1. Palm intog: Wíé is hierdie Man?! Die voorspelling van Sagaria 9 vers 9 word waar:
Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, oorwinnaar hy is nederig en hy ry op ‘n donkie... donkie
Mat 21:121:1-4 Toe hulle naby Jerusalem kom ..., het Jesus twee dissipels vooruit gestuur en vir hulle gesê: "Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ‘n donkie kry wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.... (4) Dit het gebeur sodat die uitspraak van die profeet vervul sou word Mat 21:8-10 Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi. (9) Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: "Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!" (10) Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroe1
Wie ring gekom en gevra: "Wie
is hierdie man?"
Luk 19:3919:39-40 ‘n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: "Meneer, maak stil u volgelinge!" (40) Maar Hy antwoord: "Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep."
Weet jy régtig Wie Hy is?
Die Nuwe Testament maak ‘n fotofoto-album van Jesus se lewe. Hy wat voluit mens geword het en onder ons kom woon het. Hy het alles deurgemaak wat ons as mense deurmaak. Hy het selfs gehuil oor ‘n vriend wat dood is. Hy was opreg lief vir mense, maak nie saak wie hulle was nie. Jesus het vir randfigure ‘n nuwe kans gegee, ‘n 2de geboorte in die Koninkryk van God in. Jesus het ook baie mense gesond gemaak en talle wonders gedoen. Hy het verhale gebruik om mense van God se nuwe lewe vertel. Soos die Barmhartige Samaritaan gee Hy vir ons om, al kos dit Hom alles... 2
Omdat die mense ‘n ander prentjie in hul kop gehad het oor Wie die Redder van God moet wees, het hulle gesukkel om te verstaan Wie Jesus regtig was. Was die profeet Sagaria reg? Hoe lyk JOU prentjie van Jesus—Wie is Hy vir jou?
Doen nou die volgende:
Kyk na die “Ek is”is”uitsprake wat groot uitgestal is. Wat hoor jy as jy dit vir jouself lees?
Gaan sit rustig en vorm ‘n palmblaarpalmblaarkruisie. kruisie
Terwyl jy besig is, vra vir die Here om deur die Paas wandel roete saam met jou te wees en spesiaal net met jou te praat waaroor Hy dalk al lankal met jou wou praat, maar daar net nooit tyd was nie...
Vra dan in jou gebed vir die Here dat Hy vir jou ‘n opregte liefde vir jou medemens sal gee.
3
2. Jesus se voetevoete-waswas-gesindheid: Jesus het self die voorbeeld vir ons gestel. Johannes 13:1-9 Voor die viering van die Paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. liefgehad Jesus en sy dissipels was aan tafel... Jesus het geweet dat ... Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý
voete was?” En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.” Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.” Dink hieroor: Jesus het Sy leerlinge se voete gewas om vir hulle te wys hoe lief Hy hulle het. Wat dink jy, kan jy doen om vir jou gesin te wys hoe baie lief jy vir hulle is? is 4
Vir Jesus was voetewas nie slawe werk nie, maar ‘n manier om liefde te wys. ‘n Gesindheid! Gesindheid
Doen nou— nou—wys jou liefde: Trek almal nou eers julle skoene uit. Pa begin deur Ma se voete te was, terwyl
hy vir haar sê: “Ek is BAIE lief vir jou!” Ma was die gesinslid langs haar se voete,
terwyl sy sê: “Ek is BAIE lief vir jou.” Was mekaar se voete, totdat
die laaste een weer Pa se voete was en sê: “Pa, ek is BAIE lief vir jou.” Steek nou almal een hand of
vinger in die water. Raak daarna met jou nat vingers aan jou voorkop en onthou dat Jesus jou BAIE, BAIE liefhet!!!
Paasfees beteken: beteken OorslaanOorslaan-fees. fees Voetewas is die teken van Jesus dat Hy hulle skoonmaak sodat die ewige dood hulle sal oorslaan. Het jy al vir Jesus toegelaat om jou lewe skoon te was? Is jy seker daarvan?
5
2a. Ek is— is—uitsprake:
Eksodus 3:1-15
Ek is wat Ek is. Dit is die oorsprong van die “Ek is”uitsprake. Dit is die manier waarop God Homself aan ons bekendstel, maar terselfdertyd die geheim van Wie Hy is, laat verdiep.
6
2b1. Ek is— is—uitsprake: Johannes 6:1-15, 25-63
Ek is die Brood wat Lewe
gee. Jesus voorsien in mense se fisieke nood, asook hul geestelike honger. 7
2b1. Ek is— is—uitsprake: Johannes 6:1-15, 25-63
Ek is die Brood wat Lewe gee. Jesus voorsien in mense se fisieke nood, asook hul geestelike honger.
8
2b2. Ek is— is—uitsprake: Johannes 9:1-41
Ek is die Lig vir die wêreld
.
Jesus maak jou oë oop en gee jou die ware perspektief op dit wat die lewe die moeite werd maak.
9
2b3. Ek is— is—uitsprake: Johannes 10:1-10
Ek is die Ingang vir die skape. Jesus maak Homself bekend as die enigste deurgang tot ware geluk en vrede vir altyd.
10
2b4. Ek is— is—uitsprake: Johannes 10:11-18
Ek is die Goeie Herder. Jesus is die enigste Leier wat Homself vrywillig opgeoffer het en ons so Sy dissipels gemaak het.
11
2b5. Ek is— is—uitsprake: Johannes 11:1-4
Ek is die Opstanding en die Lewe. Jesus demonstreer hoe die dood in Hom oorwin is en hoe God deur Hom ‘n nuwe begin maak.
12
2b6. Ek is— is—uitsprake: Johannes 14:1-14
Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Jesus wys die enigste pad na ware redding om in die Vader en onder Sy beheer te bly.
13
2b7. Ek is— is—uitsprake:
Johannes 15:1-17
Ek is die ware Wingerdstok. Om in Jesus te bly, en Hy in ons, is waar ons identiteit as Christene lê, verbonde aan Sy Liggaam (die gemeente) en aan mekaar (medegelowiges) in liefde.
14
3. Die Tuin van Bloedsweet - Getsémané: Lees die teksgedeeltes en dink daaroor:
Lukas 22:39-46 Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en Sy dissipels het Hom gevolg. (40) Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in versoeking kom nie.” (41) Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: (42) “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie My wil nie maar U wil geskied!” (43) 'n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. sterk (44) Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. gebid
Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, slaap uitgeput van droefheid. (46) Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”
15
3b. Die Tuin van Bloedsweet— Bloedsweet— Getsémané: Dink nou oor die volgende: 1.
Om bloed te sweet, kan gebeur. Maar net as jy GEWELDIG be-angs is. Dan kan daar regtig bloed uit die sweet gaatjies kom.
2.
Jesus het gewéét wat wag. Hy kon net Sy vingers klap en die engele sou al Sy vyande verwoes het. Maar tog bid Hy dat die Vader se wil gebeur...
3.
Hoe maklik kan ons nie sommer vir enige bietjie moeite sê: “Sjoe, ons het darem bloed gesweet!” Besef ons ooit wat ons sê?! Vra Jesus om jou te vergewe dat jy so maklik van “bloed-sweet” praat terwyl Hy dit MOES deurmaak omdat Hy jou liefhet.
4.
Is jy dalk ook een van die dissipels wat nog nie besef wat aangaan nie, en té heerlik slaap?!! *Kan mense regtig deur wat jy DOEN raaksien dat jy aan Jesus behoort en Jesus-dinge doen? *Kan mense uit jou woorde hoor dat Jesus jou ‘n nuwe lewe gegee het en dat die ou lewe verby is? *Dra jy by dat ander mense van Jesus vertel kan word (getuienis), of slaap jy nog lekker?!
5.
16
Xtra: Kniel by die rots en vra die Here om Sy wil in jou lewe
te laat gebeur. 6.
Xtra: Kyk na die engel. Soos Jesus deur die engel versterk is, sal die Here jou ook versterk vir dit wat op jou wag. As die pad moeilik raak, onthou: Filippense 4:13—Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag 4:13 gee; Handelinge 1:8—Maar julle sal krag ontvang wanneer die 1:8 Heilige Gees oor julle kom
Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, beweeg jy na die volgende punt. Onthou om dit mooi saggies te hou, want daar is dalk ander mense wat nog ‘n rukkie stil wil wees by die Here.
17
4. Die Tuin van Verraad Getsémané:
Mat.26:14Mat.26:14-15 - Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan en gesê: "Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?" Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. Mat.26:47Mat.26:47-54 Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, een van die twaalf, daar aan, en saam met hom was 'n groot klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk gestuur. Die verraaier het met die manne 'n teken afgespreek. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom!” Hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiemôre, Rabbi,” en Hom gesoen. Maar Jesus sê vir hom: “Vriend Vriend, Vriend doen wat jy gekom het om te doen!” Toe kom hulle vorentoe, gryp vir Jesus en neem Hom gevange. (Petrus) gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af. Toe sê Jesus vir hom: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel. Maar hoe sal die Skrif dan vervul word ...?” Johannes18:11b Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader My gegee het nie?" Jesus se fokus was duidelik! 18
4b. Die Tuin van Verraad Getsémané: Doen nou die volgende: 1.
Judas het Jesus verraai. Hoe dink jy het Judas gevoel toe hy Jesus in die oë moes kyk, net voor hy Jesus met ‘n soen op die wang gegroet het? Wat sou jy dink, het binne-in hom aangegaan?
2.
Jy kan ook deur aan die slaap te wees, wys jy verstaan nie die dinge wat vir Jesus belangrik is nie. En so kan jy bydra dat dit wat vir Jesus belangrik is, skade ly, omdat jy “te moeg is” terwyl Sy kerk in nood is en mense vir ewig verlore gaan. Slaap is om nie jou gawes wat Jesus jou gegee het, in Sy gemeente uit te leef nie (Efesiërs 4:12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus).
3.
Gaan staan voor die wit polystyrene hand, sodat die vinger na jou toe wys. Dink na oor: oor
Het jy dalk ook deur skaamte of ongehoorsaamheid
die Here verraai? verraai Bely dit dan nou eerlik teenoor die Here en vra SY vergifnis.
Of probeer jy dalk soos Petrus in eie krag “sterk” wees en doen wat jy dink die Here behoort te doen —en word jy sodoende nog ‘n struikelblok vir Jesus?
Vir wie het jy al in die rug gesteek / beskinder / ge”drop”? Gaan maak dit reg...
Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, beweeg jy na die volgende punt. 19 Onthou om dit mooi saggies te hou, want daar is dalk ander mense wat nog ‘n rukkie stil wil wees by die Here.
5. Die Kampvuur en die Haan: Luk 22:3122:31-34 - “Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou g e l o o f j o u n i e begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.” Maar Hy antwoord: “Petrus, Ek sê vir jou: Die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie maal verloën het deur te sê dat jy My nie ken nie.” Luk 22:5422:54-62 - Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op 'n afstand agterna gekom. In die middel van die binneplaas was daar 'n vuur, vuur en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit. 'n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.” Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!” 'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!” Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!” Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, praat het daar 'n haan gekraai. gekraai
20
Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk... aangekyk En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
5b. Die Kampvuur en die Haan: Doen nou: 1. Hoe dink jy het Petrus gevoel toe die haan kraai en veral toe Jesus na hom kyk? Het jy al so gevoel? Waaroor was dit? 2. Waarom het sommige kerke ‘n hoenderhaan op
hul toring? Om windrigting te wys? Nee, dis om te onthou hul kan ook soos Petrus maak... 3. Het jy al gemaak of jy nie vir Jesus ken nie? Kan jy onthou waarom jy dit gedoen het? Luister hoe kraai die haan ook vir 21
jou... 4. Ons is soms so vol van onsself, dat ons eers moet
“grond--toe toe--kom” voor Jesus ons weer kan ge“grond bruik. Hoeveel van Petrus is daar in jou...? 5. Onthou dat Jesus ook vir jou intree én jou liefhet! Hy het Sy Heilige Gees gegee om in jou te woon en jou te help, om tree vir tree meer so te leef, soos Hy wil hê.
6. VoorVoor-oordeel beroof ander se lewe. Matteus 26:5926:59-68 Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het vals getuienis teen Jesus probeer kry sodat hulle Hom kon doodmaak. (60) Baie vals getuies het na vore gekom, en tog kon die Raad niks teen Hom vind nie. Eindelik het daar twee vorentoe gekom (61) en gesê: "Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en in drie dae weer opbou." (62) Toe staan die hoëpriester op en sê vir Hom: "Verweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?" (63) Maar Jesus 22
het niks gesê nie. Die hoëpriester sê toe vir Hom: "Ek stel jou onder ‘n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?" God? (64) Jesus antwoord hom: "Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle: Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel." (65) Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: "Hy het God gelaster. Waarvoor het ons nog getuies nodig? Daar het julle nou net die godslasterlike woorde gehoor. (66) Wat dink julle?" Hulle het geantwoord: "Hy Hy verdien die dood!" dood (67) Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. geslaan Hulle het Hom geklap (68) en gesê: "Jy is mos ‘n profeet, Christus! Sê vir ons, wie het jou geslaan?"
Jesaja 53:553:5-6 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Doen nou: 1.
Dink jy die Joodse Raad, wat die leiers was, het regverdig en reg opgetree teenoor Jesus?
2.
Is daar kere in jou lewe waar jy ook mense klaar in jou hart veroordeel het, sonder om regtig na hulle kant van die saak te kyk? Bely dit voor die Here.
3.
Het jy al mense van ander lande of kulture of
23
ander velkleur onbillik behandel? Bely dit... Matteus 25:40b: 25:40b ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste ... gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 4.
Is ons gebruike, kultuur, politiek belangriker as God se wil om regverdige vredemakers te wees? Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
6b. Onreg bo onskuld verkies. Matteus 27:11-14 Jesus is voor die goewerneur gebring en dié vra Hom: "Is jy die koning van die Jode?" Jesus antwoord: "Dit is soos u sê." Toe sê Pilatus vir Hom: "Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?"
Matteus 27:19 Terwyl Pilatus op die regbank sit, het sy vrou vir hom 'n boodskap gestuur: “Moet tog niks met daardie onskuldige man te doen hê nie.”
Lukas 23:4 Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: "Ek Ek vind geen skuld in hierdie man nie." nie.
Luk 23:13-16 Daarna het Pilatus ... vir hulle gesê: "... Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie. ... Hy het beslis niks gedoen wat die dood verdien nie. nie Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat”. 24
Luk 23:20-22 Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, maar hulle het aanhoudend uitgeroep: "Kruisig, kruisig hom!" Die derde keer sê Pilatus vir hulle: "Watter kwaad het die man gedoen? Ek het in hom niks gekry wat die doodstraf regverdig nie." nie
Mat 27:22-24 Pilatus sê vir hulle (die skare): "Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?" "Kruisig hom!" skreeu hulle almal. Hy vra: "Watter kwaad het hy dan gedoen?" Maar hulle skreeu nog harder: "Kruisig hom!" Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: "Ek Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid."
Doen nou: 1.
Dink jy Pilatus is onskuldig? Hy het geweet Jesus is onskuldig, maar niks daaraan gedoen nie! Is daar kere wat JY wéét wat die regte ding is om te doen, maar dan doen jy dit nie, omdat ....?
2.
As jy nie kies nie, is jy nie onskuldig nie. Kies nou.
3.
Het gesinslede of vriende jou ook al gewaarsku of goeie raad gegee, maar jy wou nie daarna luister nie en net koppig jou eie ding bly doen?
4.
Gaan staan voor die spieël. Was jou hande in die waskom. Bely waaroor jy hartseer is aan Hom. Was dit af en word vry om weer reg te kan kies. 25
As jy gereed is, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
6c. Staan op teen onreg: Ons spoeg en slaan ook vandag vir Jesus, elke keer as ons ‘n “blinde oog” draai vir die onmens-waardige dinge wat gebeur en ons NIE daarteen opstaan nie. Ons is dikwels bewus van gesinsgeweld of vrouens en dogters wat mishandel word in gesinne, maar ons doen niks daaraan nie. Ons weet van iemand wat verkrag is (word), maar maak liewer of ons niks weet nie. Ons “wil liewer nie betrokke raak nie”. EN so help ons die onreg groter maak... Dan is ons eintlik besig om Jesus met die sweep uit ons lewe uit te martel met ons vooroordeel, onbetrokkenheid, oneerlikheid, korrupsie, valsheid, verwensing van mense ...
26
Doen nou: 1.
Dank Jesus dat Hy die slae gevat het, sodat jy ‘n Koningskind kan wees.
2.
Op watter maniere maak ons ander mense seer deur wat ons sê of doen? Bely dit aan Hom.
3.
Bely jou aandeel daaraan dat jy ook maar dinge laat verbygaan sonder om die verkeerde reg te stel en so Jesus se liefde beantwoord met sweepslae...
4.
Neem die sweep en slaan op die rug van die figuur... figuur as belydenis van ons eie aandeel dat verkeerde dinge deur ons toegelaat word en dra dit so aan Jesus oor om dit weg te neem. neem Hy sal dit verkeerde dinge wat met jou gebeur het, of wat jy aan ander gedoen het, dra en jou verlos.
5. Neem die stok en stamp teen die woord “ONREG ONREG” ONREG om te wys dat jy kies om van nou af prakties teen die onreg in ons samelewing te veg!
27
7. Betrokke (s)onder dwang: Matteus 27:3127:31-32 Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig. Toe hulle uitgaan, kry hulle ‘n man van Sirene met die naam Simon, en hulle het hom gekommandeer om Jesus se kruis te dra. dra Luk 23:26 Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ‘n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra. Matteus 27:3327:33-38 Hulle kom toe by ‘n plek wat Golgota genoem word; dit beteken Kopbeenplek. (Dit was die vullishoop net buite die
stad... Weggooi-plek van wat die mense nie meer wou hê nie.) Daar het hulle Hom ‘n mengsel van wyn en gal (pyn verdower) gegee om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie (Dis soos iemand wat kies om “lewendig” te sit as die
tandarts sy tande stop!) Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot. Daarna het hulle gaan sit en by Hom wag gehou. Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: "Dit is Jesus, die koning van die Jode." Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, 28
een regs en die ander een links van Hom. (“Dokter”
Jesus hang tussen twee “siek” mense) —Luk 5:315:31-32 Toe antwoord Jesus
hulle: "Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op d i e r e g t e p a d i s , t o t bekering te roep nie, maar sondaars."
Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
8. KopbeenKopbeen-Koppie vol puin, pyn & Seën: Markus 15:2415:24-26 Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry. Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het. En die rede waarom Hy gekruisig is, was op ‘n bordjie aan die kruis geskrywe: "Die Die koning van die Jode." Jode (INRI = Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum ) 29
Luk 23:3323:33-34 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter— en die ander een aan sy linkerkant. Toe sê Jesus: "Vader,
vergeef hulle,
want hulle weet nie wat hulle doen nie!" Hulle het sy klere verdeel deur te loot.
Jes 53:553:5-7 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom... Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. Luk 23:35 - Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.” Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
9. Van God én mens verlate: Mat 27:46 Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: "Eli, Eli, lemá sabagtani?" Dit is: My God, My God, waarom het U My verlaat?
Jes 53:3-4 Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 30
og het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.
Ons dink hier aan Jesus se verlatenheid. Ons kan onsself nie behoorlik indink hoe dit moet wees om van God self verlate te wees nie, maar vir Hom wat wéét wat dit is om BY God te wees, moes dit soveel onuitspreeklik erger gewees het...!
Dink na oor die volgende: Daar is ook baie mense wat emosioneel, fisies en sosiaal verlate is. Weet jy van hulle? Of leef jy by hulle verby? Is sulke mense vir jou net ‘n onnodige las? Wat het dit vir Jesus beteken? Ervaar jy dit dalk tans? Weet jy van iemand wat dit tans ervaar? Die ervaring is dinge soos verwerping, eensaamheid, verraad, wanhoop, verlatenheid ... verlatenheid.. Sy eie dissipels het Hom verlaat ..... laat sterf ....
Soms leef ons moderne so gejaag en haastig met so baie dinge wat ons aandag vashou, dat dit voel of ons gesinslede en familie verby mekaar leef. Amper soos vreemdelinge in dieselfde huis. Daar is so ‘n groot nood van eensame mense in ons huwelikke, ons gesinne, ons familie, ons vriendekring. Wat sou Jesus in sulke omstandighede gedoen het?
31
Doen nou: 1.
Bely jou aandeel daaraan dat Jesus ter wille van jou dit moes deurmaak... NEEM ‘n wattepluisie en doop dit in die asyn— druk dit teen jou lippe—onthou wat Hy vir jou gedoen het...
2.
As jy wil, sit langs die klaagmuur en bely aan die Here watter aandeel jy daaraan het om ander mense se eensaamheid groter te maak ...
3.
OF kom staan voor die klaagmuur en bely jou eie eensaamheid—die eensaamheid Here verstaan en gee uitkoms (daarom is die een rower selfs aan die kruis genade aangebied—”Vandag is jy saam met My...”)
4.
