1 minute read
Top 10
Top Tien Afro-Asiatiese tale volgens aantal sprekers
Arabies (Semities), meer as 300 miljoen moedertaalsprekers van die dialektebondel wat strek van Morokko tot Iraq, en van Malta tot by Tsjaad.
Advertisement
Hausa (Tsjadies), meer as 50 miljoen moedertaalsprekers in Wes-Afrika. Oromo (Kusities) in Ethiopiё en Kenya gepraat deur 34 miljoen mense. Amharies (Semities) met 25 miljoen moedertaalsprekers en miljoene tweedetaalsprekersin Ethiopiё. Tigrinya (Semities) met sowat 10 miljoen sprekers in Ethiopiё en Eritrea. Afar (Kusities) 7.5 miljoen mense in Ethiopiё, Eritrea en Djibouti. Shilha (Berber), sowat sewe miljoen sprekers in Marokko. Kabyle (Berber) 5.6 miljoen sprekers in Algeriё. Hebreeus (Semities) Ses miljoen as moedertaal in Israel, altesaam sowat nege miljoen mense. Sentraal-Atlas Tamazight (Berber) 4.6 miljoen sprekers in Marokko.