SIYATHEMBA
MYNuusblad 4de UITGAWE / MAART 2022
O n t w i k k e l i n g v a n ’ n 2 1 s t e e e u s e S u i d - A f r i k a a n s e k o p e r- s i n k m y n
WELKOM BY DIE NUUSBRIEF
NUUSFLITS
Welkom by die vierde uitgawe van Orion se nuusbrief vir die gemeenskappe van Siyathemba en Vanwyksvlei! Hierdie publikasie is die maatskappy se manier om inligting te deel oor Orion en mynbou, sowel as nuus wat ons gasheer gemeenskappe beïnvloed.
Vertel ons wat JY wil hê moet in hierdie nuusbrief ingesluit word! Stuur idees en voorstelle aan Geraldo via WhatsApp by
060 468 9549
IN HIERDIE WEERGAWE
ORION MINERALS NUUSBRIEF
Boodskap van die Uitvoerende Hoof
2
Koper dryf die groen energie-revolusie aan
3
Gemeenskap opdatering
5
Baie geluk aan die klas van 2022
5
Opdatering oor SEF-lede
5
Sport sterre skitter by Prieska, Niekerkshoop en Marydale Sportdag
5
Terug skool toe fietse
6
Die aanpak van MIV/Vigs – Niekerkshoop Wêreld Vigs dag
6
MIV/Vigs
7
COVID-19 – kry jou entstof versterker
8
BLADSY 1
BOODSKAP VAN DIE UITVOERENDE HOOF
Groete aan almal in die Siyathemba en Vanwyksvlei gemeenskappe.
Teen hierdie tyd het jy dalk al gehoor dat Orion Minerals na maniere kyk om produksie by die Prieska Koper Sink Myn te vervroeg. Ons is besig om moontlikhede te ondersoek om die volgorde van ontwikkeling te herskeduleer deur die oop groef myn te begin voordat daar met ondergrondse produksie begin word. Ons hoop ook om toegang tot die ondergrondse pilare wat deur die vorige eienaars daar gelaat is, te verkry en te ontgin, op ’n manier wat die myn veilig hou. As ons kan begin myn terwyl ons besig is om die 8.5 miljoen kubieke meter water wat tans in die myn is uit te pomp, kan ons dalk 14 maande vroeër in produksie wees en dus moontlik koper- en sink konsentraat teen 2024 produseer eerder as 2026 soos oorspronklik beplan. Die water moet uitgepomp word voordat ons die dieper erts liggaam kan begin ontgin.
aan ’n bykomende ses gemeenskap lede te verskaf tydens die boor program. Ons is ook opgewonde om aan te kondig dat Murray & Roberts en Orion later in die jaar, tien Siyathemba gemeenskap lede vakleerlingskap geleenthede by die Murray & Roberts Opleiding Sentrum sal bied.
Voordat ons besluit of dit prakties uitvoerbaar is, moet ons eers vasstel of daar genoeg koper- en sink erts bo die watervlak is wat gemyn kan word. Dit is hoekom Murray & Roberts ingebring is, om die hoogs gespesialiseerde ondergrondse boorwerk te doen, wat nodig is om ons skatting erts bo die watervlak te bevestig. Hierdie boorwerk sal nie net die graad en tonnemaat van die erts bo die water toets nie, maar ook die stabiliteit van die ondergrondse myn. Murray & Roberts is geïdentifiseer as ’n kontrakteur met hoogs gespesialiseerde toerusting en vaardighede om hierdie werk vinnig uit te voer sodat ons kan voortgaan met vroeë ontwikkeling. Alhoewel die spesiale vaardighede om hierdie boorwerk te doen nie in Siyathemba beskikbaar was nie, het ons verseker dat Murray & Roberts, ’n Vlak 1 SEB-maatskappy wat wel die vaardighede het, geleenthede aan die Siyathembagemeenskap sal bied deur indiensneming en vaardigheidsopleiding. Hulle het ingestem om vyf mense van Siyathemba in diens te neem en ondergrondse bevoegdheid opleiding
Ons hoop om teen Julie vanjaar, die boorwerk te voltooi en te besluit watter roete ons na produksie sal neem. Intussen het ons ’n mate van vordering gemaak met betrekking tot die Gemeenskap deelname raamwerk. Soos ooreengekom by die Oktober Bosberaad, het Orion die daarstelling van ’n Taakspan gefasiliteer, wat ons sal help om tussentydse doelwitte vir plaaslike indiensneming, aankope en kontraktering geleenthede te vestig. Die Taakspan staan onder voorsitterskap van Ivan Steenkamp en het twee keer in Februarie vergader. Voorstelle is by die laaste vergadering ter tafel gelê, wat die weg oopgemaak het vir die Taakspan om voort te gaan met sy mandaat in die weke wat voorlê. Orion het saam met sommige gemeenskap
Errol Smart / Besturende Direkteur Direkteur en Hoof Uitvoerende Beampte BLADSY 2
verteenwoordigers aspirasie-doelwitte gestel van 50% plaaslike indiensneming, 30% plaaslike aankope en 40% plaaslike kontrak geleenthede vir die Prieska Koper-Sink Myn. Ons is dankbaar vir almal wat aan die Bosberaad deelgeneem het en diegene wat steeds saam werk, terwyl ons probeer om die Siyathemba-gemeenskap saam met ons te neem soos wat ons groei.
Bly veilig.
KOPER
DRYF DIE GROEN ENERGIE
REVOLUSIE KOPER DRYF DIE GROEN ENERGIE REVOLUSIE
As ’n onmisbare metaal in ons alledaagse lewe, sal koper binnekort selfs ’n groter rol speel as ’n belangrike bestanddeel in die Groen Energie-revolusie. Maar wat is die Groen Energie-revolusie en wat is die groen metale wat hierdie verandering na skoner energieë dryf? Wat is klimaatsverandering en is dit anders as aard verwarming? Terwyl klimaatsverandering en aard verwarming na dieselfde ding lyk, is hulle anders. Aard verwarming verwys slegs na die aarde se stygende oppervlak temperatuur, wat hoofsaaklik deur kweekhuisgasse veroorsaak word. Kweekhuisgasse is gasse in die aarde se atmosfeer wat hitte vasvang. Klimaatsverandering, aan die ander kant, sluit verwarming en die gevolge van verwarming in, soos smeltende gletsers, swaarder reënstorms of meer gereelde droogtes. ORION MINERALS NUUSBRIEF
BLADSY 3
Wat is die Groen Energie Revolusie? Die negatiewe impak wat veroorsaak word deur die tempo van klimaatsverandering en aard verwarming vereis ’n wêreldwye beweging na skoner, groener en meer omgewings vriendelike energie bronne. Regoor die wêreld werk regerings en maatskappye daaraan om die globale vrystellings wat deur fossiel brandstowwe soos olie, gas en steenkool veroorsaak word, te verminder. Hierdie tradisionele vorme van energie word uitgefaseer en word so vervang met son-, winden hidro-energie, die sogenaamde groen energie. Groen energie is enige energie wat uit natuurlike hulpbronne, soos sonlig, wind of water, gegenereer word. Die sleutel van hierdie energie bronne is dat hulle nie die omgewing benadeel deur faktore soos die vrystelling van kweekhuis gasse in die atmosfeer nie. Hierdie beweging na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem.
KOPER DRYF DIE GROEN REVOLUSIE VOORTGESIT
Hoekom moet ons omgee? Aard verwarming (die styging van die aarde se temperature) is een aanwyser van die veel groter probleem van klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak word. Dis deur die mens veroorsaak omdat die veranderinge wat die afgelope dekade waargeneem is, nie natuurlik was nie. Menslike aktiwiteite soos die opwekking van elektrisiteit, bestuur van voertuie en die afkap van die bome in woude is van die redes wat veranderinge in weer stelsels veroorsaak. Volgens temperatuur ontleding deur wetenskaplikes by NASA se Goddardinstituut vir Ruimte Studies, het die gemiddelde wêreldwye temperatuur op
Wat is groen metale en hoe kan dit help om klimaatsverandering te beveg?
Aarde sedert 1880 met minstens 1.1° Celsius toegeneem. Alhoewel dit dalk nie na baie lyk nie, dra klimaatsverandering volgens die VN se Inter-regerings paneel daartoe by dat die aarde nou warmer is as wat dit vir die laaste 125 000 jaar was en dit word erger. Die moderne samelewing se voortgesette afhanklikheid van fossiel brandstowwe soos olie, gas en steenkool verhit die wêreld teen ’n gevaarlike tempo. Namate temperature in die toekoms styg, sal uiterste weersomstandighede soos droogtes en oorstromings al hoe ernstiger word. Hulle sê dat weersomstandighede wat in die afgelope eeue een keer elke 50 jaar plaasgevind het, waarskynlik elke 3–4 jaar sal plaasvind as die aarde 2°C bo pre-industriële temperature bereik.
Om te keer dat die aarde se temperature verder styg, moet die wêreld olie, gas en steenkool uitfaseer en vervang met son-, wind- en hidroenergie. Hierdie verskuiwing van “vuil” energie na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem en dit is waar die metale wat Orion sal produseer ter sprake kom. Koper en sink is slegs twee van ’n handjievol metale wat in hierdie tegnologieë gebruik word. Bekend as groen metale, speel hierdie metale ’n belangrike rol in die vergroening van die toekoms.
“Hierdie verskuiwing vanaf “vuil” energie na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem en dit is waar die metale wat Orion sal produseer ter sprake kom”
Hernubare energie stelsels soos sonkrag, wind en hidro-elektrisiteit benodig ongeveer vyf keer meer koper as ander krag opwekking stelsels. Dit maak koper noodsaaklik vir enige suksesvolle oorgang na alternatiewe vir fossiel brandstof. Ook word sowat drie keer meer koper vir elektriese voertuie gebruik in vergelyking met petrol-voertuie.
Hoe sal Orion Minerals help om die Groen Metaal-revolusie aan te dryf? BLADSY 4
Orion Minerals het ’n groot geleentheid vir groen metale in die Noord-Kaap gesien, wat ’n magdom potensiaal vir son- en windkrag sowel as oorvloedige koper- en sink reserwes het. Deur sy vlagskip projekte, naamlik die Prieska Koper-Sink-projek en die Okiep-koper projek, beoog Orion om hierdie broodnodige metale vir die groen energie-oorgang te verskaf en om koolstof vrystellings nie net by sy eie bedrywighede te verminder nie, maar by te dra tot die wêreldwye stryd teen klimaatsverandering.
GEMEENSKAPS OPDATERINGS
Baie geluk aan die klas van 2021 “Ek het nie ’n ander loopbaan vir my gesien nie en ek het baie hard gewerk om dit te bereik” Ten spyte van nog ’n uitdagende akademiese jaar wat deur die Covid-19pandemie geraak was, het die klas van 2021 veerkragtig gebly en uitstaande matriek uitslae behaal. Orion Minerals wil graag die 2021-matrikulante gelukwens met ’n slaagsyfer van 76.4%. Die Noord-Kaap provinsie het die grootste verbetering in al die provinsies getoon, met ’n slaagsyfer van 71.4% in 2021, in vergelyking met 66% in die vorige jaar. Die Namakwa-distrik het die hoogste distrik slaagsyfer van 81.2% in die provinsie behaal.
haar klas en valedictorian en waar sy twee onderskeidings in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal by Hoërskool Prieska behaal het. Brumilda, wat tans ingeskryf is vir ’n Baccalaureus graad in Geneeskunde en Chirurgie (MBChB) aan die Universiteit van die Vrystaat, het nog altyd ’n liefde vir mediese wetenskappe gehad en erken die ondersteuning van haar ouers en onderwysers het haar gehelp om haar droom om te gaan studeer en ’n dokter te word verwesenlik.
Beide Hoërskool Gariep en Hoërskool Prieska het uitstaande resultate behaal met ’n slaagsyfer van onderskeidelik 87.6% en ’n 100%.
“Vandat ek kan onthou het ek nog altyd die groot begeerte gehad om ’n dokter te word. Ek het nie ’n ander loopbaan vir my gesien nie en ek het baie hard gewerk om dit te bereik,” het Brumilda verduidelik.
Onder die top presteerders is die 18-jarige Brumilda Sindlet van Hoërskool Prieska wat die jaar voltooi het as top presteerder van
Orion wens al die 2021 studente alle sterkte toe met hul toekoms en ons sien uit na die puik uitslae van die matriek klas van 2022.
Opdatering oor SEF-lede Orion Minerals bring hulde aan lede van die “Stakeholder Engagement Forum” (SEF), August Mouers en Paul Martin wat in 2021 oorlede is. Ons innige meegevoel en simpatie aan hul familie, vriende en kollegas en bedank hulle vir hul diens en toewyding aan hul gemeenskap. Die Maatskappy bedank ook graag SEF-lid George Plaatjies, wat in 2021 bedank het, vir sy dienste aan die gemeenskap tydens sy ampstermyn.
August Mouers
Paul Martin
Sport sterre skitter by Niekerkshoop en Marydale Sportdag Sportliefhebbers het op 18 Desember 2021 by die RD Williams Laerskool terrein bymekaar gekom om die plaaslike sokker- en netbalspelers van Prieska, Niekerkshoop en Marydale te ondersteun vir ’n dag vol pret en vriendelike kompetisie. Die toernooi, wat sowat 56 deelnemers gehuisves het, is geborg deur Orion Minerals, die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling, SAPD Prieska en die Siyathemba Plaaslike Sokker vereniging. Die geleentheid, waarin spanne van Marydale en Niekerkshoop deelgeneem het aan ’n sewe-aan-’n-kant sokker en netbal toernooi, wat volg op die suksesvolle gemeenskap sportdag wat in 2019 in Siyathemba gehou is. ORION MINERALS NUUSBRIEF
BLADSY 5
Celta Vigo het die eerste plek ingeneem as wenner van die sokker toernooi met die Rising Eagles wat tweede plek behaal het, terwyl Turboz in die netbal toernooi as oorwinnaars uit die stryd getree het met Turboz Netbal in tweede plek. Orion Minerals en DSTL het gesamentlik bygedra tot die verversings en vervoer tydens die toernooi.
