Advertisement
The "Sandra Cronje" user's logo

Sandra Cronje

Harrismith, South Africa

Op 50+ sukkel ek om te weet wie ek is, maar party van die vrae in my kop kan ek beantwoord. Ek is in Mafeking gebore, geskool op Kameel en Sannieshof. My feite het ek in Pretoria gekry en is besig om op Harrismith my gees te vind. As ek kon kies - sou ek wou skryf en konsert hou (die konsert gedeelte doen ek want ek hou skool) wat dit is wat ek doen. Ek sou heeldag by Hennie wil wees en meer vreugde in die wêreld wou beleef. Ons almal is maar dieselfde wanneer dit by stories kom - sommige stories glip uit en ander bêre ons diep. Die beste boek wat ek vir jare gelees het was Ettienne van Heerden se "Instede van die Liefde". Duiwe wat dwelms smokkel hou alles by mekaar op Matjiesfontein. Die fliek wat my die meeste geraak het is "What Dreams may Come" Die liefde tussen 'n dokter en 'n kunstenaar is ongelooflik . . en dan natuurlik "The Notebook" Die beste musiek bly Neil Diamond se "Done to soon" en Jonathan Livingstone Seagull. Ek geniet dit om te skryf seker omdat ek nie kan sing of ballet ka

Publications