1 minute read
Akkadies
Akkadies is die vroegste Semitiese taal wat aan ons bekend is. Dis in Mesopotamiё gepraat van die derde millennium vC tot sowat die 8ste eeu vC en in kuneivorm geskryf. Die eerste Akkadiese name verskyn in Sumeriese tekste vd 25ste eeu vC.
Sumeries en Akkadies het mekaar oor meer as ‘n millennium beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat tot ooreenkomste in fonologie, morfologie, sintaks en leksikon gelei het.
Advertisement
Wydverspreide tweetaligheid het eindelik die einde van Sumeries as spreektaal beteken tydens die tweede millennium vC, maar dié taal het nog vir meer as ‘n millennium voortbestaan as literêre en liturgiese taal.
Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities (*/!/, */h/, */hø/, */"/,en */ġ/) tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer.
Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e] aangevul en het aanleiding gegee tot Babiloniese vokaalharmonie.
Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies.
Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die Sumeriese vorm ooreenstem.
Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die Sumeriese vorm met ba-prefiks.
Proto-Semities se VSO-woordorde het in Akkadies SOV geword onder invloed van Sumeries.
Benewens die Sumeriese leenwoorde in Akkadies, is daar idiome in die twee tale wat woord -vir-woord ooreenstem.
Akkadies het mettertyd in Assiries en Babilonies ontwikkel:
Ou Akkadies, 2500–1950 vC Ou Babilonies en Ou Assiries, 1950–1530 vC Middel Babilonies en Middel Assiries, 1530–1000 vC Neo-Babilonies en Neo-Assiries, 1000–600 vC Laat Babilonies, 600 vC–100 AD