Die Amerindiese Taalfamilie
Proto-Amerindies en haar dogters
Die Amerindiese Taalfamilie Pieter Uys Orchards 2021
2
Die kern van hierdie bespreking is die 1991 bydrae van Merritt Ruhlen met die titel The Amerind Phylum and the Prehistory of the New World tot die boek Sprung from Some Common Source: Investigations into the Prehistory of Languages (Geredigeer deur Sydney M Lamb en E Douglas Michell). Dit sluit aan by die 2008-
essay van Larry Lepionka, Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies, uit In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology,*1 wat behandel word in die studie Die Amerindiese Tale.
3
Lepionka Lepionka se analise is gebaseer op Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen se baanbrekerswerke van 1987 en 2007, met verwysing na Greenberg se elf taalfamilies van Amerind (wat Eskimo-Aleut en die Na-Dene tale uitsluit). Greenberg se elf onderafdelings bestaan uit Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan, Sentraal-Amerind, Chibchan-Paezan, Andies, Equatorial, Makro-Tucano, Makro-Karib, Makro-Pano en Makro-Gê.
Lepionka neem die elf families in oënskou en stel dieper verwantskappe voor om die vier vroegste Amerindiese filums te identifiseer. Die onderliggende konsep van die analise berus op die feit dat ruimtelike verspreiding op sigself ‘n artefak van die geskiedenis is, en daarom aspekte van die geskiedenis kan onthul. 4
Verspreidingspatrone Die kontras tussen ‘n gekonsentreerde en verstrooide verspreiding van taalfamilies dra betekenis. Binne ‘n gegewe geografiese ruimte wat deur twee of meer taalfamilies bewoon word, word die groep met die ononderbroke verspreiding as ‘n latere aankoms beskou, terwyl die groep wat uit geïsoleerde eilande bestaan, ouer is. Die fragmentering van die ouer familie is ‘n resultaat van die inkoms van die latere. En diversiteit is groter in die streek wat die langste bewoon word.
Genetiese studies het bevind dat die pre-koloniale bevolkings van die Amerikas – van Kanada tot by die suidelike punt van Chile – deur drie migrasies geplant is. Die meerderheid stam af van ‘n enkele groep Eerste Amerikaanse Migrante wat vanaf Beringia gekom het, toe dit nog ‘n landbrug tussen Asië en Alaska gevorm het.
Deur na variasies in DNA te kyk, is daar bevind dat hoewel die grootste deel van die bevolking van die Amerikas uit die eerste migrasie ontstaan het, twee latere migrasies ook belangrike genetiese bydraes gelewer het.*2 (Nature). Die tweede en derde migrasies se impak is beperk tot Noord-Amerika, maar selfs die noordelike bevolkings het die grootste deel van hulle genoom van die Eerste Amerikaanse Migrasie geërf. Dit bevestig die feit dat die mense van die twee latere migrasies uit Asië met die Eerste Amerikaners vermeng het. 5
Etimologie
Ruhlen (1991) ondersoek die interne subgroepering van die Amerindiese filum aan die hand van Greenberg se 329 etimologieё in sy baanbrekerswerk Language in the Americas ten einde ‘n idee te kry van die relatiewe chronologie van die disintegrasie van die Amerindiese prototaal.
Greenberg klassifiseer Almosan-Keresiouan, Penuties, en Hokan as Noord-Amerindies. Suid-Amerindies sluit in Equatorial, Makro-Tucano, Makro-Gê en Makro-Pano (Gê-Pano) wat naby aan Makro-Karib is en Gê-Pano-Karib vorm.
Ruhlen se matriks van 329 etimologieё word ingedeel volgens innoverings wat eksklusief deur twee of drie groepe gedeel word, om geldige genetiese nodes te identifiseer. Hiervolgens kom die volgende beeld na vore: 1. Vyf gedeelde etimologieё: Almosan-Keresiouan, Hokan, Penuties. 2. Vier gedeelde etimologieё Makro-Gê, Makro-Pano, Makro-Karib. 3. Drie gedeelde etimologieё: Andies, Makro-Gê, Makro-Pano, Penuties, Sentraal-Amerindies, Chibchan-Paezan. 4. Twee gedeelde etimologieё: Hokan, Sentraal-Amerind & Makro-Gê; Hokan, Andies & Makro-Pano; Chibchan-Paezan, Andies & Makro-Gê; Almosan-Keresiouan, Makro-Pano & Makro-Ge; Equatorial, Makro-Tucano & Makro-Ge; Penuties, Sentraal-Amerindiess & Makro-Gê.
6
Filogenetiese boomdiagramme bevestig Greenberg se klassifikasie. Drie oorkoepelende groepe kom weer te voorskyn: A Hokan, Penuties, Almosan-Keresiouan, Chibchan-Paezan, Andies. B Makro-Gê, Makro-Pano, Makro-Karib, Equatorial, Makro-Tucano. C Sentraal-Amerindies. Die boomdiagramme suggereer ook ‘n subgroep met Equatorial-Tucano en Gê-Pano-Karib in die node Suidoos-Amerindies. Chibchan-Paezan en Andies dek die middelgrond tussen NoordAmerindies en Suidoos-Amerindies. Sentraal-Amerindies wyk die meeste af van die res.
Noord-, Sentraal- en Suid-Amerindies bestaan uit die volgende subgroepe: I II III
Sentraal-Amerindies: Tano, Uto-Astek, Oto-Mangue Noord-Amerindies: Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan Suid-Amerindies: Suid-Amerikaanse Amerindies, Chibchan-Paezan. Suid-Amerikaanse Amerindies bestaan uit Andies, en Suidoos-Amerindies wat al die taalfamilies oos van die Andes insluit.
7
Sentraal: Uto-Astek, Tano, Oto-Mangue Noord: Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan Suid: Suid-Amerikaans (Andies, Suidoostelik), Chibchan-Paezan (Chibchan, Paezan) Suid-Oostelik: Equatorial-Tucano (Makro-Tucano; Equatorial) Gê-Pano-Karib Makro-Karib Gê-Pano Makro-Gê, MakroPano
Sentraal-Amerindies vs Noord- en Suid-Amerindies Sekere kenmerke onderskei Sentraal-Amerindies van Noord- en Suid-Amerindies: •
Die struktuur van die Sentraal-Amerindiese stam is CVC, terwyl Noord- en Suid-Amerindies gewoonlik VCVC, CVCV of V1CVCV2 het. Boonop is V1 en V2 gewoonlik soortgelyk of identies in Noord- en Suid-Amerindies.
•
In ses van die etimologieё het Sentraal-Amerindies die refleks /s/ in plaas van /t/, /ts/ of /č/ wat in Noord- en Suid-Amerindies gevind word.
•
Sentraal-Amerindies /-n-/ kom met Noord- en Suid-Amerindies /l/ ooreen in sekere gevalle.
•
Dikwels is die basiese patroon Noord-Amerindies /-l-/, Suid-Amerindies /-n-/, ChibchanPaezan en Andies /-l-, -r-, -n- /en Suidoos-Amerindies /-r-/. 8
Ruhlen se verspreidingscenario Proto-Amerindies beweeg van Beringia af deur Alaska en westelike Kanada tot in sentrale Montana. Sentraal-Amerindies is die eerste groep wat wegbreek, waarskynlik na die Amerikaanse suidweste waar Uto-Astek- en Tano-groepe steeds woon. Geen Sentraal-Amerindiese groep het Suid-Amerika bereik nie.
Daarna volg die Suidelike groep wat as die Chibchan-Paezan groep Suid-Amerika betree, en daarna raak die Suid-Amerikaanse groep in noordelike Peru gevestig. Van hier af het Andies al langs die kus na die suide versprei tot by Tierra del Fuego. Die vyf Suidoostelike groepe het oos van die Andesgebergte oor die kontinent versprei.
In Noord-Amerika het Penuties van Montana af weswaarts deur Oregon na die kus van die Stille Oseaan getrek, vanwaar dit na die noorde (British Columbia en Kaliforniё) versprei het. Later het dit ver paaie geneem na Arizona, die suidoostelike Golfkus van die VSA, Meksiko en die Yucatan-skiereiland.
Hokan het suidwaarts na Texas, Mexiko en Honduras beweeg, sowel as na noordelike Kaliforniё.
9
Almosan-Keresiouan het in twee verdeel – Keresiouan het na die suide en ooste versprei en Almosan na die weste en ooste van die Noord-Amerikaanse kontinent.
Lepionka se uiteensetting is meer gedetailleerd. In sy opinie is al elf die Amerindiese taalfamilies nie onafhanklike dogtertale van Proto-Amerind nie. Die Andiese en Equatorial-families stam direk uit ProtoAmerindies, terwyl Tucano en Macro-Karib van Equatorial af kom. Op sy beurt het Macro-Karib die GêPano-groep verwek. In breё trekke stem Lepionka se Amasoniese groepe (Equatorial, Karib, Tucano, Gê en Pano) wel ooreen met Greenberg/Ruhlen se Suidoostelike Groep.
Volgens Lepionka stam Sentraal-Amerindies en Chibchan af van Hokan, en Paezan van Chibchan. Hokan is ‘n ouer kind van Penuties, en Almosan ‘n jonger een. Dit laat Lepionka met vier dogtertaalfamilies wat direk uit Proto-Amerindies stam: Penuties, Hokan, Andies en Equatorial. Dit verskil drasties van Greenberg/Ruhlen, wat Chibchan en Paezan as lede van Suid-Amerindies het, terwyl AlmosanKeresiouan, Hokan en Penuties tot Noord-Amerindies behoort.
Ruhlen gee Montana aan as die vroegste Amerindiese tuisland, vanwaar Noord-Amerindies oor die Noord-Amerikaanse kontinent versprei het, terwyl Sentraal-Amerindies lank in die suidweste (Arizona, New Mexico) moes vertoef het. Sentraal-Amerindies kon Proto-Amerindies verlaat het op pad na Montana, of nadat Proto-Amerindies reeds daar gevestig is.
10
Noord-en Suid-Amerindies was egter sonder twyfel vir ‘n langer periode deel van Proto-Amerindies, omdat hulle hegter ooreenkomste met mekaar as met Sentraal-Amerindies toon. Noord-Amerindies het in drie verdeel: Penuties het eindelik na die noorde, ooste, suide en Meso-Amerika versprei. Hokan het suid beweeg na Texas, die golfkus van Meksiko, ‘n draai gemaak om die suidelike dele van die Rotsgebergte en vandaar na noordelike Kaliforniё. Almosan-Keresiouan het waarskynlik die langste in Montana vertoef voordat dit na die ooste en suide van die kontinent uitgebrei het. Suid-Amerindies se roete uit Montana het na die Landengte van Panama gelei, waar dit in onder meer Chibchan en Paezan verdeel het. Suid-Amerikaanse Amerindies het sigself in noord-Peru gevestig waarna dit langs die kus van die Stille Oseaan na die suide versprei het. Suidoostelike Amerindies het ook aanvanklik in noordelike Peru gewoon en daarna die Andesgebergte oorgesteek na die ooste om die Amasonekom, die tropiese reёnwoude, die Gran Chaco en die Pampas te bevolk.
Die Aard van Proto-Amerindies Proto-Amerindies was polisinteties en het beide pre- en suffikse gebruik. Affikse aan die naamwoord het verkleining, demonstratiewe, verwantskap, ouderdom, wederkerigheid en meer aangedui. ‘n Ablautstelsel het geslag en ouderdomsverskille onderskei. Die taal het waarskynlik oor vier klinkers beskik (a, e, i en o). Die konsonant-inventaris het ejektiewe en implosiewe glottale klanke bevat, sowel as geglottaliseerde resonante. Inklusiewe en eksklusiewe “ons” was ‘n prominente kenmerk van Amerindies. 11
Verwysings *1 Lepionka, Larry. Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies. Article published in: In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. In honor of Harold Crane Fleming. Edited by John D. Bengtson.
*2 David Reich, Nick Patterson, Desmond Campbell, Arti Tandon, Stéphane Mazières, et al. Reconstructing Native American population history. Nature, Nature Publishing Group, 2012, 488 (7411), pp.370-4. 10.1038/nature11258 hal-0072 “Scientists have found that Native American populations -- from Canada to the southern tip of Chile -- arose from at least three migrations, with the majority descended entirely from a single group of First American migrants that crossed over through Beringia, a land bridge between Asia and America that existed during the ice ages, more than 15,000 years ago.”
12
Bibliografie
Cavalli-Sforza, L. L., Menozzi, P. & Piazza, A. 1994. The History and Geography of Human Genes (Princeton Univ. Press) Emekur: Sprachen, Karten und Sprachkarten. https://emekurnet.wordpress.com/ Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press. Greenberg, Joseph H. and Merritt Ruhlen. 2007. An Amerind Etymological Dictionary. Dept of Anthropological Sciences, Stanford University, 2007. Matteson, Esther, Alva Wheeler, Frances L. Jackson, Nathan E. Waltz, and Diana R. Christian. 1972. Comparative Studies in Amerindian Languages. Janua Linguarum, Series Practica, 127. The Hague: Mouton, 1972. B. Menounos, B. M. Goehring, G. Osbor3, M. Margold, B. Ward, J. Bon6, G. K. C. Clarke, J. J. Clague, T. Lakeman, J. Koch, M. W. Caffee, J. Gosse, A. P. Stroeven, J. Seguinot, J. Heyman. Cordilleran Ice Sheet mass loss responded to climate reversals near the Pleistocene Termination. www.purdue.edu/newsroom/releases/2017/Q4/research-shows-ice-sheets-as-large-as-greenlands-melted-fast-in-awarming-climate.html
Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press Thomaz Pinotti, Anders Bergström, Maria Geppert, et al. Y Chromosome Sequences Reveal a Short Beringian Standstill, Rapid Expansion, and early Population structure of Native American Founders. Current Biology, Volume 29, Issue 1, 2019. Pages 149-157.e3, ISSN 0960-9822 https://doi.org/10.1016/j.cub.2018.11.029. www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0960982218314957
Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the Lorld's languages, Vol. I: Classification. London: Edward Arnold, 1987 Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press, 1994
13
Ruhlen, Merritt. 1991. The Amerind Phylum and the Prehistory of the New World in die boek Sprung from some Common Source: Investigations into the Prehistory of Languages (Geredigeer deur Sydney M Lamb en E Douglas Michell). Stanford University Press. Turner C.G., Scott G.R. (2015) The Dentition of American Indians: Evolutionary Results and Demographic Implications Following Colonization from Siberia. In: Henke W., Tattersall I. (eds) Handbook of Paleoanthropology. Springer, Berlin, Heidelberg. https://doi.org/10.1007/978-3-642-39979-4_63 “This chapter uses dental morphology to make inferences about how the New World was first colonized. The major emphasis is on the initial Macro-Indian migration based on dental traits observed in Paleo-Indian, Archaic, and more recent prehistoric crania. The major results are as follows: (1) Arctic and Subarctic native dentitions differ enough from those of Macro-Indians to indicate separate migrations. (2) Clustered MMD values show three Macro-Indian branches of North Americans, South Americans, and mixed North and South. (3) There is no marked branching depth for these three dental divisions, which fits the hypothesis of a single rapid Paleo-Indian colonization event. (4) The minimally divergent North and South American dental divisions are most likely the microevolutionary result of dispersaldependent population structure and lineage effects. (5) No genetic bottlenecking can be identified at Panama. (6) The small amount of New World internal dental divergence favors colonization of South America soon after the settlement of North America. (7) There are no obvious clines, frequency trends, or geographic groupings for individual dental traits. This suggests little or no selection and that after leaving Siberia, population size increased sufficiently to limit genetic drift. (8) There is no sign of any Old World or Oceanic dental pattern other than Northeast Asian Sinodonty. All things considered, including New World and Siberian linguistics, archaeology, genetics, route considerations, and relevant natural history, dental analysis supports the Late Pleistocene ice-free corridor, Clovis or epi-Clovis settlement hypothesis, and the Greenberg Amerind or Macro-Indian language evolution model.” Uys, Pieter. 2021. Die Amerindiese Tale. Uys, Pieter. 2021. Bories & Betekenis. Uys, Pieter. 2021. ProtoTale en die Moedertaal. Uys, Pieter. 2021. Six macrofamily protolanguages compared. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. Uys, Pieter. 2021. Taal in die Oertyd.
14
Olmec masker
15
Makro-Taalfamilies
Amerindian Amerind Joseph Greenberg Merritt Ruhlen Proto-Amerind Almosan-Keresiouan Hokan Penutian Uto-Aztecan Oto-Manguean Montana Andean Chibchan-Paezan Inca Aztec Olmec Maya Proto-Language Paleolinguistics Genetic Linguistics Gê-Pano-Karib Equatorial Macro-Carib Central Amerind Cavalli-Sforza Amerind Phylum Phylogenetic trees Larry Lepionka Beringia Language macrofamilies Historical linguistics Phonology Morphology Nostratic Eurasiatic Dené-Sino-Caucasian Afro-Asiatic Austric Glottalised ejectives, implosives and resonants
16