3 minute read

Afro-Asiaties

Etlike Proto-Nostratiese rekonstruksies.

‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie.

Advertisement

Aap *man[g]a Bok *buk’a Bul *čura Gans *gaŋa Hiëna *tɬiba Hond *khuwon Vleis *ʔomsa Oer-os *čoma Olifant *haliwo Valk *ħora

Vis *ķola Meer/see *yama Rivier *ɢala Eier *ʔuh/xi Neut *buta Vrug *phira Hoofman *ħak’a Niggie *khalu Vader *ʔidin Moeder *ʔema

Afro-Asiaties

A

Afro-Asiaties behoort as ‘n sustertaal van Nostraties beskou te word eerder as ‘n dogtertaal. Dit beklee die sentrale posisie in die Eurasiatiese landmassa en is klaarblyklik baie oud.

EgiptieseArabiesis die eerste taal van miljoene Egiptenare. Dié Arabiese dialek is deur Kopties –die laaste fase van Egipties – beïnvloed, en word deur byna al die 300 miljoen sprekers van Arabies wêreldwyd verstaan, danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf.

Die Afro-Asiatiese Hausa, een van Nigerië se amptelike tale, het 50 miljoen moedertaalsprekers wat ook in Benin, Burkina Faso, Ghana, Kameroen, Togo en Tsjaad woon. Oromo, nog ‘n AfroAsiatiese taal, word deur 30 miljoen mense in Ethiopie, Somalië, Kenya, Egipte en Djibouti gepraat. Sprekers van Oromo maak meer as 40% van Ethiopië se bevolking uit.

Die Afro-Asiatiese taal Amhariesword deur sowat 25 miljoen mense in Ethiopië gepraat. Amharies is die tweede grootste Semitiese taal, het sy eie alfabet en is besig om Ethiopië se gewildste literêre taal te word.

Afro-Asiaties bestaan uit Berber, Semitiese, Kusitiese, Tsjadiese en Omotiese groepe, en het waarskynlik ‘n Midde-Oosterse oorsprong. Die “Natufian” argeologiese kultuur in die Levant dateer uit 12,500 tot 9,500 jaar gelede. Die bevolking het ‘n semi-sedentêre leefstyl gevolg selfs nog voor die begin van landbou. Hulle het van wilde graan, neute en vrugte geleef en wildsbokke gejag in ‘n omgewing wat natter en groener was as vandag.

Die linguïs Vitaly Shevoroshkin glo dat die Natufiese bevolking ‘n Afro-Asiatiese taal gepraat het, en Colin Renfrew glo dat die Natufiërs moontlik die sprekers van Proto-Afro-Asiaties was.

Semitiese tale soos Akkadiesen Eblaïetieshet in die vrugbare sekelmaan van die Midde-Ooste ontwikkel, en Arabies in die Arabiese Skiereiland, terwyl die taal Ge’ez in Ethiopië vorm aangeneem het. Suid-Arabiesword steeds in suidelike dele van die Skiereiland en op die eiland Sokotra gepraat.

Berber, Egipties en Tsjadies het Afrika waarskynlik deur die Sinaï Skiereiland betree, terwyl Kusitiesen Omotiesen later ook Ethio-Semitiesby die Bab el-Mandeb-straat aan die Horing van Afrika ingekom het.

Volgens die linguïs Vaclav Blažek is die scenario vir die verbrokkeling van Proto-Afro-Asiaties as volg: die Kusitiese en Omotiese groepe het rondom 12,000 jaar gelede (10,000 VHE) vanaf die bolope van die Eufraatrivier na die Arabiese Skiereiland migreer. Berber, Egipties en Tsjadies het ‘n duisend jaar later weggebreek; Egipties na die Nylvallei, terwyl Berber sy reis voortgesit het tot sover as die Kanariese Eilande waar dit as Guanchebekend staan. Tsjadies het suid gedraai na die Sahel.

Egipties, van die vroegste tye af die taal van Afrika, was ook een van die eerste tale wat op skrif gestel is. Dit leef voort in die vorm van Kopties, die liturgiese taal van die Koptiese Kerk.

Tsjadies sluit 150 tale van Nigerië, Niger, Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en Kameroen in, waarvan Hausa die grootste is. Die vier groepe Omotiese tale (Ta-Ne, Dizoid, Mao en Aroid) word in suidwestelike Ethiopië gepraat. Die grootste Kusitiese tale is Oromo, Somali, Beja, Afar, Saho en Sidamo; tale van die familie word in Djibouti, Eritrea, Ethiopië, Somalia, Somaliland, Kenya en Tanzanië gepraat.

Berbertale soos Tamashek, Tamahaqen Tawellemetword in Algerië, Libië, Niger, Mali, Tsjaad en Burkina Faso gepraat. Noordelike Amazigh wat Tarifit en Senhaja insluit, word in die noorde van Marokko gepraat, Tamaziɣt van die Middel-Atlasberge in sentrale Marokko, Figuig in die ooste van Marokko, Kabyle (Taqbaylit) en Tashawit in die noorde van Algerië, en die tale van die oases Mzab en Wargla in die suide. Suidelike Amazigh, soos Zenaga (Mauritanië), Tashelhit (suide van Marokko) en Tetserret en Tuareg in Mali, Niger en Burkina Faso in die Sahara en die Sahel.

Oostelike Amazigh in Egipte sluit Siwivan die Siwa-oase in Egipte in sowel as Sokna en El-Fogaha in sentrale Libië. Verder ook Awjili by die Awjila-oase, Yefren en Zuara in Tripolitanië, Ghadames in die weste van Libië, en in Tunisië Jerba, Tamazret en Sened. Noord van Ghadames woon die Nefusi-tale in die Nefusaberge.

This article is from: