Die Tuinier Tydskrif

Page 1

12 Intekenare kan koordloos snoei met Ciso van Bosch

tuinier die

OKTOBER 2010

vir alle tuinliefhebbers

Installeer ’n fontein

Plant dahlias Giet perfekte

beddingrande R22.95 ANDER LANDE

R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 20 September tot 18 Oktober 2010

SUID-AFRIKA

Ruik die soet van

inheemse jasmyn

Velde vol

sewejaartjies

Eet pap en marog

Muurboks vir groente


Oktober 2010

ARTIKELS

34 38 40 42 45 50 54 57 61 64 67 68

Tuinontwerp Nasorg maak die tuin RHS Kleurkaart Stedelike Natuurtuin Bring die natuur na jou tuin toe Inheems Sewejaartjies hou vir ewig Besproeiing Moet jy laat drup of sproei? Slim tuinplanne Innoverende idees uit Garden World se lentefees ‘n Nuwe begin Jou somerplantplan vir kleur Perfek in pienk Dis dahlias om nou te plant Grasperksorg Maak flentergras gou reg Tuinbegroting ‘n Ratwerkgrasveld en die koste Boomplant Dink aan die ankers (wortels) Dagboek van ‘n Kaapse tuin Mediterreense inspirasie

GEREELDE ARTIKELS

INHOUD 2 8 16 18 20 25 72 74 76 79 80 83 84 86

Welkom Oktober - jou tuindagboek en streeksgids Brieweblad Maantuinmaak en jou maankalender Die diereriem en jou tuin Plantprofiel JASMINUM multipartitum In die tuin saam met Anna Inheems met Jenny Dean Besemtrosvy gee alles Rosesorg vir Oktober Ryk aan rose Kweek kruie Tuinspeserye Fenegriek Kombuistuin Lekker marog Bonsai Bonsai-kuns in ‘n neutedop Watertuinmaak Die fassinering van koi Jou Troeteldiere As Kietsie stink!

MAAK

JOU LEEFPLEK MOOI 89 93 94 96

TUINMARK 98 101 107 108 112

Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Teken in op Die Tuinier 12 Ciso koordlose snoeiskêre van Bosch te wen Nuus, produkte en pasellas Steggiestukkies Kleinadvertensies Kruiwastorie Waar’s my handsak?

Rondrits, Kompetisies en Promosies 12 14

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd

DDS Boer vertikaal met slaaigoed DDS in ‘n kits Maak ‘n Garden Buddy staan DDS Perfekte rande DDS in ‘n kits Vinnige fontein

Oop tuine – landswyd Groen afsprake

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Subskripsies RNA 011 473 8700 Fotografie Geoff Redman, subs@RNAD.co.za David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 rustyc@dietuinier.co.za

Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Andrew Dominy, Angela Beckx, Anna Celliers, Barry Gush, Di-Di Hoffman, Gary English, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Graham Duncan, Hadeco, Kevin Beaumont, Lindsay Gray, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Tim Neary,

Wendy Moulton. Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.


Welkom

D

is amptelik! (Wel, wat my betref, is dit amptelik…) Ek het Oktober tot eintlike lentemaand verklaar. As gevolg van die strawwe winter en gebrek aan reën, is al die tekens van lente heelwat later as ander jare. Is dit goeie of slegte nuus vir ons tuiniers? Vir my, goeie nuus en vir ‘stadige’ tuiniers wat nog nie lenteplantjies gekoop en geplant het nie, is dit ‘n wonderlike geleentheid om nou in te spring en steeds al die voordele te pluk. Begin ook om al die groente te plant waarvan jy gedurende die koue maande net kon droom. Al daardie tekens van nuwe groei: fyn blaartjies wat ontvou en bloeisels wat begin oopgaan, maak dit ‘n lieflike tyd vir tuinmaak. Ons tuine gaan hulle die volgende paar weke gedra soos ’n hiperaktiewe kind wat losgelaat is om te maak net soos hy wil – en ons moet gereed maak om dit te geniet! Hierdie buitengewoon lywige uitgawe van Die Tuinier dek ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe, en ek weet net jy gaan dit verslind. Wanneer ek na die hele uitgawe kyk – uitgesprei teen die agterste muur van die kantoor sodat ons kan sien hoe dit voortdurend vorder – is dit baie moeilik om artikels uit te sonder. Kom ek probeer tog: Kyk die dahlias op bladsy 57 tot 59. Hulle is beslis een van die lonendste knolle wat ‘n mens kan plant – hulle hou aan met blom en gee maandelank plesier. Daar is ‘n paar treffende nuwe variëteite te kry en die kort kompaktes is ideaal vir kleiner tuine. Afgesien van hul kleiner grootte

het hulle al die wonderlike eienskappe wat hul ouer verwante het, dus sal jy niks misloop nie. Ons fokus op ‘n paar van die treffende pienke, maar as dit nie by jou kleurskema aanpas nie, onthou net: Hulle is te kry in ‘n wye verskeidenheid van lieflike kleure. Van kleure gepraat, op bladsy 38 en 39 deel Gerald, ons inwonende ghoeroe, met ons die storie van die amptelike Royal Horticultural Colour Chart. Dit is fassinerend en ek is bereid om ‘n weddenskap aan te gaan dat jy in die toekoms met ander oë sal kyk na hoe plantkleure benoem word. Die kaarte wat vir die artikel gefotografeer is, is aan Gerald nagelaat deur Felicity Green, ‘n vriendin (en buurvrou) van sy oorlede pa. Sy was ‘n ywerige kweker en versamelaar van rododendrons, asaleas en fuchsias, en haar streng opdragte “Please keep sheets in present order” wat in swart op die omslae van die kaarte geskryf is, het met die jare oorleef en is getuienis van hoe nuttig die kaarte vir haar was. Dit is wonderlik om te dink dat haar tuine op ‘n manier steeds voortleef reg hier in ons kantoor! En nou is dit fluit-fluit my storie is uit! Ek los jou om die res van die tydskrif alleen te ontdek, maar nie tydens tuinmaaktyd nie – jy sal jou moet roer omdat daar nou ‘n klomp tuinmaakwerk te doen is!

OP DIE VOORBLAD:

Bloeisels is eie aan Oktober en die mooiste bloeiselbome vir koue klimate is te vinde tussen die sierlike hibriede en kultivars in die genus PRUNUS en meer spesifiek P. serrulata (blomkersie). Die Tuinier se fotograaf Geoff Redman, het hierdie pragtige helderpienk kersiebloeiseltak in Elgin gekiek.

Tanya geklee deur: Groen Kampioen

Besoek ons op:

w w w.d i e t u i n i e r.c o. za


OKTOBER TUINDAGBOEK

In jou streek

Somerreënval gematig Raak ontslae van die winterpakkaas in jou lapa of braaikamer en omskep dit weer in ‘n gesellige kuierplek met ‘n leksel vars verf of weerbestande vernis en skoon of nuwe kussingoortreksels. Bestel ‘n vrag braaihout vir die braaiplek. Voeg ‘n paar groen goedjies by soos potte met kruie en ornamentele vrugteboompies. ‘n Paar potvoorstelle is; aarbeie en pietersielie saam – oulik in hangmandjies, ‘n ‘Black Velvet’-vyeboompie – baie karaktervol in ‘n groot houer, koemkwat, kalomondin-lemoentjies en lourierblaarbome is ewe eens pragtige immergroenes vir spoggerige potte of houtbalies.

Somerreënval subtropies Spog met ‘n regte tropiese voorkoms in jou somertuin deur al die nuwe Cordylinevariëteite in potte of as fokuspunte in beddings te plant. Nou beskikbaar in kwekerye: CORDYLINE australis ‘Southern Splendour’ – brons en groen gestreepte blare met skokpienk rande. CORDYLINE australis ‘Sunrise’ – smal blare met ‘n rooipienk sentrale aar met pienk rande. Inderdaad treffend!

Winterreënval

Pragtige immergroenes vir potte

Maak reg vir ‘n warm en droë somer deur alle plantplekke, roostuine en rotstuine toe te maak met ‘n deklaag van growwe organiese materiaal soos kompos en bas (wat goed verrot het). Dit sal die grond koel en vir langer klam hou tussen benattings. Platgroeiende grondbedekkers soos DYMONDIA margaretae (silwertapyt) wat goed aard hier, kan deur die winter ‘n bietjie verslete raak. Maak so om dit weer goed aan die groei te kry: Gebruik ‘n bolplanter of ou blikkie waarvan die bo- en onderkant oopgesny is om dooie kolle diep uit te ‘sny’in die grondbedekkermat. Vul nou die gate met vars kompos waarby beenmeel ingemeng is en plant dan vars plantjies wat in bakkies van ses of groot saailaaie beskikbaar is, daarin. Jy kan ook stukke uit gesonde en oorgroeide dele van die tuinmat uitsny om op ander plekke te plant.

Droë binneland

GERBERA ‘Moulin Rouge’

Probeer ‘n taai en pragtige variëteit van die inheemse Barbertonse madeliefie met die naam GERBERA ‘Moulin Rouge’ in jou blomtuin. Dit hou van volson en sanderige grond en is volgens alle aanduidings ‘n lonende plant met groot semi-dubbele blomme in ‘n diep waatlemoenrooi kleur. Verf gerus jou tuinpotte. Die styl-ghoeroes beveel oranje, lemmetjiegroen, skokpienk of hemelsblou aan. Beplant hulle opnuut met taai maar grasieuse somerplante soos: ALOE ‘Hedgehog’, DAZYLIRION wheeleri, AGAVE geminiflora en ELEGIA tectorum. CORDYLINE australis ‘Sunrise’

DYMONDIA margaretae

10 l www.dietuinier.co.za

Doendinge Bemes en benat lentebolle tot hulle heeltemal afgesterf het. Voed krismisrose elke maand met ‘n doelgerigte misstof spesiaal vir hydrangeas om hulle reg te kry vir Kersfees. Na lenteblommende struike afgeblom het, kan hulle gesnoei word vir netheid en bemes word om nuwe groei aan te moedig. Gee altyd goed water daarna en hernu die deklaag om hulle wortels. Oktober is ‘n goeie maand om steggies te maak van laventel, magrietbosse, roosmaryn en ander meerjarige kruie. Plant somerblommende bolplante soos dahlias en swaardlelies. Saai nog pietersielie en soetbasieliekruid in potjies op ‘n sonnige vensterbank – ‘n mens kry nooit genoeg van dié kruie nie.


ma

platgroeiende grondbedekkers wat gehard is en voetverkeer kan dra en nie gesny hoef te word nie. Probeer gerus: DICHONDRA micrantha (wondergras), MENTHA pulegium – ideaal vir klam skaduplekke, PHYLA nodiflora vir son en droeër plekke en ZOYSIA tenuifolia (Koreaanse gras), stadiggroeiend maar baie gehard.

Kombuistuinmaak Maklike somergroente: Wortels – saai saad direk in klein sarsies van lente tot herfs vir ‘n volgehoue voorraad. Die grond moet diep omgewerk word om dit los en bewerkbaar te kry. Komkommers – saai direk. Sorg vir ‘n stutstruktuur om die vrugte van die grond af te hou. Groenboontjies – plant sade van die bosserige variëteite wat makliker is om te hanteer. Blaarslaai – plant gereeld van die ornamentele en losblaar soorte wat beskikbaar is in saailingbakkies by kwekerye. Radyse – saai bietjies-bietjies direk heelsomer lank. Skorsies en vingerskorsies – saai saad direk en dun uit as hulle te na aan mekaar opkom. Jy kan hulle oplei teen draadheinings of tipi’s. Soetpepers – plant saailinge beskikbaar by kwekerye. Tomatoes – plant saailinge beskikbaar by kwekerye. Tamatiesaailinge moet ‘n bietjie dieper geplant word as wat hulle in die bakkies groei. Dit help om die plante stewiger te anker en nuwe wortels sal gou uit die stamme wat onder grondvlak is vorm. Trek die onderste blare af wanneer jy plant. Spinasie – plant elke paar weke ‘n rytjie vars spinasie. Bemes jong groente nou elke twee weke met ‘n vloeibare misstof en verwyder dadelik enige onkruid tussen die rye. Sit slaklokaas tussen aarbeiplante en verskaf ‘n deklaag van strooi om die vruggies van die grond af te hou. Pluk die soet vruggies gereeld om nog aan te moedig. Lei sitrusbome elke week diep nat. Dun perskes, nektariens, appelkose en pruime uit wanneer hulle omtrent ertjiegrootte bereik het. Bemes nog ‘n keer met ‘n algemene misstof soos 3:1:5 of ‘n organiese ekwivalent. Hou aan met spuit en lokaas uitsit teen vrugtevlieg en kodlingmot.

Plae, peste en kopsere Mikro-elemente is nodig vir plante net soos vitamiene vir mense is. Plante kry in meeste gevalle alles wat nodig is vir gesonde groei uit goedversorgde grond uit, maar daar is soms tekorte by sekere plante. Dit is gewoonlik sigbaar in die koeler maande en die eerste tekens is geel blare. As jong blare geel of selfs wit word maar die are bly donkergroen, word dit gesien as sklorose wat veroorsaak word deur alkaliese grondtoestande. Plante wat geaffekteer word is lemoenjasmyn, verbleikblom, katjiepiering, sitrus, krismisrose, kamelia en azalea. Daar is ook ander vorms van vergeling op ouer blare wat die oorsaak kan wees van spoorelement-tekorte, maar dis moeilik om altyd presies te weet watter een. Om die probleem in die algemeen reg te stel, kan jy die plante behandel met ‘n vloeibare misstof wat spoorelemente bevat. Misstowwe wat ‘n seewierbasis het werk ook goed as die plante daarmee natgegooi word.

SCABIOSA columbaria ‘Pink Mist’

VIOLA odorata ‘The Czar’

www.dietuinier.co.za l 9


OKTOBER TUINDAGBOEK

take

Tuin

Mooi daar buite Oktober en hooglente in die tuin beteken sagte blomkleure en soet geure. Wat is dan mooier en soeter van geur as BRUNFELSIA pauciflora ‘Floribunda’ (verbleikblom)? Dié groot semi-bladwisselende struik word oortrek met blomme in skakerings van dieppers, lila en verbleik uiteindelik na bleekwit en dié plesier bly vir maande lank. Dit is hierdie drie blomkleure wat gelyktydig aan die plant is, wat die oorsaak is van sy Engelse volksnaam, yesterday, today and tomorrow. Plant een van hierdie struike in volson of ligte skadu naby jou kamervenster of in ‘n pot op die stoep en onthou die volgende woorde wat ‘n tuinvriendin van ons kwytgeraak het: “Moenie dink aan gister nie, dit sal jou laat huil. Moenie dink aan môre nie, dit sal jou laat kommer. Leef vir en dink aan vandag, dit sal jou laat lag!” Dié mooi plant laat ‘n mens onwillekeurig glimlag.

Plant nou Hoewel rose nie hou van stoornis in hulle wortelareas wanneer hulle aktief in die somer groei nie, sal hulle die teenwoordigheid van fyngoed soos meerjariges en grondbedekkertjies wat ekstra kleur en romanse aan die roostuin verskaf, in hulle nabyheid verdra.

BRUNFELSIA pauciflora ‘Floribunda’

Probeer dié plantmaats vir rose: ACHILLEA millefolium ‘Colorado’ (duisendblad) – wollerige groen loof en blomme in kleure van rooi, pienk en wit aan lang stele. Immergroen en gehard. BRACHYCOME Pacific ‘Breeze’ and ‘Island’ – kompakte meerjariges met klein madeliefie-blomme in lila en pienk. CONVOLVULUS sabatius ‘Saffire’ var. Compacta (blouwinde) – meerjarige grondbedekker met donkergroen blare en hemelsblou blomme. Gehard. CUPHEA mexicana ‘White Wonder’ var. Snow (valsheide) – fyn struikie met klein blare en spierwit blommetjies. Gehard. ERIGERON karvinskianus (Mexikaanse madelief ) – spreidende grondbedekker met ‘n massa wit en babapienk blomme. Gehard. IBERIS sempervirens (skeefblom) – kleinblaar grondbedekker met groot trosse spierwit blomme in die lente. Gehard. LOBULARIA maritima ‘Snow Princess’ (heuningblom) – ‘n polvormige meerjarige met dofgroen loof wat toegegroei word met trosse wit of sagtepers blommetjies. SCABIOSA columbaria ‘Pink Mist’ (koringblom) – meerjarige met pienk speldekussingblomme jaarlank. Gehard. VIOLA odorata ‘The Czar’ (soetviooltjie) – geharde en spreidende grondbedekker met soetgeurige viooltjiepers blomme in die lente.

Jou grasperk

BRACHYCOME ‘Island’

Maak klein irritasies soos kaal kolle wat in die oog is, nou reg deur die omliggende sooie uit te spit en te vervang met gesonde sooie van ‘n ander deel van die grasperk wat nie so sigbaar is nie – dié dele kan weer opgevul word met fyn kompos, gelyk gemaak word en sal weer gou toegroei. Jy kan dit ook oorsaai, lopers of nuwe plantjies plant. Holtes en ongelyke plekke kan ook reggemaak word deur die sooie op die probleemplekke uit te spit, en dan of van die grond weg te neem of kompos by te voeg. Plaas die sooie sagkens terug en stamp vas met die agterkant van ‘n graaf. In skadukolle of plekke waar grasperke moeilik groei, kan jy dink aan ander IBERIS sempervirens

8 l www.dietuinier.co.za ACHILLEA millefolium CONVOLVULUS ‘Colorado’ sabatius

ERIGERON karvinskianus

LOBULARIA maritim ‘Snow Princess’


Perfek

in pienk K

leurgebruik in die tuin is baie persoonlik: Sommige mense verkies helderkleurige aanplantings terwyl ander weer van die kalmerende effek van sagte kleure hou. Met die groot versameling blomkleure wat dahlias bied, is hulle die perfekte metgesel vir enige plantskema. Die reeks van pienk skakerings en tinte is besonder goed verteenwoordig in tuinsentrums. Min ander blomplante is beter geskik vir die uiteenlopende grond- en klimaatstoestande in Suid-Afrika. Dahlias kan met ‘n bietjie sorg gekweek word waar warm winde onder ‘n skroeiende son waai of waar koel mis oor sanderige kustuine trek.

PLANTTYD

Carousel

57 I www.dietuinier.co.za

Gehaltedahliaknolle kom vanaf middel September by tuinsentrums aan en moet in September of Oktober geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. As jy aan die kus woon, plant die knolle eers in Oktober. Hulle kry swaar as hulle te vroeg geplant word omdat hulle begin blom wanneer daar nog verskeie warm maande voorlê wat hulle moet verduur. Hulle moet eers in die mid- tot laatsomer begin blom en lewer hul beste vertoning in laatherfs en vroegwinter – totdat die ryp hulle kortknip. www.thegardener.co.za I 3


Sonskyn is die beste

Dahlias verkies helder sonskyn, maar vaar betreklik goed in ligte skadu as hulle minstens drie tot vier uur direkte sonskyn per dag kry. Hoe meer son hulle kry, hoe stewiger is die plante. Grond en stut Kweek dahlias in goed dreinerende tuingrond. Hulle vaar egter die beste as die grond ryk is aan organiese materiaal, fosfaat en kalium. Spit kompos, goed ontbinde mis of veenmos in. Sodra die dahlias begin blom, voed hulle met bolvoedsel om hulle aan te moedig om ‘n benydenswaardige blommedrag te lewer. Wanneer hooggroeiende variëteite geplant word, plaas ‘n klein stutstokkie langs die knol. As die plant hoër groei en meer steun nodig het, vervang die korte met ‘n langer, stewiger stutstok (wees versigtig om nie die wortels te beskadig nie).

Baie meer bedekking!

‘n Deklaag word aanbeveel. Dit sal waterverlies deur verdamping uit die grond voorkom en die plante goed laat groei sodra hulle begin blom. Moenie toelaat dat die grond uitdroog nie. Hoe meer organiese materiaal grond bevat en hoe dikker die deklaag bo-op is, hoe minder water is nodig om dit klam te hou.

Snoei en uitknyp

Snoei en ontknopping word aanbeveel om goeie blomme te kweek. Beperk die plant tot net ‘n paar stamme en knyp die meeste van die sylote uit. Behou die stutstok terwyl die plant groei. As dit die plan is om die blomme as snyblomme te gebruik, verwyder die meeste van die syknoppe as hulle verskyn en behou ‘n enkele blom per steel. As jy egter ‘n kompakte bos met ‘n massa blomme verkies, knyp ‘n paar van die groeipunte en die middelste blomknop uit. Die verwydering van dooie blomme sal die plant aanmoedig om opnuut te blom. Sny vir die vaas Dahlias maak werklik mooi snyblomme uit – vir die beste resultate plaas hulle in ‘n vaas lou water met Chrysalsnyblomvoedsel in teen die aanbevole hoeveelheid.

Alfred Grille

Warm wenk!

As jou dahlias teen laatsomer langbenig begin lyk, sny bloot twee derdes van elke plant af. Hulle sal reageer met nuwe groei en nuwe blomme.

4 I www.thegardener.co.za

www.dietuinier.co.za I 58


Die mooiste pienke Soek hierdie dahlias uit vir al die pienk skakerings wat ‘n tuinier kan begeer. • Kaktus Belmonte – met blywende, middelgroot diep rosige pienk dubbele blomme Carousel – middelgroot tot groot baie donkerpienk krisantvormige blomme Good Earth – middelgroot tot groot malvarooskleurige blomme Anderson – middelgroot donkerroos blomme aan hoë plante met purpergetinte loof. Alfred Grille – middelgroot tot groot diepsalmroos blomme met geel harte • Randakker Park Princess – sagte pienk dubbele kaktusblomme Carola – treffende, sierlike rooskleurige blomme • Terras Rumba – pragtige pienk blomme bo kort plante, ideaal vir potte Salsa – lewendige pienk trosse aan kompakte plante, ook ideaal vir potte • Lieflik versierend Gerrie Hoek – middelgroot suiwer rooskleurige blomme. Blomryke middelhoë plante Rosella – middelgroot tot groot donkerpienk blomme aan hoë plante Otto’s Trill (groot bord) – buitengewone groot rooskleurige blomme bo hoë plante Lolly Pop (pompom) – klein tot middelgroot lilarooskleurige blomme met donker punte aan kort plante Rose (topmengsel) – enkele rooskleurige blomme aan ‘n laaggroeiende kompakte plant

Inligting verskaf deur Hadeco. Besoek www.hadeco.co.za vir besonderhede van Hadeco-dahliabolleweransiers in jou gebied.

Anderson

www.thegardener.co.za I 5


70 I www.thegardener.co.za


DDS

Vertikale Groentekassie

Moenie moed opgee as jy nie plek het om al daardie wonderlike blaargroente te plant nie - BOER BOONTOE.

www.dietuinier.co.za I 89


WAT JY BENODIG VAN

MATERIALE

Plantkas Fineerdennehoutbord (shutterply pine board): 1 800 x 800 x 122 mm SA dennehout, as volg, in mm: • 2 @ 1 800 x 144 x 22 – lang kante • 2 @ 756 x 144 x 22 – kort kante • 5 @ 1 756 x 144 x 22 – verdelers/rakke • 1 @ 800 x 22 x 22 – middelstut • 2 @ 1 715 x 40 x 6 – dekstroke, lank • 4 @ 1 000 x 40 x 6 – dekstroke, kort 100 @ voldraadsnyskroewe (4 x 30 mm) houtgom Bedekking en waterdigting • 5 liter a.b.e. Supa Laycryl-stel plus ‘n ekstra rol membraanlap • 1 800 x 800 mm Weed Gard/ landskappeerdoek • 500 ml universele onderlaag • Fired Earth-verf (ons het die kleur Trail fresh gebruik) Besproeiingstoerusting van Gardena (een van elk tensy die getal gespesifiseer word) ‘n druk-trek-koppeling (12,5 mm), besproeiingspyp (3 meter), mikropons, 10 x druppers, ‘n elmboog, entprop, tuinslang met kraankoppeling (19 mm), tuinslangkoppeling (19 mm), kitskoppeling en 8 x PVC-saals (by hardewareafdeling)

Groeimedium en plante 4 x sakke potgrond 1 x blok saamgeperste palmveen ‘n Keuse van eetbare saailinge

H

ierdie vertikale bedding bestaan uit ‘n vlak houtkas wat in seksies verdeel en toegerus is met ‘n besproeiingstelsel wat met ‘n tuinslang aan die watertoevoer verbind word. Die water loop in die boonste deel van die kas in en drup dan af deur die dreineergate wat die seksies verbind. Die binnekant van die kas is met membraanlap uitgevoer en bedek sodat die kas betreklik waterdig is. Sodra die kas vol groeimedium is, word die oop kant met onkruidbeheerdoek bedek en elke saailing word geplant in snye wat in die doek gemaak word. Dit is nogal ‘n uitdagende DDS-projek, maar dink net aan die gevoel van bevrediging wanneer jy die bestanddele vir ‘n somerslaai sommer van jou muur af kan pluk. Die basiese vereistes is ‘n stewige muur wat binne ‘n tuinslanglengte van ‘n kraan af is. Hoeveel son die muur kry, sal bepaal watter plante sal gedy aangesien blaargroente gewoonlik die grootste deel van die dag volson wil hê. Dit is ‘n besonder ruimtebesparende manier van tuinmaak vir woonstelbewoners met sonnige balkonne en stedelike tuiniers met baie beperkte ruimte. Net ‘n woordjie van waarskuwing: Die vertikale bedding wat vir hierdie artikel gemaak is, is 180 cm wyd en 80 cm diep en vier baie sterk mense was nodig om dit teen die muur op te lig toe dit beplant is. As jy met die opligstadium nie soveel hulp kan kry nie, oorweeg dit om liewer ‘n paar kleiner kassies te maak as een so ‘n grote.

Stap 1

Meet en trek 5 vertikale strepe 130 mm uitmekaar aan die agterkant van die houtbord (Sien Diagram A op bladsy 91). Boor en versink gate 200 mm uitmekaar op die strepe en om die rand van die bord. Hierdie gate is vir die skroewe wat die bord met die planke sal verbind wanneer die kas gemaak word (in stap 3).

Stap 2

Boor 22 mm-gate 300 mm uitmekaar in al die verdelers en in een lang syplank vir dreinering. Boor nog ‘n gat in almal presies in een van die hoeke vir die besproeiingspyp.

3a

Stap 3

Die kas moet in die middel gestut word: Gebruik die uitsnysaag en sny ‘n groef uit elke binnerak uit om die stutplank te huisves. Wend ‘n bietjie houtgom aan waar twee stukke hout gelas gaan word, skroef dit vas en sit die kas so inmekaar. In hierdie stadium kan jy die besproeiingspyp teen die kant van die kas oplei, maar voltooi eers die installasie nadat die waterdigting aangebring is (om te keer dat die druppers verstop raak).

3b

Om die kas teen die muur op te hang • 10 x uitsitboute (grootte: 6 x 65 mm) • 5 x hoeksteune (120 mm) • 2 x uitsithake (grootte: 6 x 65 mm) • 2 x oogboute (grootte: m6 x 30) • 2 x veerhake (6 mm) • 2 x kort stukke sterk ketting (3 skakels elk) GEREEDSKAP ‘n maatband, potlood, uitsnysaag, elektriese boor, 10 mm-betonboorpunt, 22 mmsilindersaag, koordlose boor, 18 mmspoedboorpunt, waterpas, nutsmes en kramskieter Let asseblief daarop dat sommige produkte dalk nie by Builders Trade Depot beskikbaar is nie.

90 I www.dietuinier.co.za

3c


800 mm

4b

4c

Diagram A

1800 mm

Stap 4

Maak nou die binnekant van die kas waterdig deur die instruksies op die Supa Laycrylstel te volg. Die kas het minstens twee en verkieslik drie lae membraanlap en vloeistof nodig. Sodra die laaste laag droog is, sny met die nutsmes die membraanlap van die dreineergate af weg asook wat om die rande uitsteek.

4a

Stap 5

Om die installering van die besproeiingstelsel klaar te maak, monteer die druk-trek-koppeling in die gat in die onderste plank, verbind die besproeiingspyp daarmee en lei die pyp boontoe aan die binnekant van die kas op, deur die gate in die verdelers na die bokant toe en dan oorkruis. Sny die pyp by die hoek af en verbind die twee gesnyde punte met die twee kante van die elmboog. Heg die pyp op sy plek vas met die PVC-saals. Steek 10 gate ewe ver uitmekaar in die horisontale deel van die pyp en steek die druppers daarin. VerseĂŤl die oop punt van die pyp met die entprop. Later wanneer die kas op sy plek is, verbind die stelsel met die tuinslang aan die watertoevoer.


Teken in OF HERNU en kom in aanmerking om een van 12 Ciso Koordlose Snoeiskêre van Bosch, elk ter waarde van R874 (insl. BTW) te wen

Hernu vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers: Net R193 bespaar 30%

‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie. Om die takkies in jou tuin te tem is nie meer ‘n vermoeiende taak wanneer jy die Ciso van Bosch gebruik nie. Die Ciso Cordless Secateurs is die wêreld se eerste snoeiskêr met ‘n geïntegreerde litiumioonbattery wat dit in staat stel om met die druk van ‘n knoppie glad en skoon deur takkies of takke (met ‘n deursnee van tot 14 mm) te sny. Die Ciso is die ideale gereedskapstuk om blomplante, struike en bosse, en selfs vrugtebome te versorg. Dit is kompak, lig en koordloos, en sy ergonomiese handvatsel beskerm die spiere in die hand, arm en skouer. Die Ciso Cordless Secateurs word verpak in ‘n nuttige metaalbêreblik en is te kry by kleinhandelafsetpunte. Vir meer inligting oor die Ciso bel Bosch by 011 651 9859 of besoek www.bosch-do-it.co.za.

Veels geluk aan die 100 gelukkige intekenaars wat elk ‘n eksemplaar van Homegrown Garden Design of Tuinmaak met Eiegoed deur Tanya Visser en Anna Celliers, die subskripsieprys vir Julie, gewen het.

Aanlynsubskripsie by www.rnadistribution. co.za of e-pos subs@RNAD.co.za

Bel (011) 473 8700 met jou kredietkaartbesonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en ons sal jou bel

98 I www.dietuinier.co.za

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700

Debietorder opsie: Bel (011) 473 8700 en betaal net R48 elke 3 maande

Teken in of hernu voor 18 Oktober 2010 om seker te maak jou naam is in die trekking vir een van die 12 Ciso Cordless Secateurs van Bosch.

Deponeer jou betaling by Teken in op Die Tuinier en jy FNB Corporate Jhb, Kode kan een Engelssprekende 25 50 05 00, rekeningnr. vriend benoem wat drie 62104927259 en faks ‘n kopie opeenvolgende uitgawes met al jou besonderhede van The Gardener na (011) 474 5479 heeltemal gratis sal kry.

Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 30 Oktober 2010.


Stap 6

Die kas hang aan die bokant aan twee hake en rus ook op vyf steune. Besluit waar die kas moet hang en maak die muur gereed. Besluit hoe hoog die kas moet kom, gebruik die waterpas en potlood en trek ‘n streep 1 800 mm lank op die muur. Een steun kom op elke punt vas en drie tussenin, ewe ver uitmekaar. Hou elke steun in posisie en merk waar die gate moet kom. Boor die gate en maak die steune aan die muur vas met twee uitsitboute vir elke steun. Lig die kas op die steune. Merk waar die twee boonste hegstukke in die muur moet kom en merk die ooreenstemmende plekke op die kas. Sit die kas weer op die grond neer en boor die gate in die muur. Steek die uitsithake in. Installeer die twee oogboute aan die bokant van die kas.

Stap 8

Maak die palmveen uitmekaar, meng met die potgrond en meng ‘n bietjie organiese misstof by. Sit die kas op ‘n plat oppervlak neer en maak vol met die mengsel. Span Weed Gard oor die voorkant en gebruik die kramskieter om dit aan die binneverdelers en aan al vier kante vas te maak. Sny klein kruisies in die doek, plant ‘n saailing in elk en druk hulle skuins in die rigting van die bokant van die kas. Maak die dekstroke aan die voorkant en sye van die kas vas om die kramme weg te steek. Laat die kas minstens ‘n week lank in volson platlê sodat die wortels van die saailinge gevestig kan raak. Gee die saailinge daagliks water.

Stap 9

Tyd om die kas op te hys! Rus die basis op die steune en gebruik die kort kettings en veerhake om die kas aan die uitsithake op te hang. Verbind laastens die tuinslang met die druk-trek-koppeling, besproei die plante en begin beplan aan jou eerste slaai.

8e

8a

6a

8b

HELP OM AFRIKA TE BOU

6b Builders Warehouse is die leier in huisverbetering. Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak te kry, en elke winkel het ook ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.

8c

Builders Express is die gesinstuin-enDDS-sentrum en lewer ‘n diens aan alle tuinmaak- en DDS-entoesiaste. Builders Trade Depot hou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en voorsien aan kontrakteurs oor ‘n breë spektrum van die boubedryf.

Stap 7

Wend ‘n laag universele onderlaag aan die buitekant van die kas aan en daarna twee lae Fired Earth-verf. Wend egalig aan aangesien hierdie verf nie mooi oorverf as dit nat is nie. Laat elke laag droog word voor die volgende aangewend word. Verf ook die ses dekstroke hoewel hulle eers aan die einde van stap 8 aangebring word.

92 I www.dietuinier.co.za

8d

Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.