bmw euro styl
Idees kry elegant
gestalte BMW SA Eurostyl-toer is ’n eksklusiewe toer wat lede van die media bekend stel aan die wêreld van ontwerp, kuns, argitektuur, kos, styl, gewilde kultuur, die beste vakmanskap en uitnemendheid – in kort, alles wat ontwerpers binne die BMW-groep inspireer. Deur Richard Webb
066
L
issabon is Europa se mees westelike hoofstad en is aan Portugal se weskus geleë, teenaan die Atlantiese Oseaan. Water is ’n integrale deel van die stad se identiteit en dit was my eerste besoek aan Lissabon. Dit het my onmiddellik getref dat dit Europa se San Francisco is met sy steil heuwels en kleurryke trems. Die Ponte Vasco da Gama-brug van 17.2 km oor die Tagusrivier herinner aan die Golden Gate-brug en is gebou om aardbewings te weerstaan wat tot 4.5 keer sterker is as die een in 1755 wat so bynabyna hierdie setel van Portugese ontwerp vernietig het. Vir eeue was Portugal ’n groot mag en het hy verafgeleë dele van die wêreld verower, van Mosambiek tot Brasilië, en sodoende baat gevind by eksotiese invloede wat kuns sowel as kultuur betref. As, soos Aristoteles beweer, die doel van kuns is om nie die buitevoorkoms van dinge te verteenwoordig nie, maar eerder hul interne betekenis, dan is die fabelagtige MUDE-ontwerp- en modemuseum in Lissabon argumentshalwe die hoofstad van kuns en ontwerp. Die voetgangervriendelike Rua Augusta in die Baixa-distrik van Lissabon huisves ’n groot, rou ruimte – ’n half verwaarloosde, voormalige bankhoofkantoor – wat Francisco Capelo se modeversameling van meer as 1 200 haute couture-stukke akkommodeer van ontwerpers soos Jean Paul Gaultier, Balenciaga, Vivienne Westwood en Yves Saint Laurent. “Mude” beteken “verandering” in Portugees en dis waaroor hierdie projek gaan. Daar is pragtige uitstallings vanuit die vroeë 20ste eeu tot vandag, met tydelike uitstallings wat voortdurend verander en in skerp kontras staan teenoor ’n permanente versameling van oor die 1 000 ontwerperstukke van bekendes soos Arne Jacobsen, Philippe Starck en Charles Eames. In ’n vroeë aanduiding van hoe BMW se eenvoud van ontwerp produkte maklik gemaak het om te gebruik, skitter graaf Renzo Rivolta se eiervormige BMW Isetta ook. Dit was ’n sensasie in 1953 met sy bobbelvormige vensters en voorkant wat buitentoe geskarnier het. Dit is lof toegeswaai vir sy fenomenale brandstofekonomie van 5,6ℓ/100 km en topsnelheid van 85 km/h, en is ’n waardige toevoeging tot die uitstallings. Maar brandstofverbruik was nou nie juis hoog op my prioriteitslys toe ek die 24 km wes deur Av. Brasilia en die A5-hoofweg van Lissabon na die dorpie Cascais – en die voormalige Formule Een-renbaan van Estoril - gereis het om die splinternuwe BMW 4-koepee te bestuur nie. Die nuwe, sportiewe BMW 428i-koepee, wat tot 248 km/h in staat is, drink verbasend spaarsamig brandstof teen net 6,6ℓ/100 km – ’n syfer baie na aan dié van die klein Isetta. Maar ek was agter die stuur van die kragtiger 435i-koepee-reeksleier, die kragtigste petrolweergawe beskikbaar totdat die M4 in 2014 sy verskyning maak. Die BMW 4-reeks is meer as net ’n nuwe naam vir die 3-reeks-koepee – dit het ’n laer swaartepunt as enige huidige BMW, ’n langer asafstand, groter spoorwydte en aangepaste vering, en tog het dit 25 kg afgeskud wat dit meer sportief laat voel as die 3-reeks se sedanmotors waarop dit gebaseer is.