ProAgri 134, Maart 2011

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Maart / March 2011 Nr / No 134 ISSN 1042–1558

Vermillian

troef roes Spesiaal: Minimumbewerking

Hooimaak: 20 vrae beantwoord Kry resultate met

Capstone Seeds | Veilings | Toerustingkeuse | Bek- en klouseer | Wen op die werf

AgriTrader




Kry resultate met Capstone Seeds CAP 9013: Nuwe beperkte vrystelling

Witmieliebaster

CAP 9013 is baie soos die bekende CAP 9001, maar wyer aangepas, omdat dit ’n korter-seisoen baster is. Die plantgroei is medium tot hoog met lae kopplasing. Die baster het goeie droogte- en siekteweerstand en is geskik vir medium siektegebiede. Dit is ook geskik vir hoë en lae potensiaal grond.

CAP 444 NG: Tot drie koppe per plant

Geelmieliebaster CAP 444 NG het in beperkte proewe goed presteer teenoor die vernaamste mededingers. Die baster kan goeie opbrengs lewer selfs teen lae plantdigtheid. Dit presteer goed in droogtetoestande en het ma ge weerstand teen blaarskimmel, roes en die meeste algemene mieliesiektes. Dit toon stewige stand, digte drag, hoë graanwinning, goeie blaarbedekking en stewige oranje pi e.

CAP 4000: Baie goeie olieproduksie

Sonneblombaster

CAP 4000 is ’n medium- tot laatseisoen baster sonneblom met uitstekende opbrengspotensiaal, uitstekende siekteweerstand en baie goeie olieproduksie van hoëvlak poli-onversadigde olie. Dit het semi-hangende koppe, wat help met die vermindering van kopvrot en voëlskade. Dit bereik volwassenheid in die medium tot volseisoen wat top oeste in ’n verskeidenheid omstandighede verseker.

Voersorghumbaster Sweetfeed: Hoë proteien- en suikerinhoud Swee eed is ’n krag ge drievoudige voersorghumkruising wat geskik is vir hooimaak en weiding in die winter. Dit is ’n volseisoengroeier wat tot drie meter hoog word met ’n hoë blaar-tot-stamverhouding. Dit beteken hoë opbrengs en verbeterde smaaklikheid. Swee eed toon uitstekende prestasie, selfs in droogtetoestande.

Verspreiders gesoek Kontak Matt Bester 082-650-3061 matt@capstone.co.za of John Klopper 082-326-6797 research@capstone.co.za

Hoofkantoor: Howick Tel: 086-111-3167 mail@capstone.co.za www.capstone.co.za Vrystaat/Mpumalanga: Vink Venter: 082-602-4414 Potchefstroom: Thys Fourie: 082-610-3491


In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief roAgri het onlangs die voorreg gehad om saam met TLU SA en Radio Pretoria die Plaaskultuurfees op Clocolan by te woon, waar ek as deel van die pret ’n rit in ’n motorfiets se syspan onderneem het (foto). Dit was baie lekker, maar nog lekkerder was om met ProAgri se lesers, die boere van die Suidoos-Vrystaat, te gesels. Ek hoop hulle sien dat ons ’n paar van hulle voorstelle ter harte geneem het! Ons wil graag meer plattelandse skoue en boeredae bywoon, want ons glo dat dit die beste manier is om in voeling met ons mense te bly. Natuurlik kan ons nie alles bywoon nie, maar ProAgri het nou die geleentheid geskep dat u daardie skou, boeredag, seminaar of ander landbougeleentheid gratis op ons webwerf se kalender kan bekendstel. Besoek net www.proagri.co.za en klik op die kalender. Nog gawe werfnuus is dat daar ’n wedstryd met ’n lekker groot prys is. Beantwoord die eenvoudige vraag en staan ’n kans om ’n naweek vir twee by die luukse Farm Inn oos van Pretoria te wen. Dit lyk of die groot skrik van bek- en klouseer nie oornag gaan verdwyn nie – lees gerus Leon Kruger van die LNR se artikel oor dié siekte op bl 18. Ek vertrou u sal ook ons eerste aflewering in die reeks oor minimumbewerking interessant vind, net soos die res van hierdie laatsomer-uitgawe.

P

Annemarie Joubert <annemarie@proagri.co.za>

Inhoudsopgawe / Contents

Die ProAgri-span

Gewasproduksie 8 Kyk na ons grond: Minimumbewerking

Nuus 23 AgriKyk & Lees: The Abundant Herds 23 Werfnuus

8

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

15

Lekkerlees 25 AgriLag Handelsnuus 26 AgriGids 30 GeneGids 31 Veilings 33 Tuli-beeste bied 3 paaie wenpaal toe 34 Boer vooruit met Beefmasterkoeie

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Instandhouding 6 Troef roes met Verust

Veeboerdery 11 Sorg vir goeie winterkos – 20 vrae oor hooimaak 15 Rooi, groen of blou – hoe kies ek hooimaaktoerusting? 19 Die groot skrik van bek- en klouseer 21 Boer is lekker en maklik

Get results with Capstone Seed For more information on Capstone Seed’s excellent products, visit www.capstone. co.za or phone 0861-113-167

33

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-08708 carmel@smartpublishing.co.za Bemarkers Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Minnette van Eeden > 079-515-8493 minnette@smartpublishing.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Arno Moore (Ph.D) Managing Director Cell: 083-270-4866 / Email: arno@bioinsectsa.com / bisa@bioinsectsa.com Web: www.bioinsectsa.com

www.proagri.co.za

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

5


Instandhouding

Vermillian Verf:

Troef roes met Verust

antwoord ’n summiere en oortuigde nee: Die skaal is met Verust van Vermillian Verf behandel en roes staan nie ’n kat se kans nie. Dit was toe ook so! Daardie skaal werk steeds op Hunter’s Rise en jy kan maar kom soek of jy ’n roeskolletjie op hom sal kry – niks! Maar ’n boer is nie iemand wat hom maklik op sleeptou laat neem nie. John het presies geweet wat die uiterste toets vir ’n roesmiddel sou wees: Die twee rooigeroeste I-balke waarop die roerder bo die misput rus. Daar styg ’n voortdurende ammoniakwalm uit dié put en geen middel kon die roes aan die twee balke stuit nie. Hulle sou Kyk net – geen teken van roes nie. John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery vertel dat hierdie twee I-balke beslis uiteindelik heeltemal deurgeroes het, waarop die roerder bo die misput gemonteer is ernstig sê John. geroes het as gevolg van die ammoniakwalms wat uit die Maar Verust het die put opstyg. Verskeie ander produkte het niks gehelp nie, maar Vermillian se Verust het die roes summier stopgesit. roes net daar stopgesit en dit het John oortuig dat hy hier met ’n gedugte roesweerder te doene het. oes is ’n lastige ergenis wat Hulle is nou besig om alle staal in hulle derduisende rande se skade op plase varkhokke met Verust te behandel. regdeur die land aanrig. Hunter’s Rise is nou nie meer ’n Een roesslagoffer wat al knap slagoffer van roes nie, maar ’n triomduskant moedeloos gedraai het, is John fantelike oorwinnaar. Westerink van Hunter’s Rise-varkVoorheen het die stygende boerdery net buite Viljoenskroon in die ammoniakwalms wat die varke afgee, die Vrystaat. dakke se sinkplate van onder af laat roes. John verklaar dat varkboerdery Daar was ernstige skade en hulle kon nie besonder blootgestel is aan roes, omdat voorbly met die herstelwerk nie. Al die die ammoniak wat uitgeskei word staalhekke, -afskortings en ander strukboontoe sweef en metaal genadeloos ture spog reeds met Verust wat roesaanval. bedreiging summier stopgesit het en ’n Die hokke waarin hulle 6 500 varke werkspan is nou besig om al die sinkplate aanhou, is sowat 70% van staal. Die te behandel. struktuur is van staal waartussen steenWaar jy Verust aangebring het is daar mure ingebou is, maar die hekke, geen verdere kommer nie, sê John. Vir afskortings en dakke is ook alles van die eerste keer kan ons nou voorbly in die staal en sink. Selfs die raamwerke stryd teen roes. waarop die asbesplafonne rus is van Dis baie maklik om met Verust te staal en al hierdie staal het altyd geroes werk, vertel John. ’n Mens skuur bloot die dat dit klap. oppervlak, was hom, wend twee lae aan – John het verskillende duur roesweereerder met ’n kwas as ’n roller – en middels probeer, maar roes het die stryd siedaar, jou roesprobleme is geskiedenis! telkens gewen. As jy wil, kan jy agterna rooi- of grysMaar toe kom daar ’n skitteroplossing oksied bo-oor aanbring. uit ’n onverwagte oord: Die boerdery Verust is baie dun, vertel John. Dit kan het ’n groot varkskaal in Pretoria dink en weet presies watter pad om te vat gekoop en toe hulle die verskaffer vra of en hoe om ferm met die staal te bind. die skaal nie sal roes nie, was sy

Mense vertel dat verwers permanent besig is om die Eiffel-toring in Parys te verf om dit teen roes te beskerm. Sodra hulle klaar is, het die eerste verf al verweer sodat hulle dadelik van voor af moet begin. Miskien sal dit hulle loon om ook Verust van Vermillian te gebruik... Verust is die oplossing vir alle roesprobleme, selfs in toepassings waarvoor dit nie oorspronklik bedoel was nie. Apex Industries verskaf motorbybehore. Soms moet hulle aangepaste monteringstutte aanbring om hulle produk op ’n wyer vlak te gebruik en dit is baie belangrik dat daardie stutte volkome roesbestand moet wees. Leon van den Berg van Apex Industries laat weet dat hulle Verust daarvoor gebruik en dat dit perfek werk. Hulle het Verust aan die motorbedryf se gevreesde 360 uur soutspuit blootgestel en kon geen teken van oppervlakkige roes, roes tussen die staal en Verust of roesveroosaakde blase vind nie. Volgens Leon lyk die afwerking wat Verust bied ook baie goed: “Die materiaal is na aanwending so glad as wat die voorbereiding van die oppervlak was.” Moenie dat roes jou lewe bederf nie. Praat met Koos Vermeulen van Vermillian Verf by 012-335-0330/5446, of 012-345-4273, of 012-546-3350. Besoek enige van Vermillian se winkels; nie net vir roesbestryding nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf wat kan dink. www.vermillianpaint.com

R

6

ProAgri 134 – Maart / March 2011

So roes staal wat nie met Verust behandel is nie bo Hunter’s Risevarkboerdery se flodderput. www.proagri.co.za


Instandhouding

Vermillian stop jou lekkery met lekkerkry ater is ’n wonderlike ding, maar dit kan ook lastig wees as water nie bly waar jy hom wil hê nie. Reeds 5 000 jaar gelede het die Assiriërs waterdigting gebruik om die reën uit hulle huise te hou en vandag is ’n ewige gedrup uit ’n dak steeds ’n irritasie. Afhangende van wat jy onder daardie dak het, kan die lekkery ook ’n duur transaksie wees, want water op die verkeerde plek kan groot skade veroorsaak. Net so graag as wat die boer nie wil hê water moet deur sy dakke of mure inlek nie, wil hy nie hê dit moet uit sy damme, tenks en krippe lek nie. Gelukkig is die stryd teen alle vorms van lekkery nou finaal gewonne te danke aan Vermillian Verwe se nuwe nanotegnologie. Dit is die kroon op eeue se soeke na doeltreffende waterdigting. Die stryd teen lek het met pik en teer begin, later akrielmiddels wat meer ultravioletbestand en rekbaar is en nou Vermillian se perfekte nano-oplossing vir die waterdigting van sink, beton, hout en selfs skadunet. Die probleem met gewone akrielmiddels is dat water wat daarop lê tog later deursyfer en voor jy weet is jou twak nat. Maar omdat Vermillian-waterdigting se nano-deeltjies veel kleiner is as watermolekules en veel sterker, maar ook veel ligter as staal, het water nie ’n kans om daardeur te gaan nie. Die kleiner molekules sorg boonop vir beter binding en beter hegting omdat dit die ruimtes van die beton of sink wat jy seël beter binnedring. Dit brand in die kalk van sement in, wat ’n chemiese binding verseker teenoor die plakmetode van ander middels. Vermillian se waterdigting is ook veel rekbaarder en skeurtraer as gewone akrielwaterdigting. Een van die probleme wat nog altyd met waterdigting ondervind is, is dat die beton waarvan ’n struktuur gebou is, organismes, soute en sure bevat. Sodra die beton nat word, begin daardie kieme, bakterieë, soute en sure aktief raak. As dit lank genoeg nat bly, vreet dit selfs gate in die muur of dak! Daaglikse temperatuurwisselings sorg dat ’n betondak rek en krimp en dit veroorsaak krake. Elke keer as dit reën of die wind waai, of voëls op die dak mis of vrek, kom daar meer bakterieë in die krake in. As jy nou gewone waterdigting op jou dak smeer, laat die werking van die bakterieë en soute en sure dit weldra lostrek en oplig. Maar kyk net wat doen Vermillian: Met sy twintig jaar navorsing het Vermillian geleer dat die probleem net opgelos word as al die bydraende faktore hokgeslaan word. Vermillian Verf is die enigste verfver-

W

www.proagri.co.za

’n Sinkdak rek en krimp as gevolg van temperatuurskommelinge en voor jy weet, is die dakskroewe losgetrek en die balke vrot. Vermillian het spesiale dakspykers wat in die dele van die balke wat nog nie vrot is nie ombuig, ’n perfek doeltreffende nanotegnologie-waterdigtingsmiddel en hitteweerkaatsende verf wat dakbeweging beperk om te sorg dat jou dak nie weer lek nie. As roes ’n probleem is, het Vermillian ook die perfekte roesweermiddel. vaardiger wat ’n produk, Distemper Neutraliser, ontwikkel het om die oppervlak te steriliseer en te neutraliseer. Dit verseker dat jy nie kieme, soute en sure wat jou verdigtingsmiddel kan vreet in die krake daaronder vaskeer nie. Voeg daarby Vermillian se Nano-waterdigting en ’n membraan indien nodig, en dig is jou dak – permanent. Op betondakke kan jy nog ’n weerkaatsende rubberverf aanwend wat uitsetting en inkrimping aan bande lê en sorg dat die temperatuur onder die dak nooit tot bo 26 grade C sal styg nie. As jy ’n nuwe betondak so behandel, sal hy nie kraak nie. Sinkdakke Uitsetting en inkrimping weens temperatuurskommelings veroorsaak dat sinkdakke se skroewe losraak. Dit word gewoonlik eers ontdek as die daklatte reeds vrot is. Vermillian het dakspykers wat ombuig in die dele van die hout wat nie vrot is nie. Dit hou die dak weer stewig vas sodat Vermillian se nanotegnologie-waterdigting aangewend kan word. Om te keer dat die probleem weer kop uitsteek, kan jy dan die dak met Vermillian se hitteweerkaatsende verf verf. Dit skakel uitsetting en inkrimping van die dakplate uit sodat dakskroewe nie weer loskom nie. Die verf verleng dus die lewensduur van die dak en hou boonop die temperatuur onder die dak onder 26 grade, maak nie saak hoe warm dit buite word nie. Seël tot toiletpapier! Vermillian Verf is die enigste verfvervaardiger wat dit waag om ’n lagie van net 5 mikron van sy waterdigting op toiletpapier aan te wend en dan water daarop te giet. Nie eers ’n gedagte van

water dring daardeur nie. Vermillian het selfs al skadunet waterdig gemaak. Die lagie is so dun dat die lig steeds deurskyn, maar daar kom geen water deur nie. Ook met leunmuurtjies, borswerings, mure en hout wat water trek, het Vermillian ’n plan: Water Repeller wat ’n suurstofhonger vloeistof is. Dit trek in die sement of hout in en kristalliseer daarbinne om binne te bly solank die muur bly staan. Nou moet jy net verf daaroor aanwend om dit doeltreffend teen die elemente te beskerm. Water Repeller is ook net die produk om damme en krippe te verseël. Jy kan dit selfs in bestaande krake inspuit. Vermillian het die tegnologie, die wil en die produkte om al jou water te hou presies waar jy dit wil hê. Praat met Koos Vermeulen van Vermillian Verf by 012-335-0330/5446, of 012-345-4273, of 012-546-3350. Besoek enige van Vermillian se winkels; nie net vir waterdigting nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf wat kan dink. www.vermillianpaint.com

Hierdie dakke van die KI-sentrum by Hunter’s Rise-varkboerdery is met Vermillian se tegnologie lekvry en roesvry gemaak en behandel om die sôe daaronder lekker koel en ontspanne te hou. ProAgri 134 – Maart / March 2011

7


Gewasproduksie

Kyk na ons grond In Suid-Afrika se saaigebiede kom 'n wye verskeidenheid van grondsoorte voor, elk met sy eie besondere eienskappe. Dit bemoeilik standaardvoorskrifte vir grondbewerking veral weens wisselende reënneerslae en wisselende hoeveelhede vog in die grond. ’n Artikelreeks in drie dele oor grond en grondbewerking word in opvolgende uitgawes van ProAgri beplan. Hierdie is die eerste aflewering.

JP le Roux Verskillende tipes grond Die kleur-, diepte- en kleiverskille van grond veroorsaak ’n verskil in opbrengspotensiaal. Daarom is dit noodsaaklik dat opeenvolgende grondlae volgens grondeienskappe soos kleur, tekstuur, struktuur, gevlektheid en diepte beskryf word. Al die eienskappe kan herlei word tot grondeienskappe soos deurdringbaarheid, voghouvermoë en vrugbaarheid, wat op hulle beurt weer 'n weerspieëling is van die grondpotensiaal en opbrengsvermoë. Oor die jare is waardes aan dié hoedanighede geheg. Indien dit saam met heersende klimaattoestande ontleed word en langtermyn gemiddelde oesopbrengste in ag geneem word, kan afleidings en aanbevelings vir grondbewerking gedoen word. In sekere gebiede, soos die Vrystaat, kan die verdeling nog verder verfyn word deur nog ’n groep in te bring van onder 10% klei-inhoud. Beskrywing van grondprofiele 1.Longlands Longlandsgronde het die kenmerkende wit, sanderige, uitgewaste ondergrond – net soos die Kroonstad- en Was-

Longlands

Avalon

bankgrond. Die keerlaag bestaan egter uit sagte ouklip en is meer deurlaatbaar vir water. Longlands is relatief vlak en die gronddiepte van 50 cm tot op die keerlaag, soos op die foto (onder), is redelik algemeen. Hoewel dit ’n grond is wat onderhewig is aan versuiping en verdroging, is dit die beste van die drie ‘E-laag’-grondsoorte. Indien die grond dieper as 80 cm is, kan dit oorweeg word vir mielieverbouing. Dit is egter gewoonlik meer geskik vir aangeplante weidings. 2. Avalon Avalongrond met sy kenmerkende geel ondergrond wat oorgaan in 'n sagte ouklip-keerlaag, het ’n besonder goeie voghouvermoë en is by uitstek geskik vir mielieproduksie. Grondsuurheid is op baie van die grond ’n beperkende faktor, omdat dit wortelontwikkeling belemmer en die plant dan nie die goeie voghouvermoë van die grond kan benut nie. Avalongrond met ’n kleipersentasie van minder as 20% in die bogrond word normaalweg nie benut vir sonneblom-, bone- en graansorghumverbouing nie. Die foto toon 'n gronddiepte van 90 tot 100 cm en dit het ’n goeie opbrengspotensiaal. Vlak Avalongrond kan neig om te versuip en goeie hidrologiese beplanning is noodsaaklik.

Hutton

3. Hutton Huttongrond verteenwoordig die tipiese rooi grond van die Hoëveld waar die bo- en ondergrond rooi is. Huttongrond dreineer baie goed en versuiptoestande kom byna nooit voor nie. Die grond het nie 'n keerlaag soos Avalongrond nie, dus is die waterhouvermoë daarvan nie so goed soos die van Avalon nie. Huttongrond is egter in die algemeen baie diep grond en daarom hoë-potensiaalgrond. Die grond is geskik vir alle kontantgewasse soos mielies, bone, graansorghum, sonneblom en aartappels. Vanweë die goeie dreineringsvermoë is dit by uitstek geskik vir besproeiing. Rooigrond onder 20% klei het dikwels suur- en kalktoedienings nodig om die bo- en ondergrond se pH te herstel. Die foto toon 'n tipiese Hutton met 'n gronddiepte van oor die 120 cm. 4. Arcadia Ongeveer driekwart van ons swartturfgrond is Arcadia-grond. Die bogrond bestaan uit die bekende swartturf met sy kenmerkende hoë klei-eienskappe. Die laag onder die bogrond bestaan uit gruis (verweerde ysterklip). Die gronddiepte op die foto is 75 cm, maar Arcadia is in die Hoëveld selde dieper as 45 cm. Die kleipersentasie van die bogrond is maklik oor die 50% en het kenmerkende swel- en krimpeienskappe. Die hoë klei-inhoud veroorsaak verskeie probleme, soos stadige opname van water, moeilike bewer-

Arcadia

Dit is uit die verskillende profiele duidelik dat ’n ander tipe bewerking vir elke grondsoort nodig kan wees om optimum opbrengs te verkry. Veral die diepte van bewerking kan ’n deurslaggewende rol speel. 8

ProAgri 134 – Maart / March 2011

www.proagri.co.za


king, swakker werking van chemiese onkruiddoders en hoë vogterughouding. Aan die ander kant het die grond voordele soos hoë vrugbaarheid en 'n hoë pH. Die grond is gewoonlik nie diep nie en daarom het dit 'n swak wateropgaringsvermoë. Die potensiaal van die

grond is dus ook aan die lae kant (± 2,5 ton per ha). Die gewasse wat op die grond verbou kan word is graansorghum, mielies en sonneblom. Die artikel is elektronies beskikbaar by: www.proagri.co.za.

Volgende keer word diepte van bewerking en eienskapppe van konvensionele bewerking bespreek en die laaste aflewering sal handel oor die toepasbaarheid van geenbewerking.

Tabel 1 : Indeling van grondgroepe Eienskappe van grondprofiel

Klei %

Tipiese grondvorms in hierdie groepe

Bruin en vaal ligte sandgrond

Onder 15%

Longlands, Wasbank

Rooi, bruin en vaal ligte sanderige grond wat op normale ploegdiepte nie veel swaarder word as in die bogrond nie

15 - 20%

Avalon, Hutton, Longlands Westleigh, Wasbank

Rooi, bruin en vaal medium leemgrond wat op ploegdiepte geneig is om effens swaarder te word as in die bogrond

20 - 30%

Hutton, Avalon, Clovelly

Swaar rooi kleigrond wat swaarder word op ploegdiepte en swaarder kleigrond met geel klei in die ondergrond

30 - 45%

Hutton, Pinedene

Vaal gebroke kleigrond met potklei in die ondergrond

30 – 45%

Bonheim, Swartland, Valsrivier

Swaar turfgrond

Meer as 45%

Arcadia, Rensburg

Bestel!

www.proagri.co.za

Die Meganisasiegids vir 2011 is nou beskikbaar teen R200 (posgeld ingesluit). Bestel by koosleroux@absamail.co.za of 082-828-9531.

ProAgri 134 – Maart / March 2011

9



Veeboerdery 5 Droëland of besproeiing? Enige van die hooigewasse kan onder besproeiing geplant word. Droëlandhooigewasse is onder meer tef, oulandsgras, Smutsvinger, Rhodes, en hawer.

Sorg vir goeie winterkos

6 Hoe lank voor dit gesny kan word? Sodra die hooigewas in die pypstadium is (uit vegetatief na reproduktiewe fase beweeg) by eenjarige gewasse. By meerjarige gewasse moet eerste snysel eers gesny word nadat dit goed volwassenheid bereik het om langlewendheid te waarborg. Die eerste snysel se gehalte sal swak wees.

Vierkantige bale is gewoonlik makliker om te hanteer as ronde bale en kan gerieflik in ’n skuur gestapel word.

7 Hoeveel keer kan dit per seisoen gesny word? Goeie kos in die winter sorg vir rande in die veeboer se sak in die somer. Maar wat Die aantal snysels per kan alles gebaal word en wat is die regte manier om dit te doen? ProAgri het die seisoen verskil hulp van ’n kundige ingeroep om 20 vrae oor hooimaak te antwoord. Hier is Rudi afhangende van die reën. Vroeg reën Kuschke van Klein Karoo Saadbemarking se antwoorde: beteken meer snysels. Volgens die praktyk is daar gewoonlik twee tot drie snysels. 3 Watter grassoorte is geskik vir 1 Watter gewasse kan alles gebruik hooimaak? word vir hooimaak? 8 Watter bemesting is nodig? Kruipende groeiers, soos kikoejoe, maak ’n Mens kan van enige gewas hooi maak Niks kan produseer van niks nie. Sonder moeiliker hooi.Breëblaargrasse maak mits dit vinnig gedroog kan word. aanvulling sal weiding agteruitgaan. moeiliker hooi as smaller blare, hoofHoe vinniger die gewas gedroog kan Bemes NPK – P en K eenmalig vroeg in saaklik omdat dit langer neem om droog word, hoe beter is die gehalte en kleur seisoen. N – 40% vroeg in seisoen en te word. Oulandsgras (smalblaar) se van die hooi. Dit is in elk geval ’n goeie dan twee opvolge van 30% elk. Die pH hooi droog vinniger as Smutsvinger gedagte om gras wat nie deur die moet ook bestuur word – bekalking (breëblaar). winter bewei kan word nie, af te sny en moet nie agterweë gelaat word nie. te baal, sodat die voedingswaarde 4 Wat kan nou in die laatsomer/ behou kan word. Dan verminder ons 9 Watter insek- en onkruidbeheer herfs geplant of gesaai word? sommer die brandgevaar ook. is nodig? Meerjarige somerweidings soos Onkruid is alleen ’n probleem wanneer oulandsgras, Smutsvingergras, Rhodes 2 Wat was fout met die outydse weiding-/hooigewasse se grondbeen witbuffel word in hierdie tyd hooimiedens wat die boere dekking nie meer lekker is nie. Onkruid gevestig. gebruik het? kom in, want die natuur soek nie skoon Eenjarige koelweergrasse soos rog en Daar is niks verkeerd met outydse grond nie. hawer is ook geskik. hooimiedens nie. Die meganiese Meerjarige koelweergrasse is nie toerusting wat deesdae beskikbaar is, 10 Watter toerusting het jy nodig? ideale hooimaakgrasse nie, want hulle is maak dit net makliker om bale te maak Snymasjien, windryhark, kneuser/ meesal kruipende groeiers. en te hanteer. snyerkneuser, hooilugter, baler (rond of kasbaaltjies), kunsmistrooier, sleepwa en baallaaier. 11 Hoe hoog moet die gras afgesny word? Gras/Weiding moet nie korter as 100mm bo die grond afgesny word nie. Waar te kort (korter as 100mm) is hergroei stadig en reserwes word uitgeput, grondbedekking kom in die gedrang. Gras moenie korter as 100 mm bo die grond afgesny word nie, want dit vertraag en benadeel hergroei. www.proagri.co.za

vervolg op bl 13 ProAgri 134 – Maart / March 2011

11



• Vierkantig: Nie werktuig nodig om op te tel nie – weeg 18 – 25 kg. Kan in skuur gestapel word. Makliker om te hanteer. 18 Hoe verander die voedingswaarde van bale as hulle ouer word? Die smaaklikheid neem af met ouderdom en die voedingswaarde daal ook met ouderdom. Kuilvoer het ’n langer rakleeftyd, mits dit altyd afgeseël bly (anaerobies).

vanaf bl 11 Gesnyde gras word met ’n kraghark in windrye gehark sodat die baler dit maklik en skoon kan optel. 12 Hoe groen/ryp moet die gras wees voor dit gesny word? Gras/weiding word gesny/gehooi wanneer in die pyp kom; net wanneer dit begin blom (oorgaan van vegetatiewe stadium na reproduktiewe stadium). 13 Moet dit dadelik gehark en gebaal word? Hark vind plaas sowat vier uur na dit gesny is, sodat dit goed sondroog kan word en dit word gebaal wanneer die vogpersentasie 13% – 15% is. 14 Is dit nodig dat dit eers in windrye gehark word? Droging is vinniger en meer egalig in windrye. Windrye vergemaklik die baalaksie omdat die baler dan die materiaal makliker en vollediger kan optel.

www.proagri.co.za

15 Hoeveel ton droëmateriaal per hektaar kan ’n boer verwag? Dit hang af van heelwat faktore, onder meer die tipe gewas, besproeiing, reënval, seisoen, ensovoorts. In die praktyk word daar in die Hoëveld op droëland van oulandsgras so ses tot nege ton hooi per hektaar gemaak, afhangend van die bemesting. 16 Moet bale droog gehou word? Ja, anders muf dit. 17 Hoekom is daar ronde en vierkantige bale – wat is die voordele van elkeen? Vir eie voorkeur en hantering. • Ronde: Vinniger baalaksie, kan buite geberg word (redelik waterdig).

19 Kan daar waarde toegevoeg word aan grasbale deur byvoorbeeld gisting (soos in die geval van kuilvoer)? Deur bale dig met plastiek toe te draai of graskuilvoer te maak, kan die gehalte bewaar word. Kuilvoer het ’n hoër voedingswaarde as hooi. Dit is egter moeilik vervoerbaar. 20 Is die koste van toegedraaide bale teenoor gebinde bale die moeite werd? Hierdie is ’n moeilike vraag om te beantwoord – die boer se eie omstandighede en behoeftes sal die bepalende faktor wees. As bale lank gebêre gaan word, bly meer voedingswaarde en smaaklikheid behoue hoe digter dit toegemaak word. Wees net versigtig dat die plastiek nie beskadig word nie.

ProAgri 134 – Maart / March 2011

13



Veeboerdery

Hooimaak: Rooi, groen of blou, hoe kies ek nou?

Ronde bale is meer waterdig as vierkantige bale en dit is deesdae ook vir die hoeweboer moontlik om kleiner, hanteerbaarder ronde bale te maak. roAgri deel graag die volgende wenke met boere wat besluite oor die aankoop van hooimaaktoerusting moet neem: Prys is dikwels die eerste oorweging wanneer ’n boer werktuie koop en dit is ook reg so. Maar tog is daar ander oorwegings waarna ook opgelet behoort te word. As die boer hooimaaktoerusting koop, behoort hy te sorg dat hy ’n bekende en bewese soort koop. Kyk watter toerusting gebruik die meeste mense in jou omgewing – daar is gewoonlik ’n rede voor, soos dat onderdele en diens vrylik in die gebied beskikbaar is. Boere is dit eens dat die meeste werktuie en trekkers vandag van ’n goeie gehalte is, maar dat diens en die beskikbaarheid van onderdele in jou omgewing dikwels die deurslag gee. Koop dus by ’n betroubare handelaar wat regtig daarop konsentreer om jou aan die boer te hou. Dit vereis ’n diensingesteldheid sowel as die nodige kundigheid.

P

Wat is die voor- en nadele van die verskillende soorte snyers: swaailem, sekellem, tol- en dromsnyers? Die sekellem sny die skoonste snit en het die beste en vinnigste hergroei tot gevolg. Hy kan nie so vinnig sny soos sommige van die ander nie. Swaailemsnyers is nie eintlik oorspronklik vir hooimaak bedoel nie, maar dit is ’n bekostigbaarder opsie as die meeste ander snyers. Tol- en dromsnyers sny die vinnigste, maar hulle is ook duur.

Wat is die voordele van ’n snyerkneuser bo ’n blote snyer? By eersgenoemde vind droging vinniger plaas met minder blaarverlies by lusern. Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n snyer koop? Hoe vinnig kan die snyer sny, hoe wyd sny hy, hoe skoon sny hy, het hy ’n ingeboude kneuser, gooi hy die materiaal klaar in windrye, hoe maklik en vinnig word sy lemme en ratte vervang, hoe hanteer hy ongelyke grond, hoeveel trekkerkrag vereis hy, hoeveel diens en onderhoud vereis hy? Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n baler koop? Hoe skoon tel hy materiaal op, hoe vinnig en netjies baal hy, hoe stewig en kompak is sy bale, hoe groot en swaar is sy bale, kan hy enige materiaal (tot mieliereste) baal, draai hy lyn, net of plastiek om bale, hoeveel lyn, net of plastiek kan hy saamry, hoe betroubaar is hy, hoe moeilik is hy om te gebruik

en om onderdele te vervang, hoe duur is sy onderdele, hoeveel trekkerkrag vereis hy, hoe maklik is dit om hom op die pad te vervoer van plaas na plaas, hoeveel diens en onderhoud vereis hy? ’n Kasbaler behoort ’n lekker swaar vliegwiel te hê, want dan werk hy meer gelykmatig en dit verminder ook skokke op die trekker se kragaftakker. Hoe reguiter die pad wat die materiaal deur ’n baler volg, hoe minder probleme. Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n hark/kraghark koop? Hoe stewig is hy, hark hy skoon, vinnig en doeltreffend, het hy ekstra tande, hoeveel diens en onderhoud vereis hy? Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n belugter (“tedder”) koop? Draai hy materiaal doeltreffend en volledig om, is hy stewig en sterk? Waarna moet ’n boer oplet as hy baalhanteringstoerusting koop? Afhangende van die aantal en vorm bale wat die boer moet verskuif, kan hy kies tussen ’n baallaaier met ’n hyser vir klein kasbaaltjies, ’n raamsleepwa met ’n onderstel wat hidroulies gelig of laat sak word vir ronde bale, ’n trekkerlaaigraaf met tande vir ronde bale of grootpakbale, of ’n kraanhyser met rubberwiele vir groot volumes ronde of grootpakbale. Elke boer sal kies watter opsie ekonomies sal wees vir die volumes, die afstande, die grootte en vorm van bale wat hy hanteer en vervoer. Die oorwegings is stewigheid, duursaamheid, maklikheid om te gebruik, maneuvreerbaarheid, hoeveel arbeid bespaar word, reikhoogte, onderhoud- en herstelbehoeftes, uitskakeling van breekskade aan bale en, in die geval van kraanhysers, veelsydigheid, want omdat dit ’n duur item is, sal die boer dit ook graag vir ander toepassings wil gebruik.

Besoek gerus ProAgri se webwerf vir artikels oor goeie toerusting: www.proagri.co.za.

www.proagri.co.za

ProAgri 134 – Maart / March 2011

15



Vision To be a world leader in the marketing of agricultural products.

Mission To provide unique trade centres where price forming in the trading of agricultural products take place to the mutual benefit of suppliers, buyers and consumers by providing efficient and cost-effective infrastructure and services that comply with international standards. The Tshwane Market strives to stay a world leader through: • Technology • Investment • Financial independance • Research and Developement The Tshwane Market distinguishes itself by the following norms: • Discipline • Transparency • Accessibility • Ethic standards • Co-operation

Tshwane Market information Physical address: Postal address: Telephone: Fax: International code: 24-Hour: Director: Telephone: Cell: Email:

450 DF Malan Drive West Pretoria West PO Box 266 Pretoria 0001 012-358-2398 012-358-2301 27-12 082-820-1394 Japhta Magolela 012-358-2347 074-882-2111 japhtam@tshwane.gov.za

Market premises: 32,8 hectares Market hall Hall A: 40 525 m2 Hall B: 18 432 m2 Total: 58 957 m2 Ripening centre: Total floor space 6 377 m2 49 rooms with capacity of 60 380 boxes per week Lower coldrooms: Total floor space 1 087 m2 13 Rooms with capacity of 480 pallets Upper coldrooms: Total floor Space 2 115 m2 12 rooms with capacity of 1 650 pallets

Go to: Visit

www.tshwane.gov.za/ tshwanemarket/ and get your daily market prices

Free

Market hours Trading hours: Weekdays: Saturday:

05:00 - 10:20 05:00 - 09:20

Delivery hours Inside the market hall: Outside the market, Late delivery platforms:

12:00 - 05:00 05:00 - 12:00

Cashier services hours: Weekdays: 05:00 - 13:00 Saturday: 05:00 - 11:00 Collecting of daily purchased produce out of both halls: Weekdays: 05:00 - 13:00 Saturday: 05:00 - 11:00



Veeboerdery

Die groot skrik van bek-

en klouseer

deur Leon Kruger, veeartsenykundige tegnoloog: LNR-diereverbeteringsinstituut, Irene anneer bloutong uitbreek, sit al die skaapboere regop en luister. Met drie-dae-stywe-siekte en knopvelsiekte luister die beesboere aandagtig. As dit slenkdalkoors is, skenk skaap- en beesboere aandag. Dan kom die berig oor die nuus dat bek- en klouseer in KwaZulu-Natal uitgebreek het. Nou skenk baie mense aandag. Die wolveiling moet uitgestel word en uitvoere van diere en diereprodukte word onmiddellik opgeskort. Vark-, skaap-, bok-, bees- en wildboere skenk aandag, want almal wat diere het met gesplete hoewe, word geraak. Die omvang en belangrikheid van bek- en klouseer moet nooit gering geskat word nie. Die siekte is nie noodwendig dodelik nie en vrektes van 2% by volwasse diere en 20% by jong diere is aangeteken. Die belangrikheid van die siekte is die feit dat dit so hoogs aansteeklik is, (tot 100% diere word aangesteek) en die siekte het enorme ekonomiese implikasies.

W

Basiese inligting oor bek- en klouseer: Oorsaak Die siekte word veroorsaak deur ’n virus, die aphthovirus van die Picornaviridae virus-familie. Daar is sewe serotipes van die virus: O, A, C, SAT-1, SAT-2, SAT-3 (Southern African Territories) en Asië-1.

Oordraging Hierdie is ’n hoogs aansteeklike siekte wat geredelik weerstandbiedend is teen algemene ontsmettingsmiddels. Dit kan vir langer as ’n jaar op besmette gebiede oorleef. Klere en voer kan vir tot twaalf weke besmetlik wees en selfs op hare kan dit vir tot ’n maand besmetlik wees. Oor die algemeen word aanvaar dat die virus relatief sensitief is vir hitte, maar onsensitief is vir koue. Die siekte versprei van kudde tot kudde deur die beweging van aangetaste diere. ’n Ander algemene metode van oordraging is deur die inname van virusbesmette voer. Die virus kan ook oorgedra word deur mense (op hulle skoene, klere, motorkarbande en beddegoed), wat dit van een plaas na ’n ander kan versprei. Buffels word gereken as natuurlike draers van die SAT-serotipes van die virus en kan dan ook dien as ’n bron van besmetting by beeste in suidelike Afrika. Siektetekens In tipiese gevalle by beeste toon die diere hoë koors (40° C tot 41° C) wat na twee tot drie dae afneem. Hierdie koorsreaksie gaan gepaard met neerslagtigheid en swak of geen eetlus, wat gevolg word met die voorkoms van akute en pynlike ontsteking van die bekvlies (stomatitis).

iere

espletehoefd

er beteken

Bek-en klouse

voere van g geen vleisuit

Berigte van bek- en klouseer laat baie mense skrik, want dit tas, beeste, skape, varke, bokke en wild aan. Alle diere met gesplete hoewe kan dit kry en verder versprei. www.proagri.co.za

Teen hierdie tyd sal die temperatuur na normaal terugkeer. Weens die bekvliesontste-king kwyl die dier met speeksel wat in stringe uit die bek hang. Die dier sal die lippe op ’n tipiese wyse klap. Die dier kou ook baie versigtig indien dit sou kou. Blasies ontwikkel op die wangslymvlies, bytplaat en tong. Die blasies, wat uit ’n dun vlies bestaan, bars maklik oop om ’n strooikleurige vloeistof vry te stel. Dit laat rou, pynlike wonde wat ongeveer ’n week neem om te genees. Tesame met die ontwikkeling van die blasies in die bek, ontwikkel daar ook blasies op die hoewe en veral tussen die twee kloutjies en op die hoefkroon. Wanneer die blasies op die pote oopbars, veroorsaak dit erge ongerief vir die dier wat dan nie wil staan nie. Die wonde, wat op die hoewe gelaat word, is ook baie vatbaar vir sekondêre bakteriële besmetting wat genesing erg benadeel. Daar kan ook blasies op die spene ontwikkel, wat weer ’n oorsaak is van die ontwikkeling van mastitis. Dragtige diere mag aborteer. Oor die algemeen verloor aangetaste diere baie vinnig kondisie. Diere wat herstel, begin na 2 tot 4 dae weer om te vreet, maar dit kan diere so lank as 6 maande neem om heeltemal te herstel. Jong diere is baie meer vatbaar vir die siekte en vrektes kan voorkom weens skade aan die hartspier. Behandeling en beheer Die behandeling en beheer van bek- en klouseer rus geheel en al op die skouers van die Department van Veeartsenydienste. Die boer is volgens wetgewing verplig om enige verdagte gevalle by die naaste veearts, staatsveearts of dieregesondheidtegnikus aan te meld. Hulle sal monsters neem en toetse aanvra om die diagnose te bevestig. Indien dit wel positief is, sal hulle die plaas en omgewing in kwarantyn plaas en die hele proses van behandeling en beheer hanteer. Geraadpleegde bronne: Brückner GK, Vosloo W, Du Plessis BJ, Kloeck PE, Connoway L, Ekron MD, Weaver DB, Dickason CJ, Schreuder FJ, Marais T, Mogajane ME. Foot and mouth disease: the experience of South Africa. Rev Sci Tech. 2002 Dec; 21(3):751-64 The Merck Veterinary Manual (Agtste uitgawe), Veterinary Medicine: A Textbook of the Diseases of Cattle, Sheep, Pigs, Goats and Horses (Negende uitgawe). ProAgri 134 – Maart / March 2011

19



Veeboerdery

Boer is lekker en maklik! anteringsgeriewe vorm ’n noodsaaklike deel van enige veeboerdery. Werksgenot is wat jy uit veeboerdery put as jou hanteringsgeriewe reg ontwerp is. So sê talle tevrede boere wat reeds met Ryno Keeve en Vision Cattlequip te doene gehad het. Vision Cattlequip rig vaste, volledige veehanteringsgeriewe op wat bestaan uit ronde drukgange, sorteerkrale, spuitdippe en skale. Hulle is nou al ’n geruime tyd besig daarmee en volgens hom is dit elke dag ’n leerproses. Die oprig van nuwe hanteringsgeriewe is ’n groot geldelike belegging en daarom is dit noodsaaklik dat dit die eerste keer reg ontwerp en opgerig word en op ’n gereelde basis onderhou word. Baie boere se geriewe is nie hanteringsvriendelik nie en arbeidsintensief. Sommige geriewe is in ’n swak toestand of daar is geen geriewe op die plaas nie. Daar is niks so frustrerend vir die mens, en spanningsvol vir die bees as hanteringsgeriewe wat in ’n swak toestand is, waar jy jou hele plaasoperasie moet stop en al jou beskikbare arbeid moet gebruik om met vee te werk nie! Navorsing het bewys dat indien beeste baie rof hanteer word, dit baie spanningsvol vir hulle is en dat hulle die

H

www.proagri.co.za

Hierdie netjiese krale van Andries Kruger op die Springbokvlakte het al baie gelukkige beeste gehuisves. slegte ervaring vir ’n lang tyd onthou. Wanneer beeste in goed ontwerpte geriewe hanteer word, sal hulle baie rustiger en kalmer wees. Goed ontwerpte geriewe vir veeartsondersoeke, sorteer en uitlaai van beeste, sal hantering meer doeltreffend maak, en spanning en beserings aan mens en dier voorkom. Elke veeboer se behoeftes is anders, daarom ontwerp Vision Cattlequip al hulle geriewe rondom die boer se behoefte en rig dit stewig en netjies op.

Boere wat al oorweeg het om beesboerdery te staak as gevolg van swak geriewe en arbeidsprobleme, hanteer nou ’n trop beeste in minder as die helfte van die tyd as voorheen, nadat hulle geriewe deur Vision Cattlequip ontwerp en opgerig is. Laat Vision Cattlequip jou veeboerdery vir jou hervorm. Kontak Ryno Keeve by 078-460-3322 oor hanteringsgeriewe vir enige soort diere. Finansiering kan ook deur BKB gereël word.

ProAgri 134 – Maart / March 2011

21


22

ProAgri 134 – Maart / March 2011

www.proagri.co.za


Lekkerlees

Agrikyk & Lees The Abundant Herds By Marguerite Poland, David Hammond-Tooke and Leigh Voigt Published by: Fernwood Press he commercial value of Nguni cattle has escalated dramatically over the last few years and it was nevitable that research and writings on the Nguni would increase. The beautiful coffee table book, The abundant herds, comes as a surprise, though. It is not so much a book on cattle as a book on the language and poetry of people, words based on and inspired by the colours and textures in nature – thus the subtitle: A celebration of the Nguni cattle of the Zulu people. As stated in the blurb, the book gives an overview of the history of Nguni cattle and their economic, social, political and spiritual importance to the Zulu people. “The fine and subtle nuance of the Zulu language captures the delicate interrelationship between cattle terminology and the natural world, where the colour and pattern of a hide, or the shape of a pair of horns, is metaphorically linked to images in nature. “While these terms form the core of a fascinating system of classification, cattle imagery also abounds in Zulu oral history and poetry; in tales, proverbs, riddles and the ‘praises’ of individual beasts…” Particularly impressive is the beautiful artwork of Leigh Voigt. Oil and watercolour paintings, as well as sepia drawings, are used to demonstrate the similarity between the names given to particular patterns and colours of hides and the animals or plants it is named after. This book would appeal to the serious Nguni breeder as well as anyone intrigued by the differing patterns on Nguni cattle. Linguists and students of the Zulu culture and heritage would also find the book interesting and informative. In the end it is a book for the art lover. The Abundant Herds are available from Kejafa at the very special price of R350 (excluding postal fees) for all ProAgri readers. Order at kejafa@mweb.co.za or 011-025-4388. One lucky friend to our Facebook page can also win a copy of this precious book. Just follow these instructions:

T

Win!! The Abundant Herds By clicking once on our Facebook page! All you have to do is: Visit facebook.com/proagri and click on “like”! The winner will be announced on 15 April 2011 and informed via Facebook www.proagri.co.za

Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: Koringhandleiding op pad Die LNR-Kleingraaninstituut se 2011produksiehandleidings gaan binnekort beskikbaar wees. Dit volg kort op die hakke van die nuus dat die instituut nie minder nie as ses nuwe koringkultivars bekend gestel het: http://bit.ly/koringhandleiding Voerkrale voer goeie voer Dr Dave Hutcheson, ’n voerkraaldeskundige van Texas, VSA het op die 2011 beesboerkonferensie van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging gesê Suid-Afrika se beesbedryf het hom geweldig beïndruk: http://bit.ly/voerkrale Boere gaan nie grond prysgee Die ANC moet self sy verkiesingsbeloftes nakom en dit nie afwentel na landbouwerkgewers nie, sê TLU SA. Die landbou-organisasie het in sy voorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee: http://bit.ly/grond Bek en klou nie grens se skuld Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het teruggekrabbel teen beskuldigings dat die gebrekkige grensdraad tussen Mosambiek en Suid-Afrika tot die uitbreek van bek- en klouseer in Kwazulu-Natal gelei het: http://bit.ly/bekenklou Brande bly ’n gevaar vir die Wes-Kaap Graham Barlow van Working on Fire in die Wes-Kaap het gewaarsku dat die brandseisoen nog lank nie verby is nie. Hy sê alle grondspanne en vliegtuie sal op volle gereedheidsgrondslag bly: http://bit.ly/kaapbrande Saampraat oor toltariewe: liewer laat as nooit Instansies wat bekommerd is oor die uitwerking van die voorgestelde toltariewe op Gauteng se hoofweë, het ’n ekonoom aangestel om die saak te ondersoek: http://bit.ly/toltariewe

Wen op die Werf! Wen ’n naweek vir twee by die luukse Farm Inn net buite Pretoria. Wildrit ingesluit. Besoek www.proagri.co.za en antwoord die eenvoudige wedstrydvraag. Sluitingsdatum

3 Junie 2011. ProAgri 134 – Maart / March 2011

23


DIAMOND IMPLEMENTS IDEALE MENGER

KERWER, MENGER, VOERDER

Die Voermengerspesialiste Beskikbaar van 4m3 tot 24m3

Nuut!

