9 minute read

Forel en Vlieghengel - Gerhard Delport

“Erected to the memory of John Clark Parker by lovers of the Gentle Art of Trout Fishing. By his untiring efforts trout were first introduced in Natal in 1884 thereby giving much pleasure to many persons”

Mnr Lionel A Day het vir John Parker opgevolg as beheer beampte van die Natalse Binnelandse Visserye. Mnr Cherrington Sutton het hom opgevolg en te danke aan die harde werk van die manne

Advertisement

Mnr Lachlan McLean het dieselfde gedoen vir die Kaapland as wat John Parker vir Natal gedoen het. Saam met Mnr McLean was ’n handtjie vol geesdriftiges wat gehelp het en hulle het dieselfde uitdagings gehad as wat die manne in Natal ondervind het. Die regering van die destydse Kaapland was die groep simpatiek gesind en in 1894 is ’n forelteelstasie in Jonkershoek, ’n klip gooi van Stellenbosch, opgerig.

Later is nog ’n forelteelstasie gebou by Pirie, King Williamstown. Hierdie teelstasie was baie suksesvol en miljoene forel eiers is van beide die twee teelstasies na kopers regoor Suid Afrika en so ver as Rhodesia (Zimbabwe) versprei.

Riviere wat bekend was vir mooi reenboog- en bruinforrel is die Eersterivier, w a t g r e n s a a n d i e s k i l d e r a g t i g e Stellenbosch, die Bergrivier en Lourensrivier. In die Ceres en Worcester distrikte was die Heksrevier, die Holsloot- en Smalblaarrivier alom bekend as van die beste reviere om forel te gaan hengel.

Die Maclear distrik van die Oos Kaap was al in die 1940’s bekend vir die besondere groot forelle in riviere soos die Tsitsa- en Mooirivier.

In 1900 het Lord Milner, Sir Percy Fitzpatrick en ’n Mnr D.C. Greig besluit om forel na die Transvaal provinsie in te voer vanaf die Jonkershoek vis teelstasie. ’n Klein visteelstasie sou in Doornfontein, Johannesburg, opgerig word. In 1903 is die Transvaalse Forel Akklimatiseeringsgenootskap gestig en die genootskap het ’n visteelstasie in die Mooirivier naby Potchefstroom opgerig. Tussen 1903 en 1911 is klein vissies aan ’n aantal riviere voorsien, maar teen 1911 was daar egter geen forel in die riviere gevestig nie en die aktiwiteite is gestaak.

Mnr F.C. Braun van Lydenburg het egter op sy eie besluit om foreleiers vanaf die twee teelstasies in die Kaap in te voer. Hy het daarin geslaag om in sy klein teelstasie vis groot te kry en het begin om forel in strome rondom Lydenburg te plaas. Dit sluit in die Sterkspruit, Potspruit, die Krokedil- en Sabierivier.

Die Lydenburg se vis teelstasie het by Mnr Braun oorgeneem en was verantwoordelik vir die teel en voorsiening van miljoene forelle in die Oos- en Noord Transvaal. Dullstroom en Lydenburg baie bekend vir forel waters. Net buite Dullstroom is die Santarivier wat goed bekend was vir sy bruin- en reenboog forel. Die dorpsdam in Dullstroom aan die voet van die Grote Suikerboshkop het gesorg vir groot reenboog forel.

As kind het ek groot geword in Dullstroom en saam met my pa forel leer vang. Met ’n klein Abumatic toe knyp katrolletjie, ’n stok en ’n Mrs Simpson voor aan die lyn geknoop, met ’n paar korrels bokhaal as knyp loodjies sodat ek die vliegie kon uit gooi, het die forel gogga my gebyt nog voor ek op Dullstroom begin skool gaan het. In 1984, as tien jarige, het ek my pa se ou forel stok uit die khaya gaan haal en hy het my geleer om die lyn te gooi.

Ek het elke middag na skool op die grasperk gestaan en oefen tot daar blase op my hand was. Dit was ook nie lank nie toe het ek saam met my pa gaan vlieglyn gooi. Met skool vakansies kon my ma nie huishou met my tot sy my by die dorpsdam gaan af laai het vir die oggend nie.

Voordat ’n hengelaar in Transvaal kon forel vang moes hy ’n provinsiale forel lisensie koop wat geldig was vir ’n jaar. Ek praat onder korreksie, die bedrag was iets soos vyf rand vir n lisensie en om by die Dullstroom Natuur Reservaat te kon in gaan om te gaan forel vang moes jy vyftig sent betaal. Ek moes natuurlik baie karre was en tuinwerk doen om daai vyftig sente by mekaar te kon maak.

Oos van Dullstroom is die dorp Lydenburg en in die jare 1930-1970 was die riviere en spruite in die Lydenburg omgewing baie bekend vir hulle forel. Name soos die Sterkspruit, die Pot, Alex loop, die Waterval-, Krokedil- en Sabierivier was as die belangrikste riviere en spruite beskou wat forel gehuisves het.

In die destydes Noord Transvaal is daar twee uitstekende forel riviere gewees n a a m l i k d i e H e l p m e k a a r e n d i e Broederstroom en dan natuurlik die Stanforddam wat gelee is in n skilder agtige omgewing.

Hengel toerusting

Hengel toerusting vir forel hengel is ’n baie belangrike aspek van die sport. Vlieghengel is die enigste wettige manier om vir forel te hengel. Vlieghengel het verskeie komponente wat bespreek moet word.

Die stok – Die pionier hengelaars het gebruik gemaak van ’n gesplete bamboes stok van 9.5 tot 10 voet lank. Soos die tegnologie oor die jare ontwikkel het het die gesplete bamboes stok plek gemaak vir veselglas stokke wat ligter en veel sterker is as die gesplete bamboes stokke wat jou soms geknak het met ’n grote voor aan die lyn. begin kompiteer met die veselglas stokke. In daai jare was ’n Fenwick grafiet stok beskou as van die beste op die mark en moes n hengelaar bereid wees om ’n volle twee honderd en vyftig rand neer te sit vir so ’n stok.

Vandag word daar nie meer verwys na die gewig van die stok nie maar wel na die nommer van die vlieglyn wat gebruik word vir ’n spesifieke stok. ’n Nommer 3/4 stok is ideaal vir strome hengel. ’n Nommer 5/6 stok vir hengel van die kant af en dan vir die groot vis soos katvis en tiervis kan tot en met n Nommer 9 stok aangeskaf word om die ou grotes te boelie.

Die katrol – Vir forel is ’n katrol wat sowat negentig meter se agterslag saam met die vlieglyn op meer as voldoende. Ons gaan nie nodig he om ’n forel met die katrol te baklei soos met ons groter vars water en sout water spesies nie.

Dit is egter steeds belangrik om die katrol skoon en geolied te hou om te verseker dat daar nie drama langs die water ontstaan nie.Die lyn – Soos reeds genoem word die vlieg lyne vandag in nommers geklasifiseer. Dit is baie belangrik dat die lyn en die stok moet reg balanseer. Dus kan jy nie ’n nommer 7 lyn gebruik op ’n nommer 5 stok nie, dit gaan net veroorsaak dat die hengelaar ’n swak voorlegging van die vlieg doen. ’n nommer 5 grafiet stok kan ’n nommer 5 of 6 lyn gemaklik hanteer.

Vlieglyne het ongelooflik ontwikkel saam met die tegnologie maar daar is steeds basies drie tipes lyne 1. Dubbel afgespitste lyn (double taper) 2. Boepens lyn (Weight forward) 3. Gelykdukte lyn (level).

Vlieglyne verskil ook dat lyne dryf, stadig sink of vining sink.

Die sink tempo word bepaal deur die hoeveelheid duime die lyn sink per sekonde (Density per Inch). In Suider Afrika se varswaters vir forel word daar meestal van ’n lyn gebruik wat baie stadig sink 1,5 duim per sekonde (bekend as intermediate

line) en dan die sink lyne wat 3 duim per sekonde sink (DI3). Daar is wel damme in die land waar henglaars ’n 5 of 7 duim per sekonde sink tempo nodig het om in die diep water te hengel. (Veral ons kompeteerende hengelaars gebruik die 5-7 duim per sekonde lyne om die vlieg vinniger by vis uit te kry wat diep is.)

Dryf lyn word oor die algemeen gebruik in strome waar vir forel gehengel word maar wel ook in damme wanneer die forel op die oppervlakte vreet en ’n hengelaar vir ’n honger forel ’n klyn dryf vliegie uitgooi.

Vandag kan ’n voorslag gekoop word wat reeds op gemaak is of dit kan self gebind word deur verskillende diktes nylon lyn aan mekaar te knoop. Die standaard lengte voorslag is normaalweg 9 voet lank (lengte van die stok) maar bedrewe hengelaars kan n voorslag van tot 15 voet uitgooi sonder ’n probleem.

Kunsvliee – Kunsvliee kan ook in drie groepe geklasifiseer word. 1. Die Droë vlieg 2. Die nat vlieg 3. Nimfe of larwes.

Droë of drywende kunsvlieg is ’n nabootsing van insekte wat op die water oppervlakte dryf. Van ’n sprinkaan tot miggies word nageboots vir ’n honger forel. Vliegies wat baie bekend is en goed werk is die DDD, Elk Hair Caddis en die Parachute Adams. Die vliegies is meestal klein en word in hoek grote van 12-16 gevind meestal.

Sink of nat vlieë is ’n nabootser van insekte en ander lewe wat onder die oppervlakte van die water gevind word. Van klein vissies, vars water slakkies, bloedsuiers en naaldekoker nimfe. Die sink vliee is die tipe vliee wat meestal gebruik, want forel voed hoofsaaklik op prooi wat onder die water oppervlakte gevind word. Vlieë kan op hoek grote van ’n nommer 4-12 gekry word. Baie bekende en effektiewe nat vlieë in Suid Afrika is die Mrs Simpson, Walkers Killer, Redeye Damsel en Papa Roach om maar net ’n paar te noem. larwe en volwasse staduims. Die insekte word onder die water oppervlakte aan getref en is meestal klein. ’n Hengelaar kan begin om klippe in die forel stroom om te keer en te kyk watter insekte hy vind. Dit sal vir die hengelaar gou uitwys wat se tipe nimfe of larwes hy kan naboots vir ’n honger forel.

Die forel hengelaar bevind hom gereeld in ’n pragtige gebied waar kristal helder water strome hule oorsprong het. Die h e n g e l a a r w o r d b e w u s v a n d i e natuurskoon terwyl hy rustig stap na sy stroom of dam. Daar steek hy himself versigtig weg om seker te maak hy word nie gesien deur forelle wat naby die kant op en af swem op soek na iets om te eet nie. Dit neem nie lank nie en die hengelaar raak mee gevoer met die klank van voels rondom hom, dalk die vinnige blik van ’n nat otter langs die stroom of ’n rietbok wat rustig aan die oorkant van die dam staan en vreet.

Forel en vlieghengel gaan oor baie meer as net die vang van ’n vis. Dit is ’n plek waar ’n gejaagde hengelaar kan onstnap en vir n ruk net stil en rustig raak in die natuur. Teen donker, wanneer die hengelaar terug stap huis, toe kom hy moeg maar gelukkig tot rus.

This article is from: