Afro-Asiatiese Taalfamilie

Page 9

Kusities Die Kusitiese tale word hoofsaaklik in die Horing van Afrika gepraat; Somaliё, Somaliland, Puntland, Ethiopiё en Djibouti, met minderhede in Egipte, Soedan, Kenya en Tanzaniё. Kusitiese tale met meer as een miljoen sprekers is Oromo, Somali, Beja, Afar, Hadiyya, Kambaata, Saho, en Sidamo. Meeste sprekers: Oromo (37 miljoen), Somali (22 miljoen), Beja (3.2 miljoen), Sidamo (3 miljoen) en Afar (2 miljoen). Oromo is ‘n amptelik taal van Ethiopiё. Somali is ‘n amptelike taal in Somaliё, Somaliland en Puntland, ‘n opvoedingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal van die Somali-streek in Ethiopiё. Beja, Afar, Blin en Saho is almal erkende tale in Eritrea. Afar is ‘n opleidingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal in die Afar-streek van Ethiopiё.

Die groep word as volg onderverdeel:  Noord-Kusities (Beja)  Sentrale Kusities (Agew)  Dahalo  Suid-Kusities  Oos-Kusities

Naamwoorde verskyn in manlik en vroulik, en word vir naamval en getal verbuig. Meervoudvorming is baie uiteenlopend en gebruik ablaut, suffikse en reduplisering. Die meeste tale het sewe persoons-/getalkategorieё. Suffikse word meestal gebruik hoewel daar spore van vroeёre prefiksering is.

Proto-Kusities is waarskynlik in die Arabiese Skiereiland gepraat voordat Kusities oor die Bab-el-Madeb na Afrika verskuif het, volgens plekname en oorlewering. 8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.