OF skryf ‘n briefie vir die Here oor jou of ander se eensaamheid. Plaas dit in een van die klaagmuur se lasplekke, sodat ander saam daaroor kan bid. bid Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
9 (i). Dis volbring... Die KEUSEKEUSE-punt. Luk 23:35 Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: "Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is." Luk 23:39-40 Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: "Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!" Is dit nie tekenend van die wêreld dat so baie eintlik die Here 32 verwerp nie? Dat hul teen Jesus KIES!
Luk 23:47-48 Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.” Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. Soms kan die ruwe “soldate” van die lewe méér raaksien en verstaan van die Here, as die “skare” wat in die “volk” is. Soms is kerkmense so blind vir Jesus, dat hulle met verslaentheid, ontnugtering aanploeter. Jesus laat selfs ruwe “soldate” God prys! Joh 19:28,30 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is ..., gesê: “Ek is dors.” Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê:
“Dit Dit is volbring!” volbring ...en die laaste asem uitgeblaas. Doen nou: 1.
Bid vir ons eie omgewing (en gemeentelede?) wat nog teen Jesus kies of Hom verwerp.
2.
Hier is ook vir JOU ’n keuse om te maak. Niemand kan by die kruis van Jesus verbygaan, sonder om ‘n KEUSE te maak—VIR of TEEN Jesus nie.... Jy het ook nou die geleentheid om jou keuse te maak...
3.
Neem gerus deel aan die aktiwiteit by die wêreldkaart, al neem dit ‘n bietjie ekstra tyd... Kies ‘n land, bid daarvoor en onderneem om vir die volgende maand meer uit te vind en daaroor te bid.
33
Jy kan kies! Joh 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
Joh 6:47 "Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe.” 1Joh 5:12 Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die (ewige) lewe nie. Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
10. GRAF van ontnugtering of Hoop?! Joh 19:31-41 Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was 'n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, is het hulle nie sy bene gebreek nie. Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom. Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook kan glo. 34
Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: word “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” En verder sê die Skrif op 'n ander plek: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.” Hierna het Josef van Arimatea, wat 'n dissipel van Jesus was maar in die geheim, geheim omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem... By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar 'n tuin en in die tuin 'n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie.
Dink na: Hoe moes dit nie vir die dissipels en ander gelowiges gevoel het nie. Al hul drome was verpletter. Jesus, die grootste Leermeester ooit, was dood. Die hele sabbatdag sou hulle treur, wonder, dwaal... hulle was totaal ontnugter... Wat word nou van Psalm 23 se Herder wat ons deur die dal van dood skaduwee sal lei en bewaar...?
Wie is Jesus régtig? Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
35
10b. GRAF van ontnugtering of Hoop?! Om te oordink: 1.
Niemand het Jesus se lewe genéém nie. Hy het dit self afgelê. Luk 23:4423:44-48 Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; (45) die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. (46) Jesus het hard geskeur uitgeroep: "Vader, in u hande gee Ek my gees oor." Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas... (48) Al die mense wat uitgeblaas saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. gegaan
2.
Die natuur skouspel en die skouspel van die kruis, het die mense verslae gelaat. Opnuut was die brandende vraag:
Wie is hierdie Jesus? Is Hy nie dalk werklik die Redder, die Seun van God nie?
36
Doen nou: 1.
Stap rustig deur die graf. Haal so 3x DIEP, rustig en STADIG asem. Ontspan heeltemal.
2.
Sê vir die Here dankie in gebed dat die voorspellings van die Skrif alles waar geword het en dat ons kan wéét dat Jesus régtig die Redder, die Seun van God, is.
3.
Dank die Here dat jy ook eendag deur die graf na die Ewige Lewe sal gaan, omdat Jesus dit waarborg.
4.
Deur die geskiedenis heen is Vrydag en Saterdag op ‘n spesiale manier gevier: Donker Vrydag— kruisiging en sterwe van Jesus en Stil Saterdag— tyd van asem ophou om te sien of Jesus waarlik uit die graf sou opstaan.
10c. Die oop graf...nuwe hoop! Luk 24:124:1-8 Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het. Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af; en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie. nie 37
Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan. Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig.
Toe sê die manne vir hulle:
“Waarom Waarom soek
julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.” opstaan. Toe het hulle sy woorde onthou
Dink na: Vir die Saterdag (Sabbat & versoeningsdag) was die graf gevul met ‘n liggaam. Maar as ons deur die graf heen gaan, sien ons aan die ander kant is die KLIP weggerol. Hierdie klip was ‘n blokkasie wat dit moeilik gemaak het om te bly glo. Die klip wat weggerol is, bring egter nuwe hoop!
Doen nou: 1.
Kyk terug na die graf toe en sien dat die klip weggerol is. Die graf kon Jesus nie meer vashou nie. Sê nou vir die Here dankie dat Hy die klip voor jou graf ook vir ewig weggerol het.
2.
Steek jou kersie aan by die groot kers wat Jesus as Lig vir die wêreld voorstel. Kyk hoe dryf elke gesinslid se
38
kers wat aangesteek word die donker verder terug! Hoe meer mense, hoe meer lig! 3.
Volg nou die voetspore met jou kerslig na die Kragkamer vir gelowiges: die Gebedskamer! Kyk na die 7 kruiswoorde op die roete en plaas jou kers in die Minora (kandelaar = simbolies van die gemeente). Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt beweeg. Neem ander wat stil is, asb in ag.
11. Herstel en Nuwe Moontlikhede: Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. (Luk.24:8-10a)
As jy Jesus glo, put jy juis krag deur GEBED. Gebed laat jou onthou en gee jou die vlerke van ‘n arend wat jou hoog bo jou omstandighede laat uitstyg. Mat 18:1918:19-20 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.�
39
Maar vir die dissipels het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie. Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe. (Lukas 24:1112).
Glo jy net as dinge vir jou sin maak en jy dit kan verstaan? Geloof is juis om Jesus sonder enige voorwaardes te glo EN Hom te vertrou. As jy Jesus glo, word die klip van jou ewige graf ook weggerol en kan jy uitstap in die TUIN VAN NUWE MOONTLIKHEDE, MOONTLIKHEDE NUWE GELEENTHEDE EN DIE NUWE LEWE IN OORVLOED!
40
Doen nou: 1.
Gaan staan een vir een tussen die twee vlerke. God wil gebedsvlerke van ‘n nuwe lewe aan jou gee, sodat jy kan uitstyg bo alle dinge van die wêreld (veral dinge soos swaarkry, leed, geweld, boosheid, ens.). Jesus maak jou nuut.
2.
Sê vir die Here of jy bereid is om die stuur van jou lewe heeltemal vir Hom te gee....
3.
Loop die roete van Petrus se herstel, toe Jesus hom gevra het of hy Hom nog liefhet. En bely saam met Thomas dat jy voluit kan glo!
4.
Kniel dan vir die Aaronitiese seëngroet. seëngroet
Jy kan hier kuier tot jy reg is om aan te beweeg.
12c. Herstel van Thomas: Joh 20:19ev Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was ... het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: "Vrede vir julle!" Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien Tomas, Tomas wat ook Didimus genoem is, een van die 41
twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: "Ons het die Here gesien!" Maar hy sê vir hulle: "As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie." Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. hulle Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: "Vrede vir julle!" Daarna sê Hy vir Tomas: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig." Tomas sê vir Hom: "My Here en my God!"
Jesus skryf nie vir Tomas óf Petrus af nie. Jesus kom na hulle toe en haal die struikelblokke uit die pad, sodat hulle kan glo. Hy wil dit vir JOU ook doen Sal jy Hom toelaat? 12b. Herstel van Petrus: Joh 21:1421:14-19 Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is. Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: "Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?" "Ja, Here," antwoord hy Hom, "U weet 42
dat ek U liefhet." Hy sê toe vir hom: "Laat my lammers wei." Jesus vra hom weer ‘n tweede keer: "Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?" "Ja, Here," antwoord hy Hom, "U weet dat ek U liefhet." Hy sê toe vir hom: "Pas my skape op." Jesus vra hom die derde keer: "Simon seun van Johannes, het jy My lief?" Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: "Het jy My lief?", en hy antwoord Hom: "Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet." Hy sê toe vir hom: "Laat my skape wei.
Daarna sê Hy vir hom: "Volg My!" 12. Tuin van Ewige Vreugde & Fees: Die Nuwe Lewe het begin. Die 2de kans. kans Die graf is verby. Jy is nou in die tuin van nuwe moontlikhede, kanse, lewens...
Jesus het opgestaan. Jesus lééf! 1Kor 15:54b15:54b-57 "Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal." "Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?" Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. 2Kor 4:14 Ons weet immers dat God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek. 43
Deur Jesus se oorwinning oor die dood het jy ‘n nuwe kans om met ‘n nuwe lewe te begin, van die wêreld ‘n nuwe plek te maak. Die keuse is joune.
Wat sou dit beteken het as Jesus nog dood was in die graf? Omdat Jesus leef, sal jy ook kan leef!
Doen nou: 1.
Onthou: Onthou Jesus het REEDS vir jou die nuwe lewe gee en dat JY kan van nou af “Jesus-met-’n-vel-aan” wees vir ander!
2.
Lééf vanuit die Aäronitiese sëenbede en word ‘n seën vir ander (soos Abram): Genesis 12:2b12:2b-3 Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ‘n seën wees. wees (3) Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke
van die aarde geseën wees." 3.
Gaan na een van die Nagmaal punte n vier dat julle duidelik weet Wie Jesus vir julle is. Kies as gesin saam watter styl nagmaal julle wil beleef:
Gazebo: Die gesin sit op die
kussings rondom ‘n lae tafel en bedien die nagmaal aan mekaar.
Klaskamers: Die gesin sit op stoele rondom ‘n gewone tafel en bedien nagmaal aan mekaar.
3.
44
Volg die nagmaal instruksies in elke Nagmaal bedieningspunt. Mag julle
waarlik ‘n diepe ervaring van die krag van die nagmaalsviering beleef. 4.
Gaan kuier gerus in die kerksaal waar ons saam met ander gelowiges die “Alreeds, NogNog-nie”nie”-fees vier tot die Here finaal kom.
12b. Die laaste Avondmaal: Jesus het self die nagmaal ingestel. Daarvan getuig Paulus (in 1 Kor 11:23-26): “Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘Dit Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.’ gedagtenis “Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: ‘Hierdie Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.’ agtenis “Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker
45
drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.”
Voordat ons die nagmaal gebruik, wil ons graag vir mekaar vertel wat sê die Bybel daaroor: Die Bybel leer dat God ons baie liefhet. liefhet Ons weet dit omdat Hy Sy Seun – Jesus – vir ons gestuur het. Ons weet Jesus is baie lief vir ons, omdat Jesus op Goeie Vrydag aan die kruis op Golgota vir ons sondes betaal met Sy lewe. Jesus self het die nagmaal aan Sy dissipels gegee en vir hulle gesê om dit gereeld te gebruik. Hoekom? Sodat ons nooit sal vergeet wat Jesus vir ons gedoen het nie. Die nagmaal help ons onthou op 2 maniere: Die (1)brood wat ons eet, laat dink ons aan die swaarkry en die dood van Jesus aan die kruis. Die (2)wyn / sap wat ons drink, laat dink ons aan die bloed van Jesus wat vir ons aan die kruis gevloei het. As Jesus se kinders nagmaal gebruik, sê ons daarmee dat ons glo dat ons almal eendag saam met Jesus in die hemel sal wees. Dis Sy belofte vir ons. Ons is bly bly wanneer ons die nagmaal gebruik, want ons weet dat ons sondes vergewe is en ons nuwe geestelike mense is. Ons kies elke dag om soos Jesus te leef. Ons sê ook by die nagmaal vir die Here dankie vir alles wat Hy vir ALREEDS vir ons doen en gedoen het. Hy gee ons ALREEDS die Ewige Lewe, al het ons NOGNOG-NIE alles 100% terwyl ons op aarde leef nie.
46
2c. Vier die Nuwe Avondmaal: Pa lees die teksgedeeltes hardop: hardop Luk.22:14-23 Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom. Hy sê toe vir hulle: "Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly. Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie." Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: "Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis." Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: "Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.
Nou is julle reg vir die Nuwe Avondmaal. Weet jy nou-al wat die antwoord is op die Palm-stasie vraag van die skare mense toe Jesus in Jerusalem ingery het?
Wie is hierdie Man (Jesus)?
47
Pa laat doen nou die volgende: 1.
Bid die Ons Vader-Gebed hardop saam as gesin: gesin Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose; want aan U behoort die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
2.
Die gesinshoof (pa) sê hardop: “Wanneer ons die brood eet en die wyn / sap drink, dink ons daaraan dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het en glo ons dat Hy al ons sondes weggevat het en ons BAIE lief het.
3.
Die gesinshoof neem nou een van die lang repies brood en breek vir elkeen ‘n stukkie van die brood af. Dit word aan elke gesinslid gegee (ook die kinders) en elke keer sê pa: “Dit is vir JOU!”
4.
Daarna neem die gesinshoof (pa) die glasies met wyn / sap en gee dit vir elke gesinslid, en sê: “Dit is vir JOU!”
5.
Sit nou ‘n rukkie stil en sê in jou gedagtes vir Jesus “Dankie”
48
Jy kan hier kuier so lank as wat jy wil. Wanneer jy gereed voel, kan jy na die volgende punt aanbeweeg. Onthou om dit mooi saggies te hou, want daar is dalk ander mense wat nog ‘n rukkie stil wil wees saam met die Here.
Die Spesiale Blye Boodskap Kleure: Die Blye Boodskap kleure wil vir jou ‘n baie spesiale verhaal vertel. Dit klink so:
Goud / Geel: Geel Eers was daar niks, net God alleen. Toe het Hy alles geskep. Alles wat jy kan sien en ook alles wat jy nie kan sien nie. Alles waaraan jy kan dink of nog nooit gedink het nie. Alles wat jy kan hoor, voel, proe en ruik. Die wonderlikste van alles was die mens. Hy het ook vir jou gemaak. Daarom is Hy die Skepper. Donker: Donker Sonde maak ons lewe donker en vuil en breek ons verhouding met die Here stukkend. Ons het in die duister rond getas, sonder God en sonder redding, op pad na die hel. Rooi: Rooi God se Lieflingseun het met Sy bloed AL ons sondeskuld betaal, sodat ons gered kon word. Al doen al die mense sonde, het God nie opgehou om die mense lief te hĂŞ nie, want God is liefde! (Joh 4:10) Maar God is nie net liefde nie, Hy is ook heilig en regverdig. Hy haat sonde en daarom moet Hy die sonde straf 49
Die Blye Boodskap Kleure (ii):
Wit: Wit Ons word witter as sneeu, wanneer ons Jesus se offer aan die kruis as ons eie aanvaar tydens bekering. As jy Jesus wil aanneem, kan jy die volgende gebed bid:
Jesus, ek is baie jammer oor my sonde en weet dat ek niks kan doen om myself te red nie. Ek glo dat U ook die straf vir my sonde gedra het. Vergewe asseblief al my sonde en maak my U kind. Help my om in die toekoms te doen wat U wil hĂŞ. (Jy kan ook in jou eie woorde bid.)
Groen: Groen Groen plante = groeiende plante. Wie in Jesus leef, groei deur die krag van die Gees en dra veel vrug, sodat die Vader bly word daaroor (Joh.15 / Gal.5:22). Mense om ons sien ook ons groei. Blou: Blou Herinner ons dat ons Hemelkinders is en nooit daaroor hoef te twyfel nie (1Joh.5:1213). Ons word Koningskinders gemaak, wat met oorwinning kan leef reeds op aarde.
50
Wie is Jesus? Die Paaswandeltuin probeer op 12 maniere ‘n antwoord op hierdie vraag bied: 1.
Palm Intog: Intog Jesus is die oorwinnaar wat Jerusalem binnegaan ‘n donkie (teken vir vrede). Hy is die Sagmoedige en nederige Messias. Hy het minstens 7 “Ek Is”uitsprake oor Homself gemaak.
2.
