5 minute read

Fries

By ‘kleiner Germaanse tale’ word bedoel dié tale met minder as een miljoen moedertaalsprekers, te wete Faroëes, Fries, Hoogste Alemannies, Limburgs en Yslands. Hiervan is Faroëes en Yslands lede van Noord-Germaans, terwyl Fries, Alemannies en Limburgs deel van Wes-Germaans is. Elkeen van hierdie kleiner tale, behalwe Hoogste Alemannies, geniet amptelike erkenning in die gebied waar dit gepraat word.

Fries bestaan uit drie verskillende tale wat nie onderling verstaanbaar is nie, en wat oor Nederland en Duitsland versprei is. In die vroeë Middeleeue is die taal vanaf die streek rondom Bruges in België tot by die Weserrivier in Duitsland gepraat, al langs die suide van die Noordseekus, in ‘n kusgebied wat as Groter Frisia bekend gestaan het.

Advertisement

Die grootste van die drie tale is Frysk of Wes-Fries, ‘n amptelike taal van die Nederlandse provinsie Fryslân (Friesland), waar dit op die vasteland en op die eilande Terschelling and Schiermonnikoog gepraat word, sowel as op vier dorpies in die Westerkwartier van die Groningenprovinsie. Die getal moedertaalsprekers is sowat 400,000.

Sedert 1960 begin Nederlands die oorhand oor Wes-Fries in Fryslân te kry weens immigrasie uit ander dele van Nederland. Dis asof die provinsie self nou ‘n belangrike deel van die Wes-Fries identiteit word eerder as die taal. Dis veral die skriftelike vorm van Frysk wat nie byhou nie, met slegs 30% van die bevolking wat dit skryf.

Al die Fries-tale en -dialekte vorm deel van die Anglo-Frisiese groep. Die Fries-tale is die naaste verwante van die Angliese tale Engels en Skots.

Limburgs

Limburgs of Letseburgies is ‘n Moselle-Frankoniese (Moselfränkische) taal wat tot die Wes-Sentrale groep van die Hoogduitse tale behoort. Dis een van Luxemburg se drie administratiewe tale, en word ook in die Arelerlandstreek van België gepraat en in dele van Lotharine/Lorraine in Frankryk. Sowat 51% van Luxemburgse burgers praat die taal.

Moselfränkisch is die dialek van die suidelike Rhynland, Siegerland van Noord-Rhyn-Wesfale en die westelike Rhynland-Palatinaat. Moselle-Frankoniese dialekte word ook in oostelike België en in Siebenbürgen, Roemenië gepraat.

Limburgse dialekte sluit in Areler (in Arlon), Eechternoacher (Echternach), Kliärrwer (Clervaux), Miseler (Moselle), Stater (Luxembourg), Veiner (Vianden), Minetter (Suide van Luxemburg) en Weelzer (Wiltz). Limburgs word met moeite deur sprekers van Standaard-Duits verstaan.

Die Luxemburger Wörterbuch in vyf volumes is tussen 1950 en 1977 publiseer en dien as bron vir die standaard ortografie wat in 1975 amptelik geword het.

Hoogste Alemannies

Alemannies is ‘n groep Duitse dialekte wat na die antieke Duitse stamkonfederasie die Alemanni vernoem is. Die gebied waar hulle hul gevestig het, stem ooreen met die area waar Alemanniese dialekte vandag gepraat word. Dit strek van Beiere en Württemberg in Duitsland deur Switzerland na Oostenryk en die verre noorde van Italië.

Die Alemanniese dialekte beskik gewoonlik oor vokale wat dit meer na Nederlands of Afrikaans as Duits laat klink, soos die Afrikaanse “ou” en “ei” in plaas van die Duitse “au” [aw] en “ei” [ai]. In baie gevalle word die /ch/ in “ich” soos die Afrikaanse /g/ in “dag” uitgespreek.

In die noorde is die Swabies van Württemberg en Beierse Swabië, Lae-Alemannies soos Rhynse Alemannies in Suidwes-Baden, Alsaties in Frankryk, en Baselse Duits; en die oorgangsdialek Bodensee Alemannies.

Hoog-Alemannies, (wat nie met Switzerse Duits, die Switzerse variant van Standaard-Duits verwar moet word nie) word tradisioneel in ‘n Oosterse en Westerse groep verdeel deur die Brünig-NapfReuss-lyn deur kantons Aargau en Luzern.

Oostelike Hoog-Alemannies sluit Zürich-Duits, Luzern-Duits, en die dialekte van oostelike Switzerland in. Westelike Hoog-Alemannies sluit Bernese Duits, die Duitse dialekte van Solothurn en Fribourg in, sowel as die meeste dialekte van Aargau en die noordelike dele van Luzern.

Hoogste Alemannies word in die suide van Switzerland, in die hoogste Alpe, dele van Liechtenstein en die Oostenrykste provinsie Vorarlberg gepraat, sowel as in Kantons Fribourg en Valais, in die Bernese Oberland en in die verspreide Walser gebiede van byvoorbeeld Kanton Graubünden en dele van Italië.

Alemannies kan op YouTube gehoor word, byvoorbeeld die trefferliedjie Zwöi Rehbruni Ouge deur die Switzerse groep Oesch’s die Dritten. Hier is nog ‘n gewilde liedjie, in ‘n dialek van Liechtenstein: Do Khör I Hi - Der Liechtenstein-Song.

Hoogste Alemannies word as die mees konserwatiewe dialekte van Duits beskou, en word nie maklik deur sprekers van Standaard-Duits verstaan nie. Die Hoogste Alemanniese dialekte het verskillende werkwoorduitgange in die meervoud (byna al die ander Duitse dialekte het dieselfde vorm vir ‘ons’ en ‘hulle’).

wir singen 'ons sing', ir singet ‘julle sing', si singent ‘hulle sing'

Bjōrk

Ysland word sedert 870 nC bewoon, deur Vikings van Denemarke wat Oud-Noors gepraat het. Die eerste tekste dateer uit 1100 AD. Die bekendste daarvan is die Sagas wat geskiedenis en gedigte insluit. Die eiland se isolasie het bygedra om die Yslandse taal suiwer te hou, en om taalverandering te rem.

Faroëes

Die Faroëreilande, ‘n argipel van 18 eilande en meer as 700 klein eilandjies sowat 320 km noordwes van Skotland, en halfpad tussen Noorweë en Ysland, is ‘n outonome gebied binne die Koningkryk van Denemarke.

Die totale area beslaan 1,400 vierkante km (540 vk myl). Tórshavn met ‘n bevolking van 21,000 op die eiland Streymoy is die hoofstad. Van 1035 tot 1814 was die eilande deel van die Koningkryk van Noorweë, en van 1814 af deel van Denemarke.

Faroëes (føroyskt [ˈføːɹɪst]) word deur sowat 50,000 sprekers op die Faroëreilande (Føroyar) en sowat 22,000 in Denemarke gepraat. Die taal is naby verwant aan Yslands, maar die spreektale van die twee is nie onderling verstaanbaar nie.

Luister hoe Eivør Pálsdóttirin in Faroëes sing: Trøllabundin en Mín Móðir.

Faroëes is tussen Yslands en Deens; die morfologie is konserwatief maar bevat heelwat Deense leenwoorde. Anders as Yslands, bestaan daar dialektiese variasie in Faroëes.

Kaarte & Illustrasies

This article is from: