6 minute read

Fiskale afgrond – Mboweni die toorkunstenaar

Die arbeidshof het reeds op 28 Augustus ʼn dringende aansoek ingevolge ʼn klag van minagting van die hof teen Denel aan Solidariteit toegestaan, omdat Denel die uitspraak teen hom op 4 Augustus verontagsaam het. Solidariteit is besig om ʼn lasbrief te kry om die agterstallige salarisse en ander fooie wat aan ons lede verskuldig is, te verhaal. Die volgehoue wanbetaling van salarisse en nienakoming van ander kontraktuele en statutêre verpligtinge is ʼn eensydige verandering aan diensvoorwaardes.”

~ Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit ~

Advertisement

Dit was ook nie aanvaarbaar nie dat Sasol onlangs met ’n afleggingsproses begin het en terselfdertyd aangekondig het dat die twee vorige gesamentlike uitvoerende hoofde, wat die trekpas weens swak prestasie gekry het, in hul laaste jaar gesamentlik R96 miljoen in vergoeding ontvang het.

RAMPBESTUURREGULASIES

Die laaste breuklyn lê in die regering se drakoniese rampbestuurregulasies wat verminderde ekonomiese aktiwiteit tot ’n krisistoestand gevoer het. Eers toe die druk op die regering onuithoudbaar geword het, is regulasies verslap; helaas te laat. Dit is ’n uitvloeisel van die bestaande vernietigende praktyk van oorregulering van alle ekonomiese sektore wat saam met sistemiese korrupsie die grootste vyand van werkskepping is.

As Winston Churchill se bekende standpunt dat ’n “krisis nie vermors moet word nie” uitgevoer kan word, kan ekonomiese herstel ná Covid-19 versnel, mits die drie hoofrolspelers in arbeidsverhoudinge – vakbonde, werkge- wers en die regering – hul direkte aandeel in die breuklyne besef en die kopskuiwe maak om ten goede te verander.

SOLIDARITEIT WIL VOORBEELD STEL

Solidariteit wil ’n voorbeeld stel en sélf van die breuklyne regstel. Daarom fokus Solidariteit se Werkherstelprogram op werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge.

Die Werkherstelplan het ten doel om deur die korrekte arbeidsverhoudingepraktyke proaktiewe stappe in werkplekke reg oor Suid-Afrika in te stel om ’n daadwerklike verskil te maak sodat werkverliese sover moontlik beperk word.

Die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge moet baie meer belangegebaseerd en minder konflikgebaseerd wees, en samewerking tussen die rolspelers gaan nodig wees om die volhoubaarheid van ondernemings in die hand te werk.

FISKALE AFGROND onafwendbaar op dié trajek

Solidariteit het einde Oktober in reaksie op die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk fel kritiek gelewer op Mboweni wat, volgens Solidariteit, meer soos ’n toorkunstenaar as ’n minister tydens die toespraak opgetree het.

“Die syfers en aannames is absurd. Die waarheid is dat ons vanjaar sowat R700 miljard meer as ons belastingopbrengs wil spandeer en dat ons vir die volgende drie jaar telkens meer as R500 miljard bó opbrengs vir elke jaar wil spandeer. Wat stabilisering van skuld behels, moet ons maar net glo dat dit teen 2026 magies gaan begin gebeur waar dit oor die afgelope dekade bykans jaarliks selfs bo pessimis- tiese verwagtinge verswak het,” het Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit, gesê.

Solidariteit meen dat die minister se aannames op ’n naïewe en misplaaste vertroue in die doel- treffendheid en eerlikheid van sy eie party gebaseer is.

Malan verduidelik: “Wanneer die minister van finansies aandui dat die enigste manier vir ’n plan om te werk is dat daar geen lekkasies en ongerymdhede is nie, dan weet jy dat daar geweldige moeilikheid is. Ons kan nie die Die rente op skuld bedra 4,8% van die land se bruto binnelandse produk (BBP). Die BBP was in 2019 R5 078 miljard en sal krimp tot R4 885 miljard. geweldige en deurlopende korrupsie wat hierdie land beleef, sommer net wegwens nie. Insgelyks kan ons nie aanvaar dat dieselfde beleid van die afgelope 10 jaar nou skielik gaan begin werk nie.”

Solidariteit het ook die besluit van die minister om ’n verdere reddingsboei van R10,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toe te ken, ten sterkste veroordeel.

“Ons regering bestee vanjaar 50 keer meer aan die SAL as aan die totale noodbefondsing vir die toerismesektor. Verder besnoei ons op broodnodige fondse vir sukkelende bedrywe net sodat die regering hierdie ydelheidsprojek aan die gang kan hou. Hoewel dit waar is dat die lugvaartbedryf van kardinale belang is vir die ekonomie, is dit hoegenaamd nie waar vir hierdie lugdiens nie,” meen Malan.

“Die minister maak die regte geluide oor die impak wat verhoogde belasting en ’n toename in besteding sal hê, maar die regering gaan skynbaar daarmee voort. Mboweni identifiseer tereg dat ’n toename in belasting en ’n toename in besteding die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit goed sal doen, en tog is daar geen duidelike planne om enigeen van hierdie twee te besnoei

nie,” het Malan gesê. SALARISREKENING Daar word verwag dat die staat se salarisrekening van vanjaar tot 2024 met byna R311 miljard besnoei moet word. Sowat 80% van die besnoeiings moet plaasvind in gesondheid, onderrig en kultuur, en veiligheid en verdediging.

Koester geliefdes se KOSBARE HERINNERINGE

ie Covid-19-pandemie en die gevolglike nasionale inperking het ons hele manier van lewe verander. Dit het ook verander hoe ons hulde bring aan geliefdes wat ons aan die dood afgestaan het.

Die aanvanklike beperkings op beweging tussen provinsies, die aantal mense wat ’n begrafnis mag bywoon, en fisieke kontak het Suid-Afrikaners verhinder om bymekaar te kom om saam oor hul afgestorwe geliefdes te treur. Selfs noudat die regulasies verslap is, kan baie mense steeds nie ver reis of in groot groepe bymekaarkom nie.

Sanlam se antwoord hierop is The Memory Collection, ’n webtuiste waar mense kosbare herinneringe aan geliefdes wat onlangs heengegaan het, met mekaar kan deel.

TYD VIR DINGE WAT WERKLIK SAAKMAAK

“Sanlam betaal die meeste begrafnis- eise binne vier ure uit sodat die familie tyd het vir wat regtig saakmaak – hulle herinneringe aan hulle geliefde,” sê Jabulile Smith, bemarkingsbestuurder by Sanlam Developing Markets (SDM).

“Selfs al kan almal wat agterbly steeds nie bymekaarkom nie, kan ons naby mekaar voel as ons ons herinne- ringe met mekaar deel. Dit is presies hoekom ons The Memory Collection geskep het. Dit is ’n gepaste manier waarop Suid-Afrikaners saam hulde kan bring aan iemand wat onlangs oorlede is.”

Jy kan foto’s en stemnotas op die webtuiste laai, asook stories oor jou afgestorwe geliefdes met ander deel. Dit word alles by The Memory Collection gevoeg, wat enigiemand aanlyn kan kry.

NUWE MANIERE OM AFSKEID TE NEEM

’n Begrafnis het besonderse betekenis in al die kulture in Suid-Afrika. Dit gee mense die kosbare geleentheid om saam te kom en op hul eie manier afskeid van ’n geliefde te neem.

Die feit dat gesondheidsoorwegings en groot afstande steeds verhinder dat sommige families kan saamkom, beteken daar is steeds ’n behoefte aan digitale maniere om mense bymekaar te bring om saam te kan rou. The Memory Collection vervul hierdie rol.

Baie begrafnisse word deesdae regstreeks gestroom, en talle gedenkdienste word ook aanlyn gehou.

“Ons rituele, gebruike en tradisies is baie belangrik in die proses om ’n geliefde se dood te verwerk,” sê Smith. “Die emosionele ontlading wat jy ervaar wanneer jy jou herinneringe met ander deel, vorm ’n groot deel hiervan. The Memory Collection gee jou die geleentheid om openlik te betuig wat iemand spesiaals alles vir jou beteken het.”

Vir meer inligting oor The Memory Collection en om jou spesiale herinneringe met ander te deel, besoek www.thememorycollection.co.za • SDM is ’n Gelisensieerde

Lewensversekeraar en ’n

Gemagtigde Verskaffer van

Finansiële Dienste.

This article is from: