![](https://assets.isu.pub/document-structure/201111092101-1f5e1bb126f8c822500f97188b72275c/v1/755577bdc4636bd90cae65063dca8993.jpg?width=720&quality=85%2C50)
2 minute read
Verandering – Onherroeplik op ‘n nuwe toekomspad
Solidariteit se Werkherstelprogram is nie ’n vinnige reaksie op die koronakrisis nie, maar die resultaat van TOEKOMSVISIE, sterk LEIERSKAP en 20 jaar se BEPLANNING en HARDE WERK.
Versnelde verandering
Advertisement
aar is geen twyfel nie dat die wêreld vir altyd deur die Covid-19-pandemie verander is. ’n Nuwe era van werk word vinniger ’n werklikheid as wat kenners voorspel het en dit vereis veerkragtigheid van individue en die instellings waarbinne hulle funksioneer om by die verandering aan te pas.
Die Solidariteit Netwerk van Werk is reeds in 2019 tydens die vergadering van Solidariteit se Nasionale Raad goedgekeur. Die raadslede sou nooit kon raai dat dié besluit die antwoord sou wees vir ’n krisis wat ’n jaar later ontstaan het nie. In 2019 is goedgekeur dat R4,5 miljard oor die volgende vyf jaar in die toekoms belê kan word sodat Solidariteit se lede vry, veilig en voorspoedig kan werk. Die Solidariteit Netwerk van Werk is ingestel om Solidariteit-lede en hulle gemeenskappe toe te rus om sterker in die wêreld van werk te wees, deur saam met lede op hulle loopbaanpad te stap.
Die besluit in 2019 om die Netwerk van Werk te loods, het verskeie prosesse aan die gang gesit om dit te verwesenlik. Die 2019-besluit was egter nie die begin nie, maar die uitkoms van 20 jaar se beplanning en harde werk.
In 2020 tref Covid-19 die wêreld en veroorsaak chaos en grootskaalse ellende. Hoewel die virus tans redelik in bedwang is, is die ekonomiese krisis- punt nog nie bereik nie. Die Suid-Afrikaanse regering se lomp hantering van die krisis is skandelik, met noodfondse wat geplunder word en hulp wat volgens ras pleks van verdienste toegeken word. Solidariteit besef weer eens dat ons nie op die regering kan staatmaak vir bystand nie. Dit maak ons egter nie benoud nie, maar bevry ons.
Solidariteit-lede gaan nie die uitwerking van die pandemie kan vryspring nie. Daarom het Solidariteit sy Werkherstelprogram bekend gestel. Die krag van hierdie program lê daarin
dat dit nie bloot ’n vinnige reaksie is op ’n krisis wat ons onkant gevang het nie. Dit is ’n plan wat oor jare ontwikkel is, verdere momentum in 2019 gekry het en nou versnel moet word. Die Werkherstelprogram plaas Solida- riteit ook onherroeplik op ’n nuwe pad vir die toekoms.
Talle elemente van die program is nie nuut nie, maar alles gaan wel vinniger en groter gebeur. Solidariteit se Werkherstelprogram is die grootste opstaanprogram in sy bestaan van 118 jaar. Ons is ontwerp om krisisse te hanteer. Hoe groter die krisis, hoe groter die opstaan. Ons het begro- tings heropgestel en nuut toegeken. Daar gaan oor die volgende vyf jaar ongeveer R4,8 miljard spandeer word aan werkherstel binne die groter Solidariteit Netwerk, wat uit werk- en opleidingsinstellings bestaan. Dit is nie ’n regeringsprogram nie, maar ’n gemeenskapsprogram. Ons toekoms gaan nie deur ’n onbekwame staat bepaal word nie, maar deur onsself. Ons sal self!
![](https://assets.isu.pub/document-structure/201111092101-1f5e1bb126f8c822500f97188b72275c/v1/02163beabfc19fff975ec2e4affa57fe.jpg?width=720&quality=85%2C50)