1 minute read
Omoties
O Om moottiieess
Omoties is ‘n groep van sowat 30 tale wat deur ses miljoen mense gepraat word in die suidweste van Ethiopiё, hoofsaaklik in die Streekstaat van die Suidelike Ethiopiese Nasies, Nasionaliteite en Mense. Ander word in Oromiya, Amhara en Benishangul-Gumuz gevind. Sommige linguïste plaas die Omotiese tale onder Wes-Kusities eerder as ‘n onafhanklike tak van Afro-Asiaties.
Advertisement
Taalname sluit die volgende in: Anfillo, Aari, Basketo, Bench, Boro (Shinasha), Ch’aara, Dime, Dizi (Maji), Gamo, Ganza, Gofa, Hamar, Haro (Gidicho), Hozo-Sezo, Kafa, Koorete (Kore, Koyra, Amaro), Kullo (Dawro), Ma¨ le-Ganta, Maale, Malo, Mocha, Nayi, Oyda, Sheko, Wolaitta (Welamo), Yemsa (Janjero, Yem), Zayse en Zargulla.
Noord-Omoties sluit sowat 24 tale in, en SuidOmoties vier. Sprekerstalle wissel van miljoene, bv Hozo en Seze wat elk meer as drie miljoen het terwyl Karo net 600 het.
Die konsonant-inventaris wissel van 20 tot 28, en ‘n tien-vokaal-stelsel is vir Proto-Oromies gerekonstrueer (kort en lang i, u, e, o en a). Sommige tale het tot ses fonemiese tone wat beide leksikale kontras en grammatiese informasie kan oordra. Sommige Omotiese tale het sibilant-harmonie. Die meeste Omotiese tale gebruik net suffikse maar etlikes gebruik prefikse en infikse.
Geslag is Manlik en Vroulik wat in die derdepersoon enkelvoud aangedui word. Die meeste tale het agt voornaamwoordvorme (drie persone, enkelvoud en meervoud) en ‘n spesiale derdepersoon refleksiewe voornaamwoord. Die Omotiese tale is SOV; byvoeglike naamwoorde verskyn voor die hoofnaamwoorde.
Volgens die glottochronologiese metode van Sergei Starostin sou die noordelike en suidelike takke van Omoties teen die vyfde millennium verdeel het.