ontwrig deur trekarbeid en ander stelsels. Vergewe ons ons sonde. Ons het versoening en vergifnis goedkoop gemaak. Vergewe ons ons sonde. Mag ons harte groter word, nie net om te vergewe nie, maar ook om berou te hĂŞ en om vergifnis te aanvaar. Here, in u genade, hoor ons gebed, en mag ons roepstem u ore bereik. Amen

19


Dag 8

Die hart Simbool van God se vergifnis en liefde 20


Soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree Here Ons weet ons kan net vooruitgaan as ons vergewe soos U ons vergewe het, hoe moeilik dit ook al mag wees, en só onsself en ander vrymaak om volkome vry te wees om u wil te doen en om herstel en verander te word. Doen u werk in ons, o God, en gee aan ons u liefde, geduld en wysheid om te leef in die radikale vryheid van mense wat vergewe is, om ons kettings te verander in gawes van vryheid en geregtigheid vir almal. Mag ons vergifnis die trapklippe word na versoening sodat hierdie land ’n baken van lig kan word vir ander op die Afrika-kontinent en oor die hele wêreld heen. Amen

21


Dag 9

Die slang Simbool van versoeking en die Bose 22


Laat ons nie in versoeking kom nie Ons is in die versoeking gelei om te glo ongelykheid is normaal en daar is geen alternatief nie. Ons is in die versoeking gelei om ons groep as belangriker as ander groepe te beskou. Ons is in die versoeking gelei om Suid-Afrikaners as belangriker as ander Afrikane te beskou. Maak ons harte en ons gedagtes groter as dit sodat ons die moontlikheid van ’n nuwe toekoms kan sien, een wat wink en ons nooi, een wat nie goedkoop is nie, een wat net deur selfopoffering bereik kan word. Gee ons die krag en die wysheid om regverdigheid met genade na te streef sodat versoekings nie net sal wyk nie, maar ook geen mag meer oor ons sal hê nie. Amen

23


Dag 10

Die duif Simbool van vrede en die Heilige Gees 24


En verlos ons van die Bose Van ’n verlede waar families deur dwang geskei is, liewe Heer, verlos ons. Van diÊ wat families en gemeenskappe wil vernietig deur dwelms te verkoop, liewe Heer, verlos ons. Van diÊ wat jong denke met vals waardes probeer manipuleer, liewe Heer, verlos ons. Van onkunde en siekte, liewe Heer, verlos ons. Van ons gebrek aan vertroue in U en van ons afhanklikheid van aardse besittings, liewe Heer, verlos ons. Heilige Gees van God, net U kan ons laat volhard in gebed. Net U, in u eenheid met die Vader en die Seun, kan ons een maak. Net u stil, klein stem kan ons sterk maak en aan ons die vreugde en die hoop vir die pad vorentoe gee. Breek ons, smelt ons, vorm ons en vul ons, Gees van die lewende God, en stort U opnuut oor ons uit. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen

25


Hemelse Vader Ons bid dat U vir ons ʼn nuwe verbeelding vir die koms van u koninkryk in Suid-Afrika sal gee. Ons bid dat U u Gees sal uitstort, Here, sodat ons gesigte sal sien en drome sal droom van ʼn wêreld waarin mense mekaar respekteer en mekaar omarm. Ons droom dat u koninkryk sal kom sodat geregtigheid sal geskied. Ons bid vir ʼn regverdige en lewenskragtige ekonomiese verdeling wat geleenthede aan almal sal bied. Ons bid dat ons families herstel sal word om ruimtes van geestelike en morele vorming te wees. Ons bid vir ʼn seisoen van luister, versoening en vergifnis. Ons bid dat Suid-Afrika die toonbeeld van respek vir die Godgegewe waardigheid van elke mens sal wees. Ons bid vir ʼn land gereinig van rassisme, patriargie, korrupsie en omkopery waar almal die vryheid wat ons grondwet voorsien, sal uitleef deur die vreugde van liefde en diens. Ons vra dat U ons in staat sal stel om hierdie drome waar te maak en lewende getuienisse te word van die lewe soos dit in die hemel is. Dit bid ons in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Amen Nelis Janse van Rensburg Voorsitter van die NG Kerk

26


Die “Ons bid vir Suid-Afrika”-veldtog van die SARK ’n Program van openbare bediening waaraan ons ons verbind het om ernstige sosio-ekonomiese kwessies te identifiseer, daaroor te bid en saam daarteen op te tree en só ’nmerkbare verskil in die lewensgehalte van die Suid-Afrikaanse samelewing te maak.

Heling en versoening Bid en werk vir heling en versoening, om die verlede te genees en betrokke te raak by die uitdagings wat geslag, etnisiteit en ras bied.

Armoede en ongelykheid Bid en werk vir die uitwissing van armoede en ongelykheid sodat armoede en ongelykheid omgekeer kan word om vanuit die rykdom van die land in die behoeftes van gemarginaliseerde arm mense te voorsien.

Ekonomiese transformasie Bid en werk vir ekonomiese transformasie om hierdie uitgerekte probleem op te los en te identifiseer watter opofferings nodig is om te kan voorsien in die basiese behoeftes wat tot ’n versoende ekonomiese verspreiding sal lei.

Familiestruktuur Bid en werk vir die herstel van die familiestruktuur, erken dat die familielewe verskeur is deur die impak van veranderinge in veral die Afrika-familielewe, om só ’n versoende bestaan vir toekomstige geslagte te verseker.

Standvastige demokrasie Bid en werk vir standvastige demokrasie, waar korrupsie, wanadministrasie en die agteruitgang van vertroue in openbare instellings bevraagteken word om ’n deursigtige en goed funksionerende demokrasie te bevorder.

27


South African Council of Churches


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.