Plek van die Sponsvreters "Dit is soos om vir die eerste keer seks te hê, en dan meteens te besef dat jy dit al 'n geruime tyd gelede kon ervaar het as jy jouself net vroeër al toegelaat het om die kat in die donker te knyp."
Hennie Viljoen Sterkfontein Dam is een van daardie bestemmings wat jy nie vir iemand met woorde alleen kan beskryf nie. Jy kan selfs nie hierdie magiese plek geregtigheid doen met foto’s of videomateriaal nie. As jy in SuidAfrika bly en enigsins in vlieghengel belangstel, is dit moeilik om nie bewus te wees van Sterkfontein Dam en die legendariese droëvlieg en sighengel geleenthede wat dit vir die kranige vlieghengelaar bied nie. Soveel mense verwys na Sterkies (soos die meeste plaaslike inwoners dit noem) as 'n wêreldklas vlieghengel bestemming, en sommige mense gaan so vêr as om te sê dat dit moontlik die beste stilwater droëvlieg hengel bestemming ter wêreld is… Vir die een of ander onverklaarbare rede het ek nog nooit Sterkfontein Dam besoek tot ongeveer 2 jaar gelede nie. Tot my absolute ellende het ek toe ontdek dat ek nog al hierdie tyd wat ek in Suid-Afrika vlieghengel (21 jaar) myself nog nooit toegelaat het om hierdie asemrowende plek te beleef nie. Dit is soos om vir die eerste keer seks te hê, en dan meteens te besef dat jy dit al 'n geruime tyd gelede kon ervaar het, as jy jouself net vroeër al toegelaat het om die kat in die donker te knyp. In elk geval... So, nadat ek met baie van my vriende en mede vlieghengelaars gepraat het, wat al vantevore by Sterkies was, het ek vir David Weaver gebel. Hy was hoogs aanbeveel en sommige mense www.saflyfishingmag.co.za
beweer dat hy die Sterkfonteindam Zenmeester is. Die man, die legende, “Dawie Gras” homself... Snaaks genoeg, ek is gebore in Harrismith, en beide my pa en ma se families het daar geboer, vir generasies lank. So dit was ook vir my ‘n tipe van ‘n tuiskoms uittog, onder andere. Ek het met David oor die telefoon gepraat, en hy het geklink soos 'n kom tot die punt toe tipe ou, geen strooi praat nie. Alhoewel ek rondom daai stadium van die geveg toe redelik skepties was, het ek nogtans 'n bespreking met David vasgemaak en toe begin voorberei vir my maagdelike reis na die legendariese Sterkfontein Dam. Daardie aand het ek 'n e-pos van David ontvang, met 'n paar waardevolle inligtingstukke aangeheg. Dit was met betrekking tot Sterkfontein Dam se uitgeslape geelvis, die vlieë wat werk, wat 'n mens alles moet saamvat, sowel as voorgestelde tegnieke. Ek kon sien hierdie man het geweet waarvan hy praat, en dit het my regtig gemoedsrus aangaande die hele situasie gegee. 'n Goeie vriend van my, Emile Smit, was ook baie gretig om Sterkfontein Dam te gaan verken; só het ek hom toe saam genooi. Hy is nie eintlik 'n baie goeie vlieghengelaar (of in werklikheid selfs 'n goeie vriend) nie, maar ons het met sy bakkie gery, en dit het my darem 'n paar rand aan brandstof onkostes gespaar... 23
Return to contents