Die Griffel Open Day Edition

Page 1

POLITIES GESPROKE

3

DIE

GRIFFEL JOOL / 2

KOSHUISKOERANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS

NOORD-WES UNIVERSITEIT PUKKE OPEDAG

1 MEI 2009

ÄÄPATRIA: DIE HUIS VAN TROTS EN BROEDERSKAP

Sprei jou vlerke híér J

y staan nou op die drumpel om die lekkerste en beste tyd van jou lewe binne te gaan - jou studentelewe. Dit is ‘n tydperk waar jy baie nuwe dinge gaan leer en ervaar en daarom is dit juis so ‘n groot eer om deel te wees van ‘n gebalanseerde koshuis soos Patria wat op alle vlakke van die lewe seëvier. Patria is meer as net ‘n nog koshuis, dit is ‘n passie wat daagliks uitgeleef word. By ‘dié huis op kampus’ is dit ‘n koshuis wat nie net nog ‘n plek is om te loseer nie, maar waar jy deel is van ‘n broederskap wat uitblink op die sportveld; wat met JOOL hulle opoffering gee; wat presteer op die kultuur gebied en die belangrikste van alles ‘n goeie omgewing bied waar elkeen akademies kan presteer. Die eerstejaars staan bekend as "Die Plebs van Patria". ‘n Pleb is altyd bedagsaam teenoor `n dame om te verseker dat Patria Manskoshuis bekend staan as "Die Gentlemen-koshuis". Patria eerstejaars word altyd hoog geag op kampus en kan die Albatros met trots op die bors dra. Dit is dan werklik ‘n eer en ‘n groot voorreg om deel te wees van so ‘n dinamiese koshuis waar jou karakter geslyp word om jou as volwassene die wêreld in te stuur.

PATRIA Ligging:

Ondersteuners hou Patria se naam hoog by ’n rugbywedstryd vroeër vanjaar.

Foto: VERSKAF

Hou kop met besige opedag program Voornemende studente en hul ouers sal sekerlik verskoon word as hul vandag ietwat verward op kampus ronddwaal tussen die horde stalletjies, fakulteite en koshuise. Die Griffel verwelkom OPSIE 1: NWUBEKENDSTELLING 08:30 - 09:30 (Amfi en Oudit) ♦ Ontmoet die kampusrektor en SR-voorsitter, ♦ kry waardevolle inligting oor die NWU, ♦ word daarna na die fakulteit van jou keuse geneem. 10:30 - 11:30 (Oudit) Program word herhaal

alle nuwe gesigte en help dus graag uit waar ons kan. Hieronder volg drie opsies, soos deur die universiteit verskaf, as handleiding om die meeste van die NWU-Pukke opedag te maak.

OPSIE 2: BESOEK AAN FAKULTIETE 09:00 - 10:00 10:00 - 11:00 11:00 - 12:00 Meld aan op die gras perk voor die hoofgebou om na die fakulteit van jou keuse se uurlikse inligtingsessies begelei te word.

OPSIE 3: BESOEK AAN KOSHUISE, PUKSPORT, KULTUUR EN BEURSE 08:30 - 14:00 ♦ Koshuise se stalletjies - Wandellaan ♦ Aansoekvorms voltooi en ingehandig by die Toelatingskanoor (F20) ♦ Beurse en lenings (F19) ♦ NWU-Puksport Hoofgebou se gras ♦ NWU-Puk Kultuur Heimatgebou F9


DIE GRIFFEL

NUUS

BL. 2

Die gange van Patria  VIND DIE REGTE GANG VIR JOU IN DIÉ HUIS OP KAMPUS GROND VLOER

Mol’s Hol Mol's Hol is geleë aan die onderkant van die koshuis en dien as fondasie vir die res. Molle is tradisie vas met tradiesies soos: baardmaand, hoenderbraai, lande aand ens. Hier heers `n goeie gees wat gepaardgaan met `n akademiese atmosfeer. Die Molle ken van saamstaan en ondersteun mekaar op alle fasette van studentelewe Heil Oupa Rooimol!

EERSTE VLOER

Commancheros “What we do in life, echoes in eternity”. Dit is die leuse waarmee Commancheros die lewe in die oë staar. Hier op Commas kry jy nie net die ideale geleentheid om jou studies te voltooi nie, maar ook die geleentheid om deel te word van `n gang waar `n gesonde gees gehandhaaf word. Ons het tradisies soos: Gangbraaie, Pokeraand ens. Op Commas kry jy die geleentheid om jou diep verborge talente te herontdek en dit te leef!

TWEEDE VLOER

Ophuichus Op hierdie gang heers `n goeie gees wat jou aanmoedig om akademie eerste prioriteit te maak maar ook om jou studentelewe in `n goeie perspektief te geniet. Ons het tradiese wat al jare strek en die gang het `n weermag tema. Hier is onder andere Draer van die Slang, Eerstejaar van die gang ens. Wanneer jy aangewys word as eerstejaar van die gang, kry jy nie net voorregte op Ophiuchus nie, maar jy kry ook `n ander titel in jou tweede en ander jare om te kom. Beginnende by Korporaal.

DERDE VLOER

Pastas Pasta presteer onder leiding van Oupa Neorg en sy onderdaan Addap. Dit is hier waar jy waarlik ontwikkel word tot mens om jou te leer van tradisies en respek teenoor jou medemens. Ons spog met tradisies soos die jaarlikse Pastas Derby wat insluit: Snaakse Eerstejaarsdrag, Polo, Padda Spring Kompetisie, Dinee ens. Pastas is die ideale gang om op te wees as jy glo in tradisies, akademie, sosiaal en menswees!


DIE GRIFFEL

NUUS

BL. 3

ÄÄEERSTEJAAR LEON ROETS IN PUK-SPAN INGESLUIT

Patria-debat naasbeste >

BERNARD MARITZ

‘n

Kort beskrywing van debat sou min of meer wees hoe goed jy jouself uit ’n moeilike situasie kan praat. Kan jy dit bewys? Patria het ʼn puik debatspan wat die jaar 2de in die mansafdeling geëindig het. Die lede van die debat, Leon Roets, Nelis Volschenk, Christo Cronjé en Johannes Esterhuizen het standpunt ingeneem, baklei en gedebatteer tot die bitter einde! Die debat het afgeskop met ʼn opwarmingsrondte teen Bellatrix. Die eerste tema het gehandel oor die eetsale van die PUK. Na die oefenrondte het die uitdunrondte teen Taba-Jäh plaasgevind. Die onderwerp was of mielies nie net vir voedsel gebruik moet word nie maar ook as biobrandstof, al dan nie. Van die begin af was Taba-Jäh sprakeloos en kon byna geen vrae beantwoord nie. Aan die einde van die uitdunrondte het Patria eerste geëindig.

Die finaal was egter ‘n taai stryd. Patria het teen Veritas te staan gekom en naelskraaps tweede geëindig. Een van Patria se sprekers, Leon Roets, het in reaksie op hierdie finale rondte gesê die span van Veritas Manskoshuis het baie op hul senioriteit staatgemaak om hulle [Patria] te intimideer hoewel dit geen effek op die Patriane gehad het nie. Roets is na afloop van die uitdunrondtes in die PUK-debatspan ingesluit wat op 8-9 Mei by Kovsies aan die ATKV-Universiteite debat sal deelneem. Roets, ʼn Eerstejaar van Commancheros, sal die PUK verteenwoordig saam met Wilbrie Fourie (Hombré), Nantes Kirsten en Du Toit Orton (albei van Veritas). Die vooruitsigte vir Patria se debat lyk dus baie rooskleurig as daar in ag geneem word dat ons ʼn baie jong span gehad het in vergelyking met die kompetisie se ervare spanlede.

