Die Prototale en die Moedertaal
Die Prototale en die Boriese moedertaal ‘n Blik op die taalfamilies Afro-Asiaties, Amerindies, Eurasiaties, Sino-Kaukasies en Nostraties, in die lig van die oertaal Bories
Pieter Uys, Orchards, 2021.
Inhoudsopgawe Proloog
4
Inleiding: Die Boriese taal van Eurasiё
6
Taalverwantskap
8
Swadesh-lys
9
Dené-Sino-Kaukasies
10
Proto- Dené-Sino-Kaukasies
13
Amerindies
14
Nostraties
20
Afro-Asiaties
23
Proto-Afro-Asiaties
26
Eurasiaties
27
Indo-Europees, Transeurasies, Uralo-Siberies Eienskappe van Eurasiaties
29
Vergelykende mitologie
32
Bories
34
Boriese stamme
35
Semantiese skuiwe
40
Boriese stamme (voornaamwoorde)
41
Global Lexicostatistical Database
43
Evolution of Human Languages-projek
45
Bibliografie
46
Indeks
45
28
Proloog In historiese linguïstiek word taal beskryf in terme van familie. Die term “taalfamilie” verwys na groepe tale met elemente wat aan ‘n gesamentlike erfenis te wyte is. Tale wat uit ‘n ander taal ontstaan, word “dogtertale” genoem in hulle verhouding met die “moedertaal” en “sustertale” in hulle onderlinge verhoudings met mekaar. So beskou ons Italiaans, Frans, Spaans en Roemeens as dogtertale van Latyn (of Proto-Romaans) en sustertale van mekaar. Waar daar geen rekord bestaan nie, maak historiese linguïste gebruik van hipotetiese prototale as die voorgangers van die bekende dogtertale. Proto-Indo-Europees is so ‘n prototaal, waaruit dogtertale soos Germaans, Romaans (Latyn), Antieke Grieks, Anatolies, Armeens, Albanies, Balties, Kelties, Slawies en Indies (Vediese Sanskrit) gestam het. ‘n Prototaal help om te bewys dat spesifieke tale ‘n gedeelde erfenis het weens ooreenkomste in hulle lekseme, morfologie, semantiek en fonetiek. Ooreenkomste tussen tale word ook deur kontak (“aerial linguistics”) meegebring, in die vorm van leenwoorde, leenfrases en wedersydse beïnvloeding op die fonetiese en morfologiese terreine. Hier kry mens dikwels die Sprachbund, wat ‘n groep nie-verwante tale is wat in verskeie opsigte ooreenkomste toon na baie jare van kontak. Genetiese verwantskap is egter onderhewig aan die erfenis van ‘n voorouer wat in die verwante tale teenwoordig is. Vordering in leksikostatistiek en glottochronologie, en die toepassing van Bayesiese filogenetiese metodes op vergelykend-historiese linguïstiek, werp goeie vrugte af. Sedert die jare negentig vind daar ongekende vooruitgang en ‘n opbloei van navorsing in die dissipline plaas. Die val van die Sowjet-Unie het westerse akademici met die Moskou-skool van linguïstiek bymekaargebring, wat uit die staanspoor tot noue samewerking gelei het. Vrugte van dié samewerking is onder meer The Global Lexicostatistical Database (GLD), ‘n projek van die internasionale program “Tower of Babel / Evolution of Human Languages”. Sy doelstelling is om die mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers beskikbaar te stel. “The Evolution of Human Languages” (EHL) is ‘n histories-vergelykende linguïstiese navorsingsprojek by die Sante Fé Institute, wat ten doel het om ‘n gedetailleerde taksonomie van die wêreld se tale te voorsien. Die projek is in 2001 deur die fisikus en Nobelpryswenner Murray Gell-Man gestig.
Helaas was daar tot dusver nog geen woord oor dié deurbrake in Afrikaans nie. Navorsing in historiese linguïstiek gedy – benewens in wêreldtale soos Engels, Duits, Frans en Russies – ook in kleiner tale soos Pools, Nederlands, Deens, Fins en Estnies. Hierdie werkstuk is saamgestel as ‘n beskeie bydrae in ‘n poging om deel van daardie leemte te vul, sodat Afrikaans kan saamgesels in dié dissipline wat gereeld nuwe feite openbaar en kosbare insigte vir ‘n verskeidenheid dissiplines aan die lig bring.
Inleiding: Die Boriese taal van Eurasiё Die kwessie van “Proto-Mens” of “Proto-Wêrelds” as hipotetiese voorouer van byna al die wêreld se tale, wek steeds groot belangstelling by linguïste en die algemene publiek. Enigeen wat meer as een makro- taalfamilie soos Amerind, Afro-Asiaties, Dene-Sino-Kaukasies of Eurasiaties vergelyk, sal die fonetiese en semantiese ooreenkomste opmerk. Diachronies gesproke neem ooreenkomste tussen tale toe, hoe ouer hulle is.
Die beroemde historiese linguïs Sergei Starostin het dié fenomeen in die 1980s begin aanspreek nadat die ooreenkomste tussen die gerekonstrueerde prototale Eurasiaties en Dené-SinoKaukasies begin opstapel het. Hy het later vergelykende data van die Afro-Asiatiese en Austriese makrofamilies by die korpus gevoeg. Die oorsprong van die vier makrofamilies van Eurasië was ‘n “mega-makro-familie” wat deur die Amerikaanse linguïs Harold Fleming “Borean” (Bories) gedoop is, uit die Grieks βορέας (noordelik).
By die dag word dit duideliker dat die vier taalreuse van die Eurasatiese landmassa ‘n betekenisvolle deel van hulle morfologiese patrone en woordstamme met sekere tale van Afrika in gemeen het. Die tipe bewyse wat reeds verkry is, kan nie as toevallige ooreenkomste of slordige navorsing afgemaak word nie. Die onweerlegbare feite van die saak is dat dieselfde tipe ooreenkomste nie tussen Bories en filums soos Australies, Indo-Pasifies en Khoisan bestaan nie.
Die era waarin Bories gepraat is, word op enigiets tussen 24,000 - 16,000 jaar gelede geraam, maar sal waarskynlik nie vroeёr wees nie, soos bereken en beperk deur leksikostatistiese studies en ander vorme van chronologiese taksering. Ter vergelyking word die ouderdom van beide Afro-Asiaties en Dene-Sino-Kaukasies op 12,000 – 10,000 beraam, en die disintegrasie van Austries tussen 9,000 en 10,000 jaar gelede.
6
Die vraag oor waar Bories gepraat sou wees, is selfs moeliker om te beanwoord omdat die aarde anders gelyk het voor die einde van die ystydperk. Wat ons reeds weet, laat die vraag ontstaan oor waarom die een taal Bories die landmassa domineer het. Dit veronderstel ‘n knelpunt, waarin die meeste ander tale van daardie tyd sou verdwyn het. Soortgelyke scenarios in historiese tye is die Indo-Europese uitbreiding in Europa en die snelle ekspansie van die Ntutale oor sentrale en suidelike Afrika.
Gegewe die enorme volumes data wat reeds wetenskaplik verwerk is, en ‘n stel statistiese hulpmiddels om die resultate te verifieer, word honderde Proto-Boriese morfeme stelselmatig herwin. Saam met daardie kennis sal ons ook meer te wete kom oor ons voorouers wat dit gepraat het, hulle kultuur en hulle leefwyse.
Pieter Uys, Orchards, 2021.
7
Taalverwantskap Tale is verwant wanneer hulle ‘n gemeenskaplike oorsprong het, soos byvoorbeeld Afrikaans, Engels, Duits, Deens, Faroëes, Fries, Nederlands-Vlaams, Noorweegs, Sweeds en Yslands. Genetiese verwantskap word bepaal deur die waarneming van oorgeërfde eienskappe in fonologie, morfologie en leksikon. So kan mens byvoorbeeld sien dat die Afrikaanse /d/ met die Engelse /d/ en die Duitse /t/ korrespondeer: Afr /deur/, Eng /door/, Duits / Tür/ ~ Afr /diep/, Eng /deep/, Duits /tief/ ~ Afr /doen/, Eng /do/, Duits /tun/. Klankkorrespondensies tussen verwante tale ontstaan volgens klankreëls en elke taal het sy eie reëls in elke fase van sy geskiedenis. Tale moet op die korrekte manier vergelyk word om familiebande te bepaal, nie net volgens opsigtelike klankpatrone nie maar ook ooreenkomstig die wette van historiese fonetiese verandering. Dan eers kan die posisie van elke individuele taal in die taksonomie van ‘n taalfamilie bepaal word. Woordstamme speel ‘n belangrike rol in die bepaling van verwantkap. Stamme van een taal word met stamme van ander tale vergelyk, om ooreenkomste in klank en betekenis na te speur. Fonetiese korrespondensie in woordstamme is egter nie voldoende om verwantskap te bewys nie. Bewys moet gelewer word dat stamme nie aan leenwoorde toegeskryf kan word nie, maar aan oorerwing. Woorde wat gewoonlik nooit geleen word nie, is die persoonlike voornaamwoorde soos /ek/, /jy/, /hy/, woorde vir liggaamsdele soos /oor/, /tand/, /hand/, vir natuurverskynsels soos /water/, /wind/ en vir werkwoorde soos /eet/ en /gaan/. By verlangse verwantskap waar min woordstamme gedeel word, kan bewys van verwantskap in grammatiese elemente en die lettergreep-struktuur nagevors word. Elke taal het ‘n stelsel lettergreep-patrone, wat as C (konsonant) en V (klinker) aangegee word in formules soos CV of CVC (bv /pa/ of /pad/) Daarmee saam hang ‘n stel reëls met betrekking tot die tipes klanke wat saam in ‘n lettergreep mag verskyn, en indien en waar konsonantstapeling (“consonant clusters”) toegelaat word (bv /straat/, bespreek/ en /Bronkhorstspruit). Ooreenkomste in voor- en agtervoegsels, naamvalle, werkwoordverbuiging en ander morfologiese vorme kan op genetiese verwantskap dui. Morfologiese elemente word saam met woorde ingeneem; die spreker het soms ‘n keuse met woorde, maar nie met morfeme nie. Morfologie neem dus voorrang oor die leksikon by linguïstiese rekonstruksie.
8
Swadesh-lys ‘n Swadesh-lys is ‘n klassieke versameling van basiese konsepte vir die doeleindes van historieskomparatiewe analise. Die Swadesh-lyste van tale stel navorsers in staat om die onderlinge bande van daardie tale te kwantifiseer. Die lys, wat na die taalkundige Morris Swadesh vernoem is, verteenwoordig die kernwoordeskat, die mees stabiele woorde in ‘n taal, wat die minste kans staan om vervang te word. Swadesh se finale lys van 1971 bevat 100 woorde, terwyl die Swadesh 207-woordlys (aangepas uit Swadesh 1952) die meeste gebruik word. Soortgelyke lyste is deur Dolgopolsky, Lionel Bender, Winfred P. Lehmann, Don Ringe, Sergei Starostin en B. Kessler saamgestel. Die Swadesh–Yakhontov-lys bevat 35 besonder stabiele woorde binne die Swadeshlys
ek
to n g
jy
hand
hierdie
weet
wie
erf
wat
gee
een
son
twee
maan
vis
water
hond
sout
luis
klip
bloed
wind
been
vuur
eier
jaar
horing
vol
begin
nuut
oor
naam
oog
ta n d
neus
9
Dené-Sino-Kaukasies
Dené-Sino-Kaukasies (DSK) is ‘n makrotaalfamilie wat tot ongeveer 12,000 VHE dateer kan word, met afstammelinge wat van Europa af deur Oos-Asië tot in Noord-Amerika gepraat word. Dié familie sluit in die taal met die meeste sprekers op aarde (Mandaryns) en ‘n sterwende taal met een van die minste, Imbak van die Russiese Federasie, wat die laaste taal van die Jenisei-familie is. Die lede van DSK is van wes na oos: Baskies in Spanje en Frankryk, die Noordwes-Kaukasiese tale soos Sirkassies, die Noordoos-Kaukasiese tale soos Chechen, Burushaski in die Hindu Kush, Jenisei in Siberië, Tibetaans, Burmees en die Chinese taalfamilie, die Na-Dené-tale van Alaska en Kanada, en Navajo in die Verenigde State. Dené-Sino-Kaukasies word van die ander Eurasiatiese makrofamilie, Nostraties, onderskei deur onder meer sy naamwoordklasse wat ‘n soortgelyke rol vervul as die naamwoordklasse van Zulu. As voornaamwoorde het PDSK *(a)ŋV en *(a)dzu as eerste persoon enkelvoud teenoor Nostraties *mi. PDSK tweede persoon *na-(ŋ) of *(u)Gwu en *(a)wu(n) teenoor Nostraties se tweede persoon *ti of *si. Dis opvallend dat sekere fonologiese en morfologiese ekstreme onder die afstammelinge van Proto-Dené-Sino-Kaukasies gevind word, van Sjina se toontale aan die een kant tot by die hiperverbuigende Navajo in Noord-Amerika aan die ander kant, sowel as die polisintetiese, verbo-sentriese Wes-Kaukasiese groep met sy verbysterende getal medeklinkers. 10
Onder die Dené-Sino-Kaukasiese tale is daar nog verdere fonologiese verskynsels wat hulle van die Nostratiese tale onderskei. Mandaryns is ‘n tonale taal wat stemtoon ter wille van betekenis inspan. Toneme kan homonieme van mekaar onderskei. In Mandaryns word vier verskillende toneme aangewend, wat elk ‘n ander betekenis aan die morfeem /ma/ verleen: /mā 妈 (moeder), má 麻 (hennep), mǎ 马 (perd), mà 骂 (uitvaar). Die woorde kan ook as ma1, ma2, ma3 en ma4 geskryf word, en staan vir respektiewelik: (1) eers ‘n egalige, dan ‘n hoër toon, (2) ‘n stygende toon, (3) toon begin op neutrale vlak, daal na laer vlak en eindig op hoër vlak, (4) ‘n dalende toon. ‘n Vyfde artikulasie is die neutrale toon van die vraagpartikel /ma 吗)/ aan die einde van ‘n sin. Toneme het ontstaan weens die verlies aan konsonante in Ou Sjinees. Die eerste toneem het verskyn weens die verlies aan die lettergreep se finale ʔ (stembandklapper), wat ‘n stygende toon tot gevolg gehad het. Die lettergreep se finale -s het in -h verander en daarna weggeval, sodat net ‘n vroeëre intonasie oorgebly het, wat die dalende toon tot stand gebring het. Waar geen *ʔ en *s bestaan het nie, het die lettergreep op ‘n klinker geëindig op die gelyke toon. Tydens die Middel-Chinese fase het stemhebbende aanvangskonsonante stemloos geword. Ten einde ‘n onderskeid te behou, het die toneem in twee verdeel ooreenkomstig die aanvangsklank. Aan die ander kant beskik die Kaukasiese tale oor enorme konsonant-inventarisse en relatief min klinkers. ‘n Taal soos Abkhaz het tot 80 konsonante maar net twee klinkers. Die wanbalans tussen die aantal klinkers teenoor konsonante is te wyte aan die verskuiwing van die klanktint(toonkleur-)-eienskappe van die klinkers na die konsonante in Proto-Kaukasies. Byvoorbeeld /k/ inkorporeer die klinker /u/ om die labiale konsonant /kw/ te vorm, en inkorporeer /i/ om die palatale konsonant /kj/ te vorm wat soos die ‘tjie’ van kleintjie klink. So ‘n magdom konsonante maak vir innovering in fonetiese skrif waar jy simbole soos dié in Abkhaz kry: /t͡ʃʰ, t͡ɕʰ, ͡ʈʂʰ, d͡ʒ/ en sulkes in die Bzyb-dialek /t͡ɕ, d͡ʑ, t͡ɕʼ, ɕ, ʑ], χˤ/. Etlike Proto-Dené-Sino-Kaukasiese rekonstruksies volg. ‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie.
11
Ek
*aŋV, *adzV
Jy
*wVn
Julle
*su, *uku
Mandjie
*ˈt͡ɕ̕äxqwa
Dag
*weˈŋV
Bloed
*tVɬV
Oog
*wemqʼV́
Mond
*χwǝ, *bek’wǝ
Neus
*mHart͡ʃwV́
Huis
*ɢwimʡV
Ster
*dzwhariː
Arm
*xɢˈHwVnAː
Been
*kot͡sʼa
Voet
*tʼwiːɦV:
Tak
*jˈʡVʟV
Rook
*k̕wɨŋʜV
Tong
*méɫt͡sʼi
Tand
*kVrd͡ʒwV
Voorkop
*bʕáːɫho
Kop
*t͡ɕʼV́ qV
Veld
*ʔārV
Kant
*ʔendū
Horing
*t͡ɬwɨrV
Donker
*dVmV
Vrou
*qwanV
Rug
*nV(x)qwV
Wang
*daːŋʔɨː
Lip
*tl’ānpV
Blaar
*tl’ăpǐ
12
Proto-Dené-Sino-Kaukasies Proto-Dené-Sino-Kaukasies was ‘n infleksionele taal met beide fusionele en agglutinale eienskappe. Met 50 konsonante en agt fonemiese vokale het PDSK oor die grootste foneem-inventaris van alle Boriese tale beskik. Die naamwoordklasse se prefikse was as volg: *u- vir manlik en *i- vir vroulik *w-/*b-/*m- vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe en diersoorte *r/*d vir diersoorte *s and *a vir natuurlike fenomene
Die fonologiese stelsel sluit in driereekse sibilant-affrikate- en resonant-kombinasies in, sowel as laterale affrikate / dl, tl and tl’/ plus ‘n reeks uvulare /ʁ ɢ x, χ/
Die werkwoordstelsel was polisinteties, met tot vier prekfiksposisises voor die woordstam. Prefikse het kategoriee soos aspek, tens, modus, valensie, en pronominale agente en/of pasiente aangedui. Die oordraaglike/kousatiewe *s het net voor die werkwoordstam verskyn, en kon voorafgegaan words deur die onderwerp en voorwerp.
Naamwoordstamme en sekondere werkwoordstamme kan in die werkwoordketting inkorporeer word.
13
Dené-Sino-Kaukasies het voor enige ander taalfamilie oor Europa versprei en is millennia later deur Indo-Europese en Oeraliese tale (afstammelinge van Nostraties) verdring sodat nog net Baskies in Wes-Europa oorbly, en die mense van die Noord-Kaukasus wat deur hulle berge beskerm word.
Die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiërs bewoon al vir millennia die Kaukasiese gebergtes, in die verre noorde van Pakistan woon die sprekers van Burushaski, en al wat oorbly van die Jeniseitale is Ket (Imbak) van Siberië met sowat 100 sprekers.
In die vorm van Waskonies – Oud-Baskies-verwante tale – het Dené-Sino-Kaukasies ‘n substratum in Europa gelaat wat die bron van die Nie-Indo-Europese woorde in die Germaanse en Slawiese tale en in Frans en Italiaans is. Dié leenwoorde hou implikasies vir die geskiedenis in, en het eers onlangs begin om hulle geheime te verklap, Dené-Sino-Kaukasies was die tweede groep wat die Amerikas betree het. Vandag word die oorgrote meerderheid van die afstammelinge van DSK in Tibet, China en Burma aangetref, terwyl kleiner groepe in Alaska en dele van Kanada (Athabascan) en die VSA (Navajo) woon.
14
Amerindies Volgens Andrew Kitchen se filogenetiese analise was daar ‘n uittog uit Siberië oor die Beringstraat na die Amerikas sowat 16,000 jaar gelede, deur ‘n stigtersbevolking wat uit sowat 5,000 individue bestaan het. In die Altai-gebied van Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf Transkaukasië na Beringia. Sestienduisend jaar gelede het daar weens verwarming nog ‘n poort tussen die Kontinentale (Laurentiese) en die Cordillera-ysplate van Noord-Amerika oopgegaan. Mense uit Beringia, wat Siberië aan Alaska verbind het, het dié poort gevolg, vanwaar hulle oor Noord- en Suid-Amerika versprei het. Heelwat later het die sprekers van Dené-Sino-Kaukasies na Noord-Amerika gekom en hulle tot sover suid as die suidwestelike VSA gevestig. Aansienlike vermenging het met hulle voorgangers plaasgevind. Nog later het die Nostratiese Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) gevolg, en die noorde van Noord-Amerika en Groenland bewoon. In sy omstrede boek, “Language in the Americas” (1987), het Joseph H Greenberg die tale van die Amerikas in net drie families geklassifiseer. Benewens Na-Dene en Eskimo-Aleut, het hy Amerind as een familie identifiseer. Die woede wat dit ontketen het, kan vergelyk word met die verontwaardiging oor Darwin se bevindinge. Skaars ʼn jaar na publikasie, het ʼn professor van genetika, Luigi Luca Cavalli-Sforza, egter bevind dat die bevolkings van die Amerikas geneties in dieselfde drie groepe val as die taalgroepe wat Greenberg identifiseer het. Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika tot in Kanada strek, toon opmerklike raakpunte met Eurasiaties (Indo-Europees + Uralo-Siberies + Transeurasies). Dit beteken dat Amerindies heel waarskynlik ‘n sustertaal van Nostraties is, waarmee dit chronologies ooreenkom. Die kern van die bespreking wat volg, is ‘n 2008-essay van Larry Lepionka, “Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies”, uit In Hot Pursuit of
Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology, aangevul met addisionele data wat sedertdien beskikbaar geword het. Lepionka se analise is gebaseer op Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen se baanbrekerswerke van 1987 en 2007, met verwysing na Greenberg se elf taalfamilies van Amerind (wat EskimoAleut en die Na-Dene tale uitsluit). 15
Die toepaslike doelwit van so ‘n analise is om hipotese voor te stel wat direk aan die linguïstiese bewyse getoets kan word, of indirek aan argeologiese bewyse. Lepionka neem die elf families in oënskou en stel dieper verwantskappe voor om die vroegste vier filums te identifiseer. Die onderliggende konsep van die analise berus op die feit dat ruimtelike verspreiding op sigself artefakte van die geskiedenis is, en daarom aspekte van die geskiedenis kan onthul. Die kontras tussen ‘n gekonsentreerde en verstrooide verspreiding van taalfamilies dra betekenis. Binne ‘n gegewe geografiese ruimte wat deur twee of meer taalfamilies bewoon word, word die groep met die aaneenlopende verspreiding as ‘n latere aankoms beskou, terwyl die groep wat uit geïsoleerde eilande bestaan, ouer is. Die fragmentering van die ouer familie is ‘n resultaat van die inkoms van die latere. En diversiteit is groter in die streek wat die langste bewoon word. Soos die een na die ander span pioniers die einde van die skeur in die ysplate bereik, het ‘n paradys begin vorm aanneem. Die ysbedekte Rotsberge het steeds die weg na die weste versper, maar aan die linkerkant het naaldhout- en bladwisselende bome die uitgestrekte grasvelde ryk aan wild versier. Soos die migrantgetalle groei, beweeg hulle verder oos en suid waar hulle oral woudland met grasvelde aantref, vol eetbare plante en troppe wild wat onbekend met die mens as jagter was. Die datums uit Suid-Amerika suggereer dat die vroegste mense nie lank in die noorde getalm het nie. Dié groepies jagter-versamelaars aan die voorpunt moes hulle verkyk het aan die landskap soos dit warmer en groener en weliger word. Die een groep is toegerus om hoog bo seespieël in ‘n koue klimaat te floreer. Die ander se voorliefde was vir ‘n warm klimaat in tropiese reënwoude en savanna. Albei het deur die Landengte van Panama die suidelike kontinent in beweeg. Een groep het die kus na die suide gevolg, deur die teenswoordige Colombia, Ecuador, Peru en Chile. Sommige het op die reis agtergebly, gemaklik langs die see. Ander het links gedraai en die Andesberge bestyg. Ver in die suide, in Patagonië en aan die Chileense kus, het die voorhoede tot ruste gekom. Andies as die eerste filum wat Suid-Amerika betree het, word nie betwyfel nie. Van die suidelikste punt van die kontinent, Tierra del Fuego, deur Patagonië en die weskus van Chile tot in Peru het dié groepering aanvanklik ‘n ononderbroke strook gevorm. Drie Andiese tale is steeds groot en lewenskragtig, te wete die Quechua-tale, Aymara en Mapudungun.
16
Die ander groep versprei al langs die kus van die Karibbiese See, van die teenswoordige Colombia na die strandmeer van Maracaibo, deur die kusstrook van Venezuela tot by die mond van die Orinocorivier. Terwyl hulle die Guyanas oorsteek op pad na die Atlantiese kus van Brasilië, beweeg ‘n groepie in die riviervallei op na die berge, en skop nes aan die oostelike hange van die Andes.
Ekologiese aanpassing speel ‘n belangrike rol in prehistoriese vestiging, en die sprekers van Equatorial-Tucano wys ‘n voorliefde vir kusgebiede en riviervalleie in die reënwoud soos die Orinoco- en Amasonerivier en hulle sytakke. Macro-Pano verskyn vanaf suidoos Brasilië tot by Paraguay en Bolivië en in die ooste van Peru. Macro-Carib versprei oor Venezuela, Guyana, Suriname en die nabygeleë dele van Brasilië, met uitlopers op die oostelike hang van die Andes, op die Equador-Peru-grens en in die middel van Brasilië. 17
Chibchan-Paezan het waarskynlik in Meso-Amerika ontstaan, en ‘n vroeë verdeling het ProtoPaezan in Suid-Amerika afgegee. Hokan is soos Chibchan deur Sentraal-Amerindies en Penuties gefragmenteer, asook deur die vroeër ekspansie van Chibchan. Paezan se wye verspreiding, vanaf Chile en Argentinië tot by Florida met lappies langs die Karibbiese kus, veronderstel die kusstrook van Colombië as tuisland. Proto-Sentraal-Amerind het vermoedelik in die suidweste van die VSA ontwikkel, en tot by die Landengte van Tehuantepec versprei. Sentraal-Amerindies se tak Yuto-Nawa (Nahua(tl)) is Meksiko se grootste inheemse taal, met nagenoeg twee miljoen sprekers. Oaxaca het die meeste sprekers van Oto-Mangue, waar die Zapotec- en Mixtec-tale deur 1.5 miljoen mense gepraat word. In die sentrale state het Otomi en Mazahua van die Oto-Pame-tak saam meer as 500,000 sprekers. Hokan het in Noord-Amerika wes van die Rotsberge uit Penuties ontstaan, en is aanvanklik vanaf Kalifornië tot in die suide en regdeur Meso-Amerika versprei. Vandag word dit gevind in Kalifornië, Baja California, Arizona, die kus van Texas en Meksiko, langs die Rio Grande, in Guerrero, Oaxaca en Chiapas. Penuties het in die ooste ontstaan, en was die heel eerste dialek van Amerindies. Die verspreiding van Penuties sluit in die suidoostelike VSA, van Texas tot by South Carolina, en met die Mississippivallei op tot in Missouri. Aan die weskus strek Penuties van die suide van Alaska deur Kanada, Washington en Oregon tot in suidelike Kalifornië, die suidweste, klein lappies aan die ooskus van Meksiko, en ‘n strook van Tehuantepec tot in Guatemala wat die hele Yucatanskiereiland insluit. Almosan-Keresiouan het vanuit die oostelike hartland van Penuties die gebiede betrek wat voorheen onder ys bedek was, oor die hele breedte van Noord-Amerika. Dié migrasie het aanvanklik na die noordooste tot by die boomlyn gevorder, die Atlantiese kusgebied gevul, en toe weswaarts deur Kanada begin beweeg. Die eerste hindernis onderweg was weer die Rotsberge, waaragter die riviere vol salm op die westelike hange gewag het. By die kus het hulle die Penutiese gebied verdeel sodat Tsimshian in die noorde geïsoleer is. Die oorsteek van die berge en die verlies aan kontak met die oostelike tale was die begin van die verdeling tussen Almosan (ooste) en Mosan (weste). Die vallei van die Fraserrivier word tot vandag nog deur sprekers van Mosan bewoon.
18
Keresiouan het in westelike en oostelike tale verdeel, met ‘n Almosan buitepos wes van die hoofKeresiouangebied. Die oostelike groep van Keresiouantale is die Iroquoistale wat van die St Lawrencevallei in die noorde deur New York tot by Virginia en Suid-Carolina strek. Lepionka bevind dat al elf Amerindiese taalfamilies nie onafhanklike dogtertale van ProtoAmerind is nie. Die Andiese en Equatorial-families stam direk uit Proto-Amerindies, terwyl Tucano en Macro-Carib van Equatorial af kom. Op sy beurt het Macro-Carib die Jê-Pano-groep verwek. Sentraal-Amerindies en Chibchan stam af van Hokan, en Paezan van Chibchan. Hokan is ‘n ouer kind van Penuties, en Almosan ‘n jonger een. Die Mosan- en Keresiouantale het uit Almosan ontwikkel. Dit laat mens met vier dogtertaalfamilies wat direk uit Proto-Amerindies stam: Penuties, Hokan, Andies en Equatorial. Die kenmerkende Amerindiese N : M patroon van die eerste en tweede persoonlike voornaamwoorde val dadelik op, soos Quechua noqa / qam en Mapudungun iñche / eymi. (In Eurasiaties is die kenmerkende patroon M : T) Een van die bewyse in Greenberg se identifisering van die Amerindiese familie is die woord tana waarvan die algemene betekenis “kind” of “sib” is. Dié stam word in al elf van Greenberg se Amerindiese families gevind. Die rekonstruksie vir Proto-Amerind sou *t’ana wees. In Noord- en Sentraal-Amerika verskyn vorms soos tuwaana (seun), sinsin (neef), i-tsaŋa (jonk), t’ánat (kleinkind), -tsan (verkleinsuffiks), *taʔn (sib), sitona (vrou), out (dogter), tatan (ouer broer), en in Suid-Amerika, vorms soos toto (ouer broer), tini-usa (dogter), tino (kleintjie), ketun (suster), doana (skoonseun), tute (kind), dēnu (seunskind). Dis nie net die stam wat die verbintenis tussen voorvermelde vorme aandui nie, maar ook affikse wat in spesifieke kombinasies aan die stam geheg word. Die eerste persoon *na soos in *netankwa (skoonsuster in Proto-Algonquian), en nitari (my broer in Ipurina). Die verkleinsuffiks *sa se vorme sluit in taŋsa (meisie in Macusi), kwunasa (meisie in Cayuse); die ander verkleinsuffiks *-mai lewer onder meer tani-mai (jonger suster in Masaca), en nutanimi (my dogter, in Yavitero). Die suffiks *-kwa vir skoonfamilie bied ategwa/ (neef in Motilon), utsekwa (kleinkind in Tacana),
nekwa (skoonouer in Yurok), die suffiks *-ko vir ‘n ouer persoon bied tonko (ouer broer in Caraho), tūkã (oom aan moederskant in Biloxi), *-tuk wat ook na “kind” verwys, soos tuktan (seuntjie in Miskito), togtan (meisie in Tibagi), plus talle kombinasies met ‘n hele rits ander affikse soos *-win (vroulik), *-wis (ouer vroulik), en die prefiks *ʔa- (ouer).
19
Familie
Taal
Vorm
Betekenis
Almosan
Nootka
t’an’a
kind
Keresiouan
Yuchi
tane
broerskind
Penutian
Totonac
t’anat
kleinkind
Hokan
Coahuiltec
t’an
kind
Central Amerind
P-Uto-Azt
*tana
kind
Chibchan
Miskito
tuk-tan
kind
Paezan
Warrau
dani-
ma se suster
Andies
Aymara
tayna
eersgeborene
Macro-Tucanoan
Masaca
tani-mal
jonger suster
Equatorial
Uruba-Klaapor
ta’in
kind
Macro-Carib
Pavishana
tane
my seun
Macro-Pano
Lengua
tawin
kleinkind
Macro-Je
Tibagi
togtan
meisie
20
Nostraties
Vandag domineer die afstammelinge van Nostraties die grootste deel van die Eurasiatiese landmassa sowel as die Amerikas, met tale soos Duits, Engels, Spaans, Persies, Hindi, (IndoEuropees), Turks, Kazakh, (Altaïes), Telugu en Tamil (Drawidies) en Arabies (Afro-Asiaties). Nostraties is dus ‘n Makro-Taalfamilie, en het na raming sowat 12,000 jaar gelede begin versprei. Let wel: Nostraties verwys na ‘n dieper en ouer verbintenis as Eurasiaties, die direkte voorganger van Proto-Oeralies en Proto-Indo-Europees. Fonetiese korrespondensies is in honderde stamme onder tientalle tale identifiseer wat op die Nostratiese verwantskap dui. Die Nostratiese stam vir /twee/ word as *toɁa gerekonstrueer. Volgens die formule van klankverandering tussen Nostraties en PIE gee dit *dwehw vir Vroeë PIE en *dwō vir Laat PIE. Van PIE *dwō na Latyn /duo/, Klassieke Grieks /düо/, Sanskrit /dva/, ProtoGermaans *twō, Sweeds /två/, Deens /to/, Yslands /tveir/, Skots /twa/ en Afrikaans /twee/. Die taalkundige Allan R Bomhard ken aan Nostraties ‘n uitgebreide reeks sluit- en skuurklanke toe, in stemlose, stemdraende en geglottaliseerde vorme, drie reekse affrikate en sibilante, sowel as laterale obstruente, laringeale, faringeale, en uvulare medeklinkers. Die klinkers was *a, *e, *i, *o, en *u. ‘n Ander, Arnaud Fournet, betwyfel die reuse inventaris van Nostraties en beweer daar was ‘n maksimuim van 23 konsonante en drie vokale: /a/, /u/ en /i/. Enige klinker kon in die eerste lettergreep van ’n woord verskyn, maar slegs *a, *i, en *u het in nie-inisiële lettergrepe voorgekom. Woorde het met een medeklinker begin; klinker-inisiële 21
woorde was onbekend. Die twee basiese stamformasies was: Medeklinker + Klinker = CV en Medeklinker + Klinker + Medeklinker = CVC. Volgens linguïstiese tipologie was Proto-Nostraties ‘n analitiese taal met ‘n morfeem-tot-woordverhouding van 1:1. Met ander woorde, ‘n taal soos Afrikaans of Engels waarin vervoeging en verbuiging nie ‘n groot rol speel nie. Die funksie van naamwoord-verbuigings is deur agtervoegsels vervul, wat naamvalle soos akkusatief, genitief, instrumenteel, latief, ablatief en essief aangedui het. Die rigiede sinskonstruksie van Nostraties was Onderwerp-VoorwerpWerkwoord (SOV) sodat die werkwoord altyd aan die einde van die klousule verskyn. Die jagter-versamelaarsprekers van Proto-Nostraties moes op ‘n relatief primitiewe kultuurvlak verkeer het. Woorde vir landbou en veeteelt is afwesig in PN se afstammelinge en daar’s geen woorde vir tegnologie nie. Semantiese kategorieë wat in die dogterfamilies identifiseer is, sluit in voornaamwoorde, woorde vir liggaamsdele, woorde vir diere soos die bul, beer, koei, leeu, luiperd, oer-os, skaap, en verskeie spesies wildsbokke. Ook natuurverskynsels en basiese werkwoorde soos /buig, kap, weef, opdeel, gryp, sit, sny, staan/ en so meer. Die Mesolitiese era is identifiseer – deur studie van die leksikon – as die era van die Nostratiese spraakgemeenskap. Die visnet, wat uit die Mesolitiese tyd dateer, se rekonstruksie is *ṭul[γ]a, vanwaar Oeralies *tulko “visnet”; Proto-Kartvelies *txewl- “om vis met ‘n net te vang”; ProtoMantsjoe-Toengoes *tölä- “om ‘n visnet te stel”; Proto-Afro-Asiaties *ṭul‘- “visnet” wat in Egipties eindelik /ӡu/ opgelewer het vir “visvang/”. Geen Nostratiese woordstamme vir veeteelt of pottebakkery bestaan nie, maar sommige dogtertale gebruik die stamwoord *kada om na /bou/ en /pottebak/ te verwys. Die oorspronklike Proto-Nostratiese betekenis is “weef-bind-vleg”. Pottebakkery is ‘n relatief laat uitvindsel wat in die vroeë neolitiese era ontwikkel het uit die mesolitiese mandjie van riete wat met klei bedek is. Deur net die hedendaagse afstammelinge van Nostraties met mekaar te vergelyk, kan mens nie so maklik by die korrekte Proto-Nostatiese vorm uitkom nie. Maar ‘n kennis van die gerekonstrueerde Proto-Indo-Europees werp lig op die saak, byvoorbeeld PIE se werkwoorduitgange in die enkelvoud teenwoordige tyd
*edmi
ek eet
*edsi
jy eet
*edti
hy eet
spruit uit die Nostratiese voornaamwoorde *mi /ek/, *ti, later *śi /jy/ en *tV /dit/ wat na die werkwoord verskyn het.
22
Etlike Proto-Nostratiese rekonstruksies. ‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie.
Aap
*man[g]a
Bok
*buk’a
Bul
*čura
Gans
*gaŋa
Hiëna
*tɬiba
Hond
*khuwon
Vleis
*ʔomsa
Oer-os
*čoma
Olifant
*haliwo
Valk
*ħora
Vis
*ķola
Meer/see
*yama
Rivier
*ɢala
Eier
*ʔuh/xi
Neut
*buta
Vrug
*phira
Hoofman
*ħak’a
Niggie
*khalu
Vader
*ʔidin
Moeder
*ʔema
23
Afro-Asiaties
A Afro-Asiaties behoort as ‘n sustertaal van Nostraties beskou te word eerder as ‘n dogtertaal. Dit beklee die sentrale posisie in die Eurasiatiese landmassa en is klaarblyklik baie oud.
Egiptiese Arabies is die eerste taal van miljoene Egiptenare. Dié Arabiese dialek is deur Kopties – die laaste fase van Egipties – beïnvloed, en word deur byna al die 300 miljoen sprekers van Arabies wêreldwyd verstaan, danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf. Die Afro-Asiatiese Hausa, een van Nigerië se amptelike tale, het 50 miljoen moedertaalsprekers wat ook in Benin, Burkina Faso, Ghana, Kameroen, Togo en Tsjaad woon. Oromo, nog ‘n AfroAsiatiese taal, word deur 30 miljoen mense in Ethiopie, Somalië, Kenya, Egipte en Djibouti gepraat. Sprekers van Oromo maak meer as 40% van Ethiopië se bevolking uit. Die Afro-Asiatiese taal Amharies word deur sowat 25 miljoen mense in Ethiopië gepraat. Amharies is die tweede grootste Semitiese taal, het sy eie alfabet en is besig om Ethiopië se gewildste literêre taal te word. Afro-Asiaties bestaan uit Berber-, Semitiese, Kusitiese, Tsjadiese en Omotiese groepe, en het waarskynlik ‘n Midde-Oosterse oorsprong. Die “Natufian” argeologiese kultuur in die Levant dateer uit 12,500 tot 9,500 jaar gelede. Die bevolking het ‘n semi-sedentêre leefstyl gevolg selfs nog voor die begin van landbou. Hulle het van wilde graan, neute en vrugte geleef en wildsbokke gejag in ‘n omgewing wat natter en groener was as vandag.
24
Die linguïs Vitaly Shevoroshkin glo dat die Natufiese bevolking ‘n Afro-Asiatiese taal gepraat het, en Colin Renfrew glo dat die Natufiërs moontlik die sprekers van Proto-Afro-Asiaties was. Semitiese tale soos Akkadies en Eblaïeties het in die vrugbare sekelmaan van die Midde-Ooste ontwikkel, en Arabies in die Arabiese Skiereiland, terwyl die taal Ge’ez in Ethiopië vorm aangeneem het. Suid-Arabies word steeds in suidelike dele van die Skiereiland en op die eiland Sokotra gepraat. Berber, Egipties en Tsjadies het Afrika waarskynlik deur die Sinaï Skiereiland betree, terwyl
Kusities en Omoties en later ook Ethio-Semities by die Bab el-Mandeb-straat aan die Horing van Afrika ingekom het. Volgens die linguïs Vaclav Blažek is die scenario vir die verbrokkeling van Proto-Afro-Asiaties as volg: die Kusitiese en Omotiese groepe het rondom 12,000 jaar gelede (10,000 VHE) vanaf die bolope van die Eufraatrivier na die Arabiese Skiereiland migreer. Berber, Egipties en Tsjadies het ‘n duisend jaar later weggebreek; Egipties na die Nylvallei, terwyl Berber sy reis voortgesit het tot sover as die Kanariese Eilande waar dit as Guanche bekend staan. Tsjadies het suid gedraai na die Sahel.
Egipties, van die vroegste tye af die taal van Afrika, was ook een van die eerste tale wat op skrif gestel is. Dit leef voort in die vorm van Kopties, die liturgiese taal van die Koptiese Kerk. Tsjadies sluit 150 tale van Nigerië, Niger, Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en Kameroen in, waarvan Hausa die grootste is. Die vier groepe Omotiese tale (Ta-Ne, Dizoid, Mao en Aroid) word in suidwestelike Ethiopië gepraat. Die grootste Kusitiese tale is Oromo, Somali, Beja, Afar, Saho en Sidamo; tale van die familie word in Djibouti, Eritrea, Ethiopië, Somalia, Somaliland, Kenya en Tanzanië gepraat. Berbertale soos Tamashek, Tamahaq en Tawellemet word in Algerië, Libië, Niger, Mali, Tsjaad en Burkina Faso gepraat. Noordelike Amazigh wat Tarifit en Senhaja insluit, word in die noorde van Marokko gepraat, Tamaziɣt van die Middel-Atlasberge in sentrale Marokko, Figuig in die ooste van Marokko, Kabyle (Taqbaylit) en Tashawit in die noorde van Algerië, en die tale van die oases Mzab en Wargla in die suide. Suidelike Amazigh, soos Zenaga (Mauritanië), Tashelhit (suide van Marokko) en Tetserret en Tuareg in Mali, Niger en Burkina Faso in die Sahara en die Sahel. Oostelike Amazigh in Egipte sluit Siwi van die Siwa-oase in Egipte in sowel as Sokna en El-Fogaha in sentrale Libië. Verder ook Awjili by die Awjila-oase, Yefren en Zuara in Tripolitanië, Ghadames in die weste van Libië, en in Tunisië Jerba, Tamazret en Sened. Noord van Ghadames woon die Nefusi-tale in die Nefusaberge.
25
Proto-Afro-Asiaties Proto-Afroasiaties was a fusionele infleksionele taal wat ablaut, infikse, suffikse en prefikse gebruik het. Volgens Ehret het die fonologiese stelsel die volgende 40 konsonante ingesluit, waaronder emfatiese, faringeale en glottale klanke: b, c, c', d, dl, dz, f, g, gw, y, yw, h, 1}, j, k, kW, k', kW', 1, t, m, n, Jl, tJ, tJw, p, p', r, s, s', s, t, t', tl', ts, w, x, xw, y, z, ?, £.
Proto-Afro-Asiaties het ‘n groot aantal konsonante en die teenwoordigheid van die emfatiese, faringeale en glottale konsonante in gemeen. Grammatiese geslag is goed gevestig in Afro-Asiaties. Die persoonlike voornaamwoorde is as volg:
26
Eurasiaties Proto-Germaans, wat in die vyfde eeu voor die huidige era ontstaan het, is die prototaal van Afrikaans, Deens, Duits, Engels, Faroëes, Nederlands-Vlaams, Skots, Nederduits, Noorweegs, Sweeds, Yslands en die Alemanniese dialekte van Switzerland, Liechtenstein en Oostenryk.
‘n Gesproke vorm van laat-Latyn, Proto-Romaans, is die prototaal van Frans, Galisies, Gascon, Italiaans, Katalaans, Portugees, Provençal, Sardinies en Roemeens. Op hulle beurt is Proto-Germaans, Proto-Romaans, Proto-Kelties, Miseniese Grieks, ProtoAlbanies, Proto-Armenies, Proto-Balties, Proto-Slawies en ander die dogtertale van Proto-IndoEuropees, terwyl PIE se sustertale Proto-Oeralies, Proto-Drawidies, Proto-Afro-Asiaties, ProtoAltaïes en ander insluit. Binne Nostraties is daar ‘n hegter groep, Eurasiaties, met tale wat onderling nouer aan mekaar verwant is as die res. Indo-Europees, Oeralies, Joekaghir, Kamchadaals, Inuit-Yupik-Inangan en Transeurasies (Altaïes) van Siberië vorm dié familie wat tot minstens 8000 jaar gelede gepraat is. “Oeralo-Siberies” is ‘n subgroep wat waarskynlik Oeralies, Joekaghir, Kamchadaals, Inuit-YupikInangan en Nivkh insluit). Die Eurasiatiese familie word onderskei deur morfologiese patrone wat nie in tale buite Eurasiaties gevind word nie. Drie subgroepe word onderskei: •
Indo-Europees
•
Transeurasies (Mongolies, Japans, Koreaans, Turks, Toengoes)
•
Oeralo-Siberies (soos bo)
27
Transeurasies
Uralo-Siberies
Indo-Europees
28
Die Eienskappe van Proto-Eurasiaties
Proto-Eurasiaties was ‘n agglutinerende taal wat hoofsaaklik agtervoegsels en agtersetsels by beide die naam- en werkwoord gebruik het. Suffikse is aan ‘n stam of ‘n uitgang geheg om konsepte te verbreed en die leksikon uit te brei. Die voorvermelde /m-/ en /t-/-patroon by die eerste- en tweedepersoon voornaamwoorde het die bynaam “Mitian” aan Eurasiaties besorg. Geronde voorvokale soos ø, œ, ö en ü kom by ‘n groot % Eurasiatiese tale voor. Vokaalharmonie word by Oeralies (bv Fins en Hongaars) aangetref en is ook ‘n kern-eienskap van die Mongoliese en Turkiese tale. Dit beteken gewoonlik dat net voorvokale soos i, ö, ä en ü, of net agtervokale soos a, o, u, ı in ‘n woord mag verskyn. By tale soos Fins is /e/ en/of /i / neutraal en dien in beide stelsels, sodat /e/ en/of /i/ saam met albei groepe gebruik kan word. Vokaalhaarmonie kan ook tongposisie, ronding en ander faktore in ‘n stelsel behels. Joseph Greenberg beskou vokaalharmonie as die oorsprong van die Proto-Indo-Europese ablautstelsel, waardeur klinkerwisseling in ‘n stam die betekenis verander, soos Afrikaans: sing en sang of Engels swim, swam, swum. Een van die meer as 600 woordstamme wat regdeur Eurasiaties voorkom, is woorde vir “roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/. Meer as 70 grammatiese elemente en die vorme wat hulle in die afstammelinge van Eurasiaties aanneem, word deur Greenberg bespreek in sy seminale werk, Proto-Indo-European and its
closest relatives: The Eurasiatic Language Family. 29
Die verwantskap van Japonies, Koreaans, Mongolies, Toengoes en Turks in ‘n “Transeurasiese” familie word in die werk van Martine Robbeets bewys, terwyl Michael Fortescue die OeraloSiberiese familie van Oeraals, Joekaghir, Chukotko-Kamchatkan, Eskimo-Aleut en Nivkh (Gilyak) uiteengesit het. Grammatiese geslag (hy, sy, dit) bestaan nie in Transeurasies en Oeraals nie, en ook nie in Kartveels nie. Dit was ‘n Indo-Europese innovering wat dalk uit “onderwerpnaamwoorde” vs “voorwerpnaamwoorde” (animate vs inanimate) gespruit het volgens Greenberg 2000: 185.
Etlike grammatiese vorme wat deur die Eurasiatiese tale gedeel word, met inbegrip van Japonies, Joekaghir, Chukoto-Kamchatkaans, Eskimo en Nivkh (Gilyak)
eerste persoon m
persoons- n
tweede persoon t
verkleining k
aanwysende elemente i/e, t, s
nominalizer i, m
dualis ki
partisipium nt, l
meervoud t, i, re
verbale naamwoord s
akkusatief m
konatief sk
genitief n
refleksief u/w
datief ka
kousatief s, k
lokatief ru, n
negatief n
ablatief t
interrogatief k
toekomstig s
besittings l-
passief r
vokaalharmonie
30
Volgens die linguïs en antropoloog Merritt Ruhlen was die oerfamilie Dené–Sino-Kaukasies reeds in Noord-Amerika toe Eskimo sy reis deur Alaska begin het. DSK is die ouer makrotaalfamilie, en is in Eurasië deur Eurasiatiese tale verplaas sodat net geïsoleerde kolle DSK oorgebly het, soos Baskies in die weste, Burushaski in die ooste en Kaukasies in die middel. In Noord-Amerika word DSK deur die Na-Dene-groep verteenwoordig, wat Apache en Navajo insluit. Die heel eerste taalfamilie in die Amerikas was Amerindies, Eurasiaties se naasverwante sustertaal wat waarskynlik so vroeg as 16,000 jaar gelede die leë kontinente binnegetrek het. In Noord-Amerika het intense taalkontak tussen Amerindies en die Dené-tale van Dené–SinoKaukasies oor sowat vyfduisend jaar plaasgevind.
31
Vergelykende mitologie Die mitetema van die waghond wat die poorte bewaak, word in Amerika onder sprekers van Sioux, Algonquian en Iroquian gevind, en in Eurasië onder die Indo-Europeërs (Cerberus), terwyl groepe soos die Chukchi en Toengoes die Melkweg as die weg van die siele beskryf, waar ‘n gidshond wag. In Meso-Amerika en in besonder onder die Maya bestaan die geloof dat ‘n hond die siel van ‘n gestorwene oor ‘n rivier dra in die hiernamaals. Honde is clan-diere vir die Menominee en Ottawa.
Die Amerindiese hond wat met genesing verband hou, weerspieёl ‘n ouwêreldse tradisie. Die vroegste voorbeeld van die hond-as-geneser tema is die Mesopotamiese figuur wat in Sumeries as Baba, en in Akkadies as Gula, bekend gestaan het. Dié figuur, ook bekend as Nintinuga en Ninkarrak, se helende honde het mens en dier teen siektes en bonatuurlike gevare beskerm.
32
Aan die skadukant is daar die weerwolf wat ook aan beide kante van die Stille Oseaan te vinde is, soos onder die Mohawk en die Navajo. Wolwe word met toordery in verband gebring op beide kontinente. In Chechnië is die wolf ‘n nasionale simbool, maar Finland is totaal anti-wolf. In die Noorse mitologie word Wotan deur ‘n enorme wolf gedood, en twee jonger wolwe is bestem om die son en maan by Ragnarök te verorber. Wotan self het egter self twee troetelwolwe: Geri en Freki.
Painting by Z S Liang
Die Meksikaanse Nahual is ‘n “weer-coyote”, ‘n toordokter wat in ‘n swart coyote verander en mense aanval. In Europa is Romulus en Remus deur ‘n wolf versorg, maar ’n aantal ongure karakters ry op wolwe: die heks Hyndla en die reus Hyrrokin. “Wolf” is selfs ‘n gewilde noem- en familienaam in Duitssprekende lande, en baie mansname het ‘n “wolf-element” (Rudolf, Wolfgang)”.
33
Bories
Bories (Borean of Boreal in Engels) is ‘n hipotetiese super- taalfilum wat alle taalfamilies van Eurasië en die Amerikas insluit. Die term Bories is op Grieks βορέας gegrond en beteken "noordelik”, ‘n weerspieëling van die feit dat alle tale van die noordelike halfrond daartoe behoort. Hiervolgens vloei die Boriese filum uit die taal van die Bo-Paleolitiese era, en voorstanders van die hipotese glo dat al die lede daarvan geneties verwant is. Die konsep is aan Harold C. Fleming (1987) te danke, wat dit sedert 1991 so begin noem het. Twee modelle bestaan vir Bories, dié van Harold C. Fleming en dié van Sergei Starostin. Fleming noem Bories ‘n “filetiese ketting” eerder as ‘n superphylum, en assosieer dit met die verskyning van die Bo-Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories omvat dus Eurasiaties, Drawidies, Kartvelies, en Dené-Sino-Kaukasies, met Afro-Asiaties as westelike en Amerindies as oostelike ankergroep.
34
Boriese Stamme (praat, roep, sê, klank, huil)
Die Boriese woordstamme wat volg, is nie rekonstruksies nie en kan nie as etimologieë beskou word nie. Hulle is konsonantskelette wat identifiseer is deur die prototale Afro-Asiaties, Austries, Eurasiaties en Dene-Sino-Kaukasies te vergelyk, en in sommige gevalle Amerindies en NiloSaharies. Een van die interressantste studies oor taalverwantskap, prototaal en linguïstiese oordrag is die werk van Fee-Alexandra Haase. ‘“Chaining”. Studies of the Conceptualization of Genuine
Concepts of Linguistic Communication in the Roots of the Proto-Language-Thesaurus and Reflexes Across Language Families" [Fee-Alexandra Haase] wat verskyn in Dialectologia 23 (2019), 115 – 149. ISSN: 2013 – 2247.
Haase gebruik die term “linguïstiese kommunikasie” vir die manier waarop tale of onderskeibare stelsels van linguïstiese oordrag verander, en beskryf kan word aan die hand van hulle verhouding met mekaar as bewegings in die rigting van konvergensie of divergensie. Sy ondersoek die konsepte van linguïstiese kommunikasie wat voor gedokumenteerde tale bestaan het, en voorsien voorbeelde van sulke konsepte in die hipotetiese woordstamme van Bories met hulle reflekse in lewende tale. Die woordeskat of lekseme van ‘n taal bevat konsepte wat van betrekking is op beide natuurlike en hipotetiese tale. Egte linguïstiese konsepte word vir linguïstiese kommunikasie-aktiwiteite aangewend, soos blyk uit die prototale en die bestaande reflekse daarvan in natuurlike tale. By “egte linguistiese konsepte” word bedoel konsepte met ‘n basiese hipotetiese betekenis in die semantiese veld van linguïstiese kommunikasie. Prototale soos Proto-Indo-Europees word beskou as die voorouers van die tale van vandag, en word ingespan om te bewys dat spesifieke tale ‘n gedeelde erfenis het. Die kernvraag van hierdie navorsing is, ‘Watter konsepte van tale (linguïstiese kommunikasie) het reeds bestaan voor die gedokumenteerde gebruik daarvan?’ want vir dié studie is dit nodig om leksikale data aan te wend wat verteenwoordigend is van ‘n vroeër stadium van linguïstiese kommunikasie, voordat ‘n rekord van historiese tale bestaan het. Die sleutel tot die antwoord lê in die Boriese konsep- of woordstamme wat die konsepte van linguïstiese kommunikasie verteenwoordig. Die omvang van die beskikbare semantiese velde wat die semantiese terrein van linguïstiese kommunikasie dek, word toegelig deur die materiaal beskikbaar by die Tower of Babel-projek, ‘n Internasionale Etimologiese Databasisprojek van die Russiese Staatsuniversiteit van die Menswetenskappe (Sentrum van Vergelykende Linguïstiek), Moskou Joodse Universiteit, Die Russiese Akademie vir Wetenskappe (Dept. van Geskiedenis en Filologie), Die Stadsuniversiteit van Hong Kong en Leiden Universiteit.
35
Let wel, in die Boriese konsepstamme staan V vir enige klinker/vokaal, T staan vir enige dentaal [d t ð Ԃ θ ϑ τ ț ţ ŧ þ đ], C staan vir enige affrikaat [t͡s d͡z ͡tɬ d͡ɮ ͡tʃ d͡ʒ ͡tɕ d͡ʑ ͡ʈʂ ɖ͡ʐ ], H staan vir enige van die keelklanke [h ɦ ĥ ħ ђ ҁ ɂ], K vir [k g ķ ], P vir [p b v f Ф] ensovoorts.
AA = Afro-Asiaties, AM = Amerindies, AU = Austries, DSK = Dené-Sino-Kaukasies, Eur = Eurasiaties, IE = Indo-Europees, Sem = Semities.
In die volgende tabel verskyn die Boriese stam in die linkerkolom, gevolg deur die betekenisveld van die konsep, die taalfamilies wat aan die konsepketting deelneem, gevolg deur die stam van die prototaal en die lewendetaal-reflekse.
36
Boriese Stam
Betekenis
Ketting deur Taalfamilies
CVWV (1)
SÊ, KLANK
AA – Eur
Eurasiaties: AA:
*čVwV ( ~ *č`-) *cVway/H-
CVWV (2)
PRAAT, SKREEU
AA – Eur
Eurasiat: AA:
*sVjwV ( ~ *ś-) *cạwaḥ/*cạyaḥ-
HVLV
SÊ, PRAAT
DSK – AU
DSK:
*HíŁVn lVw
Taalfamilie
Austries:
HVNV
SÊ
DSK – AU
HVPV
MOND; PRAAT
A A – Eur – AU – AM
HVWV
PRAAT KLANK
KVRV
ROEP
*beŋa
Euras:*ʔVpV AA: Austries: Amerind:
*ʔap*bVʔ *pai
Eurasiat: AA:
*ḥVwV (?) *hay-
DSK: Amerind:
*=iʔwV
AA – Eur – DSK – AM
Eurasiaties: AA: DSK: Amerind:
*jVnV *yVn*ʔwēnɨ (~ -u) *wuni
AA – Eur – DSK
Eurasiat: AA: DSK:
*ḳErV *ḳVrVʔ*qwVrV
A A– Eur– DSK
PRAAT
JVNV (WVNV)
DSK: Austries:
SAY,
*=VŋV
*yauʔ
v
KVWV (1)
ROEP
A – Eur – DSK
Eurasiaties: AA: DSK:
*gVjwV *gaʕVy*HixqwV
KVWV (2)
ROEP, SKREEU
A – Eur – DSK
Eurasiat: AA:
*ḳVwV *ḳVw-
MVHRV
PRAAT, KLANK
A – Eur – DSK
Eurasiat:
*muɣrV
AA Sem.:
*ʔmr, *ʕmr
37
MVHRV
MVLV
NVKV
PRAAT, KLANK
SÊ , BID
ROEP, VLOEK
PVTV
NOEM, ROEP
RVWV
SKREEU
AA – Eur – DSK
AA – Eur – AM
AA – DSK –– AM
AA – Eur
AA – Eur – DSK – AU
Euras:
* muɣrV
AA Sem.:
*ʔmr, *ʕmr
DSK:
*mVrHV
Euras:
*mVlV
AA: Amerind:
*mVl*mali
AA: DSK: Amerind:
*(a)nik
Euras: AA:
*ṗVtV *pVdVd/H-
Euras IE:
*rewǝ-
AA: DSK:
TVHV
TVPV
WVKV
WVLV
WVTV
SÊ
VRA, ROEP
SÊ , ROEP
HUIL, ROEP
SPEAK
AA –Eur – AM
AA – DSK– AM
AA – Eur – DSK – AM
A – E – DSK – AM
A–E
38
*nug*ŋĕkw| ̆
*ʔ|
*rVʔ-/*rVwr̆ H
Austries:
*rV(w)
Euras: AA:
*tVHV *taʔ-
Amerind:
*ti
AA:
*dVb-
DSK: Amerind
*dVPV *tempa
African (misc.) Ntu:
*-dó(ó)mb-
Euras: AA Sem.:
*wVḳV *wVkH-
Chad.: SDSK:
wVg*=Vvxq̇ V
Amerind:
*koʔe
Euras: AA:
*wVlV *wV(H)l-
Sino-Caucasian: Amerind:
*=ĕƛ̣wVv *wali ‘say’
Euras:
*watV
AA:
*wat-
Afroasiaties het 18 uit 20 Dené-Sino-Kaukasies 17 uit 20 Eurasiaties 16 uit 20 Amerindies 8 uit 20 Austries 4 uit 20 Die 20 Boriese konsepstamme word as volg versprei: • Ses Boriese stamme 2 taalfamilies: • WVTV / HVNV / PVTV / CVWV (1) /CVWV (2) / HVLV • Nege Boriese stamme 3 taalfamilies: • HVWV / KVRV / KVWV (1) / KVWV (2) / MVHRV / MVLV / NVKV / TVHV//TVPV • Vyf Boriese stamme 4 taalfamilies: • HVPV / JVNV (WVNV) / RVWV / WVKV / WVLV
39
Semantiese skuiwe Die Boriese stamme se betekenis kan heeltemal verander wanneer hulle reflekse in lewende tale aangewend word, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan betekenisse dra soos / resiteer /, / sing /, / lees /, / skel/, /roep/ en / vertel /. Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans /uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer. CVWV (2) met die konseptuele betekenis van sê en klank kan betekenisse dra soos /bevestig/, /duidelik word/, /prys/, en /belowe/. Eurasiaties *čVwV, Afro-Asiaties *cVway/H-, en Eurasiaties *čVwV, Altaïes *č`ā́bu en Kartveels *caw-. Indo-Europees *stew- en *(s)teubh- beteken /aanprys/ en /bevestig/. Reflekse sluit in Nesili isduwa / helder word/, Ou Indies stáuti en stávate /aanprys/ en Avestan staoiti /aanprys/. Proto-Afro-Asiaties *cVway/H /praat/ en /skreeu/ word in Egipties swhy /gil/, en in Wes-Tsjadies *s/cay- vir /sê/ en /spraak/.
Semantiese skuiwe vind in die reflekse plaas, soos byvoorbeeld HVPV
mond, praat
mond, praat, plaas in mond, gaap, oopmaak
PVTV
noem, roep
sê, noem, praat, vertel, vloek
KVRV
roep
roep, blaas, ruik, inasem, vra
MVLV
sê, bid
sê, vra, bedel, belowe, aandui
TVPV
vra, roep
vra, roep, praat, antwoord, hoor
40
Die volgende tabel bevat kernkonsepte uit die Swadeshlys, wat voornaamwoorde en liggaamsdele insluit. Semantiese waarde
Boriese Stam
Taalfamilies waarin reflekse van die Boriese stam voorkom Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries
HVKV MV NV Ek
WV HVCV CV
Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Austries Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
Jy
Ons
Oor
HV
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Amerind
MV
Austries Amerind
NV
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies
TV
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Amerind
WV
Dene-S-Kaukasies Amerind
CV
Eurasiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
PV
Austries Amerind
TV
Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
WV
Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
KVRV
Eurasiaties Afro-Asiaties Austries
LVLV
Dene-S-Kaukasies Austries
MVNCV
Eurasiaties Dene-S-Kaukasies Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries
Oog
HVPV
Amerind
HVKV
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
Neus
NVKCV
Eurasiaties Afro-Asiaties Amerind
NVRV
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies
TVNV
Eurasiaties Afro-Asiaties Austries 41
CYRV
Mond
KVKNV
Eurasiaties Dene-S-Kaukasies
HVPV
Eurasiaties Afro-Asiaties Austries Amerind
HVWV
Eurasiaties Afro-Asiaties
KVMPV
Eurasiaties Dene-S-Kaukasies Austries
KVNTV Man
MVNV MVRV
KVNV HVCV Hond
PVRV KVCV
Persoon
Eurasiaties Afro-Asiaties
Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Austries Amerind Afro-Asiaties Austries Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Amerind Eurasiaties Afro-Asiaties Dene-S-Kaukasies Amerind
CVPV
Eurasiaties Afro-Asiaties
MVCV
Dene-S-Kaukasies Austries Amerind
As mens die eerste twee enkelvoud voornaamwoorde neem, “ek” en “Jy” neem, is daar 12 Boriese stamme, waarvan sommige herkenbaar behoort te wees: HVKV = Latyn ego, MV = my, WV = Engels we, TV = Duits du, Italiaans tu.
