1 minute read
Tsjadies
T Tssjjaad diieess
Die Tsjadiese tale word in die Sahel gepraat, oor Noord -Nigeriё, suidelike Niger, suidelike Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en noordelike Kameroen. Die Tsjadiese tak was die eerste wat uit Afro-Asiaties weggebreek het. Die tale word verdeel in westelike, oostelike, sentrale en Masa-groepe.
Advertisement
Tsjadiese tale bevat ‘n groot aantal Nilo-Sahariese leenwoorde uit die Songhay- en Maban-takke, wat op vroeё kontak tussen Tsjadiese en Nilo-Sahariese sprekers dui.
Hausa is die bekendste Tsjadiese taal, en word deur minstens 50 miljoen moedertaalsprekers gebruik sowel as minstens 30 miljoen tweedetaalspr ekers.
Van twee (in Bata) tot sewe (in Dangla) klinkers kom in Tsjadiese tale voor, en die groep beskik oor uitsonderlike konsonante soos ejektiewe en implosiewe sluitklanke (ɓ, ɗ), prenasale sluitklanke (mb, nd) en labio-velare sluitklanke (kp, gb).
Die meeste tale het twee tot drie toonvalle wat morfologies -identiese woorde onderskei of grammatiese eienskappe aandui.
Proto-Tsjadies was waarskynlik die eerste Afro-Asiatiese taal wat Afrika uit die Levant binnegekom het.