Intekenaars: ‘n Groentekweekhuis van Home Organics te WEN
tuinier die
SEPTEMBER 2010
vir alle tuinliefhebbers
SUID-AFRIKA
Wat kos die tuin? Spesiaal
Bak
Plantkombo’s
laventel en duisendblad
Die Maan
WAS EN AFNEEM
Kleur met Chris Beardshaw
R22.95 ANDER LANDE
R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 23 Augustus tot 20 September 2010
Dagsê Lente! Saai Saai
Plant Plant
Kweek Kweek
Maak Maak
Pynappels Pynappels en ‘n‘nUilhuis Spanspek Spanspek Platvygies vygies Uilhuis Plat Wennerrose Wennerrose Tuintafel Mosterd Mosterd en Clivias en ‘n Tuintafel Clivias Anysgeurige Anysgeurige10 Blomplante Droë ‘nklipmuur Droë Kruie Kruie klipmuur Blommeerjariges
10
September 2010 ARTIKELS
29 32 35 38 42 46 48 50
GEREELDE ARTIKELS
2 8 16 18 22 28 52 54 56 58 60 63 64
Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy
Breëblaarclivias Waar interessante hibriede vandaan kom en skoudatums vir September Orgideë Die sekslewe van orgideë Tuinontwerp ‘n Klein juweel in Gauteng Tuinontwerp uit die VK Chris Beardshaw se idees oor kleur Tuinbegroting ‘n Plan en begroting vir ‘n seetuin Goeie plantmaats Laventel en duisendblad Dagboek van ‘n Kaapse tuin Kevin Beaumont spring weg - kom leer saam Aalsmeer ‘n Kykie na die grootste blommemark ter wêreld
Welkom September - jou tuindagboek en streeksgids Brieweblad Maantuinmaak en jou maankalender Was en Afneem In die tuin saam met Tanya Plantprofiel DELOSPERMA cooperi Rosesorg vir September Hoe om nou wennerrose te kweek Vrugtemandjie Kweek pynappels Inheems met Jenny Dean Tosselbessies Kweek kruie Anysgeurige kruie Kombuistuin Sappige spanspekke – saai nou Tuinspeserye Mosterd Jou Troeteldiere ‘n Getwis oor bene
Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Fotografie Geoff Redman, David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 rustyc@dietuinier.co.za
MAAK
JOU LEEFPLEK MOOI 69
DDS Tuintafel met ‘n terranium
73
DDS Broeikas vir ‘n gevlekte ooruil
77
Vinnige DDS Wynbottelfakkel
78
Droë mure Gerald het klippe gekap en wys hoe die muur moet staan
TUINMARK 82
Nuus, produkte en pasellas
87
Steggiestukkies
88
Kleinadvertensies
92
Kruiwastorie Die generaals is nog hier!
RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES 11
Groen afsprake
14
Overberg Agri se lentetuinkompetisie
30
Obaro se Lentetuinkompetisie
45
Kitskleur Promosie Nieu-Guinee Impatiëns
65
3D watersones
80
Teken in op Die Tuinier Groentetuineenheid van Home Organic te wen
Subskripsies RNA 011 473 8700 subs@RNAD.co.za Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Anna Celliers, Chris Beardshaw, Debbie Smit, Di-Di Hoffman, Doug Newman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Plantae, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.
Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za
Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.
Welkom
D
ie langverwagte LENTE waarna ons geesdriftige tuiniers almal so uitgesien het, is uiteindelik hier en ek is verheug! Dit was ‘n strawwe winter met ongeëwenaarde lae temperature wat in sommige streke van ons land ervaar is. Dit is egter nou verby en dis tyd om vorentoe te kyk na die vreugdes wat hierdie wonderlike tyd van die jaar bied. Saam daarmee dat dit ‘n maand vol blommende vreugdes is, is dit ook Erfenisdag op 24 September en watter beter manier om ons nasie te vier as om ‘n vuurtjie aan te pak en ‘n fees voor te berei! Steek dus daardie vuurtjie aan, kry die familie en vriende bymekaar en Braai (4heritage) omdat ‘n vleisbraaiery in die een of ander vorm die gemeenskaplike erfenis is wat ons almal deel. Maak ‘n klompie heerlike sosaties en gebruik roosmaryntakkies uit jou tuin daarvoor, en pluk ‘n bietjie sitroentiemie om smaak aan hoenderstukke te gee. Ek kan nie wag nie – my mond water al klaar. Om meer uit te vind oor die konsep en die mense wat Braai4Heritage voorstaan – en vir ‘n paar koel braaivleisresepte – besoek www.braai4heritage.co.za. Van kruie en heerlike kos gepraat, die Gauteng Good Food and Wine Show vind van 23 tot 26 September plaas, vanaf 10:00 tot 21:00. Jy sal dit waarskynlik nie glo as ek sê wie daar gaan wees nie, maar ek sê maar in elk geval…James Martin! Van al die beroemde sjefs is hy beslis die liefling, en hy kom hierheen. James is geesdriftig daaroor om sy eie groente en kruie te kweek, en het, soos die meeste van ons, ‘n bietjie hulp nodig gehad om aan die gang te kom. Hy het Charlie Dimmock toe om tuinhulp genader en nou is hy ‘n kweek-jou-eie-fanatikus. Hy is nie net ‘n wonderlike sjef en entoesiastiese tuinier nie, maar dan is hy ook nog so ‘n mooi man! Maak dus ‘n afspraak – ek gaan beslis. Die Good Food and Wine Show vind by die Coca-Cola Koepel plaas. Baie ander wonderlike sjefs neem ook aan die skou deel en daar sal hope gebeur wat jou sal boei. Om meer uit te vind besoek www.gourmetsa.com. Jy het seker in verlede maand se uitgawe opgelet dat die inheemse plant FELICIA bergeriana (visvangerfelicia) die plant was waarop die Elands Emerald Collection gefokus het. Hierdie maand se plant is die immer betroubare Argyranthemum. Elands Kwekery het die versameling wat bestaan uit ‘n reeks plante van premium gehalte in potte verlede jaar bekend gestel. Vir elke Elands Emerald Collection-plant wat in 2010 verkoop word, skenk Elands Kwekery R1 aan Kinderwelsyn Suid-Afrika. Ek versoek jou om na die plaaslike tuinsentrum toe te gaan en vir die Elands Emerald Collection-madeliefies te vra. Hulle sal vir jou jare lank kleur gee en jy sal ‘n kind help – twee wonderlike dinge! Wel gedaan, Elands Kwekery. Jou September-dagboek is waarskynlik nou al propvol, maar jy moet nog twee datums indruk. Die eerste is die Chris Beardshaw-lesing (en jy het drie keuses: 14 September in Kaapstad, 15 September in KZN en 16 September in Johannesburg) en dan die beste jaarlikse tuinbougebeurtenis in Suid-Afrika: die Sunday Tribune Garden and Leisure Show in Pietermaritzburg (van 24 tot 26 September). As jy wonderlike tuine deur die voorste landskapontwerpers wil sien, kan jy eenvoudig nie die skou misloop nie. Daar is ook die prettige Ready, Steady, Plant waar jy ‘n bietjie tuinmaakdrama te midde van baie geskaterlag sal ervaar, en jy sal beslis ook ‘n paar goeie tuinmaakwenke kry. Ek sien werklik daarna uit om jou by een van hierdie gebeurtenisse te sien. Tot dan, mooi loop en lekker tuinmaak!
OP DIE VOORBLAD Lente is regtig hier wanneer duisende potjies en bakkies vol helderblommende PRIMULA acaulis die rakke van kwekerye versier. Kry gerus vir jou ook ‘n bietjie lenteplesier deur vensterbokse en vensterbanke te vul met hierdie kleurryke jaarplantjies wat vir baie weke nog in blom gaan bly. In die tuin, moet dit in ligte skaduwee geplant word.
Tanya geklee deur: Groen Kampioen
Besoek ons op:
w w w.d i e t u i n i e r.c o. za
SEPTEMBER TUINDAGBOEK
take
Tuin
Clivias vir skadu Wanneer die helderoranje blomme van clivias (CLIVIA miniata) begin oopgaan, dan weet ‘n mens die lente is amptelik hier. Hierdie bolplante met hulle glansende lintvormige blare en groot blomhofies helder die vaalste skaduhoekie op as hulle in groot getalle bymekaar geplant word. Clivias is ewe indrukwekkend in groot houers op ‘n skadyryke patio. Al wat jy hoef te doen om die blommeprag elke jaar te geniet, is om komposryke grond wat baie goed dreineer en gereelde water in die die somer te verskaf – in die winter hou hulle daarvan om ‘n bietjie droër te lewe. ‘n Paar handevol beenmeel en ‘n vars lagie kompos bo-oor die wortelstelsels in die laatwinter sal gevestigde plante gelukkig hou, maar dié in potte moet eenmaal per maand in die lente en somer ‘n dosis vloeibare misstof kry. Maak ‘n punt daarvan om hierdie maand ‘n clivia-skou in jou omgewing by te woon. Jy moet sien hoeveel pragtige hibriede gekweek is en ook sommer belê in ‘n paar geel blommende C. miniata ‘Citrina’.
Konfetti aan die bos
CLIVIA miniata ‘Citrina’
Ons is geseënd met ander inheemse spesies wat ook hulle harte uitblom in die lente soos die geharde COLEONEMA pulchellum met pienk blomme en C. album met wit blomme. Albei onse konfettibosse het, afgesien van hulle massas stervormige blommetjies, fyn aromatiese loof. Die plante verkies goeddreinerende amper sanderige grond en ‘n ligte snoei na die blomtyd om hulle dig te laat groei. Konfettibosse maak pragtige informele blomheinings of kan een-een gebruik word as vullerstruike. Jy kan drasties raak en hulle meer formeel snoei in balle, vierkante of enige ander siersnoeivorm ook. Die hibried C. ‘Sunset Gold’ met sy goudgeel loof, ligtepienk blomme en kompakte groeiwyse is heeljaar iets vir die oog.
Plant nou 10 Sjarmante meerjariges vir ‘n lentetuin Lente beteken baie blomme en dié met die beste blomkrag, is gewoonlik ou gunstelinge onder die meerjariges:
COLEONEMA album
8 l www.dietuinier.co.za GERANIUM incanum
AQUILEGIA x hibriede (akelei) – pragtige langsteel kothuistuinblomme met kantagtige varsgroen blare. GAURA lindheimeri (engelvlerkie) – ritse skoenlapperblomme aan lang stele. Die blomkleure wissel van sneeuwit tot sagte- en baie donkerpienk. Daar is heelwat mooi hibriede om van te kies. GERANIUM incanum (bergtee) – grondbedekkende plante met fyn en kantagtige dofgroen loof en massas perspienk blomme. DIASCIA x hibriede (pensie) – ‘n inheemse meerjarige met fantastiese blomkrag. Beskikbaar in ‘n wye reeks kleure van sagte pastelle tot helder oranje en waatlemoenrooi. FELICIA amelloides ‘Out of the Blue’ – mentgroen digte loofkussings afgerond met ‘n wolk van helderblou madeliefies.
DIASCIA ‘Coral Belle’
AQUILEGIA ‘Songbird’
IRIS x hibriede (baardiris) – ‘n groot groep plante wat nou beskikbaar is in kleurkombinasies vir elke smaak. LIMONIUM perezi (papierblom) – groot blomhofies met plat kreukelpapieragtige viooltjieblou en wit blommetjies. Uiters gehard! PHLOX subulata (rankfloksie) – pragtige grondbedekkers met massas wit, pienk en lila blommetjies. SCABIOSA columbaria ‘Butterfly Blue’ (koringblom) – uit digte polle grysgroen loof groei baie slanke stele met laventelblou blomme wat soos klein speldekussings lyk. VIOLA odorata ‘The Czar’ (soetviooltjie) – ‘n rankende grondbedekker met soetgeurige donkerpersblou blomme.
Blitswenk Jy kan die blomme-oes van groot meerjariges wat in die winter dormant was en nou in die lente begin uitloop, vergroot deur die eerste hoofstele, wanneer hulle om en by 20 cm hoog is, uit te knyp.
Jou grasperk Bemes en gee gereeld diep water. Maak kaal kolle toe met ‘n bolaag van fyn kompos.
Peste, plae en tuinkopsere Sitrussilla veroorsaak knoppe aan die bokant van jong blare wat onder ingeduik is waar die nimfstadium van die Psyllidae voed. Hierdie probleem kom gewoonlik voor by sitrus en verwante inheemse bome. Roofinsekte soos liewenheersbesies, roofwespe en goudogies, asook voëls en spinnekoppe kan help om hierdie probleem te beheer. Dit sal ook help as die tuinier miere beheer. ‘n Mens hoef egter nie te bekommerd te wees nie aangesien die probleem eerder sleg lyk as wat dit skadelik is. Organiese insekdoders wat natuurlike piretriene bevat, kan gebruik word om ernstige besmettings te bestry, maar sal ongelukkig ook die meeste van die natuurlike vyande van die silla doodmaak (net soos nieorganiese insekdoders).
Doendinge Grawe die boonste lagie grond (sowat 5 cm) uit in potte waarin bome en struike groei en vervang met vars kompos. Voeg ook ‘n handvol waterretensiekorrels en stadigvrystellende misstof by. Huisplante het spesiale aandag nodig – verskaf ook aan hulle ‘n bolagie van vars kompos en bemes met ‘n vloeibare misstof. Voor jy hiermee wegspring, dra hulle na buite en sit hulle in die skadu van ‘n boom. Trakteer hulle eers op ‘n koel bad met ‘n sagte sproeier. As die voedingsessie verby is en hulle goed afgedroog het, kan hulle weer huis toe gaan. Bemes jou rose en begin met ‘n gereelde besproeiingsprogram. Begin met die direkte saai van tipiese somerblomme soos sonneblomme, somervygies, jakopregoppe en kosmos.
VRIESEA splendens
www.dietuinier.co.za l 9 Jakopregop
SEPTEMBER TUINDAGBOEK Kombuistuin Toeka se tuiniers het nog altyd geglo in die waarde van die regte plantkombinasies – party plantmaats is goed vir mekaar en langs mekaar, ander nie. Daar word ook gesê dat ‘n mens baie probleme met insekte en plantsiektes kan uitskakel en minder hoef te bespuit met insekmiddels in die groentetuin as jy die werking van metgeselplante verstaan – ons glo hulle.
In jou
streek
Goeie plantmaats Komkommers, vingerskorsies en skorsies geniet die skaduwee wat deur soetmielies verskaf word om hulle wortels koel te hou. Almal geniet komposverrykte klam grond. Lede van die koolfamilie wat tussen Franse groenboontjies geplant is ly baie minder onder insekaanvalle. Soetbasieliekruid beskerm tamaties teen die baie insekte wat hulle aanval. Pronkertjies en rankbone is goeie bedmaats. Die soetgeurige blomme van die pronkertjies lok bestuiwingsinsekte wat weer nodig is om die blomme van die eerste bone te bestuif. Plant uie, wortels en preie saam – die sterk geure van die uie weer insekte af. Saai spinasie in wye rye van 50 cm uitmekaar en plant ander groentesoorte tussen die rye. Die spinasieplante werk soos pleegmoeders wat die ander kleiner plante beskerm en beskadu. Jy kan die spinasie oes soos nodig en die oortolliges bloot afsny en op die grond laat lê, waar dit soos ‘n deklaag werk. As dit later ingespit word werk dit soos ‘groenbemesting’. Vinkel en wortels is goeie plantmaats – die aromatiese eenjarige krui weer wortelvlieg af. Goeie en mooi plantmaats vir enige groentetuin is Skotse gousblomme (calendula), knoffel, laventel, afrikanertjies (marigolds), kappertjies, pietersielie, tiemie en wilde knoffel.
BUDDLEJA salviifolia
Somerreënval – gematig Verdeel en herplant waterlelies en ander waterplante. Verwyder getrou die onkruid in plantbeddings wat met jou plante kompeteer vir water, en bou die grond op met vragte vars kompos. Voed alle plante met ‘n stadigvrystellende misstof, lei nat en gooi ‘n deklaag. Jy’s nou reg vir die somer. Jy kan begin om dahliabolle en ander somerblommende bolle te plant. Verdeel en herplant oorgroeide meerjariges.
Somerreënval - subtropies Plant die knolle van soetpatats, die saailinge van soetrissies, eierplant en pietersielie. Saai komkommers. Snoei hibiskusse en karlienblomme (poinsettia) en gebruik die snoeisels om nuwe steggies in te lê. Jy kan ook stamsteggies vat van frangipani. Winterblommende struike en bome kan nou gesnoei word vir netheid en bemes word om nuwe groei aan te moedig. Plant Barbertonse madeliefies (gerberas) en swaardleliebolle.
Winterreënval Beplant ‘n vrolike lenteakker met die volgende inheemse plante wat nou reeds in blom is; gazanias in gemengde kleure, ARCTOTIS ‘Flame’, en ‘Rosé’, blou felicias, SCABIOSA africana, PLECTRANTHUS ‘Mona Lavender’ en ‘n klompie van die blomryke super-suteras bekend as SUTERA SuteraNova™– ‘n baie kragtiger vorm van die ou gunsteling rankfloksie of sutera wat beskikbaar is in drie kleure, ‘Lavender’ ‘Big Blue and ‘Big Pink’.
Droë binneland
SANBI/Kirstenbosch Chelsea 2010uitstalling Let asseblief daarop dat hierdie uitstalling nie in Port Elizabeth herskep sal word soos in verlede maand se uitgawe gemeld is nie.
10 l www.dietuinier.co.za
‘n Vernuftige plantkombinasie vir ‘n klein wegkruiptuintjie wat heeljaar mooi bly, maar asemrowend in die lente gaan vertoon, is ‘n paar BUDDLEJA salviifolia (saliehout) in ‘n halfsirkel geplant en dan omsingel word in ‘n wyer sirkel met WESTRINGIA fruticosa (Australiese roosmaryn), wat gesnoei word om ‘n lae formele heggie te vorm. Voeg ‘n paar potte beplant met FREYLINIA tropica ‘Blue Splash’ wat gereeld in balle gesny word by, en jy gaan tog te lekker kan sit in jou waterwyse dinktuintjie. Geniet die mooiste somerhangmandjies. Gebruik PELARGONIUM peltatum (rankmalva) in die helderste kleure, of meng petunias en heuningblomme saam in die mandjies. Vir ‘n baie deftige voorkoms, plant HELICHRYSUM petiolare (kooigoed) met sy welige silwer loof saam met koel, spierwit petunias.
TUINONTWERP
K
leur is een van die stemmingsvolste, dog misverstane hulpmiddels vir tuinontwerp. Jy moet weet van goeie kleurgebruik want dit gaan uiteindelik ‘n invloed op jou as tevrede tuinier, en besoekers aan jou tuin hê... Hoewel filosofieë, menings en benaderings oor die beste gebruik van kleur algemeen verskil, en ons almal se waardering daarvan subjektief kan wees, is daar ‘n paar eenvoudige riglyne wat die tuinier kan help om die volle potensiaal van hierdie fundamentele ontwerpbeginsel te verwesenlik.
Die kleurwiel
Werk katvoet met kleur Deur Chris Beardshaw
Die eerste faktor om te oorweeg is hoe kleure met mekaar praat. Die beste manier om dit te doen is om die kleure van die reënboog te rangskik in ‘n sirkeldiagram wat ‘n kleurwiel genoem word. Sodoende kan die kleure regsom gelees word, beginnende by rooi heel bo en daarna oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Dit toon onmiddellik die kleure wat nou met mekaar in verband staan en dus harmonie in die tuin sal skep. Rooi en oranje sal byvoorbeeld mekaar altyd aanwakker en bevoordeel, net soos groen en blou, en indigo en violet. As ‘n mens enigiets ontwerp of uitlê – van ‘n hangmandjie tot ‘n volwaardige landskap – en as die verlangde effek kalmte en harmonie is, laat die kleure langs mekaar op die kleurwiel oorheers. As jy egter ‘n skema van kontraste, opwinding en visuele uitdagings wil skep, kies dan kleure wat teenoor mekaar staan op die kleurwiel, soos geel met violet en indigo. Dit is tog die moeite werd om te onthou dat hoewel sulke uiterste teenstellings ‘n opwindende skema kan oplewer, dit ook disharmonie kan veroorsaak as dit te veel gebruik word.
So sien jy eintlik kleur
38 I www.dietuinier.co.za
Voor ‘n mens jou kleurpalet bepaal, is dit die moeite werd om die meganisme te oorweeg wat kleure duidelik na vore laat kom. Die son wek ligstrale op wat wit lyk, maar wanneer ‘n mens deur ‘n prisma daarna kyk, is dit ‘n
versameling van al die kleure op die kleurwiel. (Hierdie effek word die gereeldste gesien in die vorm van ‘n reënboog in die lug wat veroorsaak word deur waterdruppeltjies wat as prisma dien.) Terwyl wit lig ‘n kombinasie van al die kleure is, vertoon swart ‘n afwesigheid van kleur. Die kleur van enige voorwerp wat ons sien, is die gevolg daarvan dat daardie voorwerp deur wit lig gebombardeer word en die voorwerp dan sekere kleure weerkaats. ‘n Rooi blom is byvoorbeeld nie tegnies rooi nie, die blom neem net al die kleure op behalwe rooi wat na ons oë teruggekaats word.
Nou daar buite... Dié verskynsel het twee invloede: Die eerste is dat die hoeveelheid wit lig bepaal hoe sterk elke afsonderlike kleur duidelik na vore kom. Op plekke met hoë sonligvlakke, soos sonnige kruidagtige randakkers en prêriegraslande, is die kleure wat die lewendigste lyk dus die rooie, oranjes en gele. Daaruit volg dat as ‘n mens ‘n helder sonkol in jou tuin het en jy die grootste trefkrag wil hê, jy dan by daardie kleure hou. Tweedens, en omgekeerd, die bloue, indigo’s en violette vaar die beste by laer ligvlakke. Kies dus vir skadukolle, donker hoekies en onderaanplanting uit die blou afdeling van die spektrum. Wit is ‘n kombinasie van al die kleure en is effektief in ligte sowel as skadutoestande. Jy het waarskynlik al raakgesien dat sommige kleure meer uitstaan as ander – weer is dit die rooie, oranjes en gele wat lyk of dit ons aandag trek, terwyl die bloue, indigo’s en violette ‘n bietjie meer terughoudend is. Dit is vanweë die spoed waarteen elke individuele kleur na die oog toe trek wanneer dit weerkaats word. Die rooie wat deur kortgolflig opgewek word, trek baie vinnig, terwyl die bloue wat weer lang golwe is, stadig trek.
Kul met spasie ‘n Begrip van die bogenoemde beginsel laat die ontwerper toe om kykers se persepsie van die grootte van die ruimte wat hulle ervaar oneindig te manipuleer. As ‘n mens byvoorbeeld ‘n lang smal tuin het en jy wil die lengte verbloem, plant dan eksemplare wat rooie, oranjes en gele vertoon op die verste punt van die ruimte – die kleure sal onmiddellik na jou toe spring en die indruk skep dat die tuin baie korter is as wat dit regtig is. Omgekeerd, as jy ‘n ruimte groter wil laat voel as wat dit regtig is, maak gebruik van bloue, indigo’s en violette. Dit klink dalk na baie subtiele manipulering, maar ek kan jou verseker dat dit ‘n radikale invloed kan hê. Natuurlik het kleure ‘n enorme psigologiese invloed en ons voel amper instinktief warmer wanneer ons voor ‘n bedding met ‘n weelde van rooie, oranjes en gele is. Wetenskaplikes is onseker waarom dit gebeur, maar daar is beslis geen twyfel nie dat ‘n tuinier wat tussen rooi blomme staan, warmer voel as een wat tussen blou blomme van dieselfde grootte staan. (Een verduideliking is die verbande wat ons lê tussen
die warm kleure en vuur en vlamme, en die koue kleure en ys en water.) Presies hoe warm ‘n mens voel, hang van die ligvlakke af terwyl in gedagte gehou word dat warm kleure hoë ligvlakke nodig het om effektief te presteer.
Kontras is goed, maar groen is ook ‘n kleur...
40 I www.dietuinier.co.za
‘n Opwindende en stimulerende ervaring terwyl ‘n mens in die tuin rondstap, is om plekke met warm kleure met plekke met koel kleure te probeer kontrasteer. Met kleure wat tot psigologiese invloede aanleiding gee en die belangrikheid van kleurtemas wat deur baie ontwerpers benadruk word, wonder jy dalk waarom natuurlandskappe en graslande nie ‘n chaotiese weelde van kontraste is nie. Dit is hoofsaaklik weens die feit dat die natuur haar bewapen met baie groen, daardie waardevolste kleur van almal, en dit tree op as buffer en demper tussen die meer kleurvolle plantmaats. Gepaard hiermee is die feit dat ons veldplante geneig is om blomme van ‘n beskeie grootte en ‘n oorvloed loof te dra en ‘n mens vind dat die groen aansienlik minder werk het om te doen. Probeer dus as ‘n algemene reël om nie te veel uitheemse en hibriedplante in te sluit met blomme wat meer bepaald om hul indrukwekkende grootte en kleurintensiteit gekweek is nie en onthou dat hoe meer groen ‘n mens in die tuin gebruik, hoe waarskynliker is dit dat jou kleurkombinasies sal werk.
Blomme is nie die enigste kleur nie Terwyl die meeste tuiniers blomme as die vernaamste gewers van kleur beskou, oorweeg ‘n slim ontwerper ook die rol wat stingels, blare, knoppe en vrugte speel – die hele plant moet werk. Wanneer ‘n kleurstrategie vir die tuin beplan word, is dit belangrik om die seisoensveranderinge se invloed op die plant in die totale skema te oorweeg. Sommige plante met gekleurde loof kan byvoorbeeld fantasties lyk as deel van jou skema, maar dit is die moeite werd om seker te maak dat daar nie afgryslike, vloekende kleure is wanneer dit begin blom nie. As jy hoegenaamd twyfel of sekere kleurkombinasies doeltreffend sal werk, gebruik die taktiek van Gertrude Jekyll, wat waarskynlik die beste eksponent van die kleurteorie was. Toe sy al ouer was, het haar sig verswak, wat haar verplig het om individuele blomme en stamme van baie naby af te beskou. So het sy waargeneem dat ‘n blom byvoorbeeld met die eerste oogopslag wit is. Wanneer dit egter van naderby beskou word, vertoon dit delikate tinte van ander kleure, soos pienke, oranjes en groene. Dit dui subtiel die ander kleure aan wat doeltreffend met daardie blom sal saamwerk om ‘n tuin te skep van intieme en delikate kleurkombinasies.
www.thegardener.co.za I 39
DDS
Tuintafel Hierdie tafelterrarium is ‘n fassinerende alternatief tot die tradisionele tafel. Nou kan jy eet terwyl jy vir jou plante kyk. Selfs al is dit nie etenstyd nie, sal die tafel steeds die middelpunt van belangstelling wees.
www.dietuinier.co.za I 69
WAT JY NODIG HET VAN
1000 mm 44 mm
765 mm
Die pote en kante is van dennehout met die afmetings in mm. Pote: 4 @ 765 x 44 x 44 Kante: 2 @ 1 000 x 220 x 22 Kante: 2 @ 985 x 220 x 22 Fineerhoutbordbasis (shutter board): 1 @ 995 x 980 x 18 Glasblad: 1 015 x 995 x 6 mm 2 liter a.b.e. Super Laykold a.b.e-membraanlap – 250 mm x 10 m 1 @ 22 mm-prop 1 litre Hammerite “Hammered Black” 50 mm-verfkwas Genkem-kitsdrooghoutgom 70 voldraadsnyskroewe (4 x 30 mm)
985 mm
MATERIALE
dreineringsprop
170 mm
22 mm
25 mm
GEREEDSKAP ‘n Maatband, kombinasiewinkelhaak, potlood, elektriese handskaaf, uitsnysaag, elektriese verdieper, koordlose boor en 22 mmspoedboorpunt en ‘n timmermansvierkant
1
Sommige produkte is dalk nie by Builders Trade Depot te kry nie.
2 3
HELP BOU AFRIKA 5 25 mm
HELPING BUILD AFRICA Builders Warehouse is die leier in huisverbetering. Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak, en elke winkel het ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.
Builders Express is die gesinstuin-en-DDS-sentrum en lewer ‘n diens aan alle tuinmaaken DDS-entoesiaste.
Builders Trade Depot hou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en lewer ‘n diens aan groot kontrakteurs. Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533. 70 I www.dietuinier.co.za
25 mm
4
Stap 1 Stap 2 Stap 3 Stap 4
Vorm die pote soos aangetoon word. Teken die vorm op al vier pote af en gebruik dan die handskaaf om die oortollige hout weg te werk. Merk op die fineerbord die stukkie wat op elke hoek uitgesny moet word sodat die pote sal inpas. Sny die hoeke met die uitsnysaag uit. Luggate moet geboor word in die planke wat die kante van die terrarium sal vorm. Merk waar die gate moet kom en boor dan die gate met die 22 mm-spoedboorpunt. Begin om die kante aan die pote vas te heg vir die raam wat die plante sal hou. Onthou dat die pote aan die binnekant inpas. Plaas eers twee pote op ‘n plat oppervlak, sit een van die lang (1 000 x 220 x 22) kantplanke bo-op hulle, wend gom aan en skroef vas. Maak seker dat die kant 35 mm van die bokant van die pote af is en laat dit 22 mm verbysteek om die ander twee kante te hou. Herhaal die proses met die ander twee pote en heg dan die twee kante aan die oorblywende twee planke (985 x 220 x 22) vas om die raam te voltooi. Gly die fineerhoutbordbasis in die raam in. Met die oog op dreinering moet dit nie presies gelyk wees nie. Laat dit dus met 5 mm skuins na die een kant toe afloop. Skroef dit vas en boor dan op die onderste punt ‘n dreineergat van 22 mm in die bord. Maak met die verdieper ‘n insnyding van 6 mm diep aan die binnerand van die bokant van elk van die vier planke waaruit die raam bestaan. Dit sal maak dat die glas gelyk met die bokant van die raam pas.
Stap 5
Stap 6
6
Stap 7
Wend membraanlap en twee lae Super Laykold aan die binnekant van die raam aan om dit waterdig te maak. Verf die tafel buite met twee of drie lae Hammerite ‘Hammered Black’.
7
BEPLANT JOU TAFEL Kies vir jou tafelterrarium plante wat geskik is vir binnenshuise lig en van ‘n vogtige omgewing hou. Ons het die volgende gebruik: SOLEIROLIA soleirolii (baba-se-trane), SYNGONIUM podophyllum ‘Pixie’ (gansvoet), Hypoestes-sp., Scindapsus ‘Marble Queen’, Nephrolepis- hibried (swaardvaring) en Davallia-sp. (haaspootvaring). Koop plantjies van ‘n klein grootte in plastiekpotte, maak hulle goed nat buite en laat hulle ‘n paar uur staan totdat al die oortollige water uitgeloop het, maar die potgrond steeds klam is. Berei die terrarium voor deur ‘n laag gruis in te sit en met potgrond te bedek. Haal die plante uit hul potjies uit en sit hulle in. Vul die kaal kolle op met potgrond. Gooi basstukkies bo-op. Maak die glasblad goed skoon en plaas dit dan versigtig oor die plante, en maak seker dit rus op die gleuf wat in die planke ingesny is. Anders as ‘n verseëlde terrarium het hierdie tafelterrarium luggate, dus sal vog deur verdamping verlore gaan. Die tipes plante wat jy kies, sal bepaal hoe dikwels jy die glas moet oplig om hulle te bestuif of nat te maak, te voed, die loof netjies te maak en plante te vervang wat te groot vir die plek geword het.
Staan ‘n kans om
‘N BUILDERS GESKENKBEWYS
TER WAARDE VAN
R2500 te
WEN *SMS BUILDERS na 37291 en jou volgende Builders aankope, met komplimente van ons! Kompetisie geldig tot en met 16 September 2010 *Normale SMS tariewe en voorwaardes geld
Die tafel kan ook as ‘n miniwoestyn beplant word met klein sukkulente en ‘sandduine’.
Teken in of hernu voor 20 September 2010 en kom in aanmerking om ’n agthouertuineenheid van Home Organic te wen – dis ideaal om die perfekte groente en kruie te kweek.
Hernu vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers: Net R193 bespaar 30%
‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.
Kweek groente en kruie suksesvol
Veels geluk aan mev. M. Bezuidenhout van Carolina en E. Lutge van Uvongo – albei het ‘n Yamaha D46G-grassnyer gewen, die pryse vir Teken in en wen van Junie 2010.
Aanlynsubskripsie by www.rnadistribution. co.za of e-pos subs@RNAD.co.za
Bel (011) 473 8700 met jou kredietkaartbesonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en ons sal jou bel
80 I www.dietuinier.co.za
Die Home Organic aap- en voëlbestande, geligte groente-en-kruietuin is te kry in ‘n DDS-stel met al die hardeware wat jy nodig het om groente en kruie suksesvol te kweek. As dit eers inmekaargesit is, maak ‘n mens net die houers vol grond, plant die saad of saailinge, verbind die tuinslang met die ingeboude besproeiingstelsel en jy is aan die gang. Home Organic het die kweek van jou eie groente en kruie maklik en pret gemaak. Vir meer inligting en besonderhede besoek www.homeorganic.co.za, of bel Andrew by 079 048 4232 of e-pos: andrew@homeorganic.co.za.
Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700
Debietorder opsie: Bel (011) 473 8700 en betaal net R48 elke 3 maande
Deponeer jou betaling by Teken in op Die Tuinier en jy FNB Corporate Jhb, Kode kan een Engelssprekende 25 50 05 00, rekeningnr. vriend benoem wat drie 62104927259 en faks ‘n kopie opeenvolgende uitgawes met al jou besonderhede van The Gardener na (011) 474 5479 heeltemal gratis sal kry.
Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 30 September 2010.