3 minute read
Die Akkadiese digteres Enheduanna
Die Akkadiese/Sumeriese digteres Enheduanna (2285-2250 voor die huidige era) is die heel eerste skrywer in die geskiedenis wat by name bekend is. Sy was the dogter van koning Sargon van Akkad (Sargon die Grote). Haar moeder se naam was Tashlultum.
Enheduanna is welbekend uit argeologiese en skriftelike bronne. Sy was hoëpriesteres van die maangod Nanna in the Sumeriese stad Ur.
Advertisement
Twee seëls waarop haar naam verskyn, is in die koninklike begraafplaas van Ur gevind. ’n Albasterdisk waarop haar naam en afbeelding verskyn, is ook in Ur gevind, in die Jipar-seksie wat die woonplek van die En-priesteresse was. Dié disk is op die Isin-Larsa-vlak van die uitgrawing aangetref wat op die jare 2000 – 1800 VHE dui.
Enheduanna het ’n ryke literêre korpus nagelaat, waaronder ’n versameling wat as die Sumeriese Tempelhimnes bekend staan en deur sommige geleerdes as die vroegste vorm van sistematiese teologie beskou word. Haar werk is steeds honderde jare later op kleitablette gekopieer en in stede soos Lagash, Nippur en Ur bewaar.
Onder haar bekendste werke tel Inninşagurra (Die Ruimhartige Meesteres), Ninmeşarra (Die Verheerliking van Inanna) en Inninmehuşa (Godin van Skrikwekkende Magte). Enheduanna het 42 gewyde liedere gekomponeer wat opgedra is aan tempels regdeur Sumer en Akkad, waaronder die tempels van Eridu, Sippar en Esnunna. Die lirieke verskyn op 37 tablette wat by Ur en Nippur gevind is, en wat gedateer word tot die Ur III en Ou Babiloniese tydperke.
Sargon se ryk het die grootste deel van die teenswoordige Irak en dele van Iran, Libanon, Sirië en Turkye ingesluit. Sy dynastie het vir ongeveer 150 jaar geduur. Hy is deur sy seun Rimush opgevolg en daarna deur sy ander seun Manishtushu.
Die ruïnes van Akkad / Agade is nog nie opgespoor nie. Die naam is Sumeries, met die betekenis “Kroon van Vuur” (Aga-de).
Sargon (Sharrikun) het vir byna twee millennia daarna as ’n rolmodel vir latere Mesopotamiese heersers gedien. Die Assiriese en Babiloniese vorste het hulself as erfgename van Sargon beskou.
Konings soos Nabonidus / Nabû-na
ʾid (regeertyd 556–539 VHE) het groot belangstelling getoon in die geskiedenis van die Sargoniese dinastie en het selfs argeologiese opgrawings van Sargon se paleise laat uitvoer.
In die tempelhimnes verklaar Enheduanna: “My koning, daar is iets geskep wat nooit voorheen bestaan het nie.” Die kopiëring van die tempelhimnes is bewys daarvan dat dit honderde jare na die dood van Enheduanna steeds in gebruik was.
In 1927 het die argeoloog Sir Leonard Wooley die Enheduanna disk in die uitgrawings by Ur gevind. Drie tekste daarop identifiseer die vier figure wat daarop verskyn: Enheduanna, twee hofbeamptes en haar skrywer. Die inskripsie lees: "Enheduanna, zirru -priesteres, vrou van Nanna, dogter van Sargon, koning van die wêreld, in die tempel van Innana.” Die afbeelding van Enheduanna verskyn in ’n prominente posisie teenoor die ander drie. Die inskripsie agterop beskryf Enheduanna as ‘Vrou van Nanna, dogter van Sargon.’
���������� is die heel eerste digter wie se naam opgeteken is.
Nin-me-shara, "Die Verheerliking van Inanna", is eerste deur Hallo en van Dijk in 1968 vertaal, en in 1997 deur Annette Zgoll in Duits. Die eerste deel verheerlik Inanna met ’n lang lys eienskappe. Daarna praat Enheduanna in die eerste persoon en bekla haar lot – haar verbanning uit die tempel en uit die stede Ur en Uruk. Sy doen 'n beroep op Inanna om vir haar in die bresse te tree.
Na die dood van Sargon het daar politieke onrus uitgebreek waartyd ens sy uit Ur verban is. Die himne Nin-me-sara is ’n beskrywing van haar verbanning en eindelike herstel in die amp van hoëpriesteres.
Sy was die eerste vrou wat die titel EN gedra het, ‘n rol van gewigtige politieke belang in Sumer en Akkad. Sy was klaarblyklik Akkadies van geboorte maar volkome tweetalig in Sumeries, soos haar lirieke / gedigte getuig.