1 minute read
Global Lexicostatistical Database
The Global Lexicostatistical Database
Vir navorsingsdoeleindes is The Global Lexicostatistical Database goud werd. https://starling.rinet.ru/new100/main.htm
Advertisement
The Global Lexicostatistical Database (GLD) is ‘n projek van die internasionale program “Tower of Babel / Evolution of Human Language” . Sy doelstelling is om die mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers beskikbaar te stel.
Sergei Starostin, wat Bories tot 16,000 jaar gelede dateer, (2002), se konsep daarvan bestaan uit twee kerngroepe: I Nostraties wat uit Afro-Asiaties, Eurasiaties, Drawidies en Kartvelies bestaan
II Dené-Daïes wat die Dené-Sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies insluit.
Die inventaris van die Boriese taalfamilie het as teoretiese konstruk beslag gekry uit Starostin se navorsing oor prototale. Bories se argeologiese kultuur is die Epipaliolitiese era of laat steentydperk. Verskeie woordstamme het bestaan wat later in die prototale sou verskyn, vanwaar dit na natuurlike historiese of lewende tale oorgedra is.
Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verder ondersoek moet word, en die situasie met betrekking tot Amerind nog onduidelik is. Hulle skat die era van Boralies as 25,000 - 18,000 jaar gelede.