1 minute read
Kusities
K Ku ussiittiieess
Die Kusitiese tale word hoofsaaklik in die Horing van Afrika gepraat; Somaliё, Somaliland, Puntland, Ethiopiё en Djibouti, met minderhede in Egipte, Soedan, Kenya en Tanzaniё. Kusitiese tale met meer as een miljoen sprekers is Oromo, Somali, Beja, Afar, Hadiyya, Kambaata, Saho, en Sidamo. Meeste sprekers: Oromo (37 miljoen), Somali (22 miljoen), Beja (3.2 miljoen), Sidamo (3 miljoen) en Afar (2 miljoen).
Advertisement
Oromo is ‘n amptelik taal van Ethiopiё. Somali is ‘n amptelike taal in Somaliё, Somaliland en Puntland, ‘n opvoedingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal van die Somali-streek in Ethiopiё. Beja, Afar, Blin en Saho is almal erkende tale in Eritrea. Afar is ‘n opleidingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal in die Afar-streek van Ethiopiё.
Die groep word as volg onderverdeel: Noord-Kusities (Beja) Sentrale Kusities (Agew) Dahalo Suid-Kusities Oos-Kusities
Naamwoorde verskyn in manlik en vroulik, en word vir naamval en getal verbuig. Meervoudvorming is baie uiteenlopend en gebruik ablaut, suffikse en redupli sering. Die meeste tale het sewe persoons-/getalkategorieё. Suffikse word meestal gebruik hoewel daar spore van vroeёre prefiksering is.
Proto-Kusities is waarskynlik in die Arabiese Skiereiland gepraat voordat Kusities oor die Bab-el-Madeb na Afrika verskuif het, volgens plekname en oorlewering.
Iraqw is die mees suidelike Kusitiese taal, en word in Tanzaniё in die Arusha- en Manyara- distrikte deur meer as 600,000 mense gepraat. Die Gorowataal na die suide word deur sommige as ‘n dialek van Iraqw beskou.
Djibouti was eens as “Die gebied van die Afar en die Issa” bekend, die Issa synde ‘n Somali-clan. Afar word in Djibouti, Eritrea en Ethiopiё gepraat.