%22

Page 1

Promosie

Oppergesag van die top-rymasjien Skoonheid in die wêreld is verryk deur ’n nuwe vorm van skoonheid: spoed. Deur Richard Webb.

F

ilippo Marinetti se uitsprake in 1909 oor die skoonheid van spoed het die stigtingsmanifes van futurisme geword. Aangevuur deur dramatiese tegnologiese ontwikkelings het meer treine, vliegtuie en karre die oppergesag van die masjien verseker in wat futuriste die “aanbidding van spoed” noem. Met ’n lang en luisterryke erfenis en hul voortdurende strewe na uitnemendheid gefokus op die enjin, die kragbron van spoed, is BMW geen vreemdeling vir die skoonheid van spoed nie. Maar met hul jongste aanbieding, gegrond op hul 4-reeks – die X4 en die 4-reeks Gran Coupé – is die absolute nastrewing van spoed minder belangrik. Omdat ek gretig was om te sien of hierdie aanbiedings in die keursegment die handelsnaam verder van hul mededingers sou verwyder, het ek na die Bask-wêreld in Bilbao, Spanje, gereis om altwee karre op die onberispelike, dog uitdagende paaie daar te beproef. Ontwerpsgewys spog die BMW X4 met ’n goeie ontwerp en aandag aan detail wat daaraan ’n atletiese voorkoms verleen sonder om dit te astrant te laat lyk. Imposant en met daardie “gekap uit soliede graniet”voorkoms, het dit ’n sierlike daklyn en koepee-agtige kenmerke wat van die A-pilaar af agtertoe uitstaan. Binne is die X4 byna identies aan die X3, met die verwagte gehaltemateriaal. Die agterste sitplekke is baie gemaklik – maar met stylvolle reis in gedagte is dit die geskikste vir net twee mense. Die M Sport-pakket op die X4 xDrive35i wat ek toetsbestuur het, vaar die beste met die 3,0 liter turbo-aangejaagde 225 kW-enjin met die ses silinders in gelid, wat die kar binne 5,5 sekondes van 0-100 km/h vorentoe laat skiet. Die X4 se onderstel is presies, reagerend en progressief – perfek vir ontspannende ritte op snelweë, maar ewe tuis op kronkelende, golwende agterpaaie.

106

Die BMW het alles wat ek sy kant toe gegooi het met gerief hanteer – van hoë spoed om lang draaie tot die skielike rigtingverandering en rem aanslaan waarmee ek hom nie kon ontwrig nie, al het dieselfde nie vir my passasier gegeld nie. Die X4 is beskikbaar in 20i-, 20d-, 28i-, 30d- en 35i-modelle, met pryse wat wissel vanaf R625 000 tot R780 000. Wanneer dit in September aankom, sal dit regstreeks met Range Rover se Evoque en Porsche se Mecan meeding. Gegewe die sukses van die ander X-modelle, is dit moeilik om te dink dat BMW enigiets anders as ’n dawerende sukses met hierdie nuwe toevoeging tot die reeks sal behaal. Terwyl die X4 die gevoel herskep van in ’n klassieke sportkoepee sit, word ’n selfs groter keuse gebied in die vorm van die 4-reeks Gran Coupé. Dit bevredig die behoeftes van ’n eksklusiewe mark vir ’n buitengewoon aantreklike sedan, en volg die konsep van die 6-reeks Gran Coupé. Die onderstel is hoofsaaklik onverander van die res van die 4-reeks BMW, wat verblydende nuus is aangesien dit baie, baie goed is. Ek het die 428i Sport toetsbestuur. Dit is toegerus met die sublieme 8-spoed outomatiese ratkas en die 4 silinder turbo-aangejaagde enjin het die verrigting om dit te ewenaar – selfs die klank is fantasties. Met die prys wat by R480 000 vir die 420i, die goedkoopste model begin, sal hierdie nuwe Gran Coupé verantwoordelik wees vir baie 4-reeks-verkope. Speel rond met die Drive Performance Control-skakelaar deur die Sport- of Sport Plus-modus te kies om sodoende stuurhulp te verminder en ratwisseling te versnel; die opsionele, aanpasbare M-suspensie verhoog liggaamsbeheer deur die suspensie stywer te maak. Persoonlik beskou ek hierdie Gran Coupé as ’n baie mooi kar. Of jy dit nou sien as spoedikoon of nie, dit staan uit, genoeg om net soveel eksklusiewer te voel, en dit is ’n elegante kompromis tussen volkome sportiwiteit en luukse gerief.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.