2 minute read
Eienskappe van Eurasiaties
Die Eienskappevan Proto-Eurasiaties
Proto-Eurasiaties was ‘n agglutinerende taal wat hoofsaaklik agtervoegsels en agtersetsels by beide die naam- en werkwoord gebruik het. Suffikse is aan ‘n stam of ‘n uitgang geheg om konsepte te verbreed en die leksikon uit te brei. Die voorvermelde /m-/ en /t-/-patroon by die eerste- en tweedepersoon voornaamwoorde het die bynaam “Mitian” aan Eurasiaties besorg. Geronde voorvokale soos ø, œ, ö en ü kom by ‘n groot % Eurasiatiese tale voor.
Advertisement
Vokaalharmonie word by Oeralies (bv Fins en Hongaars) aangetref en is ook ‘n kern-eienskap van die Mongoliese en Turkiese tale. Dit beteken gewoonlik dat net voorvokale soos i, ö, ä en ü, of net agtervokale soos a, o, u, ı in ‘n woord mag verskyn. By tale soos Fins is /e/ en/of /i / neutraal en dien in beide stelsels, sodat /e/ en/of /i/ saam met albei groepe gebruik kan word. Vokaalhaarmonie kan ook tongposisie, ronding en ander faktore in ‘n stelsel behels.
Joseph Greenberg beskou vokaalharmonie as die oorsprong van die Proto-Indo-Europese ablautstelsel, waardeur klinkerwisseling in ‘n stam die betekenis verander, soos Afrikaans: sing en sangof Engels swim, swam, swum.
Een van die meer as 600 woordstamme wat regdeur Eurasiaties voorkom, is woorde vir “roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/.
Meer as 70 grammatiese elemente en die vorme wat hulle in die afstammelinge van Eurasiaties aanneem, word deur Greenberg bespreek in sy seminale werk, Proto-Indo-European and its closest relatives: The Eurasiatic Language Family.
Die verwantskap van Japonies, Koreaans, Mongolies, Toengoes en Turks in ‘n “Transeurasiese” familie word in die werk van Martine Robbeets bewys, terwyl Michael Fortescue die OeraloSiberiese familie van Oeraals, Joekaghir, Chukotko-Kamchatkan, Eskimo-Aleut en Nivkh (Gilyak) uiteengesit het.
Grammatiese geslag (hy, sy, dit) bestaan nie in Transeurasies en Oeraals nie, en ook nie in Kartveels nie. Dit was ‘n Indo-Europese innovering wat dalk uit “onderwerpnaamwoorde” vs “voorwerpnaamwoorde” (animate vs inanimate) gespruit het volgens Greenberg 2000: 185.
Etlike grammatiese vorme wat deur die Eurasiatiese tale gedeel word, met inbegrip van Japonies, Joekaghir, Chukoto-Kamchatkaans, Eskimo en Nivkh (Gilyak)
eerste persoon m tweede persoon t aanwysende elemente i/e, t, s dualis ki meervoud t, i, re akkusatief m genitief n datief ka lokatief ru, n ablatief t toekomstig s passief r persoons- n verkleining k nominalizer i, m partisipium nt, l verbale naamwoord s
konatief sk
refleksief u/w
kousatief s, k negatief n interrogatief k besittings lvokaalharmonie
Volgens die linguïs en antropoloog Merritt Ruhlen was die oerfamilie Dené–Sino-Kaukasies reeds in Noord-Amerika toe Eskimo sy reis deur Alaska begin het. DSK is die ouer makrotaalfamilie, en is in Eurasië deur Eurasiatiese tale verplaas sodat net geïsoleerde kolle DSK oorgebly het, soos Baskies in die weste, Burushaski in die ooste en Kaukasies in die middel. In Noord-Amerika word DSK deur die Na-Dene-groep verteenwoordig, wat Apache en Navajo insluit.
Die heel eerste taalfamilie in die Amerikas was Amerindies, Eurasiaties se naasverwante sustertaal wat waarskynlik so vroeg as 16,000 jaar gelede die leë kontinente binnegetrek het. In Noord-Amerika het intense taalkontak tussen Amerindies en die Dené-tale van Dené–SinoKaukasies oor sowat vyfduisend jaar plaasgevind.