Amerind het 10 uit 12 Dené-Sino-Kaukasies het 9 uit 12 Afro-Asiaties het 8 uit 12 Austries het 8 uit 12 Eurasiaties het 8 uit 12
42
The Global Lexicostatistical Database
Vir navorsingsdoeleindes is The Global Lexicostatistical Database goud werd. https://starling.rinet.ru/new100/main.htm The Global Lexicostatistical Database (GLD) is ‘n projek van die internasionale program “Tower of Babel / Evolution of Human Language”. Sy doelstelling is om die mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers beskikbaar te stel.
43
Sergei Starostin, wat Bories tot 16,000 jaar gelede dateer, (2002), se konsep daarvan bestaan uit twee kerngroepe: I Nostraties wat uit Afro-Asiaties, Eurasiaties, Drawidies en Kartvelies bestaan II Dené-Daïes wat die Dené-Sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies insluit.
Die inventaris van die Boriese taalfamilie het as teoretiese konstruk beslag gekry uit Starostin se navorsing oor prototale. Bories se argeologiese kultuur is die Epipaliolitiese era of laat steentydperk. Verskeie woordstamme het bestaan wat later in die prototale sou verskyn, vanwaar dit na natuurlike historiese of lewende tale oorgedra is.
Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verder ondersoek moet word, en die situasie met betrekking tot Amerind nog onduidelik is. Hulle skat die era van Boralies as 25,000 - 18,000 jaar gelede.
44
Evolution of Human Languages (EHL) Die “Evolution of Human Languages” (EHL) projek is ‘n histories-vergelykende linguïstiese navorsingsprojek by die Sante Fé Institute wat ten doel het om ‘n gedetailleerde klassifikasie van die wêreld se tale te voorsien. Die projek is in 2001 deur Murray Gell-Mann gestig toe hy met Sergei Starostin en Merritt Ruhlen ooreengekom het om die evolusionêre stamboom van mensetale uit te werk. Georgiy Starostin, seun van Sergei, staan tans aan die hoof daarvan.
Sedert 1985 tot by sy afsterwe in 2005 het Sergei Starostin STARLING sagteware vir vergelykende linguïste ontwerp. Hy is bygestaan deur Murray Gell-Mann, ‘n Nobel-pryswenner fisikus. Ten tye van sy dood was hy 'n professor by die Russiese Staatsuniversiteit vir Menswetenskappe, 'n besoekende professor aan die Santa Fe Instituut, en 'n gereelde gasdosent by Universiteit Leiden in Nederland. The Tower of Babel is ‘n projek ter ondersteuing van navorsing om raakpunte tussen die gevestigde taalfamilies van die wêreld te vind. Die webwerf bied ‘n imponerende reeks databasisse vir ‘n verskeidenheid tale en taalgroepe. Die ‘Global Lexicostatistical Database ‘ (GLD) het ‘n boomdiagram ontwerp wat op die Swadeshformule gebaseer is, en ‘n “objektief gegenereerde boom” van fonetiese ooreenkomste. ‘n Leksikostatistiese benadering tot linguïstiek maak dit moontlik om antwoorde te verkry uit die neem van monsters wat ‘n beperkte korpus data vir statistiese berekeninge oor die verwantskappe tussen tale gebruik.
45
Bibliografie Bengtson, John D. 2004. Some features of Dene-Caucasian phonology (with special reference
to Basque). Cahiers de l’Institut de Linguistique de Louvain 30: 4.33–54. Bengtson, John D. 2008. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino-
Caucasian) Languages. Aspects of Comparative Linguistics, v. 3., 45–118. Moscow: RSUH Publishers. Bengtson, John D. 2014. The Dene-Sino-Caucasian hypothesis: state of the art and perspectives. John Bengtson and George Starostin. Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Bengtson, John D. 2010. Linguistic Fossils: Studies in Historical Linguistics and Paleolinguistics. Theophania Publishing. Blažek, Václav. Afroasiatic migrations. In Ness, Immanuel; Bellwood, Peter. The Encyclopedia of Global Human Migration I. Oxford: Wiley-Blackwell, 2013. s. 125-132. ISBN 978-1-44433489-0. Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 20092010. Blench, Roger. 2014. Language Isolates in Africa. (Draft). Blench, Roger. 2006. The Niger-Saharan Macrophylum. http://www.rogerblench.info/RBOP.htm Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical
implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-
doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.
46
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1749. Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17. Dimmendaal, Gerrit J. (2017). Areal Contact in Nilo-Saharan. In R. Hickey (Ed.), The Cambridge Handbook of Areal Linguistics (Cambridge Handbooks in Language and Linguistics, pp. 446-470). Cambridge: Cambridge University Press. doi:10.1017/9781107279872.017 Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Dolgopolsky, A. 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of Languages.) Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research. Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a
Linguistic Macrofamily, eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 19–46. Dolgopolsky, A. 1984. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica: Gedenkschrift für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien, Braumüller, 65- 112. Dolgopolsky, A. 1992. Nostratic etymologies and the origin of verbal formatives // Nostratic, Dene- Caucasian, Austric and Amerind. Ed. by V. Shevoroshkin. Bochum, Brockmeyer, 290-7. Ehret, Christopher. 1995. Reconstructing Proto-Afroasiatic (Proto-Afrasian). Linguistics Vol 126. University of California. Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human Language (http://greenbergconference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm) Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita.
The Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013. Fleming, H C. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991). 47
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language Relationship·Вопросы языкового родства Gell-Man, Murray, Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,Russian State University for the Humanities. The Global Lexicostatistical Database https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press. Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of
linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia 2019 no. 3.
Haase, Fee-Alexandra. ‘Protolanguages’ Vs. Linguistic Networks Across Language Branches’. A Basic Inventory For Relations Of Concepts In Prehistoric States Of Linguistic Communication. Haase, Fee-Alexandra. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021. Kortlandt, Frederik. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily. Meitei, Ningombam Bupenda. Age of proto-human. Department of Philosophy,University of Delhi. Nikolaev, S L & Starostin, S A. 1994. North Caucasian Etymological Dictionary. Asterisk Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages, In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004 Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages, In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771) 48
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044 Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the world's languages, Vol. I: Classification. London: Edward Arnold, 1987 Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press, 1994 Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12. Tavakoli, Leila. A New Integrating Overview in the History of Long-Range Linguistics. Uys, Pieter. 2021. Afroasiaties. Uys, Pieter. 2021.Five Protolanguages and a Mother Tongue. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd. Uys, Pieter. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: International Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132
49
Indeks Ablaut
28
Afro-Asiaties
24
Almosan
17
Altaies
26
Amharies
23
Andies
14
Amerindies
14
Apache
30, 31
Arabies
23
Aramees
23
Austries
7
Baba
31
Baskies
10
Berber
24
Beringia
15
Blažek, Vaclav
24
Burushaski
10, 13, 30
Dené-Sino-Kaukasies
10
Egipties
23
50
EHL
41
Eurasiaties
26
Fleming, Harold
6, 33, 43
Fonetiek
20
Gell-Man, Murray
6, 40
Germaans
27
Global Lexicostatistical Database Glottochronologie
4
Greenberg, Joseph
28
Gula
31
Haase, Fee-Alexandra
33, 36
Hausa
23
Hebreeus
23
Indo-Pasifies
6, 40
Indo-Europees
23
Japanees
27, 28
Jenissei
10
Joekaghir
27
Kabyle
25
Kamchadaals
27
Kaukasies
11
Kartveels
21
41
51
Kernwoordelys
9
Ket
10
Konsepstamme
36
Koreaans
27, 28
Kusities
24
Leksikostatistiek
4, 6, 41
Lepionka, Larry
15
Makro-Altaïes
26
Mandaryns
11
Maya
30
Mitologie
31
Mongools
26
Na-Dené
14
Navajo
10, 30, 31
Nivkh
27
Nostraties
20, 21
Oeralies
26
Oromo
23
Omoties
24
Rekonstruksie
12, 18, 22,
Romaans
20
Saami
27 52
Semantiek
38
Semities
23
Sino-Kaukasies
10, 30
Starostin, Sergei
41
Substratum
13
Swadesh-lys
9
Tamahaq
25
Tamashek
25
Tetserret
25
Transeurasies
26, 27
Tower of Babel
41
Turks
20, 26
Uralo-Siberies
26, 27
Vokaalharmonie
28
Voornaamwoorde
8, 11, 26, 41
Waskonies
13
genetic linguistics comparative linguistics historical linguistics protolanguages language contact language families language phyla cognates areal linguistics substratum adstratum superstratum lexicostatistics glottochronology borean roots agglutinating polysynthetic analytic fusional
phonemes
ablaut umlaut vowel harmony synthetic language Nilo-Saharan Niger-Congo Omotic Eurasiatic Afroasiatic Transeurasian
Uralo-Siberian Dene-sino-caucasian Amerind
Austric Nostratic Kartvelian
Dravidian mythology grammatical gender mother tongue Proto-World Proto-Human
53