GEMEENSKAPS OPDATERINGS
Terug skool toe
Fietse
Met studente wat ná die Desember vakansie teruggekeer het skool toe, het Orion Minerals in Januarie voortgegaan om sy “Scholar Mobility”-projek uit te voer deur nog 40 fietse aan vier skole regoor Marydale, Vanwyksvlei, Niekerkshoop en Blouberg te versprei.
“Orion Minerals het in Januarie voortgegaan om sy “Scholar Mobility”-projek uit te voer deur nog 40 fietse aan vier skole te versprei”
Die vooraf geliefde-fietse is geskenk deur Bicycles for Humanity Western Australia (B4H) en is deur Orion Minerals na Prieska gebring, terwyl helmets deur Mulilo en weerkaatsers deur die Provinsiale Departement van Onderwys geskenk is. Orion het in Oktober 2021 fietse aan verdienstelike leerders van vier skole in Prieska uitgedeel en beplan om in die komende maande verdere fietse toe te ken.
Die aanpak van MIV/Vigs en die Niekerkshoop Wêreld Vigs dag-viering Herinnering aan die belangrikheid van die stryd teen MIV/Vigs en die stigma rondom die siekte, het gesondheidsorgwerkers van Siyathemba ‘Niekerkshoop-kliniek vanaf 1 Desember 2021 ’n bewusmakingen opvoedkundige veldtog gehou ter ondersteuning van Wêreld Vigs dag. Die veldtog het die behoefte aan MIV/ Vigs-berading, voorkoming van moeder-nakind-oordrag, behandeling opsies en die belangrikheid daarvan dat besmette pasiënte
hul gesondheid behou beklemtoon. Ten spyte van die vooruitgang wat gemaak is in MIV/Vigs-behandelings, bly diskriminasie en die stigma rondom infeksie ’n werklikheid vir baie mense wat met die siekte leef. Die bewusmaking veldtog het uitgeloop op die verf van die Niekerkshoop berg op 10 Desember 2021. In ’n poging om die gemeenskap te verenig en gemeenskap lede aan te moedig om deel te wees van die belofte om Vigs te beëindig, is die woorde BLADSY 6
“Niekerkshoop vs Vigs” op die kant van die berg geverf. Orion Minerals, Wyk raadslid Willon Pieterse, PR Raadslid Mauricia Nimmerhout, SAPD, Niekerkshoop Jeug ontwikkeling sentrum en die Departement van Gesondheid se kliniek het deelgeneem aan die verf van naamborde met die doel om teen 2030 te streef na nul nuwe infeksies, om diskriminasie te stop, en om sterftes te voorkom wat met MIV/Vigs in die gemeenskap geassosieer word.
MIV/VIGS Hoe kan jy help om die verspreiding van MIV/vigs te voorkom: Gebruik kondome tydens seks Gebruik steriele naalde en spuite vir alle inspuitings Kry gereelde MIV-toetse As jy MIV-positief is, neem jou medikasie soos voorgeskryf
MIV/VIGS word versprei deur:
Onbeskermde seks
Bloedoortappings
Swangerskap
On-steriele naalde en spuite
“Kom ons gee publisiteit aan MIV/VIGS en probeer om dit nie weg te steek nie, want die enigste manier om dit te maak lyk soos ’n normale siekte, soos TB, soos kanker, is altyd om te kan sê iemand is dood weens MIV” – voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela
MIV/VIGS word nie versprei deur: > Aanraking > Soen > Deur voedsel > Insek byte > Gebruik van toilette en badkamers
ORION MINERALS NUUSBRIEF
BLADSY 7
KRY JOU COVID-19
VERSTERKER
ENTSTOF Die Covid-19-versterker-entstowwe is nou beskikbaar vir diegene wat reeds hul eerste twee inentings gehad het. Die versterker-entstof sal help om jou immuniteit teen die Covid-19-virus te versterk, help om infeksie, hospitalisasie en dood te voorkom. Jy kan die Covid-19-versterker-entstof kry as: • Jy 18 jaar en ouer is • Dit 60 dae of meer is sedert jy jou enkeldosis J&J-entstof ontvang het of 90 dae of meer sedert jy die tweede dosis van die Pfizer-entstof ontvang het. As jy nog nie ingeënt is nie, doen dit asseblief ter wille van jou familie, vriende en gemeenskap. Besoek asseblief jou plaaslike kliniek om meer inligting uit te vind en om jou Covid-19-versterker-entstof te kry.
HOE OM ONS TE BEREIK
Kyk uit vir ons nuwe mobiele gemeenskap kantoor in jou area. Jy kan ons ook per WhatsApp bereik by 060 468 9549 BLADSY 8