9 minute read

Die McNab Uitdaging - FFF Safaris

FFF SAFARIS

Die McNab uitdaging het sy oorsprong in die 1925 boek geskryf deur John Buchan.

Advertisement

Sy karakter, John McNab, die dekmantel of skuil naam vir drie Edelmanne wat opsoek was na avontuur. Sir Edward Leithen, John Palliser-Yeates en Lord Lamancha.

“John McNab” stuur toe ʼn waarskuwing aan drie van die Skotse Hoogland Landgoed dat 'n salm en 'n rooi dam hert op die landgoed gevang en gejag sal word sonder dat hulle gevang sou word binne 48 uur.

Die uitdaaging het gegroei oor die jare in gewildheid, nie net in Brittanje nie maar ook

hier by ons in Suid Afrika ʼn McNab uitdaging het groot aanklank vind by jagters en hengelaars.

‘n Royal McNab by FFF Safari’s word gedoen binne die tyd perk van son op tot son sak op die selfde dag.

Dit bestaan uit ʼn jag voël soos ʼn tarentaal, fisant of eend wat met die haelgeweer in die lug geskiet moet word. ‘n blesbok of swartwildebees wat te voet gejag moet word en dan ʼn forel wat met die vlieg stok gevang moet word. Dit alles moet gebeur in die maande van Mei tot Augustus elke jaar, spesifiek om seker te maak ons jag voëls broei nie meer nie.

ʼn Gewone McNab bestaan uit die selfde maar soos die oorspronklike storie word dit oor twee dae gedoen.

Daar is baie verskillende weergawes van die McNab uitdaging in Suid Afrika, veral in die Oos Kaap waar dit baie gewild is.

Bok spesies wissel van springbok, blesbok, swartwildebeeste en takbokke (fallow deer). Die voëls wat gejag word is geklassifiseer as jag voëls spesies en wissel van bosveld fisant (swainsons spurfowl), Natalse fisant (Natal spurfowl), rooivlerk patrys (red-winged francolin), berg patrys (grey-winged francolin), geelbek eend (yellow-billed duck) of kolgans (Egyptian goose). Die vis is normaalweg ʼn forel wat met vlieghengel uitrusting gevang word in strome of damme.

Ons fokus by FFF Safaris egter om so hard as moontlik te werk om die deelnemers ʼn geleentheid te gee om die McNab te voltooi, maar dat die deelnemers dit moet geniet.

Dit word duidelik aan die deel nemers gestel dat die McNab uitdaging net dit is ‘n uitdaging en nie ʼn onderlinge kompetisie tussen mekaar nie. Ons vat elke been van die uitdaging soos dit kom en ons doen elke gedeelte voluit om vir die deelnemers die beste moontlike kans te gee om die Royal McNab of McNab te voltooi.

Dit beteken dat ek as gids nie net die gids is nie, maar tyd meester wat baie mooi die horlosie moet dop hou, “afrigter” en sielkundige wat baie keer moet mooi praat om die deelnemers gemotiveerd te hou - en nog baie meer.

Om ʼn McNab suksesvol te kan voltooi moet n deelnemer behendig wees met drie fasette. Haelgeweer skiet / jag. Geweer of boog jag en vlieg hengel.

Baie deelnemers sal vertel dat hulle gereeld kleiduiwe skiet of selfs duiwe op sonneblom lande. Ons verduidelik egter nog steeds die basiese beginsels van haelgeweer skiet en dat dit bitter belangrik is om jou skoot deur te volg en nie te stop met die swaai van die hael geweer as die skoot geskiet word nie.

Met manne wat gewoond is aan klei duiwe skiet verduidelik ek vir hulle die deur volg as n BBB – BANG.... Die voorste korrel van die haelgeweer moet van agter deur die voel swaai. Eerste moet jy die (Bum) sien, dan die (Belly) en dan die (Beak) en dan voor die (Beak) deur swaai en dan die sneller druk en bly deur volg.

Ons jag voëls spesies lyk bedrieglik groot en stadig as hulle vlieg maar ʼn haelgeweer skut moet wakker wees om sy skoot te laat tel.

Spesies soos ʼn tarentaal laat ʼn jagter hard werk om naby genoeg te kom voor ons ʼn skoot skiet want hulle hardloop dat dit bars as hulle onraad vermoed. Ander spesies soos ons fisante en patryse sal sit en wag tot ons amper op hulle trap voor hulle onder ons voete uit ontplof. Die jagter moet dan oor sy skrik kom en ʼn akkurate skoot geskiet kan kry. Die water voëls kan ook ʼn groot uitdaging wees om op die regte plek langs die water stelling in te neem vroeg oggend om naby genoeg te wees om ʼn skoot geskiet te kry. Menige maal het ek gesien hoe die jagters dan agter die jag voëls verby skiet want hulle kan baie bedrieglik vlieg.

Wanneer dit kom met die bok jag hier in die Dullstroom omgewing word daar ʼn blesbok of swart wildebees gejag. Takbok is baie op aanvraag maar ongelukkig het ons nie baie op konsessie beskikbaar nie. Die meeste jagters is daar aan gewoond om ʼn blesbok of swartwildebeest van die jag voertuig af te skiet. Dit gebeur egter nie by ons nie. Die bokke word gejag op die voete en is ʼn groot uitdaaging hier op die platorand. Skote wissel van 80-200m.

Met die forel hengel weet ons wat vlieglyn gooi vir forel dat die vis baie vol dinge kan wees. Veral in die winter maande wanneer die koue fronte oor die land gerol kom en dan nie net sterk koue weste winde bring, baie keer tot 40km/h plus, maar ook die barometer wat vinnig op en af laat beweeg. Dit alles het ʼn groot invloed op die vis en soms maak dit nie saak hoe hard ʼn deelnemer probeer en watter vlieg gegooi word nie, die vis wil eenvoudig net nie saam speel nie.

Die Uitdaging

Ons begin die middag voor die uitdaging wanneer die deelnemers op die plaas aankom.

Rustig uit pak en dan gaan skiet ons gou die gewere in op die 100m baan. Hier laat ek die deelnemers oor stabiele skiet stokke skiet sodat ek as gids myself kan vergewis van die deelnemer se skiet vermoë en ons gebruik die geleentheid om die deelnemers rustig te kry en seker te maak hulle gewere is in gestel. Sou die deelnemers dit versoek kan ons dan ook ʼn paar klei duiwe met die hael gewere skiet.

FFF Safaris gebruik dan ook die geleentheid om die deelnemers bietjie agtergrond oor die area te gee en dan ook die verrigtinge van die volgende oggend te bespreek.

Terselfde tyd gaan ons dan ook deur inligting soos die skoot plasing op die bok en voëls en wat se vlieglyne, vlieë, ens, ek verkies. Ons gaan ook die vlieglyne se voorslag na om seker te maak alles is in plek vir die volgende dag.

Die volgende oggend is ek by die deelnemers rondom 05:45 net voor die son

Ons begin die dag met die voëls en normaal weg is tarentale die spesie wat ons teiken. Net soos die son sy kop uitsteek is hulle lief om in die lande te wei voordat hulle die res van die dag in die klowe op die buur plase verdwyn.

Ons jag die tarentale tot en met 9:00. As ons nie reg gekom het nie los ons hulle vir laat middag. Dit is vir ons belangrik om nie te veel druk op die voëls of wild te sit nie. As ons rustig is raak die voëls en wild rustig en ons kry ʼn beter kans om suksesvol te wees.

Tweede Been: Bok Jag

Rondom 9:00 gaan drink ons gou ʼn koppie koffie en kry iets in die deelnemers se mae voordat ons veld toe gaan met die gewere om blesbok of swart wildebeeste te gaan jag.

By FFF Safaris verkies ons 'n minimum kaliber van 6.5mm maar sal wel ʼn 6mm kaliber toelaat. Die 6mm kaliber is in my ondervinding aan die ligte kant vir meeste jagters, want skoot plasing moet perfek wees en dit gebeur nie altyd in veld skiet / jag posisies nie. Dus verkies ek ʼn groter kaliber.

Wild hier op die platorand maak baie van hulle sig gebruik om jagters te sien. Ons het menige kere blesbokke of swart wildebeeste op ʼn afstand van 1200m met die laser gemeet en dan staan hulle vir die Cruiser wat ons gestop het en kyk.

Die uitdaaging hier is om die bokke uit te oorle deur die kontoere / rante en dooie grond van die area te gebruik sodat hulle nie bewus is van jou nie en dan verkieslik binne 150m van ʼn bok wat ons wil skiet te kom. Ons werk hard om seker te maak die jagter het net een skoot nodig want as dit dalk ʼn kwes of mis skoot is kan dit baie vinnig tyd steel vir die res van die dag se beplanning twee jagters of deelnemers per dag te gids.

As dinge mooi loop en die skote val reg is ons min of meer in die 14:00 omgewing klaar met die bok jag gedeelte en nou is dit tyd om vlieg te gaan gooi vir ʼn honger forel.

Derde Been: Forel

As die oggend se tarentaal jag goed verloop, het hengelaars genoeg tyd om rustig vlieg te gooi en ʼn forel te flous.

Hier help ons graag die hengelaars deur seker te maak die voorslag is reg gebind, die vlieë wat hulle gebruik is reg en dat hulle op die regte diepte hengel.

Enige een van die drie bene van die McNab kan ʼn deelnemer pootjie.

Ons het dit al gehad dat die weer draai en ʼn koue ooste wind druk digte mis oor die platorand. Dan is dit werklike uitdaging met Moeder Natuur wat ook saam kan of wil speel.

Ons sê altyd vir die deelnemers ons moet vat wat die veld ons gee en as Moeder Natuur vir ons ʼn moeilike weer dag gee moet ons dit ook geniet. Ons het al McNab gedoen waar die maksimum temperatuur nie veel meer as 6C was nie.

Dit is nie maklik om 'n Royal McNab op die Platorand gedoen te kry nie. Meeste van die kere is dit of die voel of die vis wat nie wil saam speel nie, maar die deelnemers wat dit wel reg kry kan opreg trots wees.

Wat almal wel sê is dat hulle die uitdaging terdeë geniet het en dat hulle dit verseker weer gaan kom doen. Nie omdat hulle nie McNab kon voltooi nie, maar omdat daardie ervaring inderdaad uniek is.

Vir korporatiewe groepe kan ons ook ʼn McNab uitdaging aanbied waar ons tot vyftien lede kan akkommodeer wat ʼn ware spanbou sessie is.

Lede word in spanne van drie ingedeel. Ons gee elke span die geleentheid om kleiduif te skiet vir punte, dan geweer te skiet vir punte op 100m.

En dan vir die derde gedeelte hengel die spanne vir forel. Elke lid kan een forel laat meet. Forel wat gevang word gemeet en elke sentimeter is ʼn punt vir die span.

Aan die einde van die dag word al die punte bymekaar getel en so word die wen spanne bepaal en spanbou terdeë geniet.

This article is from: