Hond en Kat in die Oertaal

Page 4

Of dit kom uit Proto-Oeraals, waar ‘n wesel *käďwä genoem is. Noord-Afrika is nog ‘n moontlike bron vir die oorsprong van die woord, in die lig van Berber en Nubies kaddîska ‘wilde kat’ en Nubies kadis, wat in Arabies ّ‫ قِط‬qiṭṭ geword het.

In die hedendaagse Arabiese dialekte van Egipte en Sirië word die woorde ‫بسة‬/‫ بس‬biss/bisse gebruik, wat mens aan Engels ‘pussy’ herinner, ‘n term wat uit die 16de eeu dateer en uit Nederlands ‘poes’ of Nederduits ‘puuskatte’ mag kom. Sweeds het kattepus, en Noorweegs pusekatt. Soortgelyke vorme bestaan in Litous, puižė en Iers, puisín of puiscín.

Of bogenoemde term enigiets met die Egiptiese B'sst, Baast, Ubaste, of Baset te doen het, sal mens nooit weet nie.

4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.