1 minute read

Eurasiaties

Next Article
Afro-Asiaties

Afro-Asiaties

Proto-Germaans, wat in die vyfde eeu voor die huidige era ontstaan het, is die prototaal van Afrikaans, Deens, Duits, Engels, Faroëes, Nederlands-Vlaams, Skots, Nederduits, Noorweegs, Sweeds, Yslands en die Alemanniese dialekte van Switzerland, Liechtenstein en Oostenryk.

‘n Gesproke vorm van laat-Latyn, Proto-Romaans, is die prototaal van Frans, Galisies, Gascon, Italiaans, Katalaans, Portugees, Provençal, Sardinies en Roemeens.

Advertisement

Op hulle beurt is Proto-Germaans, Proto-Romaans, Proto-Kelties, Miseniese Grieks, ProtoAlbanies, Proto-Armenies, Proto-Balties, Proto-Slawies en ander die dogtertale van Proto-IndoEuropees, terwyl PIE se sustertale Proto-Oeralies, Proto-Drawidies, Proto-Afro-Asiaties, ProtoAltaïes en ander insluit.

Binne Nostraties is daar ‘n hegter groep, Eurasiaties, met tale wat onderling nouer aan mekaar verwant is as die res. Indo-Europees, Oeralies, Joekaghir, Kamchadaals, Inuit-Yupik-Inangan en Transeurasies (Altaïes) van Siberië vorm dié familie wat tot minstens 8000 jaar gelede gepraat is. “Oeralo-Siberies” is ‘n subgroep wat waarskynlik Oeralies, Joekaghir, Kamchadaals, Inuit-YupikInangan en Nivkh insluit).

Die Eurasiatiese familie word onderskei deur morfologiese patrone wat nie in tale buite Eurasiaties gevind word nie. Drie subgroepe word onderskei: • Indo-Europees • Transeurasies (Mongolies, Japans, Koreaans, Turks, Toengoes) • Oeralo-Siberies (soos bo)

This article is from: