Afro-Asiatiese Taalfamilie

Page 1

Taal

Afro-Asiaties


Afro-Asiaties Taalfamilie van die Midde-Ooste, Noord- en Noordoos-Afrika

Pieter Uys 2021

𓇿𓉔𓃭𓈎 Omslag: Juan van Vuuren

1


Inhoudsopgawe Inleiding

3

Top 10

4

Eienskappe

5

Prototaal

5

Akkadies

6

Kusities

8

Tsjadies

10

Berber

11

Egipties

12

Omoties

13

Semities

14

Hebreeus

14

Aramees

15

Ethio-Semities

15

Arabies

16

Arabiese dialekte

16

Nylvallei-Arabies

17

Maghrebi-Arabies

18

Moderne Suid-Arabies

20

Ou Suid-Arabies

22

Die Akkadiese digteres Enheduanna

23

Enheduanna bibliografie 26 Bibliografie

27

2


Inleiding Afro-Asiaties, ook bekend as Afrasies, is ‘n taalfamilie wat hoofsaaklik in die MiddeOoste, Noord- en Wes-Afrika en die Horing van Afrika gepraat word. Met die uitsondering van Semities wat ook in die Midde-Ooste en Malta gepraat word, is die vyf ander takke tot Afrika beperk. Afro-Asiatiese tale het meer as 500 miljoen sprekers, en bestaan uit die volgende takke: Berber, Egipties, Kusities, Semities, Tsjadies en Omoties, laasgenoemde waaroor onsekerheid bestaan of dit ‘n onafhanklike tak of lid van Kusities is. Benewens die hedendaagse tale, is historiese tale soos Egipties, Akkadies, Bybelse Hebreeus en Ou Aramaïes van groot belang vir die historiese linguïstiek. Die Afro-Asiatiese Prototaal het waarskynlik in die Natufiese kultuur in die Levant ontstaan. Skattings van die tydperk waarin die prototaal gepraat is, wissel van 8,000 vC tot 16,000 vC. Die vroegste rekord van ‘n Afro-Asiatiese taal is ‘n Egiptiese inskripsie uit die jaar 3,400 vC. Die oudste rekord van ‘n Semitiese taal is Akkadies wat uit sowat 2,500 vC dateer.

3


Top Tien Afro-Asiatiese tale volgens aantal sprekers Arabies (Semities), meer as 300 miljoen moedertaalsprekers van die dialektebondel wat strek van Morokko tot Iraq, en van Malta tot by Tsjaad. Hausa (Tsjadies), meer as 50 miljoen moedertaalsprekers in Wes-Afrika. Oromo (Kusities) in Ethiopiё en Kenya gepraat deur 34 miljoen mense. Amharies (Semities) met 25 miljoen moedertaalsprekers en miljoene tweedetaalsprekersin Ethiopiё. Tigrinya (Semities) met sowat 10 miljoen sprekers in Ethiopiё en Eritrea. Afar (Kusities) 7.5 miljoen mense in Ethiopiё, Eritrea en Djibouti. Shilha (Berber), sowat sewe miljoen sprekers in Marokko. Kabyle (Berber) 5.6 miljoen sprekers in Algeriё. Hebreeus (Semities) Ses miljoen as moedertaal in Israel, altesaam sowat nege miljoen mense. Sentraal-Atlas Tamazight (Berber) 4.6 miljoen sprekers in Marokko.

4


Afro-Asiatiese Eienskappe Die volgende eienskappe word wyd onder die Afro-Asiatiese tale aangetref: Werkwoord begin die sin/klousule. (VSO). Emfatiese konsonante maak ‘n derde stel sluitklanke uit, meestal ejektief of glottaal. Stelsel van twee geslagte met /-t/ as vroulike merker. Fusionele morfologie met veranderinge in stamvokale, sowel as in-, pre- en suffikse. Drie basiese vokale i, u, a. Gebrek aan konsonant /p/ in baie tale. Bi- en tri-konsonantale stamme. Basiese naamvalle, gewoonlik ‘n maksimum van drie. Komplekse meervoudsvorme waaronder die “gebroke meervoud”. Afleidingswerkwoorde word deur affikse gevorm ten einde intensiewe, kousatiewe, refleksiewe of wederkerige eienskappe uit te druk.

Proto-Afro-Asiaties Allan Bomhard se rekonstruksie van Proto-Afro-Asiaties bevat meer as 40 konsonante en vyf kort en lang vokale, tewyl John Huehnergard se Proto-Semities 29 konsonante en drie kort en lang vokale het. Dit is vermeld dat Proto-Afro-Asiaties ‘n nominatiewe naamval-uitgang gehad het, sodat die onderwerp as nominatief gemerk is terwyl die voorwerp ongemerk was. Die sintaks sou dan ‘n streng VSOwoordorde gevolg het. Boriese stamme word sterk in PAA verteenwoordig, terwyl die taal se lidmaatskap van Nostraties nie in twyfel getrek word nie..

5


Akkadies

Akkadies is die vroegste Semitiese taal wat aan ons bekend is. Dis in Mesopotamiё gepraat van die derde millennium vC tot sowat die 8ste eeu vC en in kuneivorm geskryf. Die eerste Akkadiese name verskyn in Sumeriese tekste vd 25ste eeu vC. Sumeries en Akkadies het mekaar oor meer as ‘n millennium beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat tot ooreenkomste in fonologie, morfologie, sintaks en leksikon gelei het. Wydverspreide tweetaligheid het eindelik die einde van Sumeries as spreektaal beteken tydens die tweede millennium vC, maar dié taal het nog vir meer as ‘n millennium voortbestaan as literêre en liturgiese taal. Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities (*/!/, */h/, */hø/, */"/,en */ġ/) tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer. Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e] aangevul en het aanleiding gegee tot Babiloniese vokaalharmonie. Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies. Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die Sumeriese vorm ooreenstem.

6


Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die Sumeriese vorm met ba-prefiks. Proto-Semities se VSO-woordorde het in Akkadies SOV geword onder invloed van Sumeries. Benewens die Sumeriese leenwoorde in Akkadies, is daar idiome in die twee tale wat woord-vir-woord ooreenstem.

Akkadies het mettertyd in Assiries en Babilonies ontwikkel: Ou Akkadies, 2500–1950 vC Ou Babilonies en Ou Assiries, 1950–1530 vC Middel Babilonies en Middel Assiries, 1530–1000 vC Neo-Babilonies en Neo-Assiries, 1000–600 vC Laat Babilonies, 600 vC–100 AD 7


Kusities Die Kusitiese tale word hoofsaaklik in die Horing van Afrika gepraat; Somaliё, Somaliland, Puntland, Ethiopiё en Djibouti, met minderhede in Egipte, Soedan, Kenya en Tanzaniё. Kusitiese tale met meer as een miljoen sprekers is Oromo, Somali, Beja, Afar, Hadiyya, Kambaata, Saho, en Sidamo. Meeste sprekers: Oromo (37 miljoen), Somali (22 miljoen), Beja (3.2 miljoen), Sidamo (3 miljoen) en Afar (2 miljoen). Oromo is ‘n amptelik taal van Ethiopiё. Somali is ‘n amptelike taal in Somaliё, Somaliland en Puntland, ‘n opvoedingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal van die Somali-streek in Ethiopiё. Beja, Afar, Blin en Saho is almal erkende tale in Eritrea. Afar is ‘n opleidingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal in die Afar-streek van Ethiopiё.

Die groep word as volg onderverdeel:  Noord-Kusities (Beja)  Sentrale Kusities (Agew)  Dahalo  Suid-Kusities  Oos-Kusities

Naamwoorde verskyn in manlik en vroulik, en word vir naamval en getal verbuig. Meervoudvorming is baie uiteenlopend en gebruik ablaut, suffikse en reduplisering. Die meeste tale het sewe persoons-/getalkategorieё. Suffikse word meestal gebruik hoewel daar spore van vroeёre prefiksering is.

Proto-Kusities is waarskynlik in die Arabiese Skiereiland gepraat voordat Kusities oor die Bab-el-Madeb na Afrika verskuif het, volgens plekname en oorlewering. 8


Iraqw is die mees suidelike Kusitiese taal, en word in Tanzaniё in die Arusha- en Manyaradistrikte deur meer as 600,000 mense gepraat. Die Gorowataal na die suide word deur sommige as ‘n dialek van Iraqw beskou.

Djibouti was eens as “Die gebied van die Afar en die Issa” bekend, die Issa synde ‘n Somali-clan. Afar word in Djibouti, Eritrea en Ethiopiё gepraat.

9


Tsjadies Die Tsjadiese tale word in die Sahel gepraat, oor Noord-Nigeriё, suidelike Niger, suidelike Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en noordelike Kameroen. Die Tsjadiese tak was die eerste wat uit Afro-Asiaties weggebreek het. Die tale word verdeel in westelike, oostelike, sentrale en Masa-groepe.

Tsjadiese tale bevat ‘n groot aantal Nilo-Sahariese leenwoorde uit die Songhay- en Maban-takke, wat op vroeё kontak tussen Tsjadiese en Nilo-Sahariese sprekers dui. Hausa is die bekendste Tsjadiese taal, en word deur minstens 50 miljoen moedertaalsprekers gebruik sowel as minstens 30 miljoen tweedetaalsprekers. Van twee (in Bata) tot sewe (in Dangla) klinkers kom in Tsjadiese tale voor, en die groep beskik oor uitsonderlike konsonante soos ejektiewe en implosiewe sluitklanke (ɓ, ɗ), prenasale sluitklanke (mb, nd) en labio-velare sluitklanke (kp, gb). Die meeste tale het twee tot drie toonvalle wat morfologies-identiese woorde onderskei of grammatiese eienskappe aandui. Proto-Tsjadies was waarskynlik die eerste Afro-Asiatiese taal wat Afrika uit die Levant binnegekom het.

10


Berber ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ Amazigh Die 40 Amazigh- of Berbertale het sowat 30 miljoen sprekers, wat strek van Siwa Oase in Egipte tot by Marokko, en van die Middellandse See tot by die Sahel. Die meeste sprekers woon in Marokko, waar Amazigh die huistaal van ongeveer 70% van die bevolking is. Die tale word deur die sprekers Tamazight, Thamazight, Thamazighth, Tamasheq, Tamajaq of Tamahaq genoem, en in die Tifinagh-alfabet as ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ of in Tuareg as ⵜⵎⵣⵗⵜ geskryf. Die stam M-Z-Ɣ ⵎ-ⵣ-ⵖ (Mazigh) beteken ‘vry man’ of ‘edelman’ of ‘beskermer.’ Amazigh is ‘n amptelike taal in Algerië en Marokko en word ook in Arabiese skrif en in die Berber-Latynse alfabet geskryf. Noordelike Amazigh wat Tarifit en Senhaja insluit, word in die noorde van Marokko gepraat, Tamaziɣt van die Middel-Atlasberge in sentrale Marokko, Figuig in die ooste van Marokko, Kabyle (Taqbaylit) en Tashawit in die noorde van Algerië, en die tale van die oases Mzab en Wargla in die suide. Suidelike Amazigh, soos Zenaga (Mauretanië), Tashelhit (suide van Marokko) en Tetserret en Tuareg in Mali, Niger en Burkina Faso in die Sahara en die Sahel. Oostelike Amazigh in Egipte sluit Siwi van die Siwa-oase in Egipte in sowel as Sokna en El-Fogaha in sentrale Libië. Verder ook Awjili by die Awjila-oase, Yefren en Zuara in Tripolitanië, Ghadames in die weste van Libië, en in Tunisië Jerba, Tamazret en Sened. Noord van Ghadames is die Nefusi-tale in die Nefusaberge. Die Tuareg-tak omvat:  Tamahaq / Tahaggart van die Kel Ahaggar 

Tamasheq van die Kel Adrar in Mali

 

Aïr Tamajaq in Niger Tawellemet van die Iwellemmeden-mense in Mali en Niger, sluit in Tayiṛt (Ingal, Gofat), Tamesgrest (Azerori), Tafaghist en Ghat. Die uitgestorwe taal van die Numidiese staat, en die taal van die Guanche (Ínsulo-amaziq) of Wan Shen van die Kanariese Eilande wat ook tot Berber behoort, is tot die 17de eeu gepraat.

11


Egipties 𓂋𓏺𓈖 𓆎𓅓𓏏𓊖

Die Egiptiese taal is sedert die middel van die vierde millennium gepraat, en sy laaste inkarnasie, Kopties, het as spreektaal in die 1700s stil geraak, hoewel dit steeds as ‘n liturgiese taal in die Koptiese Kerk gebruik word.      

Argaiese Egipties (voor 2600 vC) Ou Egipties (c. 2600 – 2000 vC) Middel Egipties (c. 2000 – 1350 vC) Laat Egipties (c. 1350 – 700 vC) Demoties (c. 700 BC – AD 400), die spreektaal van Ptolemaïese en vroeё Romeinse Egipte Kopties (na c. 200 AD)

12


Omoties Omoties is ‘n groep van sowat 30 tale wat deur ses miljoen mense gepraat word in die suidweste van Ethiopiё, hoofsaaklik in die Streekstaat van die Suidelike Ethiopiese Nasies, Nasionaliteite en Mense. Ander word in Oromiya, Amhara en Benishangul-Gumuz gevind. Sommige linguïste plaas die Omotiese tale onder Wes-Kusities eerder as ‘n onafhanklike tak van Afro-Asiaties. Taalname sluit die volgende in: Anfillo, Aari, Basketo, Bench, Boro (Shinasha), Ch’aara, Dime, Dizi (Maji), Gamo, Ganza, Gofa, Hamar, Haro (Gidicho), Hozo-Sezo, Kafa, Koorete (Kore, Koyra, Amaro), Kullo (Dawro), Ma¨ le-Ganta, Maale, Malo, Mocha, Nayi, Oyda, Sheko, Wolaitta (Welamo), Yemsa (Janjero, Yem), Zayse en Zargulla. Noord-Omoties sluit sowat 24 tale in, en SuidOmoties vier. Sprekerstalle wissel van miljoene, bv Hozo en Seze wat elk meer as drie miljoen het terwyl Karo net 600 het. Die konsonant-inventaris wissel van 20 tot 28, en ‘n tien-vokaal-stelsel is vir Proto-Oromies gerekonstrueer (kort en lang i, u, e, o en a). Sommige tale het tot ses fonemiese tone wat beide leksikale kontras en grammatiese informasie kan oordra. Sommige Omotiese tale het sibilant-harmonie. Die meeste Omotiese tale gebruik net suffikse maar etlikes gebruik prefikse en infikse. Geslag is Manlik en Vroulik wat in die derdepersoon enkelvoud aangedui word. Die meeste tale het agt voornaamwoordvorme (drie persone, enkelvoud en meervoud) en ‘n spesiale derdepersoon refleksiewe voornaamwoord. Die Omotiese tale is SOV; byvoeglike naamwoorde verskyn voor die hoofnaamwoorde. Volgens die glottochronologiese metode van Sergei Starostin sou die noordelike en suidelike takke van Omoties teen die vyfde millennium verdeel het.

13


Semities  Moderne Hebreeus met ses miljoen sprekers, ‘n wonderwerk van ‘n taal wat herleef het.  Arabies wat regoor Noord-Afrika en die Midde-Ooste gepraat word, sowel as die Ethiosemitiese tale Tigre, Tigrinya, Amharies, Harari en die liturgiese taal Ge'ez.  Maltees van Malta en Gozo is ook ‘n Arabiese dialek. Maltees het ‘n sterk klap Romaanse woordeskat weg, uit Italiaans en Sicilies.  Aramees wat nog verspreid voortbestaan in die Midde-Ooste. Tussen die jare 200 en 400 van die huidige era, het Hebreeus ophou bestaan as ‘n elkedagse spreektaal maar oorleef as ‘n medium van rabbynse literatuur, liturgie en poёsie. In 1881 het Eliezer Ben Yehuda uit Belarus na die Britse Mandaatgebied migreer. Hy het sy seun Ben-Zion (gebore 1882) die eerste spreker van Israeli Hebreeus gemaak, deur net Hebreeus met hom te praat. Vandag is daar sowat nege miljoen sprekers. Israeli Hebreeus het minder foneme as Bybelse Hebreeus, maar steeds minstens 25 konsonante en 5 klinkers. Die faringeale [ħ] vir chet (‫ )ח‬het saamgesmelt met chaf (‫ )כ‬in die [χ] klank. Ayin (‫ )ע‬het met aleph (‫)א‬ saamgesmelt wat as [ʔ] of [∅] kan verskyn, en die vav (‫ )ו‬word as Engels [v] eerder as die Engelse [w] uitgespreek. Die letter resh (‫ )ר‬kan as ‘n uvulare [ʀ] of approksimant [ʁ] of velare frikatief [ɣ] uitgespreek word. Die morfologie van Israeli Hebreeus is soos Bybelse Hebreeus. Die woordorde van Bybelse Hebreeus was aanvanklik VSO maar het al na SVO begin beweeg. Israeli Hebreeus is hoofsaaklik SVO. Die totale leksikon, wat bybelse, rabbynse en middeleeuse woorde insluit, is meer as 60,000 en die taal blink uit op alle terreine, insluitende die wetenskap en tegnologie. 14


Aramees Aramese tale en dialekte word steeds gepraat in dele van Siriё, Irak, Iran, Turkye, Lebanon en Jordaniё, maar dis nie maklik om akkurate syfers te kry nie. Voorheen was dit bekend dat die taal in drie Siriese dorpies – Malula, Jabaadin en Bakhaa – gepraat word. Aramees word ook as liturgiese taal deur verskeie denominasies soos Assiriёrs en Mandeёrs gebruik.

Ethio-Semities Amharies is die grootste Semitiese taal van Ethiopiё met sowat 25 miljoen moedertaalsprekers. Tigrinya en Tigre word in Eritrea en Ethiopiё gepraat en daar’s ook ‘n reeks kleiner Semitiese tale soos Argobba, Dahalik, Soddo en die Gurage-tale.

15


Arabies moet op drie maniere verstaan word:  

Klassieke Arabies: Die teks van die Qur’aan. Moderne Standaard Arabies (eenvoudiger vorm van Klassieke Arabies vir formele media en internasionale politiek, koerante, boeke, politiek). Spreektaaldialekte wat in die alledaagse lewe gebruik word.

Arabiese dialekte in die Midde-Ooste sluit in Mesopotamiese, Levantynse en Skiereiland-Arabies.

16


Nylvallei-Arabies

Die woord Egipte kom van Latyn Aegyptus, via Grieks Aigyptos, uit die Ou Egiptiese E-Ka-Ptah “die huis van die gees van Ptah”. Egiptiese Arabies, Masri (

‫ ) َمصرى‬is die eerste taal van sowat 68 miljoen

Egiptenare. Dis eintlik die dialek van Kaïro, en word regoor die Nyldelta gepraat in verskeie subdialekte. Die ander dialekgroep is Ṣaʽīdi (‫ )صعيدى‬wat van Giza tot by Nubiё gepraat word. Masri (‫ ) َمصرى‬word oor die hele Arabiese wêreld verstaan danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf. Boonop woon studente uit die Arabiese wêreld Egiptiese universiteite en kolleges by. Die Arabiese dialekte van Egipte is deur Kopties – die laaste fase van Egipties – beïnvloed, in die leksikon, fonologie en sintaks. Kopties is nog tot die 17de eeu gepraat toe dit eindelik deur Arabies vervang is. Fonologies verskil Masri van die skryftaal, Klassieke Arabies, as volg:  Vyf vokale /a, e, i, o, u/ teenoor die drie van Klassieke Arabies /a, u, i/  Die [q] – ‘n k wat agter in die keel artikuleer word, word as stembandklapper uitgespreek  Die Klassieke [dž] van Jamal word ‘n [g] in Masri  Die interdentale konsonante /θ ð ðˤ/ word /t d dˤ/ of /s z zˤ/ in Egiptiese Arabies.

‫ )صعيدى‬is ‘n vorm van gesproke Arabies met sowat 25 miljoen

Opper Egiptiese of Ṣaʽīdi Arabies (

sprekers wat van Nubiё in die suide tot naby die begin van die Nyldelta gepraat word. Ṣaʽīdi se onderskeidende kenmerk is dat die bovermelde [q] as [g] en die bovermelde [dž] soos in Klassieke Arabies uitgespreek word. Soedanese Arabies van die Nylvallei is verwant aan Egiptiese Ṣaʽīdi Arabies, en is beïnvloed deur Dongolawi Nobiin. Die /q/ word as ‘n [ɢ] uitgespreek, en die [u] van Klassieke Arabies word as [o] uitgespreek.

17


Landbou- en boerderyterme is by Nobiin geleen. Plekname soos die name van eilande in die Nyl eindig dikwels met die suffiks -arti soos om bv abdallanarti – ‘n eiland naby Dongola – te vorm. Ashrafinarti – eiland twaalf myl suid van Dongola Bashanarti – eiland sewe myl noord van Dongola Artigasha – eiland noord van Argo Sellenarti – die middel-eiland Marawarti – klein eiland wes van Argo.

Maghrebi-Arabies Tunisiese Arabies ‘n Stel Maghrebi-dialekte deur 11 miljoen mense gepraat.

‫ تونس‬.

Marokkaanse Arabies word ook Darija genoem. As ‘n moedertaal word dit deur 50% tot 75% van die Marokkaanse bevolking gepraat. Dis ver verwyder van die Midde-Oosterse dialekte van gesproke Arabies. Marokkane kan die Midde-Oosterse dialekte verstaan maar dit werk nie andersom nie.

18


‫ ليبي‬, Lībī) bestaan uit ‘n oosterse en westerse dialek en word in Libiё, Egipte en

Libiese Arabies ( Algeriё gepraat.

Algeriese Arabies (Darja) is deel van die Maghrebi taalkontinuum, en die huistaal van 75% to 80% van Algeryne.

Ander Tsjadiese Arabies (Shuwa/Shua/Suwa)

‫ تشادية لهجة‬, en Baggara, word in Tsjaad, Soedan, Nigerё en

Niger gepraat.

Bronne: Al-Amin Abu-Manga, 2009. Sudan (Arabic). Encyclopedia of Arabic Language and Linguistics. Holt, Meredith. 1999. The Afro-Asiatic Language Family. Linguistics 450

19


Die Moderne Suid-Arabiese tale

Hulle is aan die Semitiese tale van Ethiopiё en Eritrea verwant, en word in Yemen, Oman, Hadramaut, Dhofar en op Sokotra-eiland gepraat.

     

Mehri: 165,000 in Oman en Yemen. Soqotri: rondom 70,000 moedertaalsprekers op Sokotra. Shehri: (Jibbali), met ‘n geraamde 25,000 sprekers. Bathari: suidooskus van Oman, regoor die Khuriya Muriya Eilande. 100 sprekers. Harsusi: 600 sprekers in Oman. Hobyót: 100 sprekers in Oman en Yemen.

20


Socotra

21


Ou Suid-Arabies

Faifi (Fifi) is ‘n Ou-Suid-Arabiese taal wat deur sowat 50,000 mense in die omgewing van Jebel Fayfa in die suidwestelike hoek van Saudi-Arabiё gepraat word. Saam met Razihi is dit die enigste oorlewende afstammeling van die Ou-Suid-Arabiese tale.

Razihi word op Jabal Razih in Noordwes-Yemen gepraat, ‘n berg wes van die dorp Sa'dah, waarvan die hoogste piek, Jabal Hurum, 2,790 m (9,150 vt) hoog is. Die sprekers van Razihi word op meer as 60,000 geraam. Beide Faifi en Razihi was vir ‘n lang tyd totaal afgesonder, en is nog nie deeglik bestudeer of opgeteken nie.

22


Die Akkadiese digteres Enheduanna

Die Akkadiese/Sumeriese digteres Enheduanna (2285-2250 voor die huidige era) is die heel eerste skrywer in die geskiedenis wat by name bekend is. Sy was the dogter van koning Sargon van Akkad (Sargon die Grote). Haar moeder se naam was Tashlultum. Enheduanna is welbekend uit argeologiese en skriftelike bronne. Sy was hoëpriesteres van die maangod Nanna in the Sumeriese stad Ur. Twee seëls waarop haar naam verskyn, is in die koninklike begraafplaas van Ur gevind. ’n Albasterdisk waarop haar naam en afbeelding verskyn, is ook in Ur gevind, in die Jipar-seksie wat die woonplek van die En-priesteresse was. Dié disk is op die Isin-Larsa-vlak van die uitgrawing aangetref wat op die jare 2000 – 1800 VHE dui. Enheduanna het ’n ryke literêre korpus nagelaat, waaronder ’n versameling wat as die Sumeriese Tempelhimnes bekend staan en deur sommige geleerdes as die vroegste vorm van sistematiese teologie beskou word. Haar werk is steeds honderde jare later op kleitablette gekopieer en in stede soos Lagash, Nippur en Ur bewaar. Onder haar bekendste werke tel Inninşagurra (Die Ruimhartige Meesteres), Ninmeşarra (Die Verheerliking van Inanna) en Inninmehuşa (Godin van Skrikwekkende Magte). Enheduanna het 42 gewyde liedere gekomponeer wat opgedra is aan tempels regdeur Sumer en Akkad, waaronder die tempels van Eridu, Sippar en Esnunna. Die lirieke verskyn op 37 tablette wat by Ur en Nippur gevind is, en wat gedateer word tot die Ur III en Ou Babiloniese tydperke. Sargon se ryk het die grootste deel van die teenswoordige Irak en dele van Iran, Libanon, Sirië en Turkye ingesluit. Sy dynastie het vir ongeveer 150 jaar geduur. Hy is deur sy seun Rimush opgevolg en daarna deur sy ander seun Manishtushu.

23


Die ruïnes van Akkad / Agade is nog nie opgespoor nie. Die naam is Sumeries, met die betekenis “Kroon van Vuur” (Aga-de). Sargon (Sharrikun) het vir byna twee millennia daarna as ’n rolmodel vir latere Mesopotamiese heersers gedien. Die Assiriese en Babiloniese vorste het hulself as erfgename van Sargon beskou. Konings soos Nabonidus / Nabû-naʾid (regeertyd 556–539 VHE) het groot belangstelling getoon in die geskiedenis van die Sargoniese dinastie en het selfs argeologiese opgrawings van Sargon se paleise laat uitvoer. In die tempelhimnes verklaar Enheduanna: “My koning, daar is iets geskep wat nooit voorheen bestaan het nie.” Die kopiëring van die tempelhimnes is bewys daarvan dat dit honderde jare na die dood van Enheduanna steeds in gebruik was.

In 1927 het die argeoloog Sir Leonard Wooley die Enheduanna disk in die uitgrawings by Ur gevind. Drie tekste daarop identifiseer die vier figure wat daarop verskyn: Enheduanna, twee hofbeamptes en haar skrywer. Die inskripsie lees: "Enheduanna, zirru-priesteres, vrou van Nanna, dogter van Sargon, koning van die wêreld, in die tempel van Innana.” Die afbeelding van Enheduanna verskyn in ’n prominente posisie teenoor die ander drie. Die inskripsie agterop beskryf Enheduanna as ‘Vrou van Nanna, dogter van Sargon.’

24


𒂗𒃶𒌌𒀭𒈾 is die heel eerste digter wie se naam opgeteken is. Nin-me-shara, "Die Verheerliking van Inanna", is eerste deur Hallo en van Dijk in 1968 vertaal, en in 1997 deur Annette Zgoll in Duits. Die eerste deel verheerlik Inanna met ’n lang lys eienskappe. Daarna praat Enheduanna in die eerste persoon en bekla haar lot – haar verbanning uit die tempel en uit die stede Ur en Uruk. Sy doen 'n beroep op Inanna om vir haar in die bresse te tree.

Na die dood van Sargon het daar politieke onrus uitgebreek waartydens sy uit Ur verban is. Die himne Nin-me-sara is ’n beskrywing van haar verbanning en eindelike herstel in die amp van hoëpriesteres. Sy was die eerste vrou wat die titel EN gedra het, ‘n rol van gewigtige politieke belang in Sumer en Akkad. Sy was klaarblyklik Akkadies van geboorte maar volkome tweetalig in Sumeries, soos haar lirieke / gedigte getuig.

25


Enɧeduanna Bibliografie

Dalglish, Cass (2008). Humming The Blues: Inspired by Nin-Me-Sar-Ra, Enheduanna's Song to Inanna. Oregon: CALYX Books. ISBN 978-0-934971-92-8 De Shong Meador, Betty (2001). Inanna, Lady of Largest Heart: Poems of the Sumerian High Priestess Enheduanna, University of Texas ISBN 0-292-75242-3 De Shong Meador, Betty(2009). Princess, priestess, poet: the Sumerian temple hymns of Enheduanna, University of Texas Press, ISBN 978-0-292-71932-3 Hallo, William W. and Van Dijk, J.J.A. (1986). The Exaltation of Inanna, Yale University Press. Roberts, Janet (2004). Enheduanna, Daughter of King Sargon: Princess, Poet, Priestess (2300 B.C.), Transoxiana 8 [2] Sjoberg, Ake and E. Bermann, E. (1969). The Collection of the Sumerian Temple Hymns, Locust Valley, J.J. Augustin. Sjoberg, Ake (1975). In-nin sa-gur-ra: A Hymn to the Goddess Inanna by the en-Priestess Enheduanna, Zeitschrift für Assyriologie und Vorderasiatische Archaeologie 65: 161–253. Zgoll, Annette (1997). Der Rechtsfall der En-hedu-Ana im Lied Nin-me-sarra, (En-hedu-Ana's legal case in the hymn Nin-me-sara) [Ugarit-Verlag, Muenster], 1997

26


Afro-Asiaties Bibliografie

Amha, Azeb. 2018. The Omotic Language family. https://www.researchgate.net/publication/323150246

Bender, M. L. 1975. Omotic: a new Afroasiatic language family. (University Museum Series, 3.) Carbondale, IL: Southern Illinois University.

Bengtson, John D. (ed). 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. Blažek, Václav. Afroasiatic migrations. In Ness, Immanuel; Bellwood, Peter. The Encyclopedia of Global Human Migration I. Oxford: Wiley-Blackwell, 2013. s. 125-132. ISBN 978-1-4443-3489-0. Blažek, Václav. A lexicostatistical comparison of Omotic languages. Masaryk University (Brno) & Western Bohemian University (Plzen)

Blench, Roger. 2006. Archaeology, Language, and the African Past. AltaMira Press

Blench, Roger. 2014. Language Isolates in Africa. (Draft).

Blench, Roger. 2006. The Niger-Saharan Macrophylum. http://www.rogerblench.info/RBOP.htm

Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf

Bomhard, Allan R. A Sketch of Proto-Afrasian Phonology. http://docenti.unimc.it/marco.lauri/teaching/2014/13543/files/materiali-di-approfondimento/Bomhard__A_Sketch_of_Proto-Afrasian_Phonology-libre.pdf

Creissels, Denis. Morphology in Niger-Congo languages. https://doi.org/10.1093/acrefore/9780199384655.013.535

27


Dimmendaal, Gerrit J. A typological perspective on the morphology of Nilo-Saharan languages. In: Oxford Research Encyclopedia of Linguistics.

Dimmendaal, Gerrit J. (2017). Areal Contact in Nilo-Saharan. In R. Hickey (Ed.), The Cambridge Handbook of Areal Linguistics (Cambridge Handbooks in Language and Linguistics, pp. 446-470). Cambridge: Cambridge University Press. doi:10.1017/9781107279872.017

Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University.

Hallen, Cynthia L. 1999. A Description of the Afro-Asiatic (Hamito-Semitic) Language Family

Hayward, Richard J., ed. 1990. Omotic Language Studies. London: School of Oriental and African Studies.

Hayward, Richard J. 2003. Omotic: the "empty quarter" of Afroasiatic linguistics. In Research in Afroasiatic Grammar II: selected papers from the fifth conference on Afroasiatic languages, Paris 2000, ed. by Jacqueline Lecarme, pp. 241–261. Amsterdam: John Benjamins.

Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.

Kitchen, Andrew, Ehret Christopher, Assefa Shiferaw and Mulligan Connie J. 2009. Bayesian phylogenetic analysis of Semitic languages identifies an Early Bronze Age origin of Semitic in the Near East. Proc. R. Soc. B.2762703–2710

Lamberti, Marcello. 1991. Cushitic and its classification. Anthropos 86(4/6):552-561.

McWhorter, John. How are the Various Proto-World Families linked? The Great Courses Daily.

Rilly, Claude. 2008. The Linguistic Position of Meroitic. Text of the Kirwan Memorial Lecture in British Museum, London, September 11th, 2007.

Rilly, Claude. 2021. Languages of Ancient Nubia. Dietrich Raue, Handbook of Ancient Nubia, De Gruyter, 2019, 978-3-11-042038-8. ⟨halshs-01482741⟩ DOI: 10.1093/oxfordhb/9780190496272.013.30

28


Rilly, Claude. 2011. Recent Research on Meroitic, the Ancient Language of Sudan. In: ITYOP̣IS vol. 1 (2011) 2. Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the World’s Languages. Vol. 1: Classification. Stanford, Calif.Stanford University Press.

Ruhlen, Merritt. 1994a. On the Origin of Languages. Stanford, Calif.: Stanford University Press.

Schadeberg, Thilo C. 2003. Historical linguistics. In: The Bantu languages, ed. By Derek Nurse and Gérard Philippson, pp. 143-163. London: Routledge.

Shevoroskin, Vitaly. Deep reconstruction of languages and semantics In: Approaches to Semiotics [AS], 116. Edited by: Winfried Nöth. De Gruyter Mouton | 1994 https://doi.org/10.1515/9783110877502

Uys, Pieter. 2014. Eurasiaties en Nostraties.

Uys, Pieter. 2021. Taal in die Oertyd.

Vossen, Rainer and Gerrit J. Dimmendaal (eds.). 2020. The Oxford Handbook of African Languages. Oxford: Oxford University Press.

Zaborski, Andrzej. 1986. Can Omotic be reclassified as West Cushitic? In Gideon Goldenberg, ed., Ethiopian Studies: Proceedings of the 6th International Conference pp. 525–530. Rotterdam: Balkema

Afro-Asiatic languages Semitic languages Omotic Chadic Kushitic Hebrew Arabic Maltese Coptic historical linguistics genetic linguistics Old South Arabian Modern South Arabian Socotra Oman Yemen Natufian African languages Proto-Afro-Asiatic Proto-Semitic Protolanguages Egyptian language Afrasian language Sahel Sahara Nile Valley Tsjadies Kusities Semities Omoties Genetiese taalkunde historiese taalkunde language contact Israeli Hebrew Biblical Hebrew Taalfamilies Oertale Sumerian Akkadian Enheduanna Sargon Sharrukin Sumer and Akkad Pharao Taharqa Chad Sudan Niger

29


Berber languages Tuareg Maghrebi Comparative linguistics Mesopotamia Aramaic Syriac Somaliland Puntland Ethio-Semitic Nanna Inanna Priestess Akkadian temple hymns Babylonian Assyrian

30


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.