PEPUDA WET

Page 1

SINODALE REGSKOMMISSIE (SRK) Aktuarius: Dr. Hannes Schulz 082 778 2772 Skriba: Mnr. Cobus Grové 082 655 4577 14 Junie 2021

PEPUDA AMENDMENT BILL: BESWARE VOOR OF OP 30 JUNIE 2021 Die PEPUDA Wysigingswetsontwerp het ten doel om die sogenaamde Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (PEPUDA) te vervang. Voorsgestelde wysiginge aan die gelykheidswetgewing hou groot gevare in vir kerke en ander godsdienste in, omdat hierdie voorgestelde wysiging kerke byvoorbeeld sal forseer of verplig om hul grondwet of konstitusie, doktrine en interne gedragskodes by die venster uit te gooi ten einde gehoor te gee aan die staat. Sodoende reguleer die staat wat die Bybel of die Moslem se Koran byvoorbeeld mag sê. Die woord “diskriminasie” het sy oorsprong in die Latynse discriminare — ‘n werkwoord wat beteken “om te onderskei tussen”. In ‘n sosiale konteks word die term egter in ‘n kwaadaardige lig geassosieer met vooroordeel in die manier waarop mense behandel word. Dit is nogal jammer dat “unfair discrimination” nie duidelik uitgespel en gedefinieer word nie ... en daarmee saam ook nie “fair discrimination” nie ... Dit het groot implikasies, want werknemers, sowel as organisasies kan vervolg word in die geval van skuldigbevindings .... Die mees kommerwekkende aspek van die wetsontwerp is dat dit voorsiening maak vir selektiewe, arbitrêre toepassing van diskrimiasiekriteria. Aangesien feitelik enigiemand onder ‘n wye reeks omstandighede aan onbedoelde onbillike diskriminasie skuldig bevind kan word, kan instellings teen diskriminasie soos die Menseregtekommissie die wetsontwerp selektief as gereedskap inspan om bepaalde rolspelers in openbare diskoers te teiken. Voorts kry die Minister die mag om regulasies uit te vaardig en af te dwing oor hoe sg. diskriminasie aangespreek moet word en gelykheid gepromoveer moet word binne die organisasie. Die PEPUDA-wysigingswetsontwerp is teenstrydig met menige grondwetlike standaarde, insluitend die reg op gelykheid, vryheid van uitdrukking en assosiasie. Soos die wetsontwerp oor haatspraak, stel hierdie voorgestelde wetgewing ‘n diepgaande bedreiging vir demokrasie en vryheid in Suid-Afrika daar, en moet aangeveg word. Die staat beheer die boodskap van die Bybel. Dit is absoluut van kardinale belang dat ons as Christene reageer op die voorgestelde wysiging van wetgewing, anders kan ons verwag dat ‘n vloed van regsake sal volg teen ons, en mense van ander geloofsoortuigings, bloot omdat ons ons geloof uitlewe (die werklike verskil tussen vryheid van godsdiens teenoor huidige godsdiensvryheid). Vir ‘n beter impak word elke gemeete of lidmate individueel versoek om ‘n E-pos te stuur aan fbhayat@justice.gov.za voor 30 Junie 2021. U kan ook die volgende skakel https://dearsouthafrica.co.za/equality/ gebruik en dan die keuse uitoefen om jou eie boodskap hieroor deur te gee. Groete in Christus Jesus, ons Verlosser

Aktuarius: Dr. Hannes Schulz Bladsy 1 van 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.