KOPER
DRYF DIE GROEN ENERGIE
REVOLUSIE KOPER DRYF DIE GROEN ENERGIE REVOLUSIE
As ’n onmisbare metaal in ons alledaagse lewe, sal koper binnekort selfs ’n groter rol speel as ’n belangrike bestanddeel in die Groen Energie-revolusie. Maar wat is die Groen Energie-revolusie en wat is die groen metale wat hierdie verandering na skoner energieë dryf? Wat is klimaatsverandering en is dit anders as aard verwarming? Terwyl klimaatsverandering en aard verwarming na dieselfde ding lyk, is hulle anders. Aard verwarming verwys slegs na die aarde se stygende oppervlak temperatuur, wat hoofsaaklik deur kweekhuisgasse veroorsaak word. Kweekhuisgasse is gasse in die aarde se atmosfeer wat hitte vasvang. Klimaatsverandering, aan die ander kant, sluit verwarming en die gevolge van verwarming in, soos smeltende gletsers, swaarder reënstorms of meer gereelde droogtes. ORION MINERALS NUUSBRIEF
BLADSY 3
Wat is die Groen Energie Revolusie? Die negatiewe impak wat veroorsaak word deur die tempo van klimaatsverandering en aard verwarming vereis ’n wêreldwye beweging na skoner, groener en meer omgewings vriendelike energie bronne. Regoor die wêreld werk regerings en maatskappye daaraan om die globale vrystellings wat deur fossiel brandstowwe soos olie, gas en steenkool veroorsaak word, te verminder. Hierdie tradisionele vorme van energie word uitgefaseer en word so vervang met son-, winden hidro-energie, die sogenaamde groen energie. Groen energie is enige energie wat uit natuurlike hulpbronne, soos sonlig, wind of water, gegenereer word. Die sleutel van hierdie energie bronne is dat hulle nie die omgewing benadeel deur faktore soos die vrystelling van kweekhuis gasse in die atmosfeer nie. Hierdie beweging na skoner energie word die Groen Energie Revolusie genoem.