STAAN ‘N KANS OM 1 VAN 3 AQUAPONIC BARREL PLANTER KITS TE WEN
tuinier die
DESEMBER 2010
vir alle tuinliefhebbers
SUID-AFRIKA
Janbasterskloof ’n Nostalgiese plaastuin
Plant ons voorblad
Witste Katjiepierings en Pienkste Polygalas
Kaliforniese papawers om te saai R22.95 ANDER LANDE
R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 22 November tot 20 Desember 2010
l Propvo
Se DoD je k t
Pr
Dit is
Kersfees!
BOU: meesterstuk patiomeubels, ’n bedding vol halfmane, ’n fonteintjie met glans en kleur ma AK: oulike lanterns en kershouers, groen geskenke - kruiemandjies
Desember 2010 ARTIKELS
06 32 38 40 46 50 52
GEREELDE ARTIKELS
2 8 14 16 18 21 54 56 58 60 64 66 67 68
Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy
‘n Brief aan Kersvader Dankie vir die span! Kersfees met Die Tuinier Slim planne vir die feestelikste kuiertyd Sunday Tribune Garden & Leisure Show Die wennertuine Tuinontwerp ‘n Plaastuin in Afrika Inheems Ertjiebos, septemberbos en persbesem Dagboek van ‘n Kaapse tuin Kitsbome vir kitsskadu Potresep Plant ons voorbladpot
Welkom Tuindagboek en streeksgids vir Desember Brieweblad Maantuinmaak en jou maankalender Plantprofiel EUPHORBIA pulcherrima In die tuin saam met Anna Kry vir jou ‘n bietjie Krismis Inheems met Jenny Dean Die perfekte geskenk is ‘n Afrika-hondsroos Rosesorg vir Desember Vakansiesorg Kweek kruie Plant kruiegeskenke Kombuistuin Soetrissies en brandrissies Bonsai Gee aandag aan eindknoppe Jou Troeteldiere Vakansie, nie lekker vir hulle nie! Tuinspeserye Kaneel Koi Goeie redes om ‘n koidam te bou
Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Fotografie Geoff Redman, David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 rustyc@dietuinier.co.za
MAAK
JOU LEEFPLEK MOOI 73
DDS met hout Tafel en bankies met golwende patrone
76
Tuinoormaak Gered wat Rottweilers uitgegroei het
80
DDS met sement Halfmane en ‘n waterbal
80
DDS met glas Weerkaatsings
TUINMARK 88
KLB-promosie Goedkoper koidam-onderhoud
89
Nuus, produkte en pasellas
95
Steggiestukkies
96
Kleinadvertensies
100 Fokus Vermont se soutpan
Rondrits, Kompetisies en Promosies 12
Groen afsprake
13
Kompetisie met Starke Ayres, Wizzard Worms en Die Tuinier Verf ‘n papawer
36
Lesersgeskenk van Starke Ayres Kaliforniese papawers
86
Teken in op Die Tuinier Drie hidroponiese-stelsels van Home Organic te wen
Subskripsies RNA 011 473 8700 subs@RNAD.co.za Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Angela Beck, Anna Celliers, Di-Di Hoffman, Gary English, Gerald Schofield, Graham Duncan, Glynne Anderson, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.
Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za
Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.
Welkom Gelukkige dae! Ek en Ma op 12 Junie 2010 – ‘n baie spesiale dag.
M
amma was my grootste bewonderaar en ondersteuner, my morele kompas en inspirasie vir tuinmaak. Hierdie uitgawe van Die Tuinier dra ek aan haar nagedagtenis op. Vergewe my dus asseblief dat ek hierdie bladsy gebruik om haar lewe te vier en my hartseer met haar heengaan te deel. My ma, Jenny, is op 19 Oktober 2010 oorlede, net drie kort maande nadat sy met kanker gediagnoseer is. Ek en my familie het die voorreg gehad om haar tot die einde te versorg, dus kon ons amper elke minuut van daardie kosbare laaste maande met haar deurbring. Om iemand te verloor vir wie jy werklik lief is, maak regtig seer. Die feit dat Ma nou vrede het en nie meer pyn nie, neem nie die seer en verlies en leegheid weg nie. My ma het in en om Umzinto grootgeword waar sy baie van haar tyd saam met haar beste vriendin, Dawn, deurgebring het. Haar beste vriendin het toe haar skoonsuster geword omdat Rodney, my pa, Dawn se broer was. Van daardie vroeë dae af was die Voster- en Visser-familie verbind, en so is dit vandag nog. Die twee families het een groot, lawaaierige eenheid geword wat amper elke dag op die een of ander manier saam deurgebring het. Later jare was my ma dikwels die middelpunt van die byeenkomste, met baie wat by haar huis in Pennington plaasgevind het. Ma het jonk begin werk en aanhou werk! Sy was net 19 toe sy by die Standard Bank begin werk het en het baie jare later afgetree, steeds by dieselfde tak. Later in haar lewe het sy die geleentheid gehad om te reis. Ek kon haar en Tannie Dawn nie vergesel toe hulle ons familie in Kanada besoek het nie, maar die foto’s het gemaak dat ek gevoel het of ek ook daar was. Ek was saam op haar ander reise en onthou hoe sy onder die palmbome op ‘n pragtige strand in die Comore ontspan, op ‘n katamaran in Mauritius geseil, baguettes op die balkon van ‘n villa in Majorka geëet, en deur parke en tuine in Engeland gedwaal het. (Miskien moet ek ‘n bietjie duideliker wees oor die reis na Engeland – ek het Ma, saam met Tannie Dawn en Tannie Ria, deur elke moontlike botaniese tuin oor Engeland heen gesleep, en ek dink hulle was ‘n ruk daarna ‘n bietjie sat van tuine.) My ma was werklik lief vir tuinmaak en mal oor haar tuin. Sy het baie gelukkige ure daarin bestee, met asaleas, orgideë en anthuriums wat die ereplek geniet het. Sy het dit geniet om lid van ‘n tuinklub te wees en het ‘n hele paar bekers gewen – ek dink sy was nogal mededingend omdat sy my dikwels gebel het om te vra watter plant in haar tuin die beste aan die vereistes van die huidige kompetisie voldoen. Ma was op baie maniere vol draadwerk. Sy het ‘n droë, skerp humorsin gehad. Sy het graag ‘n storie en ‘n goeie grap vertel. My ma was almal se ma, tannie, vriendin, suster of versorger. Sy het so baie mense gulhartig gehelp, meestal sonder dat iemand anders daarvan geweet het. Sy was lief vir die lewe en het haar lewe goed geleef. Sy was so dapper in die aangesig van verlies en siekte en het haar siekte met meer waardigheid hanteer as wat ek besef het enige mens bymekaar kon skraap, en deur dit alles het sy haar skerp sin vir humor behou. Ons was so lief vir haar en is steeds. Met die vakansie en vierings wat begin of net om die draai is, kan daar nie ‘n beter tyd wees nie om vrede met jou vyande te maak, kontak te maak met ou vriende en diegene wat jy afgeskeep het, en om vir diegene na aan jou te sê hoe lief jy vir hulle is. En natuurlik, bring ‘n bietjie vakansietyd deur in die tuin– min dinge maak ‘n tuinier se swaar hart ligter as ‘n rukkie se tuinwerk.
‘n Tipiese familiebyeenkoms! Hier vier ons Ma se 73ste verjaardag op 10 Augustus 2010.
INTEKENPROBLEME?
TREE ASSEBLIEF MET ONS HULPKANTOOR IN VERBINDING As jy ‘n intekenaar is wat swak diens van ons intekenagentskap, RNA, ondervind het, aanvaar asseblief ons opregte verskoning. RNA het onlangs ‘n nuwe IT-stelsel geïnstalleer om hul werksaamhede te verbeter. Ons het onlangs egter daarvan bewus geword dat aanvangsprobleme in sommige gevalle die diens nadelig beïnvloed het wat veroorsaak het dat sommige van ons intekenaars gefrustreerd en teleurgesteld is. As jy een van hierdie intekenaars is, stuur asseblief ‘n e-pos aan ons by admin@dietuinier.co.za of bel Daleen by 031 764 0593 sodat ons jou kan help. Besoek ons op:
OP DIE VOORBLAD
Blaai na bladsy 52 vir die resep en besonderhede van al die plante wat deel uitmaak van ons feestelike Kerspot.
Tanya geklee deur: Groen Kampioen
w w w.d i e t u i n i e r.c o. za
DESEMBER TUINDAGBOEK Mooi daar buite
Take
Tuin STACHYS byzantina
Kyk net dié vurige kombinasie! Op die voorgrond is die nederige grondbedekker STACHYS byzantina (lamsore) met die fluweelagtige silwergrys blare waaroor ‘n mens altyd wil streel. In die agtergrond groei LOTUS berthelotii, ‘n baie fotogeniese, spreidende grondbedekker. Beide plante lyk ook pragtig saam in potte en L. berthelottii op sy eie is boonop ideaal vir groot hangmandjies. Die lang sytakke vol blommetjies tuimel graag oor die rande. Albei se grys loof is ‘n aanduiding van gehardheid teen wind en droë tye. Gereelde water sal hulle egter welig en gelukkig hou.
Plant nou ‘n Nuwe bloue wat van hitte en min water hou en sommer spoggerig in handmandjies en potte groei, is SCAEVOLA ‘Blue Print’ wat laventelblou, waaieragtige blomhofies dra. Die kompakte plant spring weg met digte groei en stoot namate dit volwasse word, lang en spreidende sytakke uit. Dit blom van die laatlente tot in die herfs. Verskaf grond wat baie goed dreineer en laat die plant toe om uit te droog tussen natlei-sessies. Voeding een maal per maand, sal vir baie blomme sorg.
Jou grasperk
Scaevola ‘Blue Print’
Bemes vir oulaas voor die feestyd, lei diep nat en sny gereeld. As jy met vakansie gaan is dit beter om eerder met die tuiskomslag weer te voed. Sny die gras kort en lei goed nat die dag voor jy vertrek. Nat weer is baie keer die oorsaak van grasperk-fungussiektes wat soms behandel moet word met die geskikte fungusdoder (jou naaste kwekery sal die regte produk voorstel vir die volgende probleme: Daalderkol – witgebleikte kolle wat saamsmelt en later donker van kleur word. In die oggenddou is fyn webdrade wat veroorsaak word deur die fungus, sigbaar. Bruin kolle – onreëlmatige bruin kolle met yl groei is gewoonlik die oorsaak van grasperke wat in ondeurlugte grond probeer oorleef en dan vatbaar word vir fungussiektes. Hekseringe – donkergroen ringe wat al hoe groter word. Klompe paddastoele verskyn later.
Peste, plae en kopsere Rooispinmyt val baie plante aan in droë en warm weer. Die simptome is ligte, baie klein kolletjies op blare wat later vergeel en afval. As jy fyn kyk sal jy baie fyn sydrade op die onderkant van blare waarneem. Besmetting met die lastige plaag, word gewoonlik veroorsaak as daar ‘n gebrek aan humiditeit en goeie lugsirkulasie is. Sprinkel of missproei gereeld die loof van plante (ook aan die onderkant) nat en snoei hulle liggies oop om lugbeweging te bewerkstellig. Tuisgemaakte kruiekonkoksies met ‘n sterk reuk, of organiese mengsels met pyrethrum kan ook help om erge infestasies hok te slaan.
8 l www.dietuinier.co.za
Doendinge Noodhulpwenke vir Jan Tuisbly-plante... Stel delikate take soos saad saai, steggies inlê, plantverdeling en die oppot van jong plante uit tot jy weer tuis is. Pluk al wat onkruid in blombeddings is uit en gooi deklae. Snoei die heinings – ‘n tuin wat goedversorgd lyk kan dalk ‘n moontlike inbreker om die bos lei dat jy tuis en waaksaam is. Voor julle vertrek, verwyder ou blomknoppe en knyp die toe blomknoppies uit van plante wat herhaaldelik blom, om nuwe blomme aan te moedig vir wanneer julle terugkeer. As daar nie ‘n gerekenariseerde besproeiingstelsel is nie, vra ‘n vriendelike buurman om jou tuin nat te lei. Maak dit makliker vir die natleier deur ‘n tuinslang met koppelstukke en ‘n tydskakelaar by elke kraan aan te bring. Skuif beplante tuinpotte saam in die skaduwee van ‘n boom waar hulle nie so vinnig sal uitdroog nie en makliker sal wees om nat te hou. Moenie vergeet om waterretensiekorrels of jel in elke tuinpot in te werk nie – dit help om die grond langer klam te hou en die plante aan die lewe. Verskaf ook ‘n deklaag van vars kompos in elke pot vir heerlike koel wortels. Kanselleer die daaglikse koerantaflewering en reël dat jou posbus leeggemaak word. Gooi binnenshuise plante goed nat en pak bymekaar op ‘n ou klam kombers in jou bad. Los die badkamergordyne oop vir genoeg natuurlike lig. Bêre al jou tuingereedskap, die kruiwa, wegdra-bare tuinmeubels en –ornamente. Sluit die tuinstoor behoorlik. Sorg dat alle buiteligte werk en onthou om die buurtwag en/of sekuriteitfirma te laat weet dat julle weggaan. Gee ‘n huissleutel en ‘n telefoonnommer aan ‘n vriend of buurman in geval julle alarm afgaan – die aanhoudende geskrou kan ander siele in die buurt gek maak! Maak seker dat alle ‘ogies’ skoon is van insekneste en plantegroei. Dis soms net ‘n onskuldige spinnekop wat ‘n bietjie rondloop wat die kakofoniese lawaai laat lostrek.
Kombuistuinmaak
As jou groentetuin in produksie is net wanneer jy elders wil gaan uitspan, oes soveel van die kruie, groente en vrugte as wat jy kan droog, vries en inlê, en nooi die bure en vriende uit te kom deel in jou oes terwyl jy nie tuis is nie. Verwyder alle onkruid en dooie plante en gooi ‘n dik deklaag om die res.
www.dietuinier.co.za l 9
DESEMBER TUINDAGBOEK
In jou
streek
Somerreënval gematig Silwer lamsore in ‘n vrouliker kombinasie. Hier is die grondbedekker saam met sagtepienk in die vorm van ‘n ‘My Granny’-roos geplant – ‘n perfekte plantpatroon wat jy in ‘n smal sonnige bedding langs die huis kan herhaal. Die eiernaar van dié plante sê sy hoef nie so baie water te gee as wat ‘n roos normaalweg vra nie – te veel water sal weer die lamsore lelik maak. Die welige grondbedekker het die grond heeltemal toegegroei en hou die rose se wortels vir baie lank klam en koel. Twee pragtige plante wat gemaak is vir mekaar…
Winterreënval
AEONIUM ‘Sunburst’
Somerreënval subtropies Voed hibiskusse en neem puntsteggies. Plant helder jaarplante in potte op die patio en by die swembad. Dink aan die dweragtige ‘Bambino’reeks van bougainvilleas vir groot tuinpotte wat orals in die tuin kan kleur verskaf. Hulle is beskikbaar in vrolike kleure en verleen ‘n titsie ekstra tropiese atmosfeer. Soek vir die ongewone soos AEONIUM ‘Sunburst’ vir nog potte. Al is hulle afkomstig van Mediterreense klimate, vaar hulle goed hier in ligte skaduwee en met gereelde water.
10 l www.dietuinier.co.za
Hou jou groen skatte mooi. Al groei SYZIGIUM paniculatum’ Globulum’ – ‘n dwergvorm van die gewone jamboes wat so gewild is as heiningplante baie stadig volgens die kenners, versnel blaar- en sytakgroei tog in die somer. Siersnoeivorms gemaak van hierdie plant moet dus gereeld liggies gesnoei word om hulle formele vorms te behou. Hierdie pragtige voorbeelde sou darem mooi Kersbome gemaak het! ‘n Mens kan nooit genoeg snoei in die somer nie. Dit geld vir alle immergroenes, hetsy in heiningvorm, as windskutte, of as skermplante wat lelike hoekies in die tuin wegsteek. Hoe meer jy snoei, (liggies!) hoe digter die groei. Om die taak regtig te geniet, het jy skerp snoeigereedskap nodig. Sit dit op jou wenslys vir Kersfees.
Droë binneland Tyd vir kleurryke somervygies, naamlik portulakke. Plant groot plate van hierdie hartlike jaarplante in jou rotstuin. Hulle gaan lank blom. Jy kan nog die saad saai of sommer kortpad vat en bakkies vol saailinge aanskaf. Plant ‘n koel plantkombinasie in ‘n pot met die statige KALANCHOE thyrsifolia met sy reuseseegroen blare met die wynrooi rande as hoofplant en versag dan met metaalgrys HELICHRYSUM petiolare. Dié twee lyk fantasties bymekaar.
Maak Golwe
DDS
Die treffende patroon op hierdie patiotafel en Â‑banke maak hulle besonder mooi. Dit is makliker om hierdie golwe te maak as wat jy dalk dink. Glip gou weg na jou naaste Builders toe en maak reg om te begin saag.
www.dietuinier.co.za I 73
Wat JY NODIG HET VAN
Stap 1
Om die golwe vir die tafelblad, banksitblad en pote in die meranti te maak trek ‘n golwende streep al met die middel van al 12 die 144 mm wye merantiplanke langs en laat ‘n speling van minstens 40 mm aan die kante af toe. Sny met die uitsnysaag al op MATERIALE die strepe uit. Merk die pasmaats sodat dit Merantistukke, afmetings in mm later maklik sal wees om hulle weer te pas. 6 @ 1800 x 144 x 22 – tafelblad Merk ‘n golwende 4 @ 1552 x 144 x 22 – banksitblad patroon op die kante 2 @ 1760 x 144 x 22 – bankpote van die vier tafelpote uit en skuins elkeen 4 @ 720 x 44 x 44 – tafelpote 100 mm van bo af. Gebruik die uitsnysaag om die pote te vorm. 2 @ 1370 x 69 x 22 – tafelraam Skuur elke gevormde poot 3 @ 745 x 69 x 22 – tafelraam met die bandskuurder af 4 @ 1320 x 68 x 20 – bankverspanstukke en versag die kante effens. Rond dit laastens 4 @ 292 x 68 x 20 – bankverspanstukke af deur dit met die hand af te skuur. Gebruik die volgende 2 @ 251 x 52 x 20 – bankverspanstukke planke om die 2 @ 1360 x 44 x 44 – bankverspanstukke tafelbladraam te maak: 2 @ 1370 x 69 x 22 en 2 @ 745 x 69 x 22. Skroef die lang Ander materiale planke aan die kante van die kort planke dennehout in lengtes van 20 x 20 mm vir vas om ‘n reghoek te vorm en versterk die klampe (ongeveer 7 meter) lasse met houtgom. Skroef die laaste 745 houtgom x 69 x 22-plank in die middel tussen die 50 voldraadskroewe (40 x 35 mm) twee punte vas en gom dit om die raam te stabiliseer. Sny dan agt stukke van die 20 ovaal draadspykers dennehout af om as klampe te dien: merantihoutvuller 2 @ 657 mm, 2 @ 705 mm en 4 @ 630 mm. 1 liter Woodoc Penetrating Skroef en gom hierdie stukke aan die boonste Polywax Sealer binnerande van al die seksies van die raam vas. Heg nou die pote aan die tafel vas. GEREEDSKAP Lê die passende ‘n uitsnysaag, bandskuurder met pare 1800 x 144 x skuurpapier, borsel, koordlose boor 22‑merantiplanke bo-op die tafelraam met skroefhegstuk, versinkboorpunt, en laat ‘n opening van 5 mm tussen hamer, potlood en maatband. mm 292 elke “golf”. Heg hulle aan die tafel vas deur hulle aan die raam vas te gom en deur elke klamp vas te skroef. (Sien Figuur 1 vir die onderaansig van die voltooide tafel.) Om die banke aanmekaar te sit sny eers albei die lang golwende planke van 1760 mm in vier stukke (van 440 mm elk) om agt stukke te maak. Elke poot m 51 m 2 bestaan uit twee a van dié stukke. Gebruik die B 292 mm-planke Figure 1. as dwarshoute (twee vir elke
Stap 2 Stap 3
Stap 4
Stap 5
poot) en heg die een dwars oor die een kant en die ander een 290 mm van die ander kant af vas. Gebruik twee golwende 1552 mm-planke vir elke banksitblad en heg die pote met gom en draadspykers aan elke punt vas. Heg dan die volgende stukke as verspanstukke vas om die bank te versterk: twee 1320 mm-stukke oor die lengte van die bank (onder elke kant), die 251 mm-stuk dwars in die middel, en die 1360 mm-stuk oorlangs aan die onderste dwarshoute aan elke kant vas. Herhaal die stappe vir die ander bank. (Sien Figuur 2 vir die onderaansig van die voltooide bank.) Gebruik houtvuller as opvulling vir die gaatjies wat die spykers gemaak het en om ander foute netjies te maak. Skuur die tafel en banke goed af en verseël dit dan met Woodoc Penetrating Polywax Sealer.
Stap 7
1 2
705 mm
745 m
m
mm
0m
136
1552
745 mm
657 mm
m
m
0m
132
720 mm
Stap 6
a
440 mm
1370 mm 1800 mm . re 2 Figu
74 I www.dietuinier.co.za
3
6
3b
6b 4
6c
HELP BOU AAN AFRIKA 4b 5 Builders Warehouse is die leier in huisverbetering. Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak, en elke winkel het ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.
Builders Express is die gesinstuin-en-DDS-sentrum en lewer ‘n diens aan alle tuinmaak- en DDS-entoesiaste.
Builders Trade Depot hou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en lewer ‘n diens aan groot kontrakteurs. Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533.
www.dietuinier.co.za I 75
Dankie! ‘n Briefie aan Kersvader deur Anna Celliers
O
m tydskrifte soos Die Tuinier, en The Gardener uit te gee verg ‘n span gehardes met murg in hulle pype en senuwees van staal. Dié gehardes is lankal verby die ‘net kollegas’-fase. Hulle werk saam soos ‘n familie wat al mekaar se goeie en slegte tye deel. Dalk was dit jy liewe Kersvader, wat hierdie groep mense bymekaar gebring het as geskenke vir mekaar…Dalk nie. Ek sê maar in elk geval vir jou dankie, netnou vergeet jy om vanjaar nuwe geskenke te bring! • Dankie vir Tanya, wat soos ‘n wafferse boelhond (nie ‘n yorkie nie!) nooit opgee nie en dag na dag baklei vir die welstand van haar produk én haar personeel. Haar energie en liefde vir tuinmaak is ‘n inspirasie. Haar konsentrasievlakke skiet soms tekort in ‘n langdradige redaksievergadering – dis niks ongewoons vir haar om weg te stap en eers agapante te verdeel terwyl ons ernstig besig is met ‘n dinkskrum nie. As jy dink sy luister nie daar buite nie, is jy ‘n swaap. Sy kan goed hoor en haar moermeter tot op 2-bar stoot, al is sy besig om op ‘n grassnytrekker te ry. • Dankie vir Kevin, die besadigde hoofseun, boontjieteller en my mede-steenbok. Hy lyk kalm, is gedissiplineerd, praat nooit hard en lelik nie, luister na lang sopstories sonder om te oordeel en keur uiteindelik nog ‘n uitgawe wat nie op die begroting is nie (teësinnig) goed. Kevin is vir my soos ‘n Stellenboschse eikeboom – stewig en vir ewig! • Dankie vir Wendy, ons besturende redakteur. As haar bui verkeerd is, is sy ‘n tipiese juffrou Rottemaaier wat weet hoe om die sweep te klap. Sonder haar sou niemand óóit betyds hulle werk doen nie en sal die tydskrif nooit verskyn nie – die res van ons sal bloot sê: “Ag, môre is mos nog ‘n dag” en eers loop tuinmaak! Wendy kan kook, stileer, blomme rangskik, DDS-projekte doen en bladsye ontwerp terwyl sy iemand se kop afbyt. As sy stoepsit in haar tuin, is sy so sag soos ‘n malvalekker. • Dankie vir Gerald, ons wandelende ensiklopedie, met ‘n asemrowende kennis oor al die geheime van plante. Gerald se buie wissel van doodernstig tot vrolik. As ‘n mens moeg gewerk is en verveeld geraak het met die doodgewone, voer Gerald jou weg na 6 I www.dietuinier.co.za
‘n botaniese wondertuin van sy keuse en dan kan jy nie help om met aandag te luister na sy stories en legendes oor die plante wat daar groei nie. Hy is spesiaal! • Dankie vir Desiree, ons Engelse teksredakteur wat nie eers ‘n vlieg skade sal aandoen nie. Ons, of liewer ek, maak soms Desiree se senuwees klaar met ‘n gespottery oor wrede slakdoodmaakmetodes (soos in ‘n voedselverwerker!) maar sagte siel soos wat sy is, behou sy die vrede deur my net te ignoreer. Des is soos ‘n reuse-veiligheidsnet. Alles wat ons skryf, word deur haar gekontroleer as waar en reg. Jy kan haar nie fop nie. • Dankie vir Henriette, ons hoofvertaler, wat soos ‘n goeie spook (ons sien haar nooit nie), elke maand die Engelse woorde in Afrikaans vertaal. Sy ken die Afrikaanse woord vir elke skroefsoort, blom, gom en alles en nog wat. Sy is soos witgoud wat helder skyn, want kort voor saktyd wanneer almal nog die laaste goed deurstuur, sal Henriette steeds haar vrolike boodskappe saam met haar vertaling terugpos sonder om te kla. • Dankie vir Eunia, ons Afrikaanse teksredakteur wat die onbenydenswaardige joppie het om elke storie wat deur vele hande was en elke bladsy drukgereed te kry. Sy sit haar brilletjie op, maak haar rooipen skerp en maak onse mooi taal Afrikaans, mak en plesierig vir die lesers. • Dankie vir Ruth, ons ontwerpredakteur. ‘n Mens kan haar altyd deur ‘n ring trek en ons wonder hoe sy daglank kan uithou op haar skerppunt-hoëhakskoene. Sy deel skrobberings uit oor lang titels vir stories wat nie in haar ontwerpe inpas nie. Ruth sal ‘n mooi tuin op haar rekenaar uitbeeld nes jy wou gehad het die lesers dit ook moet sien. • Dankie vir TC (Tanya Campher), ons grafieseen webbladontwerper. Sy maak gewoonlik die mooi voorblad van Die Tuinier en sorg vir ons webwerf. Ek baklei soms met en oor die voorblad, en sy rig my altyd sagkens in die regte rigting – sonder haar sou die boek nooit die aandag getrek het wat ons verkoopsyfers bewys nie. • Dankie vir Geoff, ons hooffotograaf, met wie ek ‘n spesiale band het. Ons twee vat mossiefluitvroeg die langpad, voor die skerp
son in ‘n tuin kan inskyn wat hom op kamera, van mooi na lelik kan verander. Ons ry vreemde grondpaaie omdat sy GPS-meisie altyd lieg en ons laat verdwaal. Hy sien altyd die mooiste goed raak en ek ook – net nie terselfdertyd nie! Geoff is my held. • Dankie vir David, ons ander fotograaf. Dié sagte jongeling druk jou, lag met jou en luister geduldig na jou. As jy vra, gee hy. As jy nie vra nie, los hy jou in vrede…My tipe man! • Dankie vir Garth, die nutsman. Sy growwe hande, bleekwit met baie sonvlekkies op, staan vir niks verkeerd nie. Dié rustige mens se geduld is langer as Job s’n. Die idee-uitdinkers op die personeel en die adverteerders met hulle produkte wat prakties gebruik moet word (stap vir stap natuurlik) gee hom soms opdraand. Maar hy maak die taak elke keer makliker en wys dat jy dit met vertroue self kan doen. • ‘n Spesiale dankie vir Jonathan, ons advertensieman. Die werk van ‘n bemarker wat advertensiespasie moet verkoop in ‘n tydskrif is ‘n baie ondankbare roeping – die man het ‘n streng doelwit wat ‘n baie groot invloed op die inhoud van ons baba het. Maak hy dit nie, sal ons hom wreedaardig kielhaal en sink. Jonathan is vlot tweetalig, meer sjarmant as Omar Sharif en as gevolg van sy werk, minder in sy eie kooi as Krismisvader op ‘n lang afleweringsroete - sonder om te kla. • Dankie vir Mokete, ons ander bemarkingsman en die rustige stem oor die telefoonlyne wat die kleinadvertensies behartig. Mokete hou nie daarvan as dit sy beurt is om vir almal in die kantoor tee te maak nie – miskien is ons bestellings te vol geite na sy sin. Maar Mokete is die een wat immer sy “mo-jo” behou en in beheer van sy kalm karma is. • ‘n Spesiale dankie vir Rusty, ons produksie-assistent en bobaas-skonsbakster (wat onverwags na haar middagete sal terugkom kantoor toe met ‘n vars baksel botterbroodjies). ‘n Sagte koestering aan haar boesem met die woorde: “How are you, my precious heart?” is goud werd. Rusty is ‘n spesie uit ‘n ander era, waar hoflikheid, grasie en goeie maniere hoogty gevier het. • Dankie tog vir Kim, ons kantoorbestuurder. Sonder haar sou almal immer op droë grond wees. As Kim nie besig is om iemand wat alweer ‘n vliegtuig verpas het op ‘n nuwe vlug in te boek nie, praat sy met ons lesers wat probleme het. Sy sorg dat daar altyd melk in die yskas is vir tee. Sy is die gom wat ons bymekaar hou. My innigste dankie liewe Kersvader, is vir die
lesers van Die Tuinier, wat jy vir ons gegee het. Dit is so ‘n voorreg vir ons om in hulle huise en harte te wees en om ons liefde vir tuinmaak met hulle te kan deel! Liefdegroete soos altyd, Anna NS: Kersvader, is jy seker jy het al my nuwe adres? Die huis is klein en my skoorsteen is nou. Het jy al ‘n bietjie gewig verloor? Kom liewer by die voordeur in met my nuwe kleinseun. Sorg asseblief dat hy mooi toegemaak is in ‘n sagte kombersie. Sy ouma wil nie koue handjies en voetjies welkom soen nie.
Tanya Kevin
Anna
Wendy
Desiree Geoff
Ruth Rusty
David
Jonathan
TC
Gerald
Henriette
Kim Eunia
Garth Mokete
www.dietuinier.co.za I 7
TEKEN IN EN WEN
As jy voor 20 Desember 2010 inteken of jou intekening hernu, word jou naam ingesluit by ‘n trekking vir een van drie Aquaponic Barrel Planter Kits van Home Organic. Met ‘n Aquaponic Barrel Planter Kit hoef jy net die plante in te sit en die vis te voer omdat die akwaponika-ekostelsel vir die res sorg.
MEER OOR
Aquaponic Barrel Planters Met Home Organic se nuwe reeks Aquaponic Barrel Planters is die kweek van groente en kruie ‘n maklike, opwindende en prettige aktiwiteit vir die hele gesin – voed net jou vis en jou groente en kruie gedy. Die Barrel Planters bevat ‘n klein dammetjie met ‘n groeibedding bo-op. Die voedingstofryke visafvalwater word van die dammetjie na die gruisbedding gevoer, die plante absorbeer die voedingstowwe (en gedy) en skoon water gaan terug na die vis onder. Die stelsel is ‘n ekostelsel wat heeltemal organies is. Die Aquaponic Barrel Planter Kit is te kry met die vat, dammetjie, pomp, tydtoestel, groeibedding en eenvoudige stap-vir-stap-aanwysings om die stelsel aan die gang te kry. Dit is ‘n mooi fokuspunt in enige tuin of op ‘n sonnige veranda. Besoek die Home Organic-webwerf om die ander akwaponika-eenhede te sien wat te kry is. Vir meer inligting bel Dayle by 084 501 6152, e-pos: dayle@homeorganic.co.za of gaan na die webwerf www. homeorganic.co.za.
STAAN ‘N KAN S OM 1 VAN 3
Hernu die vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys JanbastersK loof nostalgiese Seniorburgers:’n pla astuin Net R193 KaWitste tjiepierings bespaar 30%PoenlygPiealankste s
‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.
tuinier AQUAPONIC BAR REL PLANTER KITS TE
WEN
DESEMBER 2010
vir alle tuinliefhe bbers
Kaliforniese papawers om te saai R22.95 ANDER LANDE
R20.13
Uitgslt. BTW Op die rak 22 November tot 20 Desember 2010
Propvol
DDs
Projekte
SUID-AFRIKA
Plant on voorblads
Dit is
Kersfees!
boU: meeste rstu ’n bedding vol k patiomeubels, ’n fonteintjie halfmane, met glans en kleur ma aK: oulike kershouers, grolanterns en geskenke - krui en emandjies
VEELS GELUK aan Mev. Cathy Bowles van Camperdown wat die agthouertuineenheid van Home Organics gewen het, ons prys in die September 2010-uitgawe.
Bel (011) 473 8700 met jou kredietkaartbesonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en ons sal jou bel
86 I www.dietuinier.co.za
Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700
Debietorder opsie: Bel (011) 473 8700 en betaal net R48 elke 3 maande
Deponeer jou betaling by FNB Teken in op Die Tuinier en jy kan Corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, een Engelssprekende vriend rekeningnr. 62104927259 en faks benoem wat drie opeenvolgende ‘n kopie met al jou besonderhede uitgawes van The Gardener na (011) 474 5479 heeltemal gratis sal kry.
Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 31 Desember 2010.