Die arbeidshof het reeds op 28 Augustus ʼn dringende aansoek ingevolge ʼn klag van minagting van die hof teen Denel aan Solidariteit toegestaan, omdat Denel die uitspraak teen hom op 4 Augustus verontagsaam het. Solidariteit is besig om ʼn lasbrief te kry om die agterstallige salarisse en ander fooie wat aan ons lede verskuldig is, te verhaal. Die volgehoue wanbetaling van salarisse en nienakoming van ander kontraktuele en statutêre verpligtinge is ʼn eensydige verandering aan diensvoorwaardes.” ~ Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit ~
Dit was ook nie aanvaarbaar nie dat Sasol onlangs met ’n afleggingsproses begin het en terselfdertyd aangekondig het dat die twee vorige gesamentlike uitvoerende hoofde, wat die trekpas weens swak prestasie gekry het, in hul laaste jaar gesamentlik R96 miljoen in vergoeding ontvang het.
RAMPBESTUURREGULASIES Die laaste breuklyn lê in die regering se drakoniese rampbestuurregulasies wat verminderde ekonomiese aktiwiteit tot ’n krisistoestand gevoer het. Eers toe die druk op die regering onuithoudbaar geword het, is regulasies verslap; helaas te laat. Dit is ’n uitvloeisel van die bestaande vernietigende praktyk van oorregulering van alle ekonomiese sektore wat saam met sistemiese korrupsie die grootste vyand van werkskepping is. As Winston Churchill se bekende standpunt dat ’n “krisis nie vermors moet word nie” uitgevoer kan word, kan ekonomiese herstel ná Covid-19 versnel, mits die drie hoofrolspelers in arbeidsverhoudinge – vakbonde, werkgewers en die regering – hul direkte aandeel in die breuklyne besef en die kopskuiwe maak om ten goede te verander.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
SOLIDARITEIT WIL VOORBEELD STEL Solidariteit wil ’n voorbeeld stel en sélf van die breuklyne regstel. Daarom fokus Solidariteit se Werkherstelprogram op werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge. Die Werkherstelplan het ten doel om deur die korrekte arbeidsverhoudingepraktyke proaktiewe stappe in werkplekke reg oor Suid-Afrika in te stel om ’n daadwerklike verskil te maak sodat werkverliese sover moontlik beperk word. Die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge moet baie meer belangegebaseerd en minder konflikgebaseerd wees, en samewerking tussen die rolspelers gaan nodig wees om die volhoubaarheid van ondernemings in die hand te werk.
FISKALE AFGROND onafwendbaar op dié trajek
S
olidariteit het einde Oktober in reaksie op die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk fel kritiek gelewer op Mboweni wat, volgens Solidariteit, meer soos ’n toorkunstenaar as ’n minister tydens die toespraak opgetree het. “Die syfers en aannames is absurd. Die waarheid is dat ons vanjaar sowat R700 miljard meer as ons belastingopbrengs wil spandeer en dat ons vir die volgende drie jaar telkens meer as R500 miljard bó opbrengs vir elke jaar wil spandeer. Wat stabilisering van skuld behels, moet ons maar net glo dat dit teen 2026 magies gaan begin gebeur waar dit oor die afgelope dekade bykans jaarliks selfs bo pessimistiese verwagtinge verswak het,” het Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit, gesê. Solidariteit meen dat die minister se aannames op ’n naïewe en misplaaste vertroue in die doeltreffendheid en eerlikheid van sy eie party gebaseer is. Malan verduidelik: “Wanneer die minister van finansies aandui dat die enigste manier vir ’n plan om te werk is dat daar geen lekkasies en ongerymdhede is nie, dan weet jy dat daar geweldige moeilikheid is. Ons kan nie die Die rente op skuld bedra 4,8% van die land se bruto binnelandse produk (BBP). Die BBP was in 2019 R5 078 miljard en sal krimp tot R4 885 miljard.
geweldige en deurlopende korrupsie wat hierdie land beleef, sommer net wegwens nie. Insgelyks kan ons nie aanvaar dat dieselfde beleid van die afgelope 10 jaar nou skielik gaan begin werk nie.” Solidariteit het ook die besluit van die minister om ’n verdere reddingsboei van R10,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toe te ken, ten sterkste veroordeel. “Ons regering bestee vanjaar 50 keer meer aan die SAL as aan die totale noodbefondsing vir die toerismesektor. Verder besnoei ons op broodnodige fondse vir sukkelende bedrywe net sodat die regering hierdie ydelheidsprojek aan die gang kan hou. Hoewel dit waar is dat die lugvaartbedryf van kardinale belang is vir die ekonomie, is dit hoegenaamd nie waar vir hierdie lugdiens nie,” meen Malan. “Die minister maak die regte geluide oor die impak wat verhoogde belasting en ’n toename in besteding sal hê, maar die regering gaan skynbaar daarmee voort. Mboweni identifiseer tereg dat ’n toename in belasting en ’n toename in besteding die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit goed sal doen, en tog is daar geen duidelike planne om enigeen van hierdie twee te besnoei nie,” het Malan gesê.
SALARISREKENING Daar word verwag dat die staat se salarisrekening van vanjaar tot 2024 met byna R311 miljard besnoei moet word. Sowat 80% van die besnoeiings moet plaasvind in gesondheid, onderrig en kultuur, en veiligheid en verdediging.
www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020
23