3 minute read

Koper dryf die groen energie-revolusie aan

KOPER

DRYF DIE GROEN ENERGIE REVOLUSIE

Advertisement

KOPER DRYF DIE GROEN ENERGIE REVOLUSIE As ’n onmisbare metaal in ons alledaagse lewe, sal koper binnekort selfs ’n groter rol speel as ’n belangrike bestanddeel in die Groen Energie-revolusie. Maar wat is die Groen Energie-revolusie en wat is die groen metale wat hierdie verandering na skoner energieë dryf?

Wat is klimaatsverandering en is dit anders as aard verwarming?

Terwyl klimaatsverandering en aard verwarming na dieselfde ding lyk, is hulle anders.

Aard verwarming verwys slegs na die aarde se stygende oppervlak temperatuur, wat hoofsaaklik deur kweekhuisgasse veroorsaak word. Kweekhuisgasse is gasse in die aarde se atmosfeer wat hitte vasvang.

Klimaatsverandering, aan die ander kant, sluit verwarming en die gevolge van verwarming in, soos smeltende gletsers, swaarder reënstorms of meer gereelde droogtes.

Wat is die Groen Energie Revolusie?

Die negatiewe impak wat veroorsaak word deur die tempo van klimaatsverandering en aard verwarming vereis ’n wêreldwye beweging na skoner, groener en meer omgewings vriendelike energie bronne.

Regoor die wêreld werk regerings en maatskappye daaraan om die globale vrystellings wat deur fossiel brandstowwe soos olie, gas en steenkool veroorsaak word, te verminder. Hierdie tradisionele vorme van energie word uitgefaseer en word so vervang met son-, wind- en hidro-energie, die sogenaamde groen energie.

Groen energie is enige energie wat uit natuurlike hulpbronne, soos sonlig, wind of water, gegenereer word. Die sleutel van hierdie energie bronne is dat hulle nie die omgewing benadeel deur faktore soos die vrystelling van kweekhuis gasse in die atmosfeer nie.

Hierdie beweging na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem.

Hoekom moet ons omgee?

Aard verwarming (die styging van die aarde se temperature) is een aanwyser van die veel groter probleem van klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak word. Dis deur die mens veroorsaak omdat die veranderinge wat die afgelope dekade waargeneem is, nie natuurlik was nie. Menslike aktiwiteite soos die opwekking van elektrisiteit, bestuur van voertuie en die afkap van die bome in woude is van die redes wat veranderinge in weer stelsels veroorsaak.

Volgens temperatuur ontleding deur wetenskaplikes by NASA se Goddardinstituut vir Ruimte Studies, het die gemiddelde wêreldwye temperatuur op Aarde sedert 1880 met minstens 1.1° Celsius toegeneem. Alhoewel dit dalk nie na baie lyk nie, dra klimaatsverandering volgens die VN se Inter-regerings paneel daartoe by dat die aarde nou warmer is as wat dit vir die laaste 125 000 jaar was en dit word erger. Die moderne samelewing se voortgesette afhanklikheid van fossiel brandstowwe soos olie, gas en steenkool verhit die wêreld teen ’n gevaarlike tempo.

Namate temperature in die toekoms styg, sal uiterste weersomstandighede soos droogtes en oorstromings al hoe ernstiger word. Hulle sê dat weersomstandighede wat in die afgelope eeue een keer elke 50 jaar plaasgevind het, waarskynlik elke 3–4 jaar sal plaasvind as die aarde 2°C bo pre-industriële temperature bereik.

Wat is groen metale en hoe kan dit help om klimaatsverandering te beveg?

Om te keer dat die aarde se temperature verder styg, moet die wêreld olie, gas en steenkool uitfaseer en vervang met son-, wind- en hidroenergie. Hierdie verskuiwing van “vuil” energie na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem en dit is waar die metale wat Orion sal produseer ter sprake kom. Koper en sink is slegs twee van ’n handjievol metale wat in hierdie tegnologieë gebruik word. Bekend as groen metale, speel hierdie metale ’n belangrike rol in die vergroening van die toekoms.

Hernubare energie stelsels soos sonkrag, wind en hidro-elektrisiteit benodig ongeveer vyf keer meer koper as ander krag opwekking stelsels. Dit maak koper noodsaaklik vir enige suksesvolle oorgang na alternatiewe vir fossiel brandstof. Ook word sowat drie keer meer koper vir elektriese voertuie gebruik in vergelyking met petrol-voertuie.

“Hierdie verskuiwing vanaf “vuil” energie na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem en dit is waar die metale wat Orion sal produseer ter sprake kom”

Hoe sal Orion Orion Minerals het ’n groot geleentheid vir

Minerals help groen metale in die Noord-Kaap gesien, wat ’n magdom potensiaal vir son- en windkrag sowel as oorvloedige koper- en om die Groen sink reserwes het. Deur sy vlagskip projekte, naamlik die Prieska Koper-Sink-projek en die Okiep-koper projek, beoog Orion om hierdie broodnodige metale vir die groen energie-oorgang te verskaf en om koolstof vrystellings nie net by sy eie bedrywighede te verminder nie, maar by te dra tot die Metaal-revolusie aan te dryf? wêreldwye stryd teen klimaatsverandering.

This article is from: