1 minute read

Bories

Bories (Borean of Boreal in Engels) is ‘n hipotetiese super- taalfilum wat alle taalfamilies van Eurasië en die Amerikas insluit. Die term Bories is op Grieks βορέας gegrond en beteken "noordelik” , ‘n weerspieëling van die feit dat alle tale van die noordelike halfrond daartoe behoort. Hiervolgens vloei die Boriese filum uit die taal van die Bo-Paleolitiese era, en voorstanders van die hipotese glo dat al die lede daarvan geneties verwant is. Die konsep is aan Harold C. Fleming (1987) te danke, wat dit sedert 1991 so begin noem het.

Twee modelle bestaan vir Bories, dié van Harold C. Fleming en dié van Sergei Starostin. Fleming noem Bories ‘n “filetiese ketting” eerder as ‘n superphylum, en assosieer dit met die verskyning van die Bo-Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories omvat dus Eurasiaties, Drawidies, Kartvelies, en Dené-Sino-Kaukasies, met Afro-Asiaties as westelike en Amerindies as oostelike ankergroep.

Advertisement

This article is from: