ProAgri 132, Januarie 2011

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Januarie / January 2011 Nr / No 132 ISSN 1042–1558

Nat, maar nie verlore met Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pes: Herwin weiding met Brush-off |

Voermaak

|

Werfnuus

|

Lekkerlees

| Meganisasie

AgriTrader



In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief it is vir my ’n groot voorreg om deel te wees van die ProAgri-span. Dié span sluit na my mening elke boer in wat tegnologies vooruit wil gaan. Dit is immers waarom dr Francois Rall in 1994 met ProAgri begin het: om die jongste tegnologiese verwikkelinge onder ons boere se aandag te bring sodat hulle deurgaans die vrugte van die beste tegnologie kan pluk. ProAgri is ook die medium waardeur boer en verskaffer by mekaar kan uitkom en ek glo met ons nuwe verspreidingsnetwerk wat binne die volgende drie maande landwyd gevestig gaan wees, gaan ons nog beter in daardie doel slaag. Indien u sukkel om ProAgri op u dorp in die hande te kry, laat ons asseblief weet sodat ons dadelik ’n plan kan maak. Ons tema vir hierdie uitgawe is besproeiing en ek vertrou u sal die reeks artikels interessant vind. Dit is egter hartseer dat dit veral besproeiingsboere is wat die meeste skade in die oorstromings van die afgelope maand opgedoen het. Ons hoop dat die boere gou weer op hulle voete sal wees. Besoek gerus ProAgri se webwerf. U gaan verseker daar elke dag vars, belangrike en ook interessante landbounuus raakloop. Ook daar sal ons graag u bydraes en foto’s verwelkom. Moenie die wedstryd wat volgende maand begin misloop nie! Besoek www.proagri.co.za.

D

Annemarie Joubert

Inhoudsopgawe / Contents

6 7 8 10 13

5

Besproeiing: Moenie droogmaak nie Floppy laat elke druppel werk Talbert-spilpunte: Water waar en wanneer dit nodig is Voermaak met Valtrac: Rek die reëntyd regoor die jaar Haal waarde uit die aarde met Jupidex

Versekering

7

15 Nat, maar nie verlore

17 Technichem bewapen boere met tegnologie

met Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pes Herwin weiding met Brush-off |

Voermaak

|

Werfnuus

|

Lekkerlees

| Meganisasie

AgriTrader

Die pompom skuil agter sy mooi pers blommetjies om sy verwoestingswerk te doen, maar gelukkig het boere nou ’n wapen om hulle weiding te red. Lees meer op bl 5.

Die ProAgri-span Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Bemarkers Pieter Rall > 083-227-4333 pieter@proagri.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Verkoopbestuurder Anneke Claassen > 083-301-9134 anneke@smartpublishing.co.za

Taalversorging Mediadienste

15

18 Voorkoming is al uitweg: Brucella Melitensis en Slenkdalkoors

Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za

Nuus 21 Werfnuus

Nat, maar nie verlore

Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za

Gewasproduksie

Veeboerdery

Januarie / January 2011 Nr / No 132 ISSN 1042–1558

Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Pompom en bankrotbos: Wen jou weiding terug met Brush-off

Meganisasie

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za

Voorbladartikel 5

ProAgri

17

Lekkerlees

Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

22 Aan Jannie 23 Agrilag Handelsnuus 24 AgriGids en GeneGids 29 Veilings

18

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011

3



Voorbladartikel

Pompom en bankrotbos: Wen jou weiding terug met Brush-off D it is weer daardie tyd van die jaar. Langs ons land se paaie staan die pragtige ligpers pompom weer geil in die blom. Net so pragtig soos die pers blommetjie, so dodelik is die plant vir ons natuurlike weiveld, want waar die pompom indring, groei daar niks anders nie. Boere kan gerus in hierdie tyd mooi kyk waar die pompom al kop uitgesteek het, want nou is die beste tyd om hom raak te sien en vir uitwissing te merk. Pompom, oftewel, Campuloclinium macrocephalum, is as ’n Kategorie 1-indringerplant geklassifiseer, wat beteken dat hy volgens wet voor die voet uitgeroei moet word. Kategorie 1-plante is uitheemse plante wat geen ekonomiese doel dien nie en skadelik vir mens, dier en die omgewing is – en dit is die pompom terdeë. Die wortels skei ook ’n chemiese stof af wat die omringende grond steriel maak sodat inheemse plantegroei nie kan ontkiem nie.

Die plant versprei maklik deur sy groot hoeveelhede saad wat nie net deur die wind aangehelp word nie, maak ook deur die mens, wat die oulike blommetjies langs die pad afpluk en elders weggooi. Dan het die plant ook nog ’n ondergrondse stingel waardeur hy vegetatief voortplant. Brand en sny help niks teen die pompom nie. Maar gelukkig is alles nie verlore nie. Brush-off is die oplossing. Dit is ook die enigste middel wat vir die bestryding van pompom geregistreer is. Deur jare van navorsing het DuPont ’n middel ontwikkel wat peste en indringers soos pompom kan uitwis, sonder dat die nuttige gras daar rondom ’n onverdiende dwarsklap kry! Die beste van alles is dat Brush-off ook ’n gedugte wapen is in die stryd teen bankrotbos. Die bankrotboskrisis Geen boer kan in hierdie tyd wat die milde reën daardie verwoester van weiding, die bankrotbos, laat opskiet het, sonder ’n bottel Brush-off betrap word nie. Bankrotbos, ook bekend as slangbos of Stoebe Vulgaris, is besig om weiding op groot skaal te vernietig. Boere se uitroepe om hulp word van oral gehoor. Selfs die regering het al kennis geneem van die omvang van die probleem en die Department van Landbou is tans besig

om met die hulp van landbouorganisasies ’n opname te doen oor die voorkoms van bankrotbos. ’n Totale strategie is nodig teen die totale aanslag. Bankrotbos, met sy lelike harde vaal blare, neem weiding so vinnig en volledig oor dat daar min te vrete vir die vee oorbly. Hy’s ’n taai kalant wat nie maklik uitgeroei word nie. Vuur is kos vir hom! En skoffel help nie eintlik nie. Die belangrikste wapen in ’n boer se strategie teen die aanslag is Brush-off wat bankrotbos uitknikker, maar gras geen skade aandoen nie. Die middel is deur die chemiese maatskappy, DuPont, ontwikkel vir onder meer die beheer van sekere breëblaaronkruidsoorte in graan en dit is bankrotbos se tier! Die beste resultate word in die plant se aktiewe groeistadium behaal, met ander woorde: nou! Vir meer inligting oor die gebruik van Brush-off, skakel DuPont by 011-218-8600.

Wenke vir die beheer van bankrotbos met Brush-off: - Benat die hele plant met Brush-off. Takke wat nie benat word nie, kan weer uitloop. - Spuit in die najaar (van nou tot einde Maart) wanneer die plant voedselreserwes wortels toe begin stuur. - Wag na goeie reën ’n week of wat voor bespuiting, sodat die plante eers voedselreserwes kan opbou. - Gebruik ’n benatter om te verseker dat die onkruiddoder bankrotbos se klein, wasbedekte blaartjies binnedring. - As dit binne 4 tot 5 uur na toediening reën, moet die toediening herhaal word. - Die optimum dosis is 150 tot 200 gram produk per hektaar.

Agter die pompom se pragtige pers blommetjies skuil ’n gevaarlike indringerplant wat boere groot skade kan berokken. Gelukkig kan boere nou Brush-off gebruik om die pes te beveg. Hoe langer jy wag, hoe meer woeker die plant en hoe duurder gaan dit word om dit uit te roei. www.proagri.co.za

Wanneer bankrotbos betyds bestry word, is dit maklik en goedkoop, maar wanneer dit eers toegelaat word om voort te woeker soos hier, waar dit haas alle weiding verdring het, word bestryding al hoe duurder. Beveg bankrotbos dus betyds. ProAgri 132 - Januarie / January 2011

5


Meganisasie

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie! As jy wil hê jou besproeiing moet deurgaans lonend en suksesvol wees, moet jy jou besproeiingstelsel se werking gereeld beoordeel (evalueer) en dit onderhou. FB Reinders van die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese vertel hoe. oeltreffende besproeiingswaterbestuur beteken dat jy die tempo, hoeveelheid, tydsberekening en verspreiding van die water bepaal en beheer om die gewas se waterbehoefte op ’n beplande en doeltreffende manier te bevredig. Besproeiingsukses hang nie net van die korrekte tegniese en landboukundige ontwerp af nie, maar ook van die standaard van bestuur en onderhoud van die besproeiingstelsel. Die doel van die evaluering is om seker te maak die stelsel werk soos dit oorspronklik ontwerp en geïnstalleer was. Die evaluasieproses kan relatief eenvoudig wees om moontlike probleme in die stelsel vroegtydig te identifiseer. Tabel 1 beskryf van die metings wat uitgevoer kan word om waardevolle inligting te verkry wat die nodigheid van onderhoud, veranderinge in die stelsel

D

self en aanpassings in die bestuur kan uitwys. As daar na die spesifieke besproeiingstelsels gekyk word, is dit belangrik om op die volgende te let wat werkverrigting kan beïnvloed: • Druppers en mikrospuite is uiters gevoelig vir voorwerpies wat verstopping kan veroorsaak, omdat die vloeipad-opening van die toedieners baie klein is. Daarom is dit baie belangrik om voortdurend seker te maak dat die toedieners in ’n besproeiingsblok reg werk. Verstopte toedieners moet skoongemaak word en lekplekke moet reggemaak word. Vervang toedieners met dieselfde fabrikaat en tipe indien nodig. Maak seker dat die stelsel besproei teen die ontwerpdruk, want te lae druk sal tot ’n laer vloei-spoed in die sypype lei,

Tabel 1: Basiese evalueringsprosedure om vas te stel of ’n besproeiingstelsel reg werk

6

Aspek

Meting / Beoordeling

Pompdruk

Bepaal die pompdruk met ’n drukmeter en vergelyk dit met die gespesifiseerde druk.

Stelselkapasiteit

Bepaal die stelsellewering deur lesings te neem met ’n vloeimeter.

Inlaatdruk van blok

Bepaal die inlaatdruk van die blokke met ’n drukmeter en vergelyk dit met die verlangde druk gespesifiseer.

Toedienerdruk en -lewering

Meet druk met ’n drukmeter en meet die lewering in ’n houer by minstens vyf toedieners (sproeiers of druppers) en vergelyk met die oorspronklike ontwerp.

Algemene installasie

Bepaal of daar enige lekke in die stelsel is en herstel dit.

Werking van toerusting

Kontroleer die werking van die pompe, filters, elektriese bedrading, toedieners, toevoerpunte, lug- en drukbeheerkleppe.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

wat die uitsakking van gesuspendeerde vaste stowwe kan veroorsaak. Inspekteer die filtreerders ook gereeld en spoel dit terug om die drukverlies oor die filter te beperk. Sprinkelstelsels moet teen die ontwerpsdruk funksioneer, anders vind daar ’n onegalige verspreiding van water plaas. ’n Te lae sprinkelaardruk breek die waterstraal nie behoorlik op nie en ’n ring-effek met ’n swak verspreiding word verkry. Met ’n te hoë druk weer, word die straal te fyn opgebreek met ’n mis-effek wat groot verliese as gevolg van verdamping en windwegdrywing kan veroorsaak. In die praktyk is gevind dat die optimale werksdruk in kPa van die sprinkelaar tussen 60 en 70 maal die tuitdeursnee in mm moet wees. Dit geld vir tuite van 3 tot 7 mm deursnee. Byvoorbeeld as die tuitdeursnee 3/16 duim of 4,76 mm is, moet die druk tussen 286 en 333 kPa wees. Slytasie aan sprinkelaartuite moet ook voortdurend gemoniteer word, want 5% slytasie van ’n tuit beteken ’n 10% toename in lewering en krag-aanvraag, wat bykomende bedryfskoste en oorbesproeiing beteken. By spilpunte is dit raadsaam om verstopte sprinkelaars af te haal en skoon te maak en nie ’n stuk draad te gebruik om die spuitstuk van buite af skoon te probeer steek nie. Daar kan terselfdertyd ook na die drukreguleerder se toestand gekyk word. In baie gevalle verstop die reguleerder gedeeltelik voordat die spuit verstop. Wanneer ’n spilpunt as gevolg van ’n vloed onder water was, is dit raadsaam om die elektriese werkverrigting te laat toets voor dit weer aangeskakel word.

Goeie bestuur berus altyd op tydige, akkurate inligting waarvolgens besluite geneem kan word. Dit geld ook vir enige besproeiingstelsel. As die stelsel gereeld deeglik nagegaan word, weet ’n mens betyds watter regstellings gemaak moet word om volgehoue doeltreffendheid te verseker.

Tydige ondersoek na die doeltreffendheid van alle aspekte van ’n besproeiingstelsel stel die boer in staat om regstellings te maak voordat hy skade ly. www.proagri.co.za


Meganisasie

Doeltreffende waterbenutting:

Floppy laat elke druppel werk! ie volle waarde van elke druppel water – dit is wat die Nels van Vanzylsdamme Boerdery naby Ladismith met hulle Floppy-besproeiingstelsel geniet. Op hierdie plaas is water baie skaars en elke druppel moet ten beste benut word vir die vrugtebome, maar veral ook vir lusernproduksie vir die Holstein-melkery en -stoet. Die plaas kry drie maal per jaar water uit Floriskraaldam naby Laingsburg vir vloedbesproeiing, maar die res van die tyd is water maar skraps. Bo in die poort op die plaas is daar ’n kuil in die Grootrivier waaruit water gepomp kan word (as daar is) om 22 hektaar lusern te besproei. Kruipspuite het nie die mas opgekom nie omdat die benutbare grond ’n baie eienaardige vorm het en omdat die water hard en te swaar is en alles laat roes en aanpak. ’n Kantrolstelsel het ook nie geslaag nie, want die sterk bergwind het nie net die waterdruppels weggewaai nie, maar ook sommer die kantrolstelsel self – en in die proses die stomme ding se pype verfrommel. ’n Spilpuntstelsel sou nie werk nie omdat die grond se lang, smal vorm hom nie in ’n sirkel laat dwing nie. Boonop moet jy elektrisiteit tot by die spilpunt aanlê en knaend aandag aan mikroskakelaartjies en pap wiele en lekkende seëls gee, soos Jan Nel van Vanzylsdamme Boerdery elke dag moes doen toe hy in Nevada gewerk het. André Nel van Irricor op Oudtshoorn het ’n Floppy-stelsel voorgestel en Jan het saam met hom Nelspruit toe gegaan

D

om te kyk hoe dié vernuftige stelsel in die suikerrietlande werk. Net daar het hy besef dat Floppy die aller antwoord vir Vanzylsdamme is. André het met die beplanning gehelp en Jan het die Floppy-stelsel self opgerig. Dit was eenvoudig en maklik, sê hy. Anders as met ’n spilpunt hoef jy net elektrisiteit tot by die pomp aan te lê en die energiekoste is baie laag. Jy moet net sorg dat die waterdruk 2 bar of meer is om eenvormige en volledige druppelverspreiding te verseker. Floppy is die enigste stelsel waarmee jy elke hoekie van ’n land met ’n snaakse vorm sonder vermorsing kan besproei, vertel Jan. “Dis ook die enigste stelsel wat ons kon kry wat met sy lekker groot druppels

’n Eienaardige vorm land, min water en hewige bergwinde kortwiek enige ander soort besproeiing hier bo in die poort op Vanzylsdamme naby Ladismith, maar Floppy staan sy man teen al die uitdagings en verseker elke jaar ‘n gawe lusernoes. Jan Nel van Vanzylsdamme Boerdery het sewe jaar gelede self (“maklik”) hierdie stelsel opgerig en hy is steeds ingenome daarmee. www.proagri.co.za

steeds ’n egalige verspreiding en doeltreffende benatting gee wanneer die wind waai,” sê hy. En op dié plaas is wind ’n faktor waarmee rekening gehou moet word. Met die verandering van seisoene in Mei en Augustus waai daar baie sterk bergwinde, maar die Floppy staan steeds sy man – nou al sewe jaar lank. Jy werk maklik met enige trekkers en werktuie onder die stelsel en boonop vereis die stelsel baie min onderhoudwerk, vertel Jan. “Ons water het taamlik modder in en ons moet nou en dan ’n pypie skoonmaak of vervang. Die hewige winde verskuif ook soms van die hangertjies en dan spasieer ons dit net weer.” Die groot voordele van die Floppystelsel, sê Jan, is dat dit jou minder geld as enige ander stelsel kos nadat jy dit geïnstalleer het, dat dit ’n baie goeie waterverspreiding bied, dat dit eenvoudig is en dat dit maklik is om mee te werk: jy draai net krane oop en toe, spoel pype uit as daar modder in kom en kyk maar net gereeld dat alles nog lekker werk. Boonop kan jy kies presies watter baan water moet kry en as die water min is, net een baan op ’n slag besproei. Jy kan ook kunsmis of chemikalieë akkuraat deur die Floppy-stelsel toedien. “Wanneer jy min water het, kan jy nie bekostig om ’n druppel te vermors nie,” sê Jan. “Dis dan wanneer jy regtig besef hoe ’n Floppy-besproeiingstelsel elke druppel laat werk.” As jy die beste waarde uit water wil haal in die Kleinkaroo, praat met André Nel van Irricor op Oudtshoorn by 044-272-7009 of 082-896-6165. Boer jy elders in die land, kontak Christo Theron by 013-752-4252 of info@floppysprinkler.com. Besoek ook www.floppysprinkler.com. ProAgri 132 - Januarie / January 2011

7


Meganisasie

Talbert-spilpunte maak jou waterdrome waar:

Water waar en wanneer dit nodig is is heerlik om te sien hoe baldadig alle plante groei wanneer hulle genoeg water kry. Elke boer is terdeë dankbaar vir elke druppel reën, maar reën val waar en wanneer hy wil: soms suinig en ander kere oordadig sodat pompe wegspoel en gesaaides versuip. Elke boer se droom is om presies die regte hoeveelheid water aan elke plant beskikbaar te stel presies wanneer die plant dit nodig het. Dis presies waarvoor Talbert-spilpunte daar is – om die boer se waterdroom waar te maak. Daarvoor sorg Jannie Steyl, wat nou weer ten volle in beheer van Talbertspilpunte is, sy kundige en vaardige span personeel en sy flink span bemarkers wat reeds jare lank regoor die land bewys het dat hulle daartoe verbind is om die boer die beste besproeiingsoplossing te bied. ’n Talbert-spilpunt is nie sommer net ’n spilpunt nie – hy is spesiaal ontwerp en vervaardig om die boer die allerbeste diens teen die allergunstigste prys en met die allerminste moeite te bied.

D

Talbert is sommer met die intrapslag in sy eie klas. Talbert se mense verstaan die boer se behoeftes haarfyn en werk met die grootste toewyding om die boer die heel beste oplossings te bied. Die regte plan Selfs die boer wat vir die eerste keer ’n spilpunt oorweeg, is volkome veilig in Talbert se hande. Talbert se mense gee strykdeur die beste raad, hulp en diens om te verseker dat die regte besluite geneem word wat werklik die boer se posisie verbeter. So ’n boer is Corrie Theron van Samesuiping naby Bloemfontein, wat ruiterlik erken dat hy absoluut niks van spilpunte en besproeiing geweet het toe hy elf jaar gelede besluit het om sy droëlandmielie- en koringboerdery met besproeiing aan te vul nie.

Drie tot vier keer meer per hektaar Talbert se mense het hom stap vir stap deur die proses gehelp sodat besproeiingsproduksie vandag ’n belangrike deel van sy boerdery vorm. Hy sê: “Ek produseer drie tot vier keer soveel per hektaar onder spilpunte as op droëland en in hierdie tye van hoë insetkoste en lae pryse, is beheer en hoë produksie noodsaaklik vir oorlewing.” Corrie het nou agt Talbertspilpunte en hy sê as hy genoeg water gehad het, sou hy nog meer van hulle aangeskaf het, want Talbert is wat hom betref die beste spilpunt wat jy kan kry: “Die prys is redelik, die spilpunte is doeltreffend, stewig en betroubaar, en die diens wat Talbert se mense bied verseker dat ek regtig geen probleme met my spilpunte ondervind nie. “Talbert verstaan die boer en bied die As aartappels nie water kry wanneer hulle dit nodig het nie, is diens en tegnologie jou oes gedoem, maar onder ’n Talbert-spilpunt is die aartapwat boerdery doelpels geil en die boer tevrede, soos Johan Odendal van treffend en lekker Petrusburg. maak.” 8

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

Die geheim van ’n gesonde, lonende oes, is dat gewasse voldoende water op die regte tyd moet kry. Daarvoor is ’n stewige, betroubare Talbert-spilpunt die antwoord. Staan stewig Een ding wat geen boer kan bekostig of verdra nie, is ’n spilpunt wat omval, maar ’n Talbert-spilpunt staan in enige weer so stewig soos die Rots van Gibraltar. Corrie sê hy het nog nooit gehoor van ’n Talbert wat omval nie, maar hy het al ’n hele paar ander soorte gesien lê. Johan Odendal, aartappelboer van Petrusburg, het 18 Talberts in ’n gebied waar die wind soms ernstig waai. Ander spilpunttorings swik soms in die omgewing, sê hy, maar sy Talberts staan en werk onverstoord voort. Johan het Talbert-spilpunte wat al meer as sestien jaar perfekte diens lewer met net hier en daar ’n slytdingetjie wat vervang moes word. So moet ’n spilpunt wees Johan stel streng vereistes aan ’n spilpunt en Talbert oortref hulle almal: ’n Spilpunt moet betroubaar wees en water gee wanneer jou gewasse dit nodig het, sonder dat jy met hom hoef te sukkel. As ’n aartappelplant nie water kry wanneer hy dit nodig het nie, is jou oes daarmee heen. Johan dring ook daarop aan dat ’n spilpunt ’n stewige konstruksie moet hê en baie goed gegalvaniseer moet wees om lank te hou, soos Talbert wat www.proagri.co.za


Meganisasie spesiaal vir Suid-Afrika se strafste omstandighede gebou is en volgens die SABS se streng 763-standaard warmgegalvaniseer is. Ook aan Johan se vereiste dat ’n spilpunt se motors en ratkaste lank moet hou, voldoen Talbert uitmuntend. Maar vir ás daar iets verkeerd sou loop, hou Talbert ’n volledige reeks onderdele aan vir elke spilpunt wat hulle nog ooit gemaak het en alles pas nog steeds sodat jy nooit met ’n verkeerde onderdeel hoef te sukkel nie. Jannie Steyl en sy wenspan ken spilpunte, besproeiing en boerdery deeglik en weet presies hoe om die boer die beste spilpunt en diens te gee. Hulle bied boere nou weer die oorspronklike gestandaardiseerde Talbert-spilpunt, maar die gehalte is selfs nog beter as in die verlede. Maak nie saak waar jy in Suid-Afrika boer nie, Talbert se kundigheid, verskaffing en diens is immerdeur byderhand sodat geen plant op jou spilpuntsirkels ooit dors hoef te ly nie.

Corrie Theron (links) van Bloemfontein behaal ’n voorspelbare opbrengs van tot vier keer meer as op droëland met sy doeltreffende en betroubare Talbert-spilpunte. Die tegnologie en diens wat Douw Steyl (regs) en Talbert se flink span toegewyde kundiges bied, maak boerdery lekker en lonend, sê hy.

As jy jou waterdrome wil waar maak, praat met Talbert se behulpsame bemarkingsbestuurder, Koos Coetzer, by 082-802-1906 of koos@talbert.co.za. Talbert is die maatskappy wat fokus op perfeksie.

Talbert is op jou drumpel Hoofkantoor en fabriek Ben Jonesstraat 32, Hamilton, Bloemfontein 051-434-2349 Koos Coetzer 082-802-1906 Arno Steyl 072-344-0683 Clanwilliam: Clanwilliam Vervaardiging Dawie Smit 082-897-4885 Estcourt: Pinetree Irrigation Thomas Gremals 083-231-9532 Piketberg: De Nel Besproeiing Pierre de Kock 083-284-0041 Nylstroom: NTK Limpopo Janneman Henn 082-802-8959 Hartswater: Hartswater Spilpunte Dawid Saunders 082-333-3765 Queenstown: Border Irrigation Frikkie Kruger 082-927-8767 Koffiefontein: Ranos Gert Lamprecht 082-804-0469 Worcester: Bergsig Ingenieurswerke Johan Naudé 082-774-4226 Nelspruit: Datha Besproeiing Dawie van der Merwe 082-458-2646 Groblersdal: Obaro Berto Rossouw 082-490-4260 Cradock: Spilhaus Hylton Frost 082-896-1390 Pietermaritzburg: Irrigation & Drainage Dave van Rensburg 072-125-2732 Brits: Obaro-hoofkantoor Machael Pretorius 072-863-1355 Kroonstad: Riaan Burger 079-873-6532 www.proagri.co.za

Talbert: spilpunt van jou drome Spankeuses: 114 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m 140 mm x 45,9 m, 51,2 m, 58 m of 64 m 165 mm x 45 m, 51,2 m of 58 m Pypwanddikte: 3,5 mm Gewasvryhoogte: 2,8 m Bande: 13,6 x 24 hoëflotasiebande Oorhanglengtes: 6,4 m, 12,8 m of 25,6 m Beheerkas (standaard): Druksensor, tydskakelaar, uurmeter, voltmeter, rigtingaanwyser, weerbestand, beheer alle elektrisiteit- en watertoevoer. Galvanisering: Alle staaldele is warmgegalvaniseer volgens SABS 763-standaard. Die senter: Die sentertoring is sterk en duursaam en aan ’n gewapendebetonbasis geanker. Motors: Beproefde swaardiensmotors met ’n lang lewensduur. Ratkaste: Bewese swaardiensratkaste verseker jare se betroubare diens. Sleepverstelling: ’n Stel drukhefbome maak dit maklik om die wiele te verstel sodat die spilpunt in ’n japtrap na ’n ander sirkel gesleep kan word. Onderdele: Onderdele vir alle Talbert-spilpunte is blitsig oral in die land beskikbaar teen redelike pryse. Sandvangers: Sandvangers aan alle oorhange vergemaklik skoonmaak en verhoed die verstopping van sproeiers. ProAgri 132 - Januarie / January 2011

9


Meganisasie

Voermaak vir die winter:

Rek die reëntyd regoor die jaar onde, blinkvet beeste heupdiep in die malse groen gras – dis ’n prentjie wat elke boer se hart warm maak. Maar wat van die winter wat reeds begin nadersluip? Hoe gaan jou diere dan lyk? Knoppering en knieserig met beskuldigende, honger oë? Nie as jy nou die voordeel van die goeie reën se oorvloedtyd benut om voorsiening vir die maer maande te maak nie – en daarmee help Valtrac, die boer se voerbroer, jou met die beste toerusing om hooi en kuilvoer te maak. Jy hoef nie eers elders te gaan sukkel nie – Valtrac bied jou die volledige reeks toerusting wat jy nodig het om die beste voer te produseer: van die grondbewerkingstoerusting en trekkers en misen kunsmisstrooiers en planters wat jy nodig het om dit te vestig, tot die spuite om dit teen peste te verdedig en die masjinerie wat nodig is om dit te sny, te kneus, te hark, te belug, te kerf, te baal of in te kuil en die mengers om dit te meng en vir die vee te voer. Al hierdie werktuie is met die hand uitgesoek om Suid-Afrika se boere se behoeftes presies te pas, om jare en jare se moeite- en probleemvrye diens te gee, en word boonop landwyd gerugsteun deur Valtrac se legendariese naverkoopdiens.

R

Maak heerlike hooi Hooimaak is heerlik as jy die regte toerusting het. En wie anders as Valtrac staan gereed met sulke skitterende masjinerie soos: • Pöttinger-snyers en snyerkneusers waarmee jy met spoed en vertroue ’n voerland kan aandurf • Pöttinger-kragharke waarmee jy jou snysel in netjiese windrye bymekaarmaak sonder om ’n halmpie verlore te laat gaan. • Pöttinger-belugters waarmee jy ’n natgeworde snysel vinnig en flink kan omdraai sodat dit gou-gou droog genoeg is om te baal. • Nogueira-balers wat materiaal vinnig en volledig optel en in ferm, stewige bale saampers sodat al die voedingskrag vasgevang word en baie lank bewaar bly (lees daaroor meer hiernaas). 10

Valtrac bied alles wat die boer vir voermaak nodig het – van grondvoorbereidingstoerusting en planters tot die ruim maar ratse Faresin Leader-selfloopvoermenger met sy kuilvoeruithaalslurp.

Met al hierdie staatmaker-Valtractoerusting is dit pure plesier om jou hooi in ’n japtrap in netjiese bale weg te bêre om die winter se angel uit te pluk. Praat met Valtrac oor hooimaak – jou diere sal dankbaar wees. Eerste keuse vir kuilvoer Kuilvoer is koningskos, maar net as jy daarin slaag om dit te maak binne die beperkte tyd wanneer die voggehalte presies reg is. Daar is geen tyd om te mors met masjiene wat breek en staan nie. Dis hoekom Valtrac sy boere net die beste, betroubaarste, hardwerkendste kuilvoerkerwers bied.

Vir kleiner boerderye of groot boerderye wat meer as een kerwer gebruik, is die Nogueira Pecus II 9004eenrykuilvoerkerwer net die ding. Hy sny so 20 tot 30 ton per uur en jy kan sy snitlengte op 5, 7, 10 en 14 mm verstel. Plant jy kuilvoermielies of voersorghum teen ’n digter stand of onder besproeiing, is die Nogueira Cat 1200 ry-onafhanklike kuilvoerkerwer jou antwoord. Jy kan met hom van enige kant af in ’n land indons en hoe geiler die plantestand hoe lekkerder werk hy. Die 1200 beteken sy sirkelsaagsnystelsel sny 1,2 meter wyd om so 30 tot

Mooi hooi verg snelle, presiese snywerk soos net Valtrac se reeks Pöttinger-snyers kan doen.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.pro a gr i.c o .za


Die ruim pens van Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa (foto regs) hou 25 kubieke meter styf saamgeperste kuilvoermateriaal, wat hy netjies met sy kettingvloer aflaai. 36 ton kuilvoer per uur te sny en te kerf in enige van agt lengtes tussen 4 en 17 mm. Om baie vinnig genoeg kuilvoer vir sewe maer jare te maak, is Valtrac se Kemper Champion C3000, gemonteer aan ’n Valtra TwinTrac-trekker, jou droom. Hy vreet ’n pad van 3 meter wyd deur die digste plantestand (daar’s kleiner modelle ook) om so 55 ton kuilvoer per uur te maak. Jy kan kies tussen 12 snitlengtes van 4,3 tot 33 mm en hy breek ook die mieliepitte om voedingswaarde te verseker. Valtrac se gedugte Jeantil-wipwaens ry 10 ton of 25 kubieke meter materiaal op ’n slag uit die land en kan die res van die jaar vir ’n magdom ander take gebruik word. Vir kuilvoer van kleingraan, gras en peulgewasse, is Valtrac se Pöttingerkuilvoerkerwerwa nommerpas. Hy tel materiaal noukeurig op, kerf dit na smaak en stop dit styf in sy ruim pens om van 35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) op ’n slag na die kuilvoerput te ry, waar hy dit met sy kettingvloer en aflaairotors aflaai. Een so ’n kuilvoerwa verg een man en 118 kW trekkerkrag teenoor ’n selfloopkerwer en aanrywaens se 5 werkers en 712 kW! Onthou net: Die beste masjien op aarde help niks as jy nie ’n kragtige, betroubare, ekonomiese trekker het om hom aan te dryf nie. Maak dus seker dis ’n Valtra wat voor vat.

Boere juig: die bobaasbaler is hier! D

ie gehalte van Valtrac se werktuie en diens maak boere gewoond aan standaarde wat hulle nie sommer maklik elders vind nie. Dis hoekom boere nou lank reeds daarop aandring dat Valtrac ook balers moet verskaf wat die boer se voerbroer se trotse naam gestand doen. En hier is hy nou: Die gedugte Nogueira Express-baler wat sonder sukkel of ophef 400 tot 600 netjiese, stewige, kompakte bale per uur vervaardig. Verby is daardie droewige dae van langer sukkel as baal, van swets en verstel en staan, van pap bale wat soos ’n vrag jellie op die sleepwa beef... Met die Express lyk en voel al die bale presies dieselfde: onverbeterlik ferm en fatsoenlik. Elke baal ’n meesterstuk. Die Express is in twee modelle beskikbaar: Die 5040 met sy bek van 1,73 meter se bale is 36 cm hoog, 46 cm breed en jy kan die lengte van 0,5 tot 1,2 meter stel. Die Express 4030 se bek is 1,5 meter wyd. Sy bale se lengte kan van 0,5 tot 1,0 meter gestel word en hulle is 30 cm hoog en 40 cm breed. Die 4030 het driedubbele beskerming en die 5040 vierdubbele beskerming teen oorbelading sodat jy iets aanskouliks verkeerd moet doen om hom tot stilstand te verniel. Hulle optellers is teen ongelyke grond beskerm, hulle kan tot 8 rolle baaltou aan boord bêre en hulle swaar vliegwiele verseker gladde werking sonder onnodige stremming op die trekker of kragoordragstelsel. Dis maklik om met die geharde, duursame Nogueira Express-balers te werk en jy het geen spesiale opleiding of woordeskat nodig nie. Agterna, wanneer jy die vragmotor laai, is jy bly dat jy Valtrac se Nogueira Express gekies het, want die stewige bale maak die vrag veiliger en die feit dat hulle so kompak is verseker dat jy baie nader aan jou wa se loonvrag kom voordat daar nie meer plek oor is nie. Maar die grootste lekkerte kom wanneer jou blinkvet diere diep in die winter aan die smaaklike voedsaamheid smul wat in so ’n kompakte, stewige baal vasgevang word. Doen jou diere ’n guns: Praat met Hennie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 oor jou eie Nogueira Expressbaler.

Vir meer inligting oor Valtrac se eersteklas trekkers, hooimaaktoerusting en kuilvoerwerktuie, praat met Hennie du Toit by 056-817-7308. Hy sal sorg dat boerdery vir jou lekker is.

’n Mens kan sommer sien die Noguiera Express is ’n gedugte baler in sy eie klas. Kyk net daardie netjiese, stewige, kompakte baal, kyk net hoe skoon tel hy op en kyk hoe trots en ontspanne lyk die operateur. www.proagri .c o.z a

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

11


12

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

skottels waarmee die produk ingevoer word is van die beste skottels in die wêreld beskikbaar en dit word in Frankryk vervaardig. Die koolstofinhoud per skottel verleng die leeftyd daarvan en by ’n dis wat verlede jaar in die Vrystaat verkoop is, is slegs 27% slytasie na 2 000 ha gemeet. Dit beteken dat die verwagte leeftyd van hierdie stel skottels tot 3 000 ha kan wees! Verstelbare skrapers hou die skottels skoon. Die bewys lê in die groei en opbrengs. Willem de Klerk van Ben Derag by Ugie is ingenome met die As jy wil, kan jy doeltreffendheid en tyd- en dieselbesparing wat Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg verseker, maar jou Visio 200 stel ook met die perfekte saadbed wat hy skep om elke pit die kans te gee om ten beste te presteer. om voor vlakker en agter dieper te werk om moeilike grond ie goeie aarde maak sy skatkis plat teen die hoofbalk te lê vir gerieflike trapsgewys te bewerk, of voor diep en mildelik oop vir die verstandige boer padvervoer. Die werktuig is dan ’n skrale agter vlakker om die saadbed net mooi wat sy grond reg bewerk. 2,5m wyd. Wanneer die sybalke uitgelyk te maak. So ’n verstandige boer is Willem de geswaai word om die land aan te durf, Waar die Visio 200 gewerk het, is die Klerk van die plaas, Ben Derag (klein kan dit in verskillende posisies gesluit grond perfek bewerk, die stoppels deegbergie) knap anderkant Ugie in die word om te bepaal hoe aggressief die lik van 2 tot 20 cm diep vermeng en in Oos-Kaap. werktuig moet inklim. die beste posisie vir ontbinding, en alles Die De Klerks boer met mielies, Die dis is ook toegerus met honderd persent vir saad om flink te aartappels en Simbra-beeste en hulle hidrouliese dieptebeheerwiele, wat in ontkiem en groei. Dit alles word in enige sleutel tot suksesvolle akkerbou is doelalle modelle die beste en wydste opsies land en grond bereik as gevolg van al treffende grondbewerking met Jupidex beskikbaar is wat natuurlik gedoen is die stel-opsies waaruit jy kan kies en se Kverneland-werktuie. om by Suid-Afrikaanse toestande aan te teen die beste brandstofverbruik omdat Om die grond met tot 35% klei tot pas. Hierdie presiese dieptebeheer jy hom so presies kan stel. 450 mm diep deeglik en doeltreffend los verseker dat jy met vertroue ’n kleiner Die Visio 200 help die De Klerks om te maak, gebruik Willem Kverneland trekker kan gebruik wanneer jy vlakker gouer en doeltreffender te plant en om CLG-beitelploeë. Hulle aanvalshoek is wil werk, sê Willem. boonop ’n hele klomp duur diesel te reg om met die minste wielglip en laagDaar is niks aan die Visio 200 waarbespaar. ste dieselverbruik deeglik te werk en van hy nie hou nie, sê Willem, en wys hulle uitskopvere sorg dat jy geen tyd uit: Sy balke is van die sterkste, beste, mors by moontlike klippe in lande nie. taaiste staal soos net Kverneland kan As jy ook die aarde se skatkis met Net voor planttyd maak hulle dan ’n verskaf. (As jy ’n gat deur ’n Kvernejou eie Visio 200 wil ontsluit, praat saadbed wat enige pit se droom is met land-balk wil boor, moet jy sorg dat jy ’n met die produkbestuurder, Robby Lee hulle Kverneland Visio 200-skotteleg. hele paar goeie boorpunte byderhand van Jupidex by 082-575-1594, of met Hierdie skitterwerktuig het ’n lang, het, sê hy.) Jupidex se hoofkantoor by stewige balk wat reguit van die trekker Die Visio 200 is beskikbaar in werk033-345-2733. Robbie kan ook per na agter strek. Daaraan is vier sybalke wydtes van 3,6 tot 6,3 meter vir epos bereik word: gemonteer, elk met sy groep skottels. trekkers van 100 – 200 kw afhangende robby.lee@kverneland.co.za Die sybalke kan heeltemal inswaai om van werkdiepte en spoed. Die klawer-

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg:

Haal waarde uit die aarde!

D

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg skep die perfekte saadbed: Flink, vinnig, ekonomies, betroubaar en duursaam om jaar na jaar na jaar perfekte werk te doen. www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

13



Versekering

Nat, maar nie verlore!

Is jy reg vir nog reën? Te veel van ’n goeie ding kan vloedskade beteken. Is jy reg daarvoor of moet jy ’n versekeraar vind om die risiko te help dra? onele van oorvloedige water was die afgelope paar weke oral te sien met riviere wat oor hulle walle spoel, wingerde waarvan net die toppe uitsteek en mielielande wat lyk of dit eerder ryslande moes gewees het. Dit is pragtig om te aanskou hoe die water oor die Augrabies stroom, maar dit is minder mooi vir ’n boer om deur die modder te strompel om te sien wat van sy druiwe-oes oorgebly het. Die vraag is of ‘n boer enige versekering teen waterskade kan uitneem om hom in hierdie krisistyd te help. Santam Landbou is die enigste korttermynversekeraar in Suid-Afrika met 80 jaar se ondervinding in oesversekering en 91 jaar in bateversekering. Daarom het ProAgri by Santam aangeklop om inligting en raad.

T

Oesversekering Mnr Johan van den Berg, bestuurder Gespesialiseerde Oesversekering, sê reënskade by baie graansoorte en vrugte word gedek en daar word veral aandag gegee aan die gehalte van die produkte, soos by koring en druiwe. Vloedskade is egter ’n ander kwessie. Uit die geskiedenis blyk dit dat rampvloede in Suid-Afrika maar ongeveer 1 in elke 10 tot 15 jaar voorkom. Bekende vloedjare was byvoorbeeld 1973 tot 1975, 1988/89 en 1996. Daar is dikwels kleiner, plaaslike oorstromings wat deur kleiner weerstelsels veroorsaak word, maar dit is ook nie iets wat noodwendig jaarliks gebeur nie. Johan waarsku egter dat ekosisteme besig is om te verander en dat waterverspreiding anders is as vroeër: “Dieselfde hoeveelheid reën wat byvoorbeeld 50 jaar gelede voorgekom het se uitwerking op watervlakke is totaal anders as wat dit tans is. Huise, geplaveide gebiede, strate, dakke en www.proagri.co.za

ander mensgemaakte “afloopbane” en versperrings veroorsaak dat baie meer water beskikbaar is vir afloop as jare gelede. Dit maak dat die 1 in 20- of 1 in 50-jaarvloedlyn ook nie meer geldig is nie. Uit ’n versekeringsoogpunt maak dit die risiko onbekend en ook hoër. Indien die risiko te hoog is, kan dit nie meer verseker word nie.” Santam Landbou bied multirisikoversekeringsprodukte aan waar opbrengste teen 'n reeks van gevare verseker word soos droogte, reënskade, onbeheerbare peste en plae asook ander klimaatsrisiko's. Bateversekering Pierre Rossouw van Santam Landbou se bate-afdeling sê wat bates soos pomptoerusting betref, is daar ook versekering beskikbaar, maar elke aansoek word op sy eie geëvalueer op grond van risiko. Indien ’n boer brandversekering uitneem word daar ook voorsiening gemaak vir spesiale gevare soos storm, wind, water, hael en sneeu. In sekere gevalle kan pompe en ander toerusting wat in of langs riviere, damme of spruite geleë is, deur ’n allerisikopolis gedek word. Dit is egter baie belangrik dat boere by die polisvoorwaardes moet hou en alle redelike stappe moet doen om verliese te voorkom en te beperk. Wenke om vloedskade te voorkom: - Landerye met sterk hellings moet liefs nie bewerk word nie en indien dit wel bewerk word, moet daar kontoerwalle en afloopbane aangebring word. - Pasop vir die versoeking om landerye te na aan riviere te maak omdat die grond goed is en besproeiing maklik. Neem altyd die risiko van vloede in ag.

- Pasop ook vir die versoeking om naweek- of vakansiehuise onder die vloedlyn te bou; die risiko is te groot. - Indien langtermynweervoorspellings baie reën voorspel, soos in ’n La Nina-jaar, hou die watervlakke in damme en riviere dop. - Speel eerder veilig en begin om pomptoerusting te verwyder sodra die eerste vloedwaarskuwings uitgereik word. - Praat met die plaaslike verteenwoordiger van Santam Landbou om uit te vind watter versekering moontlik is en presies wat al die voorwaardes is. - Versekering moet, soos enige ander landbou-inset, ekonomies sin maak. Wat lê voor? Johan van den Berg van Santam Landbou, wat ook ’n landbouweerkundige is, meen die risiko vir verdere vloede die res van die seisoen is hoog: “Die bergingsvermoë van riviere, damme en selfs die grond is klein omdat die grond alreeds versadig is, damme oorloop en riviere in vloed is. Indien verdere reën voorkom, gaan die grootste gedeelte van die water afloop. Dit kan watervlakke baie vinnig laat styg en kitsvloede veroorsaak. Daarby is ’n sterk La Nina-verskynsel teenwoordig. Dit veroorsaak gewoonlik baie reën oor Suidelike Afrika tot ongeveer Mei.” Johan sê langtermynweervoorspellings kan vir boere van waarde wees, maar ongelukkig is die voorkomende aksies wat geneem kan word, redelik min. Nie alle El Nino-jare beteken droogte nie en nie alle La Nina-jare beteken vloede nie: “Dit is dus beter om langtermynbeplanning te doen as om op voorspellings staat te maak.” ProAgri 132 - Januarie / January 2011

15


Beveilig jou:

Ingevoer deur:

Sizwe Group Spilpunt

012-657-5300

Trekkers

Store

Boere kan self inspring met ’n Videofied-kamerastelsel Buite-ogie +

Residensiële en Klein kommersiële Koordloos/draadloos Onmiddellike installasie Afstandbeheerde ProxCard aktivering 4-jaar batterylewe

Simkaart +

Paneel

Gratis montering vir 12 maande

vanaf

R 8 095

Beskikbaar by:

Bertus Myburgh 084-516-3550 sales@in-motion.co.za

16

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

Buks le Grange 082-785-1846 quadro4@quadrosecurity.co.za

Rob 082-824-6755 rob@securityviewer.co.za

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Technichem bewapen boere met tegnologie nige gewas verdien net die beste sorg wat die boer dit kan gee, want dan gaan dit hom eendag terugbetaal – pit vir pit, rand vir rand. In hierdie dae waar boere baie uitdagings in die gesig staar, soos vanjaar se waterskade, is dit veral nodig dat gewasse daardie ekstra bietjie sorg moet kry om vergeling en swamsiektes, veral in mielies, teë te werk. Gelukkig is daar maatskappye soos Technichem wat aan die voorpunt van nuwe tegnologie beweeg en wat vir ’n boer die regte kombinasie van spesialiteitsprodukte in die hand te gee sodat hy vroegtydig kan optree om probleme te voorkom. “Ons strewe is om boere van die nuutste tegnologie teen bekostigbare pryse te voorsien, sodat hulle volhoubaar en winsgewend kan boer,” vertel Boet Wienand onder wie se leiding Technichem 21 jaar gelede tot stand gekom het. Hy sê: “Dit is belangrik dat boere in hierdie stadium voorkomend optree teen siektes en hulle kan gerus die hulp van ons kundige verteenwoordigers inroep om hulle met raad te bedien.”

E

Te nat? Red jou mielies Technichem het ’n wye reeks produkte wat ontwikkel is vir die verbetering van opbrengste en wat veral in dié swak klimaatsomstandighede noodsaaklik is. So, byvoorbeeld, kan ’n kombinasie van Messenger en Technikelp plante help om weerstand teen siektes te bied deur ’n breë spektrum voedingstowwe te bekom om groei te bevorder. Technikelp is ’n vloeibare blaarvoe-

dingskompleks wat ’n gebalanseerde reeks voedingstowwe, asook stimulante, bevat wat die produk uiters geskik maak vir ’n wye spektrum van graan- en groentegewasse. Dit vul ook Messenger aan, wat met sy natuurlike aktiewe bestanddeel, harpin proteïen, die plant teen swamaanvalle bewapen. Die middel bluf die plant om dit as ’n patogeen of swam te sien. Die plant span dan al sy verdedigingsmeganismes in om die denkbeeldige bedreiging af te weer. ’n Sistemiese reaksie sorg dat kalsium vrygestel word en deur die plant beweeg, veral na dele wat ’n tekort mag toon. Met die verhoogde beweging van kalsium regdeur die plant word ander voedingstowwe outomaties ook beter gesirkuleer, wat bydra tot sterker selstrukture, beter groei en die opbou van die plant se natuurlike weerstand. Messenger se harpin proteïen help ook die plant se wortelstelsel om weerstand teen aalwurm te bied. Die middel is in Amerika deur Cornell Universiteit ontwikkel en deur Insect Science na Suid-Afrika gebring. Nog ’n wapen in die stryd teen swamsiektes waarmee Technichem sy boere toerus, is Abacus wat deur BASF ontwikkel is. Abacus is veel meer as ’n gewone swamdoder. Dit het twee aktiewe bestanddele, naamlik Piraklostrobien (Strobilirien) en Epoksikonasool (Triazool). Die swamdoder is ’n uitstekende middel om noordelike blaarskroei, grysblaarvlek en roes (asook sekere ander siektes) in mielies te beheer. Sojaboonregistrasie sluit in sojaroes en

Technichem bied boere die tegnologie om siektes te voorkom, opbrengste te verbeter en winsgewend te boer! www.proagri.co.za

sclerotinia en al die belangrikste grassiektes is op die etiket. Die dosis vir al die gewasse vir siektebeheer is 1 liter per hektaar. Die werking van Abacus berus op drie pilare : 1. Verhoogde doeltreffendheid in plantgroei deur verbeterde fotosintese en beter benutting van kunsmis. 2.Uitstekende siektebeheer van sigbare siektes en lae-vlak of “sub-kliniese siektes” wat nie gesien kan word nie. 3.Verhoogde spanningsverdraagsaamheid in swak weersomstandighede soos droogte, koue, hael en te veel reën. Dit is die soort spesialiteitsprodukte wat Boet Wienand en sy span toegewyde agente, in samewerking met BASF, trots is om aan boere te bied. Technichem rus boere toe Die gedagte aan Technichem het in 1989 ontstaan toe die onttrekking van Shell se landbouchemiese afdeling ’n leemte gelaat het. Die maatskappy, met sy hoofkantoor in die hartjie van die landbou-wêreld te Viljoenskroon, dryf van 1991 af handel. Technichem se produkreeks en ondersteuningsdienste het deur die jare uitgebrei as gevolg van die toewyding van sy kundige personeel en agente, asook die ondersteuning van erkende multinasionale en plaaslike maatskappye soos Monsanto, BASF, Dow, Villa, MASA en DuPont en verskeie ander verskaffers. Jan van der Merwe, Technichem se tegniese bemarkingsbestuurder, sê die agente, wat die grootste deel van die somerreëngebied van Suid-Afrika bedien, is altyd bereid om met boere te gesels oor hulle probleme en spesiale behoeftes en hulle kom gewoonlik met ’n Technichem-oplossing na vore. Soos Boet Wienand sê: “Dit is vir ons belangrik om ons boere toe te rus met die beste tegnologie en diens, sodat hulle siektes kan voorkom, oeste kan verbeter en meer winsgewend kan boer. Sonder ons boere het niemand van ons ’n toekoms in hierdie land nie.”

Vir meer inligting oor Technichem en sy produkte, skakel die kantoor by 056-343-3444 of Jan van der Merwe by 079-732-6060. Besoek gerus ook die webwerf : www.technichem.co.za. ProAgri 132 - Januarie / January 2011

17


Veeboerdery

Voorkoming is al uitweg

Foto: JC Kruger

’n Paar kommerwekkende dieresiektes het aan die begin van hierdie jaar kop uitgesteek. Twee van die siektes, Brucella melitensis en slenkdalkoors kan ook na mense oorgedra word met ernstige gevolge. Danksy tegnologie kan die siektes deur inenting voorkom word.

Brucella melitensis deur Leon Kruger, Veeartsenykundige tegnoloog: LNR Diereverbeteringsinstituut, Irene

uister nou na my: Moenie brucellose opdoen nie. Nie jy of jou vrou of jou kind, of jou werker of jou os of esel nie.” So het my dosent die dag sy lesing oor besmetlike misgeboorte of brucellose afgesluit. Dit het nogal geklink na een van die tien gebooie. Twee jaar later het ek besef hoekom hy dit so benadruk het, ek het Brucella abortus-besmetting opgedoen en baie siek geword. En noudat daar ’n geval van Brucella melitensis in SentraalTransvaal gevind is, voel ek om dit soos dr Steyn ernstig te benadruk: Moenie dit opdoen nie! Ons almal ken of het al gehoor van besmetlike misgeboorte of, soos die wetenskaplikes dit noem, Brucella abortus. Dit kom algemeen by beeste voor. Die ekwivalent daarvan by skape en bokke word Brucella melitensis genoem. Die voorkoms daarvan was egter baie minder algemeen as besmetlike misgeboorte by beeste. Vervolgens inligting betreffende Brucella melitensis: Lees dit gerus want volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is dit ’n baie belangrike diereparasietsiekte wat ernstige kliniese siekte by mense kan veroorsaak, veel ernstiger as wat die geval is met Brucella abortus. Soos reeds in die inleiding genoem, word die siekte deur die bakterie, Brucella melitensis, veroorsaak.

“L

Besmettingsroete Besmetting vind hoofsaaklik plaas via die slymvliese, veral van die boonste lugweë, en via die oogslymvliese. Besmetting via die slymvliese van geslagsorgane kan ook voorkom. Hoe die bakterieë hulleself in die liggaam vestig, hang af van die gasheer se ouderdom, immuunstatus en dragtigheidstatus. Indien die dier dragtig is, versprei die besmetting na die baarmoeder, maar limfknope en ander organe (uier en milt) kan ook aangetas word. Volwasse diere word gewoonlik lewenslank besmet. Siektetekens van Brucella melitensis in kleinvee Wanneer die woorde, besmetlike misgeboorte, gehoor word, is die eerste teken waaraan gedink word aborsies. By 18

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

Brucella melitensis is dit ook so. Die siekte word gewoonlik in ’n kudde opgemerk en gediagnoseer as die ooie begin aborteer. Daar word dikwels na verwys as ’n aborsiestorm, wat beteken dat ’n groot persentasie van die ooie aborteer. Dit gebeur gewoonlik gedurende die laat dragtigheidperiode van die ooie. • Die nageboorte mag vassit. • Vaginale uitskeiding kom voor en dit is hoogs besmetlik. • By manlike diere kan orgitis of bybalontsteking voorkom. • Artritis kan ook voorkom in sowel manlike as vroulike diere. Verspreiding van die siekte by kleinvee Kleinvee is kuddediere en wanneer een ooi lam, is daar gewoonlik ’n paar ander ooie wat aan die lam kom ruik of lek. In die geval van ’n geaborteerde lam doen hulle die besmetting op dié manier op. Nageboortes wat vassit en vaginale uitskeidings besmet ook die omgewing, voer en waterbakke. Ooie versprei die siekte ook deur besmette melk en biesmelk aan lammers, wat tot volwassenheid draers van die siekte bly. Ramme wat orgitis of bybalontsteking het, kan die siekte deur middel van besmette semen versprei. Verspreiding van die siekte by mense Boere en plaaswerkers het maar altyd stukkende plekke aan die hande. Wanneer hulle besmette dooilammers met die kaal hande hanteer, doen hulle dan die besmetting op. So ook is die geval wanneer ’n nageboorte wat vassit met kaal hande uitgetrek word. Dit kan ook gebeur ook dat druppels van besmette materiaal in die oë of mond kan beland en so tot besmetting kan lei. Die inname van rou (ongepasteuriseerde of ongekookte) melk wat besmet is, is ook ’n oorsaak van besmetting. Wat om te doen as ’n aborsiestorm voorkom Dit is nou nie voorheen genoem nie,

Geen abortus moet ooit met kaal hande hanteer word nie. Dit kan die gevolg van Brucella melitensis wees wat ernstige gesondheidsgevare vir die mens kan inhou. maar onkunde is sekerlik ook een van die redes waarom die siekte versprei, van dier tot dier en van dier tot mens. Geen abortus moet ooit met kaal hande hanteer word nie. Probeer om ander ooie van die abortus weg te hou en verwittig onmiddellik die naaste staatsveearts. Indien jy nie die staatsveearts ken nie, verwittig die naaste veearts; hy of sy sal die staatsveearts kan kontak of self uitkom. Die veearts sal dan die situasie evalueer en indien hy of sy vermoed dat dit besmetlike misgeboorte is, sal hy die siekte volgens die betrokke wet by die toepaslike direkteur aanmeld. Deur die siekte aan te meld, kan dit gekontroleer en uiteindelik beheer word voordat dit deur die hele land versprei. Wat om te doen indien potensieel besmette materiaal hanteer is Dit is belangrik om te weet dat daar ook ander oorsake van aborsies is, en nie almal is diereparasietsiektes nie. Indien besmette materiaal sonder beskermende toerusting hanteer is, moet die hande deeglik gewas word. As tipiese griepsimptome ervaar word, moet ’n dokter geraadpleeg word. Bosluitbytkoors en malaria het soortgelyke simptome. Die siektetekens kan enige van die volgende insluit of in kombinasies voorkom: Koors, nagsweet, kouekoors, erge hoofpyn, gewrigspyne, veral by die knieë en elmboë, laerugspierpyn, algemene swakheid en naarheid. Moenie uitstel as sulke simptome voorkom nie: gaan spreek die dokter dadelik en noem dat Brucella melitensis-besmette materiaal hanteer is. www.proagri.co.za


Slenkdalkoors slaan toe ie gevreesde siekte, slenkdalkoors, het vanjaar reeds op ’n paar plekke in die land uitgebreek. Die eerste bevestigde gevalle is by Grootbrakrivier, naby Mosselbaai, aangeteken. Daarna is die boere in die Bronkhorstspruit-omgewing gewaarsku dat slenkdalkoors op ’n plaas in die omgewing uitgebreek het en kort daarna is bevestig dat dit ook by Wellington toegeslaan het. Kundiges het ’n paar weke gelede gewaarsku dat slenkdalkoors onafwendbaar gaan wees as gevolg van die nat toestande. Die siekte word deur muskiete oorgedra. Die virus tas skape, bokke, beeste en sommige wildsbokspesies aan. Dit kan ook aan mense oorgedra word wat in aanraking met die bloed of liggaamsvloeistowwe van besmette diere of karkasse kom. 26 mense is verlede jaar aan slenkdalkoors dood. Alle voorvalle van slenkdalkoors moet aan ’n staatsveearts gerapporteer word. Mense wat vermoed dat hulle die virus onderlede het, moet dadelik met ’n geneesheer in verbinding tree. Mnr Willie Botha van Onderstepoort Biologiese Produkte sê hulle het baie

D

deur Annemarie Joubert

entstof vir diere in voorraad. Daar is lewende en dooie entstof beskikbaar, asook die nuwe chloor 13-entstof. Die groot voordeel van dié nuwe produk, wat sewe jaar geneem het om te ontwikkel, is dat dit ook aan dragtige diere toegedien kan word. Mnr Botha sê baie boere het teen die einde van verlede jaar gehoor gegee aan die oproep om hulle diere in te ent, maar tot dusver vanjaar was dit nog redelik stil. Die aanvraag het egter toegeneem na die eerste gevalle aangemeld is. Hoe werk slenkdalkoors? Diere word aanvanklik besmet as hulle deur die muskiete wat die virus dra, gebyt word. Diere wat so besmet is, dra dan die virus aan ander oor wat met geaborteerde fetusse en besmette materiaal in aanraking kom. Lammers en bokke jonger as twee weke is baie vatbaar. Hulle word baie gou siek, gewoonlik binne 24 tot 72 uur na besmetting. ’n Hoë koors ontwikkel, hulle is lusteloos en verloor hulle eetlus. Tot 95% van aangetaste lammers kan vrek. Aangetaste skape is lusteloos met ’n

hoë koors, traag om te loop, eet nie en gooi op. Dragtige ooie aborteer en die fetus ontbind gou. Vrektes onder skape is so hoog as tussen 15% en 30% en tussen 40% en 60% van dragtige ooie kan aborteer. By kalwers kom ligte kliniese tekens en 10% tot 15% vrektes voor. By volwasse beeste is die 10% tot 40% van aborsies soms die enigste siektetekens. Slenkdalkoors kom gewoonlik in die laat-somer voor as dit warm en die lugvogtigheid hoog is. Diere wat in die somer in laagliggende dele by panne, vleie en damme wei, loop die grootste risiko om die siekte te kry. In Suid-Afrika raak mense gewoonlik besmet deur regstreekse aanraking met die slenkdalkoorsvirus wanneer hulle nadoodse ondersoeke op besmetlike karkasse of geaborteerde fetusse doen of in laboratoriums met die virus werk. Dit is veral veeartse, veeboere en plaaswerkers wat die gevaar staan om besmet te raak. Voorkoming en beheer: • Dit is nie prakties moontlik om die muskiete wat die slenkdalkoorsvirus dra, uit te roei of te beheer nie. Daarom is die immunisering van beeste, bokke en skape die enigste praktiese en werkbare beheermaatreël. • Die lewende entstof wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte gemaak word, kan in alle nie-dragtige beeste, skape en bokke gebruik word en gee goeie beskerming aan vee. • Dragtige vee kan met die dooie entstof ingeënt word. Dit is egter duur en tydrowend om te produseer en het ’n raklewe van een jaar. • Die nuwe chloor13-entstof kan ook vir dragtige diere gebruik word. • Die dra van beskermende klere wanneer nadoodse ondersoeke gedoen word, is uiters belangrik. • Melk vir menslike gebruik moet gepasteuriseer word. • Die toepassing van goeie insektebeheer kan moontlik bydra tot voorkoming van die siekte. • Verskuif diere van laagliggende na hoërliggende dele en keer dat hulle naby vleie, damme en riviere wei waar daar baie muskiete is.

Selfs die pragtigste skape kan die prooi van die gevreesde slenkdalkoors word as muskiete wat die virus dra hulle besmet.

Bronne: RPO Limpopo, Staatsveearts

Brucella melitensis (vervolg) Die siekte kan ingewikkeld en kronies raak, en vinnige doeltreffende behandeling is van uiterste belang. Om terug te gaan na die inleiding toe: Moenie besmetlike misgeboorte opdoen nie, nie jy of jou werker of jou naaste of jou hond of jou esel of iets van jou naaste nie. Tref voorsorg deur jou kleinvee met Brucella Rev 1-entstof te ent. Wees www.proagri.co.za

net baie versigtig wanneer die entstof hanteer word; dit is lewende entstof en kan besmetting by die mens veroorsaak. Gaan lees gerus die inligting geskryf deur dr Sunelle Strydom (BVSc) op die SAVC-webblad (www.savc.co.za). Geraadpleegde bronne Brucellosis in sheep and goats. 2001. European Commision: Scientific

Committee on Animal Health and Animal Welfare (webtuiste). Beskikbaar by http://ec.europa.eu/food/fs/sc/scah/out 59_en.pdf . Strydom, S. 2011. Brucella melitensis – a forgotten disease? (SAVC-webtuiste) beskikbaar by http://www.savc.co.za. The Merck Veterinary Manual online version. 2008. Merck & Co. Inc. Whitehouse station, N.J.USA. ProAgri 132 - Januarie / January 2011

19


20

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za


Agrikyk & Lees

Werfnuus: www.proagri.co.za

Successful meat goat production – Albie Horn

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

DVS uitgegee deur Kejafa Knowledge Works Dit is ’n baie goeie gedagte om by iemand te leer wat nie net boekekennis het nie, maar ook in die praktyk staan. Die sukses van hierdie produksie lê daarin dat die aanbieder sy onderwerp ken en dat ’n mens letterlik kan sien waarvan hy praat. Dit is ’n produksie sonder enige fieterjasies – ’n boer op sy plaas wat oor sy boerdery praat en demonstreer wat hy bedoel. Die inligting is duidelik bedoel as inleidend vir iemand wat met vleisbokke wil begin boer en raak verskeie aspekte van vleisbokboerdery aan. Sommige mense mag dalk die effense gestoei met die Engelse grammatika en die uitspraak ’n bietjie steurend vind (ons hoop die Afrikaanse weergawe is ook op pad!), maar op stuk van sake gaan dit oor die inligting. Albie Horn is ’n man wat sy bokke ken. Hy is veral bekend as vestiger van die Kalahari Red-ras. Die videoproduksie begin met ’n bekendstelling van die verskillende vleisbokrasse wat almal ewe tuis lyk op Albie se plaas naby Kuruman. Daarna word onderwerpe bespreek soos behuising en hanteringsgeriewe, hoe ’n ooi en ’n ram veronderstel is om te lyk, teling en lamtyd, siektes en hoe om dit te behandel en te voorkom, voedingsvereistes en laastens bestuur en bemarking. Daar is baie interessante wenke en praktiese demonstrasies wat bokboerdery aansienlik makliker kan maak, soos hoe om te verseker dat bokke wat nuut in ’n distrik soos die Bosveld inkom, gouer die nodige weerstandbiedende mikro-organismes opbou. Slag ’n aangepaste bok en meng die inhoud van die rumen met die nuwe bokke se voer – sodoende kry hulle sommer gou die nodige bakterieë in. Die tuisgemaakte kopklamp en die gebruik van ’n gewone snoeiskêr om hoewe te knip, laat dit lyk of vleisbokboerdery binne die gewone man se bereik is. Successful Meat Goat Production – Albie Horn Bestel by www.kejafa.co.za of by 014-577-005 teen R250

Wen Successfull meat goat production deur een keer met jou muis te klik!

Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook/Bakkiesblad en “Laaik” (like) ons. (’n Mens vind ProAgri maklik deur in die boonste soekspasie vir “ProAgri” te soek.) Prystrekking vind op 15 Februarie plaas en die wenner sal per Facebook/Bakkiesblad laat weet word. www.proagri.co.za

Kyk al die water… Al die reën wat van die begin van die jaar af geval het, het tot skouspelagtige tonele gelei, maar ook tot tonele van rampe en verwoesting. Tik die skakels hieronder in om na die foto’s te kyk en berigte te lees: http://bit.ly/waterfotos http://bit.ly/waterskade Styging in minimumlone Plaaswerkers se minimumloon styg op 1 Maart 2011 met 4,5%. Die styging is deur die Departement van Arbeid aangekondig. Hoe raak dit jou? Lees meer by: http://bit.ly/minimumlone Wolboere glimlag breed Die wolmark het die jaar met ’n kragtoer begin en die aanwyser was na die tweede veiling 32% hoër as die openingsvlak en amper 18% stewiger as op dieselfde veiling verlede seisoen: http://bit.ly/wolprys Nuwe wetgewing bedreig die landbou Voorgestelde wetgewing met betrekking tot grondhervorming en verblyfsekerheid bedreig die voortbestaan van die landboubedryf. Lees wat sê TLU SA daaroor: http://bit.ly/nuwewetgewing Safex toon ’n 12% styging in 2010 Al hoe meer boere maak van Safex gebruik om prysrisiko te verminder. Lees meer daaroor deur die volgende skakel in te tik: http://bit.ly/safexstyg

Boere word beroof deur roofdiere Boere en die Wes-Kaapse omgewingsowerheid is deur die provinsiale minister van landbou aangesê om ’n oplossing vir die roofdierprobleem voor te lê. Roofdiere veroorsaak jaarliks R1,4 miljard skade aan die bedryf. http://bit.ly/roofdiere Boer in Georgië Suid-Afrikaanse boere staan letterlik tou om meer uit te vind oor landbougeleenthede in Georgië. Besoek www.boers.ge vir meer inligting of volg hierdie skakel: http://bit.ly/boerdaar Wat ’n skors(ie)! Kyk gerus hoe lyk Hercules Smit se reuse skorsie wat in sy groentetuin opgeskiet het. Onthou ook die Goliat van Gat-feeste waar vanjaar se grootste pampoen gekroon gaan word. Die hooffees in Pretoria is op 26 Maart by die Pioniersmuseum in Silverton: http://bit.ly/skorsie ProAgri 132 - Januarie / January 2011

21


Molopo op; van Mamusa af Morokwen oor die Kalahari in; van Uitenhage na Brekfisvlei en daarvandaan die deur GC en SB Hobson, uitgegee deur JL van Schaik (Bpk), Pretoria berge deur tot diep in die kapok op Barkly-Oos; oerdery is een van die sterkste voedingsare en stewigste hoekstene van ons letterkundige Madeagam, Motsitlane en skatkis. Dit bewys dat die boer nie net voedsel vir die liggaam produseer nie, maar ook die konvensielyn oor… te voedsel vir die gees. voet, te perd met kar en Dit is geen wonder nie, want boerdery is die bedryf wat die reguitste denke, die taaiste donkies, kar en muile, kar terugspringkrag en die suiwerste siel vereis van dié wat met hom gemoeid is. Boerdery bied en perde; met ook die verstommendste verwondering en die onverbiddelikste eis om nederigheid – alles die ysterbande om die wiele, materiaal waarvan die grootste letterkunde geskep word. met motorbande om die die Een van die kosbaarhede wat boerdery in ons letterkunde gevestig het, is Aan Jannie, wiele; naderhand glad per briewe van ’n ou boer aan sy jong seun op universiteit. Hierdie boek is in die veertigerjare motor. Wat het die weelde van die vorige eeu uitgegee, maar die wysheid en pittigheid daarin is tydloos. tog nie in my leeftyd toegeIn die voorwoord skryf “Jannie” oor sy pa se briewe: “As ek party van die stukke so neem nie! beskou, lyk dit of hy maar sy gedagtes oor sake wat ek aangeroer het, vir my op skrif wou Ek het geboer en stel. Aan ander stukke te oordeel het hy maar, pen in die hand, aan die oopwêreld sit en gespekuleer; skape en dink, waarna hy al hoe meer en meer verlang het namate sy kragte afgeneem het en hy beeste gekoop en verkoop; begin besef het dat hy en Augus die muile nooit weer sou aankeer en inspan nie.” perde, muile, donkies; geld Goeie nuus vir ons lesers is dat die hele boek, Aan Jannie, voortaan stuksgewys op ons gemaak, geld verloor; webwerf, www.proagri.co.za, gepubliseer sal word. beeste uit Suidwes deur die woestyn geja Vryburg toe; troppe-troppe uit die Hier is die eerste brief as ’n lusmaker. Protektoraat gesmokkel en op Ramatlabama gaan laai… gevoelens nie so vrye teuels te gee nie. Dit is half jammer dat ek so ’n hekel Aan Jannie Ek is bly om uit jou brief te verneem aan die gansveer het. dat jy die stuk varkwors toe maar gaan As ek dan regtig te lui is om my Die breedte van ’n woelige hoofstraat koop het en die straat afgemeet het. ondervindinge te boek te stel, sê sy, met ’n stuk varkwors afmeet, is mos Ons Steyns is verstandige mense. Hou moet ek darem skryf en my seun vertel sommer ‘n gevaarlike besigheid! maar moed. Slegte moed, sê hulle, kom waar sy pa hom oral vasgeloop het. Dan Jou ma voel net omgekrap daaroor. vanself. Dit sal nie lank duur nie. Net sal my seun van my ondervinding leer. Sy sê dis ’n skandaal dat sulke een van die dae trek jy ook soos hulle Maar jou ma verstaan die mensdom ontgroeningseremonies of wat julle die aan, loop jy ook slenter-slenter hand in nie. Al sou ek jou ook waarsku teen die dopery daar op die universiteit ook die broeksak, kry jy die egte tropruik en balk waarteen ek my kop gestamp het, noem, deur die professore toegelaat dan stoot die ander jou nie meer nie. sou jy tog maar eendag jou eie kop teen word. Dis maar stil hier op die plaas vandat daardie einste balk gaan probeer, al sou Vir my is daardie ontgroening-affêre jy weg is. Maar jou ma is reg. Jy moet dit maar wees om te sien of die balk nie onnatuurlik nie. Het jy al opgemerk ook kans kry, nie soseer om werklik so hard is en of dit nie maar jou as jy ’n vreemde bees onder ’n trop boekgeleerdheid op te doen soos sy wil pa se kop is wat so sag was nie. plaasbeeste inja dat die laaste plaashê nie, maar om mense te leer ken. Augus het vanmôre lank hier by my bees dadelik met gekromde rug Miskien kry jy vir albei daar in die staan en gesels. Hy het die saak nie naderstaan? Boland kans. eintlik aangeroer nie, maar ek kon As die vreemdeling vlug, gaffel hulle Maar as jy nie vir albei kans sien nie, sommer sien dat die rustige lewe hier hom in die verbyspring met die horings; los dan maar liewer die boeke. Vir ’n op die plaas, die lank op een plek bly as hy hom teësit, pak hulle hom aan. Of man soos jy wat nie met sy kop hoef te sit, die ou begin te verveel. Hy verbeel hy nou mak is of wild is, oud of jonk, verdien nie, is daardie baie boekhom dat dit net sy oubaas se siekte is wit of swart, as hy maar vreemd is, geleerdheid onnodig. wat hinder; anders sou ons twee die word hy gestamp en gestoot en met die Ek kom nou weer bedags op die muile weer ’n slag aankeer. horings gesny dat die houe oor sy stoep. Die stootkarretjie wat jou ma laat Ek weet ook nie so bra of hy dit mis ribbes lê. kom het, is ’n groot gerief en hier bo het nie. ’n Mens is maar snaaks. Dis By Joors Smit Mieliebult, op die van die stoep af kan ek darem op ’n ongerieflik op die wapad. Jy is naderplaas, was ek eendag toe die ou ’n manier sien wat op die plaas aangaan. hand maar vader-dankie-bly om weer varkie wat hy van ’n swarte gekoop het, Die bediende bring koffie. Jou ma by die huis te wees. Maar jy is skaars onder sy vetmaakvarke inja. kom by my sit en kouse stop. As die uitgerus of die wêreld begin vir jou nou Die ou varkie was half hans en so gesels opraak, lees ek. Maar selfs die word en jy dwing alweer die wapad in. mak en onnosel as maar kan kom. Maar lees word naderhand vervelig, en nou Daarom dat ek afgesien het van my hy was skaars in die vetmaakkamp of die dag wou jou ma weet waarom ek nie plan om jou ’n slag met Augus die die hare waai soos die ander hom met maar af en toe skryf nie. Sy sê ’n man Noord-Weste in te stuur. Dis miskien die slagtande byloop. Ou Joors was wat lekker vertel, behoort ook lekker te beter as jy nie van die wapad weet nie. maar verplig om die ding uit te haal; kan skrywe. ’n Boer moet kan stilsit. Sy plek is by sy anders was hy morsdood. Vir daardie te-boek-stel van my vee. Ver van jou goed en na aan jou Hoe meer uitgelate so ’n trop diere, ondervindinge waarvan sy praat, het ek skade, sê die oumense, en verdraai “Ver hoe swaarder kry die nuweling. Daarom regtig nie lus nie; ook nie die daartoe van jou God en na aan jou skande”. dat hy dit so hotagter het daar by julle nodige vaardighede met die gansveer Maar hulle weet waar hulle van praat. wat so in die fleur van julle leeftyd is. nie. Om die waarheid te sê, as ek so ’n Die boer se spoor op die land is tog As die droogte kom en die wêreld ruk geskryf het, word die ou hand sommaar die beste kunsmis. Dis die baas se druk, bedaar die beeste. Maar selfs by mer so lam hier tussen die duim en die oog wat die hings vetmaak, nie die die oudste en verstandigste onder ons voorvinger. opdrag wat hy aan die staljong maak onbekend nog steeds onbemind. Jammer darem, want my spore lê gee nie. Die stampe en stote van die lewe maak ver: die kaiingbulte oor tot onder op

Aan Jannie B

ons net versigtiger; leer ons net om ons 22

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

Onseepkans; van Upington af ál met die

Jou liefhebbende vader www.proagri.co.za


Nare waarheid

agrilag

Hennie: “My droom is om ’n multimiljoenêr te wees. Nes my pa.” Heinie: “Is jou pa ’n multi-miljoenêr? Hennie: Nee, maar hy droom daarvan.” Kille logika

deur Dom Boer

Fortuinverteller 1: “Dis aangename weer wat ons deesdae het, nè.” Fortuinverteller 2: “Ja, dit laat my dink aan die somer van 2055.” Op ’n lentedag begin die slak teen die stam van die appelboom opklim. ’n Mossie draai na sy maat en sê: “Kyk hoe onnosel is daardie slak. Hy klim teen die boom op en daar is nie eers appels aan nie.” Die slak hoor wat hy sê en antwoord: “Toe maar, teen die tyd dat ek bo kom sal daar appels wees.” Eina! Die boer se boekhouding was in ’n chaotiese toestand. Hy vra ’n boekhouer om daarna te kyk. “Dis nie te erg nie,” sê die boekhouer. “As jy my R2 000 betaal, sal ek al die probleme van jou skouers af neem.” “Goed,” antwoord die boer. “Dis ’n ooreenkoms,” en hy begin deur toe stap. “Waar’s my R2 000?” vra die boekhouer. “A,” antwoord die boer: “Dis jou eerste probleem.” Werksoeker: “Hoeveel geld sal jy my betaal?” Boer: “Vierhonderd rand per week.” Werksoeker: “Vierhonderd rand per week? Dis ’n belediging!” Boer: “Goed, ons maak dit dan vierhonderd rand per maand, dan word jy darem nie so dikwels beledig nie.” Nonsensies Wat het agt bene, twee arms, twee vlerke en drie koppe? – ’n Man op ’n perd met ’n hoender onder die arm. Wat het die een spinnekop vir die ander spinnekop gesê? – Welkom op my webwerf. Wat noem jy ’n koei met losse sedes? – ’n Melktert. O, so manierlik Die boer betrap twee knape wat oor sy plaas loop: “Haai, besef julle dat julle oortree? Het julle nie die kennisgewing gesien nie?” “Ja Oom,” antwoord die een, “maar heel bo-aan staan ‘Privaat’ en toe wou ons nie verder lees nie.” Hulle sê Hulle sê oor-, neus- en keelspesialiste se benaming vir mangels is glo kontantgewasse. Hulle sê daar is honde wat kan praat, maar dit is nie die waarheid nie. As ’n hond vir jou sê hy kan praat, dan lieg hy. Hulle sê intuïsie is ’n vrou se vermoë om haar man te weerspreek nog voor hy iets gesê het.

Speel saam en wen ’n musiekpiering Stuur jou grappie of pittigheid saam met jou naam, adres en telefoonnommer en gemerk, Agrilag, aan domboer01@mweb.co.za. Die insender van die beste bydrae ontvang ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong. www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

23


AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

(Bloemfontein) (Pretoria)

082-381-7563 | 051-446-0789 083-227-4333

stefan@agritrader.co.za pieter@proagri.co.za

AgriGids

Stefan van Wyk Pieter Rall

24

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 132

- Jan u ar i e / Jan u ar y 2 0 1 1

25


AgriGids 26

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za


AgriGids GeneGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 132

- Jan u ar i e / Jan u ar y 2 0 1 1

27


GeneGids Veilings 28

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

27



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.