(Continued from page 62)
intrapersoonlike vlak: Die individu se subjektiewe belewenis mag manifesteer as spanning, angs en selfs paniek.) Indien die situasie voortduur, kan dit ernstige en selfs chaotiese gevolge vir die besigheid inhou. Die besigheid mag inmekaar tuimel en staak om enigsins voort te gaan. (Die mens kan “ingee” en voel hy of sy kan nie verder voortgaan nie.) So kan materiaal wat daagliks uit die mens se onderbewussyn “getrek” word, gedurende slaap weer “geliasseer” word in die onderbewuste om “ontbied” te word wanneer dit benodig word. (Vgl. Metaphors for selected psychological concepts in Psychotherapy.co.za C. Mommsen, D.Phil., M.A. Kliniese Sielkunde, EEG Tegnikus). In ‘n Amerikaanse tydskrif artikel getiteld: Impact of sleep Deprivation on Police Performance, vind die outeurs veral die volgende: Deprivation on Research shows that fatigued officers: Use more sick leave. Practice inappropriate uses of force more frequently. Become involved in more vehicle accidents. Experience more accidental injuries. Have more difficulty dealing with community members and other law enforcement agencies. Have a higher likelihood of dying in the line of duty. Bron: National Institute of Justice, "Impact of Sleep Deprivation on Police Performance," January 5, 2009, nij.ojp.gov: https://nij.ojp.gov/topics/ articles/impact-sleep-deprivation-policeperformance Die volgende wenke om slaapdeprivasie teen te werk is uitgegee deur Verywell Health by: newsletters@email.verywell.com "Die impak van slaap onthouding kan inmeng met ‘n mens se vermoë om helder te dink, te konsentreer, nuwe materiaal aan te leer en goed deurdagte besluite te neem en selfs om sinvol met ander in interaksie te tree. Ondersoeke het gevind dat slaapdeprivasie mens se vermoë om dadelik inhoude na die bewuste te roep, wat mag lei tot foute binne die werksituasie. Daar is gevind dat slaapdeprivasie responstyd ten opsigte van oog-hand-koördinasie gevaarlik kan inhibeer. So het navorsing met bestuursnaboortsers gewys dat slaap gedepriweerdheid net so gevaarlik mag wees soos bestuur onder die invloed van alkohol.
Daar is ook ‘n verband tussen slaapdeprivasie en gesondheidsake. Alhoewel die meeste newe effekte van slaapdeprivasie minder ernstig en omkeerbaar is, kan dit toenemend ernstig word insluitend: Sleeptong-spraak, bewing, hangende ooglede en onbeheersde oogbewegings, toenemende sensitiwiteit ten opsigte van pyn Vernderinge in kernfunksies (liggaamstemperatuur, bloeddruk hartklop en asemhalingspoed. Hormonale veranderinge ‘n Oormaat van stres op die skildklier Verswakte glukose toleransie (‘n risiko vir diabetes en gewigstoename) Verlaagde immuniteitsfunksie (toenemende risiko vir siektes) Die rol van Adenosien gedurende vaakheid Adenosien is ‘n neweproduk van die metabolisme wat in die brein akkumuleer gedurende waaksaamheid. Hoe langer mens wakker is, hoe meer Adenosiene hoop op en hoe meer mens van hierdie stof in jou brein het, hoe vaker word jy. Wanneer mens slaap, word Adenosien uitgeskei. As mens nie genoeg slaap nie, sal residuele Adenosien lei tot ‘n voortdurende gevoel van vaakheid. 1: Beter Slaap, Beter Jy Bepaal jou nagtelike slaap behoefte Jou nagtelike slaapbehoefte is die hoeveelheid slaap wat jou liggaam nodig het om verfris en uitgerus te voel. Dit word hoofsaaklik geneties bepaal (die bekende 8 uur aanbeveling is ‘n gemiddeld, nie ‘n reël nie) Plus, slaapbehoeftes verander gedurende ‘n mens se leeftyd. Indien jy vermoed dat jy nie genoeg slaap kry nie, probeer die volgende stappe om te bepaal hoeveel slaap genoeg is vir jou: • Identifiseer ‘n week of lang naweek waartydens jy jou dag later as gewoonlik kan begin. • Selekteer ‘n slaaptyd en hou daarby vir die res van die toetsperiode. • Slaap solank as jy wil tot in die oggend moenie ‘n wekker stel nie; • Laat toe dat jou liggaam so lank slaap as wat dit wil. • Maak ‘n nota van hoe lank jy elke aand slaap • Na ‘n paar dae sal jou liggaam sy natuurlike slaap - waak ritmes bekend maak en jy sal
NONGQAI VOL 12 NO 2 FEBRUARY 2021
(Continued on page 64)
63