
1 minute read
Vergelykende mitologie
Die mitetema van die waghond wat die poorte bewaak, word in Amerika onder sprekers van Sioux, Algonquian en Iroquian gevind, en in Eurasië onder die Indo-Europeërs (Cerberus), terwyl groepe soos die Chukchi en Toengoes die Melkweg as die weg van die siele beskryf, waar ‘n gidshond wag. In Meso-Amerika en in besonder onder die Maya bestaan die geloof dat ‘n hond die siel van ‘n gestorwene oor ‘n rivier dra in die hiernamaals. Honde is clan-diere vir die Menominee en Ottawa.
Die Amerindiese hond wat met genesing verband hou, weerspieёl ‘n ouwêreldse tradisie. Die vroegste voorbeeld van die hond-as-geneser tema is die Mesopotamiese figuur wat in Sumeries as Baba, en in Akkadies as Gula, bekend gestaan het. Dié figuur, ook bekend as Nintinuga en Ninkarrak, se helende honde het mens en dier teen siektes en bonatuurlike gevare beskerm.
Advertisement

Aan die skadukant is daar die weerwolf wat ook aan beide kante van die Stille Oseaan te vinde is, soos onder die Mohawk en die Navajo. Wolwe word met toordery in verband gebring op beide kontinente. In Chechnië is die wolf ‘n nasionale simbool, maar Finland is totaal anti-wolf. In die Noorse mitologie word Wotan deur ‘n enorme wolf gedood, en twee jonger wolwe is bestem om die son en maan by Ragnarök te verorber. Wotan self het egter self twee troetelwolwe: Geri en Freki.

Painting by Z S Liang
Die Meksikaanse Nahual is ‘n “weer-coyote” ,
‘n toordokter wat in ‘n swart coyote verander en mense aanval. In Europa is Romulus en Remus deur ‘n wolf versorg, maar ’n aantal ongure karakters ry op wolwe: die heks Hyndla en die reus Hyrrokin. “Wolf” is selfs ‘n gewilde noem- en familienaam in Duitssprekende lande, en baie mansname het ‘n “wolf-element” (Rudolf, Wolfgang)” .