Opwinding & Bravade

STUDENTELEIERS Die HK van Patria Manskoshuis by die rektor van die NWU: PUK-Kampus, Prof. Annette Combrink, en Studentedekaan, Prof. Hendre Reyneke, gedurende die O&B sessies vir eerstejaars in die Amfi-teater. NOG ‘N FOTO OP BL. 6 Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

Sêr roer hartsnare, ‘mik vir nationals’ ADRIAAN SWART

Die hartklop van enige koshuis se kultuuraktiwiteite is sy sêr en soos elke Senior en Pleb weet is Patria geen uitsondering nie. Patria kan uitsien na ‘n wonderlike jaar van sêr en van wat verneem word van Bruwer Malan, Kultuur HKlid, mik vanjaar se sêr selfs na die ‘nationals.’ Patria se sêrgroep bestaan vanjaar uit 13 Seniors en 7 Plebs. Die groep word deur Stefan van Zyl gelei terwyl die verwerkings deur Natanja Brink en Franco Prinsloo behartig sal word. Die Plebs het op hul eie beurt die dames van Heide, Kasteel en Klawerhof se knieë gemaak met hul weergawes van “Blou”, “Piekniek op die

17/01

<

Die vooruitsigte...lyk dus baie rooskleurig vir Patria se jong debatspan

maan” en “Sally Williams Nougat.” Die dames se terugvoer hierop: “Ons lovit” Geen inligting wat betref die datums waarop die kompetisie gaan plaasvind is tans beskikbaar nie. Malan is ook baie geheimsinnig oor die liedjies en tema van die opvoering. Daar word egter reeds hard in die aande geoefen en van wat afgelei kan word, klink dit baie belowend. Aangesien Patria ook op alle terreine presteer, word slegs die hoogste standaarde van hierdie groep verwag. Patria staan bankvas agter sy sêrgroep in afwagting op hul optrede in die tweede semester. Hartsnare sal geroer word wanneer die ‘Poorboys’ keel skoonmaak om almal se asems weg te slaan.

19/01

Enkele 2009 O&B oomblike

23/01

>

28/01

21/01

>


DIE GRIFFEL

NUUS

BL. 2

Eersteklas vermaak

BO: ’n Toneel uit vanjaar se Eerstejaarskonsert, Appelhof, in die Sanlam Ouditorium. LINKS: Corné van Schalkwyk se vertolking van ‘Adams Appel’. Foto: IAN ODENDAAL

ÄÄ‘HEI-TOU-PATEI-TOU HET NIKS OM OOR SKAAM TE WEES’

Vergeetbare JOOL..? COENRAAD MIDDEL

D

ie kwartaal is besig om vinniger as die heilige wit eland verby te gaan en JOOL is lankal nie meer die hoof ‘topic’ van almal se etenstyd gesprekke nie. Was dit dan regtig so Onvergeetbaar? Hei-tou-Patei-tou het vanjaar met ‘n algehele vierde plek weggestap. Dit is iets waaroor Andre Rossouw, JOOL en Klubhuis HK-lid nie kommentaar wou lewer nie. Op navraag het hy bloot geantwoord: ”Ons was vierde algeheel en vierde met die ‘Popkoppe’ - verder het ek niks om by te voeg nie.” Die Eersteplek was gedeel deur my-kHEIs en Kan-ta-li-brè. J.B. Robinson, eerstejaar BSc. Aktuariële Wetenskappe student van Patria, het só sy mening oor hierdie saak gelig: “Hoekom is Patria tevrede met vierde plek as ons weet ons het beter verdien?” Ander Patriane is ook van mening dat Patria en Heide ingedoen is met die finale uitslae. Saam met die droewigheid van die uitslae was daar ook die nat aard van die weer oor JOOL hier in Potch wat nie regtig gehelp het om die gemoeddere bietjie te lig nie. Donderdagaand en Vrydagaand het bands en kunstenaars soos Zinkplaat, Jak de Priester, Karen Zoid, Southern Gypsey Queens, Straatligkinders en aKing die Joolplaas laat dreun en die Plebs het maar met een oor geluister en die ander gespits vir opdragte van die bouspan. Na ‘n Pleb gevra is wat hy dink van die JOOL-week het hy doodeenvoudig gesê: “Dit is hard maar lekker.” Baie lang ure is ingesit vanjaar se vlot en daar is altesaam 240 000 nuwe

ONVERGEETLIKE URE Ywerige Plebs en Dore besig om die laaste blommetjie in te druk. Altesaam 240 000 blommetjies is vanjaar met JOOL gevou Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH blommetjies gevou. Die bouspan en die eerstejaars het die Vrydagaand deurnag gewerk en nog die laaste blommetjies ingedruk toe die klok 6 uur die Saterdagoggend lui. Die vlot was nie eenhonderdpersent volgens plan klaar nie en Elvis kon nie sy boogie moves gooi nie. Maar

nietemin het die vlot koppe laat draai en geldsakkies laat omkeer. Wanneer terug gekyk word was vanjaar se JOOL tog onvergeetbaar. Die vlot was van hoë gehalte en Hei-tou-Patei-tou het niks om oor skaam te wees nie.


DIE GRIFFEL

KOMMENTAAR / NUUS

BL. 3

ÄÄ’N PARTYDIGE BLIK OP PARTYPOLITIEK

Demokrasie-groeipyne STUART GROBBELAAR

M

et die kruisies getrek, duime gekleur, stemme getel en uitslae bekend kom Suid-Afrika aan die einde van hul vierde Nasionale en Provinsiale verkiesing. Baie kenners en politici het gemeen die 2009 verkiesing gaan die mees interessante en belangrikste verkiesing wees sedert 1994, en tot ‘n mate was dit. Ek is seker almal sal met my saamstem dat dit nie nodig is om baie oor die ANC te sê nie. Al wat belangrik is, is om te weet dat hulle met 66% van die stemme gewen het en dat hulle nie ‘ n tweederde meerderheid gekry het nie. Die Griffel sê ook geluk aan ons nuwe president en ons 4 nuwe “first ladies”. Die DA het goed gevaar en het hul titel as amptelike opposisie behou deur 17% van die stemme te kry. Alhoewel baie mense iets negatief te sê gehad het oor die STOP ZUMA-veldtog, lyk dit nie asof dit die party skade berokken het nie. Die DA het sy steun met ongeveer 4% verhoog sedert 2004 en het die ANC in die WesKaap ontsetel as die nuwe regerende party. Studies toon dat die DA se steun onder swart kiesers met 200% gegroei het en dat die DA vandag die mees diverse politieke party in die land is. Aan die einde van verlede jaar was SuidAfrikaners geskok, maar tog opgewonde oor die stigting van die ANC wegbreek party, COPE. COPE was die nuwe hoop, die nuwe agenda, die nuwe party vir alle Suid-Afrikaners wat ‘gatvol’ was vir die ANC. Dinge het egter nie uitgedraai presies soos wat COPE beplan het nie. Op ‘n stadium het die leier van hierdie party, Mvume Dandala, vol selfvertroue verklaar dat sy party 50% van die stem op hom gaan vestig. Op die ou end moes die COPE tevrede wees met 7,4% van die stemme. Nie te sleg vir ‘n party wat slegs ‘n paar maande oud was en wat se verkiesingsveldtog basies gedraai het om: Wie kom op die poster, Lekota of Dandala? Oor die ander partye kan ‘n mens nog minder sê as die hoeveelheid stemme wat hulle gekry het. Buthelezi se IVP verloor met elke verkiesing die helfte van sy steun. Sy party is

66 %

UITSLAG VAN DIE 2009 NASIONALE VERKIESING 17 %

7%

COPE 5%

LIG JOU KOP OP ’n Donker wolk van verdenking hang steeds bo mnr Jacob Zuma, Suid-Afrika se nuutverkose president, na die nasionale vervolgingsgesag vroeër hierdie maand besluit het om die saak van korrupsie teen hom te laat vaar. Foto: HUSH NAIDOO ‘n verleentheid vir alle Zulu’s. Ek dink nie eens Shaka sou vir hom gestem het nie. De Lille het weereens ‘n pragtige een-vrou-vertoning

Ek vra jou Dr Mulder: Is jy te konserwatief vir stemme? gelewer en ontvang vir haar harde werk 4 setels in die parlement. Ek wonder net wie die ander 3 gaan wees wat saam met haar parlement

toe gaan. Pieter Mulder het tydens sy veldtog die volgende vraag gevra: Is jy te wit vir werk? Ek vra jou Dr Mulder: Is jy te konserwatief vir stemme? Dalk moes die party eerder die Vryheidfront Minus gewees het, aangesien steun vir die party met elke verkiesing net verder daal. My advies aan al die klein patetiese partye is : Maak toe. Geluk aan die IEC en al die politieke partye wat deelgeneem het. Die verkiesing kan werklik bestempel word as vry en regverdig .(Behalwe natuurlik vir die insidente waar stembusse langs die pad opgetel is en talle stemlokale nie meer stembriewe gehad het nie.) Geluk met jul nuwe president Suid-Afrika!

AKSA nou in aksie, sien geleentheid in verskeidenheid RIAAN VENTER

Aktuele Sake is ‘n portefeulje wat werk met ‘n verskeidenheid van belange in die koshuis. AKSA maak sy debut in 2009 as ‘n Huiskomitee portefeulje, maar was eintlik nog altyd teenwoordig in die sosiale struktuur van koshuislewe. AKSA is dus ‘n portefeulje wat aktuele sake aanspreek en wat aan huidige aspekte aandag gee. Die koshuis se AKSA-komitee hou ook verband met die Studenteraad en dien daaronder.

AKSA se doel is om Sosiale integrasie te bevorder; algehele gesondheid aan te moedig en ondersteuning te bied aan behoeftige studente. Burton Phillips, HK lid van Patria Manskoshuis en voorsitter van AKSA, is baie positief en meen dat dit ‘n fantastiese komitee is om op te dien – "dit is regtig awesome en baie exiting om sover HK te wees en AKSA kan regtig ‘n groot rol in die lewens van ander speel deur morele en finansiele ondersteuning te bied en ook integrasie te bevorder." Op "Different cultures, same dreams" dag, kon daar gesien word met watter gees die

manne die take aanpak.Ander aksies beloof om ook dieselfde opwinding te kweek. Aksies waarvoor uitgesien kan word wat tans in die AKSA beplannig is, is onder andere: "Biggest Loser Challenge" waar Jurie Hartley vir Patria gaan verteenwoordig. Dan gaan "Green Campaign" poog om mense meer omgewingsbewus te maak en die Koshuis het hul eie "Big Bash", waar die manne teen mekaar gaan kompeteer in touchies, soccer,atletiek ens. om te sosialiseer en mekaar beter te leer ken. Die Komitee is aksie belaai en het ‘n groot invloed op die lewens van Patriane.


DIE GRIFFEL

AKTUEEL / MENINGS

BL. 6

Ouer broers se ervaring ingespan RIAAN VENTER

‘n Gesonde hiërargie het nog altyd ‘n belangrike bydrae gelewer tot die sukses van ‘n liggaam. As Patria dan dié huis op kampus is, dan staan die Seniorbond die skoene vol as "ouboet"… skoene wie se sole deur tyd geslyp en gevorm is. Wat is die Seniorbond (SB)? Wie is hulle en watter rol vertolk hulle in die koshuis? Vroeër jare was daar slegs twee seniors van elke gang, inlsuitend die Prim, wat die Seniorbond gevorm het, om op hul beurt weer terug te ploeg wat hul uit hul Huis gekry het. In 2009 was daar besluit om die "komitee" te vergroot om aan die eiste van die jaar se beplanning te voldoen. Riaan Visser, ondervoorsitter van die SB, meen dat die SB as ‘n spreekbuis gesien kan word. "Die SB dien as ‘n addisionele kommunikasiekanaal tussen inwoners en die HK, ons ondersteun die HK volledig en probeer altyd om aan die twee partye behulpsaam te wees. Ons is nie hier om ‘shine’ te vang nie". FR Bezuidenhout, Prim en voorsitter van die BLOU BLOED Die eerstejaarsgroep van Patria Manskoshuis by een van hul Amfi-sessies tydens O&B. Anders as vroeër jare was vanjaar se sowat 3000 eerstejaars gelukkig genoeg om hierdie sessies onderdak by te woon. Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

ÄÄKROPSKOONMAAK: JOU EERSTE MIDKNIGHTS-ERVARING?

Middernag moeilikheid BERNARD MARITZ

A

lle seniors weet natuurlik al die feite en bewerings oor die kuierplek Midknights. Die plek waar die ouens vuiler as die grond, en die meisies goedkoper as die drank is. Waar kom al die feite vandaan? Daar is seker geen beter plek om kennis hiervan te kry as by die seniors self:

FRANCOIS DU TOIT: “Kan niks onthou nie, maar my voete was vuil - en ek het skoene gedra.”

GERT DUVENHAGE : “Dit was groter as wat ek gedink het”

SENIORBONDSLEDE FR Bezuidenhout (Voorsitter); Riaan Visser (O/Voorsitter); Roelof Burger; Jaco Theunissen; Ruan Labuschagne; Pieter Lourens; Bennie Smit; Nico Louwrens; Dennis Nel; Jaco Smit; SJ Swart; Jurie Moolman; Hannes de Kock SB sien die SB; die rol wat hul vertolk en die bydrae wat hul lewer deur terug te gee as baie belangrik en van kardinale belang. Dit beklemtoom hy egter met meer as net sy voete om die grond - "Die SB is net ‘n groep mense wat meer wil doen vir die funksionering van die huis." Die Prim verkies die SB-lede, wat gewoonlik seniors van vyfdejaar en op is. Hul is dan verder ook ‘n heeltemal afsonderlike komitee wat hulself finansier, wat bietjie respek afdwing wanneer daar na hul jaar beplanning geloer word. Van die projekte sluit in: Die formele stigting van '’n "Old Boy's" Klub. Die Klub gaan poog om die ou "familielede" onder een dak te hou sodat hegte familie bande behou word wat mekaar kan ondersteun. Daar is reeds ‘n databasis wat hiervoor onderhou word. ‘n Koshuis Treintoer af na die Kaap wat baie belowend klink is ook in die pyplyn. Maar die Projek wat die huis meer direk raak is om die Binnehof "op te kikker" sodat dit meer deel word van die Patria-leefwyse en wat ‘n baie belangrike bydrae kan maak tot die huis se gees en tradisies.

DIE GRIFFEL 2009 REDAKSIE ROELOF BURGER: “In my eerstejaar was Midnights nog ʼn formele familie restaurant, maar deesdae is dit veiliger om die krips te lek as om ʼn meisie daar te soen!”

PAUL VOGEL: “Dit was nie so erg nie...haha”

CHRISTOPH ANNANDALE: “Mal, rof, laf, kinky, hard, aanhoudend, onbetroubaar, vuil ...

REDAKTEUR & UITLEG: PIETER BEUKMAN SUB-REDAKTEUR: STEFAN VAN ZYL


DIE GRIFFEL

VERMAAK

BL. 7

GRIFFEL

ONDERHOUD

Kombuis Koo(r)s PIET MATIPA

“I came. I saw. I wrote it all down.” So beskryf Koos Kombuis sy lewe. Hy is die ‘guru’ van Afrikaanse rockmusiek, ʼn bekende skrywer en ikoon. Kombuis is gedoop André le Roux du Toit. Koos Kombuis is net ʼn humoristiese verhoogen pennaam. “My bynaam op skool was Koos, en ek hou van kombuise,” het Kombuis gesê. As jongman was hy deel van ʼn antiestablishment Alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging, die sogenaamde Voëlvry-toer, ‘n groep jong Afrikaners wat teen apartheid was. Dit is dan ook hoofsaaklik as gevolg van sy betrokkenheid by dié beweging dat hy sy roem verwerf het. Kombuis wou al van kleins af ʼn skrywer word. “Die musikant-ding het soort van toevallig gebeur.” Hy het al talle boeke agter sy naam, onder andere sy outobiografie Seks, drugs en boeremusiek, ʼn roman Hotel Atlantis, ʼn Engelse satire The Secret Diary of God en ʼn riller Raka: Die Roman. Kombuis het vroeër jare kortverhale vir die tydskrif Huisgenoot geskryf en hy skryf ook graag gedigte. Tans skryf hy rubrieke vir die Sondagblad, Rapport. “Ek geniet dit die meeste om romans te skryf. Al die ander goed is net hobbies,” vertel Kombuis. Sy gunsteling Suid-Afrikaanse skrywers is Dana Snyman, Deon Meyer, Eric Miyeni en J.M. Coetzee. Kombuis word as een van Suid-Afrika se beste musikante beskou. Sy treffer “Lisa se Klavier” is al deur Laurika Rauch en The Parlotones opgevoer. Kombuis se akoestiese kitaar is altyd aan sy sy en hy speel soms saam met sy band, Die Warmblankes. Hy beskryf sy musiek as baie eenvoudige toonsettings van eenvoudige rymelary. Toe hy gevra is watter liedjie sy absolute gunsteling is wat hy al geskryf het, antwoord hy: “My volgende een.” Dié rocker is glad nie op sy mond geval nie en hy het definitief ʼn “mak” sin vir humor. Die persoon wat Kombuis die graagste sal wil ontmoet is Hugh Hefner. “Ek sal moet gou maak” skerts hy. As hy op ʼn eiland sou vassit wil hy vier dinge by hom hê: sy vrou, kinders, huishulp en laptop met internet. Sy gunsteling Suid-Afrikaanse program is die weervoorspelling. Hy sê sy inspirasie en motivering is alles te danke aan “breakfast” (ontbyt). Sy rolmodel is Mannetjies Roux. “Ek is nogal mal oor hom.” Toe hy gevra word watter woorde hy altyd sal onthou wat iemand al vir hom gesê het, antwoord hy “My skoonpa se woorde op die dag van my troue. Hy het gesê ‘K@k sal jy.’” “Moenie na raad luister nie”, is sy raad aan enige iemand en hy sluit die onderhoud op ʼn gepaste manier af met ʼn hartlike “Koebaai”.

ÄÄ5DE PLEK BLY ‘‘N BAIE LEKKER ERVARING’

Konsert steeds kalklig-sukses STEPHAN PRETORIUS

M

oenie dat die woord "eerstejaars" in Eerstejaarskonsert jou flous nie. Vorige jare se konserte het die standaard gestel vir wat kon wees, nou kan ons. Vanjaar was dan geen uitsondering nie. Met die afwesigheid van die Alabama produksies, het die Eerstejaarskonserte nuwe belangstelling en aandag op kampus gewek. Al in die midde van die O&B-tydperk het Plebs en Dore (onder andere) na oudisies gestroom om deel te wees van hierdie heldedige vertoning. Vrywillige seniors het ook ywerig gehelp met die sifting van massas kandidate tot hulle ‘n groep groentjies kon kry wat die kalklig sou kon aandurf. Vanaf die eerste oefening tot die kleedrepetisie was dit net harde werk en uithouvermoeë. Seniors het eerstejaars verdeel in groepe van dans, sang, toneelspel en dekor en hul afgerig in hul verskeie talente. Later was al hierdie fasette bymekaar gebring in een vertoning wat sou strek oor twee aande. Al was die jaar nog jonk, het feitlik elke eerstejaar en senior wat belangestel het, so tussendeur die blommetjiesvou uitgehelp met dekor en props. Na weke se sweet, bloed en trane het die groot aand(e) uiteindelik aangebreek, en akteurs, aktrises, koorlede, soliste en dekorspanne het na die Sanlam Ouditorium beweeg waar hulle doelgerig (maar tog op hulle senuwees) ‘n uitstekende vertoning sou lewer. Na die kleedrepetisie en finale afronding het eerstejaars, so tussendeur die gevleggery, in hul grimering en kostuums verklee, om die kalklig aan te durf. Daar was egter twee sessies by hierdie spektakel: ‘n laatmiddag en aand vertoning. Dit het beteken dat eerstejaars ‘n konstante kwaliteit en gevoel aan hul produksie moes verleen vir altwee vertonings. Sommige spanne was egter onregverdig benadeel deur praktiese en tegniese probleme, en volgens baie eerste-

EERSTE LIEFDE ‘n Toneel uit Patria en Heide se Eerstejaarskonsert Foto: IAN ODENDAAL jaars het dit hul produksie negatief beïnvloed. Party mikrofone was afgeskakel en die bands se klank was te sag of ge’distort’. Sommige seniors wat afgerig het, het self gekla oor die volgorde van produksies en hoe dit hul vertonings negatief affekteer. Maar afgesien van ‘n paar nukke het die program heel vlot verloop. Elkeen van die twaalf slepe het hul kans gekry om die kalklig te verower, maar op die ou einde van die dag kon daar net een gelukkige wenner wees. WagVerit is as wenners aangekondig, met Katalibrè as tweede en MY-kHeis kort op hul hake in die derde plek. Martin Gouws, ‘n eerstejaar het sý ervaring van hierdie geleentheid só saamgevat: “Ek dink ons konsert was die beste. Dit was proffesioneel en ons het hope tyd en moeite daarin gesit. “Maar al het ons nie gewen nie was dit oor die algemeen ‘n baie lekker ervaring - solank almal dit geniet het. Ek dink ook daar was faktore buite ons beheer, soos tegniese probleme, en die organisering kon beter gewees het, maar ek sal die ervaring nooit vergeet nie”.


SPORT

GRIFFEL

KOSHUISKOERANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS  DULCÉ ET DECORUM EST PRO PATRIA MORI  19 MAART 2009

BOERETROOS Die eerstejaars en HK-lede van Patria en Heide voor Wiesenhof tydens JOOL. Hierdie bekende koffie-franchise het pas ‘n borgskap met Patria Manskoshuis gesluit. Elke koshuisinwoner van Patria het ook ‘n gratis koffie koopbewys ontvang. Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

ÄÄEERTSEJAARSRUGBY: 19 UIT 20 OORWINNINGS IN 4 JAAR STEEDS GROOT PRESTASIE

Nederlaag knak nie gees HEIN JORDAAN

D

it moes gebeur en die Plebgroep van 2009 was die ongelukkiges wat die eerste groep Patriane was wat die knie moes buig in ‘n eerstejaarsrugby wedstryd. VILLAGERS Na vier onoorwonne jare en ‘n trofee met slegs Patria se naam daarop is harte gebreek in vanjaar se toernooi. In die eerste wedstryd teen ‘n Villagers span, wat later gekroon sou word as die kampioene, was nie eers die skopvoet van loskakel Ludwig Erasmus genoeg om ‘n oorwinning te verseker nie. Die Plebs het moedig geveg maar kon net nie die oorhand kry in ‘n klipharde wedstryd nie. Verbroude kanse kan blameer word in ‘n wedstryd wat beide kante toe kon gaan. Villagers kon eers in die laaste 10 minute hul eerste en ook die enigste drie in die wedstryd aanteken wat die noodlot van die Plebs verseël het. 16 – 9 in Villagers se guns. Die eerste smaakie van koshuisrugby was wel bittersoet vir die Plebs maar karakter is

daardeur gevorm word en trots is gewys. P.O.K In hierdie wedstryd teen ‘n gemengde span bestaande uit Laureus, Ratau en Thaba Jäh het dit die beste deel van 55 minute, en ‘n skokdrie deur die P.O.K gevat om vir die Plebs om te wys wat in hulle steek. In ‘n wedstryd wat nie wafferse rugby opgelewer het nie, het die tekens begin wys dat daar wel potensiaal in vanjaar se span is. Na ‘n stadige begin wat gekenmerk was deur rotsvaste verdediging aan beide kante het ‘n Blitzkrieg van ‘n aanval in die laaste 5 minute deur die bloumasjien verseker dat die Plebs met ‘n wen onder die belt sou terugkeer na die huis op kampus!

aangevuur was deur ‘n hele koshuis wat hul ondersteun het langs die veld. Soos die Engelsman sê: daar was geen “love loss” tussen die twee koshuise en albei het alles in die stryd gewerp. Waar die Plebs in die vorige twee wedstryde onkant betrap is in die eerste 15 minute het hulle hier die spel oorheers en twee vinnige drieë aangeteken. Vir die eerstekeer in die toernooi het alles glad verloop met die voorry wat goeie bal verseker het vir ‘n agterlyn met die blitsvinnige Edward du Plessis wie aan die spits wat dodelik gelyk het. Overs het welliswaar teruggeslaan in die laaste 15 minute, maar vasberade verdediging het verseker dat niemand hierdie wedstryd kon steel in die laaste minute nie.

OVER DE VOOR Daar kan met sekerheid gesê word dat trots en passie ‘n ongeloflike aandeel gehad het in die vertoning deur die Plebs. Overs, wat na die eerste rondte genoem was as moontlike kampioenspan na die eerste 2 rondtes, het hul vasgeloop in ‘n gemotiveerde span wat

   Daar staan welliswaar nie ‘n vyfde koppie in die trofeekas nie, maar ‘n rekord van 19 oorwinnings uit ‘n moontlike 20 oor die afgelope 5 jaar kan nie geëwenaar word op die PUK nie. Een ding is steeds seker, volgende jaar is bring Patria die trofee terug huistoe.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.