1 minute read

Inleiding

Next Article
Bibliografie

Bibliografie

Afro-Asiaties, ook bekend as Afrasies, is ‘n taalfamilie wat hoofsaaklik in die MiddeOoste, Noord- en Wes-Afrika en die Horing van Afrika gepraat word. Met die uitsondering van Semities wat ook in die Midde -Ooste en Malta gepraat word, is die vyf ander takke tot Afrika beperk.

Afro-Asiatiese tale het meer as 500 miljoen sprekers, en bestaan uit die volgende takke: Berber, Egipties, Kusities, Semities, Tsjadies en Omoties, laasgenoemde waaroor onsekerheid bestaan of dit ‘n onafhanklike tak of lid van Kusities is.

Advertisement

Benewens die hedendaagse tale, is historiese tale soos Egipties, Akkadies, Bybelse Hebreeus en Ou Aramaïes van groot belang vir die historiese linguïstiek.

Die Afro-Asiatiese Prototaal het waarskynlik in die Natufiese kultuur in die Levant ontstaan. Skattings van die tydperk waarin die prototaal gepraat is, wissel van 8,000 vC tot 16,000 vC.

Die vroegste rekord van ‘n Afro-Asiatiese taal is ‘n Egiptiese inskripsie uit die jaar 3,400 vC. Die oudste rekord van ‘n Semitiese taal is Akkadies wat uit sowat 2,500 vC dateer.

This article is from: