2 minute read

Hendrik Potgieter LBS - Lizé-Mari Halgryn Vlieghengeluitdaging

Hendrik Potgieter LBS – Vlieghengeluitdaging

Lizé-Mari Halgryn

Advertisement

I’ve gone fishing thousands of times in my life, and I have never once felt unlucky or poorly paid for those hours on the water- William Tapply

Photo: Jopie Fourie

Vlieghengel is ‘n sportsoort wat gesien word vlieghengel saam met goeie vriende te as ‘n kuns. Dit is ‘n kombinasie van liefde vir geniet. die natuur en opwinding van ‘n groot vangs. Christi Swarts, Jacques Botha en stigters het As Suid-Afrikaners is ons ongelooflik hierdie geleentheid 9 jaar gelede bevoorreg om ‘n natuurlike oorvloed van raakgesien. In ‘n behoeftige gemeenskap vlieghengelbestemmings in ons land te hê. soos Reddersburg het Hendrik Potgieter LBS Wat is nou meer ontspannend as om gister se die geleentheid geskep om ‘n verskil te probleme agter te los en jou liefde vir maak. Return to contents 86 www.saflyfishingmag.co.za

Met medewerking van medestigters is ‘n droom gebore waar vriendskapsbande gebou word en finansiële hulp in die gemeenskap teruggeploeg kan word.

Tydens die naweek van 6-8 November 2020 het die jaarlikse Vlieghengelkompetisie van Hendrik Potgieter Landbouskool plaasgevind. Met groot verwagting en opwinding het vele deelnemers by Waschbank River Lodge naby Gariepdam bymekaargekom. Met Waschbank se flinke en profesionele diens het elkeen sommer vinnig tuis gevoel.

Photo: Christi Swarts

Lukie Beukes (Biologie-onderwyser) en Janus Fourie (Wiskunde-onderwyser) het gesorg vir etes, hantering van toerusting en punte-ontleding. Die kompetisie is volgens ‘n punteskaal, wat deur Dionne Craffort opgestel is en deur die jare ontwikkel het. Elke visspesie tel ‘n aantal punte volgens beskikbaarheid in die streek. Pierre Nel, ‘n veearts by die Departement Omgewingsake van die Vrystaat en verdedigende kampioen, is met ‘n totaal van 111 punte as wenner bekroon. Gerrit Hattingh het ‘n

Christi Swarts Photo:Pierre Nel

tweede plek behaal met ‘n totaal van 52 punte en ‘n derde plek is toegeken aan Jacques Botha met ‘n totaal van 42 punte. Deelnemers het ‘n totaal van 217 Kleinbekgeelvisse, 8 Onderbek, en 1 Grootbekgeelvisse gevang. Dr. Pierre Nel, Sielkundige van Bloemcare in Bloemfontein, het hierdie jaar vir die eerste keer deelgeneem en die kompetisie as ‘n naweek van positiewe belewenisse beskryf. Hy sê dat veral die pryse sy aandag getrek het en dat hy beslis volgende jaar weer sal inskryf.

Riaan Crowter was die deelnemer wat in slegs 30 sekondes die eerste vis gevang het. Hy is beloon met die gesogde eerste vis wissel trofee wat hy met trots bo sy braaier gehang het. Hy het verlede jaar ook die eerste vis gevang en hy sê dat dit volgende jaar ook syne is. Riaan is ook een van die hoofborge (Sleewijk Blouster Finansiële Adviesdienste) wat die hemde vanaf 2017 verskaf het en hierdie jaar ‘n bydrae gelewer het. Nashua Bloemfontein en Senforce tree ook jaarliks as Hoofborge op.

Die kompetisie het oor die jare bewys dat dit ‘n geleentheid is vir mense met ‘n passie vir Vlieghengel om bymekaar te kom en so hul passie met vriende uit te leef.

Die 10de LBS Vlieghengeluitdaging word beplan vir die 12de en 13de November 2021. Om plek te bespreek, om as borg betrokke te raak of vir meer inligting kan Christi Swarts by 083 406 9187 gekontak word.

Wenner Pierre Nel Photo: Jopie Fourie

Skaapsterjies Photo: Christi Swarts

This article is from: