Advertisement
The "Pieter Oberholzer" user's logo

Pieter Oberholzer

Benoni, South Africa

In Junie 1981was ek in 'n motorongeluk betrokke. In die proses het ek 'n ernstige spinale besering opgedoen. Dit het my nie onder gekry nie, en gaan ek steeds aan met die lewe. Ek het eerste keer Junie 1973 by die Polisie aangesluit, en in Sept 1977 my ontslag gekoop. Toe vir Iskor in Newcastle Natal gaan werk. Na my egskeiding het ek weer die pad terug gevat Benoni toe waar ek as stoorman vir Pick 'n Pay East Rand Mall gewerk het. Dis toe dat my lewe vir 'n wyle heel omgekeer was...die karongeluk en die aanpassing daarna. Om weer 'n normale lewe te ly in 'n rolstoel. Toe die dr vir my sê dis neusie verby; dat ek nooit weer sal kan loop nie, het dit vir my gevoel my lewe eindig net daar. Toe nie.... Hier's ek vandag nog...32 jaar later. Vluit vluit my storie is uit!!

Publications