THE GOOD DOCTOR'S BEETLE Hennie Viljoen
Hier is die materiaal lys, asook ‘n oorsig van die sponsbehandeling proses (julle almal skuld my ‘n bier), want is ek is ‘n lekker ou: GEBRUIK SLEGS EGTE HERITAGE CRAFT PRODUKTE! • Seal Skin deur Heritage Paints • Copper - STUDENT’S ACRYLIC METALLIC COLOURS • Amethyst - STUDENT’S ACRYLIC METALLIC COLOURS • Purple Navy - STUDENT’S ACRYLIC 250MLSTANDARD COLOURS • 2mm Swart spons • 6mm Liquid lace van ‘n krale/kuns winkel (dis wat die Dok gebruik) of dan alternatiewelik rubberbene • Ice Dub Holo Copper, Holo Golden Orange of Rusty Orange dubbing - Koper Besie • Ice Dub UV Brown of UV black dubbing – Pers besie
• Bruin hackle - Koper besie • Swart hackle - Pers besie • Grip 14723BL weerhaaklose hoeke in #8 en #6 * Sny die spons skuins, teen 'n hoek van so 30 grade aan beide kante. 7mm breed vir #8 en 8mm breed vir #6. ‘n Skalpel of 'n Minora lemmetjie werk die beste vir die oefening *Meng 2 dele Purple Navy tot 1 deel Amethyst * Verf die gesnyde spons met jou gekose kleur (bo en onder), en droog dan vir 24 uur * Doop in Seal Skin en droog dan weer vir 24 uur * Doop weer in die Seal Skin 1 uur voordat jy met die spons gaan begin bind (dis ‘n baie waardevolle stukkie advies van my goeie vriend Wim Slabber, ‘n bobaas veearts op Harrismith) * Maak seker dat enige lugborrels wat vasgevang word tussen die Seal Skin en die spons met ‘n naald stukkend gesteek word, wanneer jy begin bind