1 minute read
Hond en Kat in die Oertaal
Of dit kom uit Proto-Oeraals, waar ‘n wesel *käďwä genoem is. Noord-Afrika is nog ‘n moontlike bron virdie oorsprong van die woord, in die lig van Berber en Nubies kaddîska ‘wilde kat’ en Nubies kadis, wat inArabies قِطّ qiṭṭ geword het.
Advertisement
Die vierde term is die onomatopiese [miao] of [miw] wat ook in antieke Egipties gebruik is, en in Oostersetale soos Chinees en Thai aangetref word. In die Indiese subkontinent word ander terme gebruik, watmoontlik op woorde vir klein wilde soogdiere gebaseer is.
Dan’s daar die Germaanse suffiks ‘-kat’ wat vir ander klein soogdiere gebruik word: Deens lækatt,Noorweegs røyskatt en Sweeds lekatt wat na ‘n wesel verwys. Oud-Noors igulkǫttr en moderne Sweedsigelkott vir krimpvarkie. Dieselfde as Afrikaans ‘meerkat’ en ‘muskejaatkat.’
Die Chauvet-grot in Frankryk bevat honderde tekeninge wat tussen 20,000 en 30,000 jaar oud is. Vreemdgenoeg is daar nie ‘n enkele afbeelding van ‘n wolf nie, moontlik omdat dit as taboe beskou is.
Noordoos-Kaukasies het nog voorvoegsels (net soos Zulu en ander Ntutale) wat woorde in klasse verdeel. In Baskies kan mens die oorblyfsels sien, maar dit vorm nie meer woordklasse nie. Een daarvan is die voorvoegsel m(a)- vir skape, bokke, beeste, brakke en varke.
Die stam *rag- verwys na bloedhond, en het ‘n prefiksvariant, *m-> *b-: Substratiese Wes-Germaans *brakka(n). Moontlike comparanda is Germaans *rauk-, *r(e)uk- = rook / reuk.
Oud-Hoog-Duits zoha ‘teef’ lyk na Yslands tóa jakkalswyfie. Met die verkleinsuffiks gee dit in Duitsedialekte variante soos tiffe, tifte, tēwe, tispe, tipse, ziwwe, zibbe en zeische. Zibbe kan verwys na‘haaswyfie’, ‘ooi’, ‘teef’, en ‘ooilammetjie.’