Laaste Avondmaal: Avondmaal Hier wys Jesus dat Hy nederig genoeg is om Sy vriende (Joh.17) se voete te was en stel Hy tekens in wat ons help om te onthou wat die fokus van Sy diens gesindheid was—ons redding.
3.
Getsémané: Getsémané Jesus kon deurnag bid en met nuwe krag terugkom. Jesus stel Sy Vader se wil bo Sy eie. Jesus skryf nie swakke dissipels af nie.
4.
Judas se Verraad: Jesus sien verder as Judas se persoonlike verraad. Hy oorwin mags misbruik met ‘n gees van sagmoedigheid en onvoorwaardelike liefde.
5.
Petrus se verloëning: Jesus raak nie bedreig deur magsmisbruik of intimidasie nie. Hy maak selfs oogkontak met Petrus om hom insig in sy voortvarendheid te gee.
6.
Pilatus se afpersing: Jesus verstom ‘n geharde politikus wat deur wrede magsmisbruik sy wil laat geld en ‘n magtige ryk agter hom het, deur in Sy “magteloosheid” magtiger te wees as Pilatus self.
7.
Simon van Sirene: Simon kom ‘n leeftyd se droom bewaarheid om Paasfees in Jerusalem te wees. In ‘n totaal onverwagse wending laat Jesus hom die ware Paasfees ontdek terwyl hy die kruis dra. Dit word sy lewens hoogtepunt, en hy en sy seuns Rufus en Alexander word bekende figure in die vroeë kerk. 51
8.
Golgota: Golgota Jesus word deur die mens op die ashoop weggegooi, maar selfs dit bring Hom nie van stryk nie. Jesus draai die magsmisbruik-triomf van Rome en Joodse Raad om in ‘n oorwinning oor selfs die bose. Met 7 eenvoudige, maar diepe betekenisvolle woorde aan die kruis, verslaan Hy die helse magte en versoen Hy God en mens.
9.
Klaagmuur: Klaagmuur Hy red aan die kruis ‘n verlore mens en verklaar God se heil vir die héle wêreld met “Tetelesthai” - volbring. Hy lê Sy lewe af—niemand “vat” dit nie.
10. Graf: Graf Jesus gaan deur die dal van doodskaduwee, sodat Psalm 23 opnuut vir ons betekenis kry. Selfs die dood kon Hom nie keer nie. Sy opstanding, is ook ons opstanding. Hy is ons Herder! 11. Herstel tuin: tuin Soos God in Genesis die sonde-wegkruip mens gaan opsoek in liefde, doen Jesus ook met Petrus in Sy herstel gesprek met hom. Hy skryf ook nie die “ekmoet-self-sien” Tomas af nie, maar nooi hom om te “kom-kyk-en-glo”. 12. Alreeds, Alreeds Nog-Nie Nog Nie Fees tuin: tuin Jesus versterk elke gelowige se hoop en toekoms fokus met alledaagse brood en wyn as tekens van Sy oorwinning. Deur Jesus het die Hemelse ALREEDS vir ons aangebreek, alhoewel ons dit NOG-NIE ten volle op aarde kan beleef nie. Jesus laat ons ‘n stuk hemel reeds op aarde beleef. So, Wie is hierdie Man? Kan JY al die vraag beantwoord? Openbaring 3:20-21 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 52
“Ek Is”Is”-Uitsprake: Eksodus 3:1-15 Ek is wat Ek is. Dit is die oorsprong van die “Ek is”-uitsprake. Dit is die manier waarop God Homself aan ons bekendstel, maar terselfdertyd die geheim van Wie Hy is, laat verdiep.
1. Johannes 6:1-15, 25-63
Ek is die Brood wat Lewe gee. Jesus voorsien in mense se fisieke nood, asook hul geestelike honger.
2. Johannes 9:1-41
Ek is die Lig vir die wêreld. Jesus maak jou oë oop en gee jou die ware perspektief op dit wat die lewe die moeite werd maak.
3. Johannes 10:1-10
Ek is die Ingang vir die skape. Jesus maak Homself bekend as die enigste deurgang tot ware geluk en vrede vir altyd.
4. Johannes 10:11-18
Ek is die Goeie Herder. Jesus is die enigste Leier wat Homself vrywillig opgeoffer het en ons so Sy dissipels gemaak het.
5. Johannes 11:1-4
Ek is die Opstanding en die Lewe. Jesus demonstreer hoe die dood in Hom oorwin is en hoe God deur Hom ‘n nuwe begin maak.
6. Johannes 14:1-14
Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Jesus wys die enigste pad na ware redding om in die 53
Vader en onder Sy beheer te bly.
7. Johannes 15:1-17
Ek is die ware Wingerdstok. Om in Jesus te bly, en Hy in ons, is waar ons identiteit as Christene lĂŞ,verbonde aan Sy Liggaam (die gemeente) en aan mekaar (medegelowiges) in liefde.
Die Sewe Kruiswoorde: 1. Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie Lukas 23:34. 23:34 2. Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees Lukas 23:43. 23:43 3. Daar is u seun ... Daar is jou moeder. Johannes 19:2619:26-27 4. My God, my God, waarom het U My verlaat?! 54
("Eloï, Eloï, lemá sabagtani?") Markus 15:34 5. Ek is dors. Johannes 19:30 6. Tetelesthai— Dit is Volbring! Johannes 19:30 7. Vader, in U hande gee Ek my gees oor. Lukas 23:46.
55