Besparing van 40% op mengkoste. Skakel ons vir meer inligting

Nuut! Die perfekte konsentraatmenger. Ideaal vir konsentrate, skaap-, vark- en pluimvee-rantsoene. Meng tot 1500 kg.

VIR MEER INLIGTING, KONTAK: DIAMOND IMPLEMENTS, PO Box 1004, Delmas, 2210, Mpumalanga, Republiek van Suid-Afrika Tel (+27)13-665-1032, Fax (+27)13-665-1436

epos: diamond@netactive.co.za

WAAR TEGNOLOGIE EN NATUUR EEN WORD

24

ProAgri 134 – Maart / March 2011

www.proagri.co.za


Lekkerlees

SENTER 360

Passievol oor spilpunte! By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewe kan maak.

Baas bo baas

agrilag

’n Man kom met sy veertien kinders by die skouterrein se hek aan. “Ek wonder of ek genoeg geld sal hê om vir ons almal toegang te betaal. Ons wil graag na die kampioenbul gaan kyk.”

STRUKTURELE STABILITEIT SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontse end sterk is en buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied. Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel masjiene), toring stu e, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvas gheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook op ons beheerpaneel reeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillende vlakke van outoma sering en kommunikasie opgradeer word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ’n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiing in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gra s opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas-kombinasie aangedryf word. * Termes en voorwaardes geld Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

“Meneer,” antwoord die hekwagter, “jy en deur Dom Boer jou hele gesin kan gratis ingaan. Ek wil graag hê die bul moet ’n slaggie na jou kyk.” Kille logika Die meubelwinkel lewer die nuwe yskas wat Vannermerwe gekoop het af. “Waar moet ons hom sit?” vra die vragmotorbestuurder. “Natuurlik daar onder die Cremora,” antwoord Vannermerwe. ’n Milde gewer Die dominee kollekteer vir sending, maar die boer wil niks gee nie. “Kyk, Dominee, ek gee graag vir die weduwees en wese, vir die kerkboufonds, die orrelfonds en barmhartigheid, maar ek gee nie vir die sending nie.” “Hoe dan so, Broer,” wil die dominee weet. “Ek gee nie vir mense wat skole afbrand, winkels plunder, toi-toi en ‘skiet die boer’ sing nie, Dominee.” Die predikant is met leë hande daar weg. ’n Paar dae later bel die boer hom: “Dominee, ek het weer oor die saak gedink. Ek skenk elf skape vir sending.” “Dis ’n pragtige gebaar van welwillendheid. Wanneer kan ons dit kom haal?” Boer: “Nee, sit dit maar net deur die boeke, Dominee. Hulle het die skape reeds verlede nag kom haal.” Goeie raad Die ou tannie bel die stadsraadslid om te kla oor twee honde wat luidrugtig besig is om in die straat voor haar huis te vry. “Weet u hoe laat dit is?” vra hy. “Ja natuurlik. Dis kwart voor twaalf.” “Nou maar gaan sê vir die reun daar is telefoon vir hom.” “Dink jy dit sal hulle laat ophou?” vra die tannie ongelowig. “Wel,” antwoord die stadsraadslid, “dit het met my gewerk.” Nonsensies Wat noem jy ’n groot, gespierde, harige, moerige stoeier met watteproppe in sy ore? – Net wat jy wil. Hy kan jou nie hoor nie. Wat kan ’n monster doen wat jy nie kan doen nie? – Tot 35 op sy vingers tel. Het jy gehoor van die inbreker wat in die betonmenger geval het” – Hy is nou ’n geharde misdadiger. Het jy gehoor Heinie moes twee kaartjies vir die dieretuin koop? – Een om in te gaan en een om weer uit te kom. Heinie het homself glo beseer toe hy blare gehark het. – Hy het uit die boom geval.

www.proagri.co.za

ProAgri 134 – Maart / March 2011

25


AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

AgriGids

Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 stefan@agritrader.co.za Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2730 marlien@smartpublishing.co.za

26

ProAgri 134 - Maart / March 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 134

- M aar t / M ar c h 2 0 1 1

27


AgriGids

Stuur ’n teksboodskap per selfoon na 34010 en begin die boodskap met wwba, gevolg deur ProAgri en vertel dan vir ons waar u hierdie advertensie gesien het/waar u woon en staan ’n kans om ‘n R100-geskenkbewys vir enige aankope in ons Woord en Klankwinkel te wen. Die koste van die boodskap is R2.

28

ProAgri 134 - Maart / March 2011

www.proagri.co.za


AgriGids GeneGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 134 - M aar t / M ar c h 2 0 1 1

29


AgriGids GeneiGids 30

ProAgri 134 - Maart / March 2011

www.proagri.co.za


GeneiGids

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 134 - Maart / March 2011 31


Veilings 32

ProAgri 134 - Maart / March 2011

www.proagri.co.za


Rasnuus

Tuli-beeste bied 3 paaie wenpaal toe Oorvloed van heerlike, smaaklike, gesonde, vleis en winsgewende boerdery sonder sukkel of probleme – dis wat Tuli-beesboerdery beteken. Boonop kan die vleisboer kies op watter manier hy met Tuli’svooruit wil boer:

’n

Suiwer Tuli Dit is lekker en maklik om met Tuli’s te boer. Hulle verg so min moeite en is so selfversorgend dat ’n mens amper kan sê hulle boer self, sê oom Dapper de Wet van Rouxville. Oom Stephan en Carmen Welz was nie regtig van plan om met beeste te boer nie. Hulle het oorspronklik bloot beeste gesoek om die ruie gras op hulle plaas by Tonteldoos, tussen Stofberg en Dullstroom, te vreet om die brandgevaar te verminder. Die vereiste was dat dit beeste moes wees wat die minimum aandag en arbeid verg, want hulle kon die plaas net naweke besoek. Die Tuli was die perfekte oplossing. Hulle word nie heeldag siek nie, hoef nie gevoer en gepamperlang te word nie en kalf maklik en sonder probleme. Tuli’s het ook ’n mooi temperament wat dit ’n plesier maak om tussen die beeste tyd te spandeer en as gevolg hiervan spandeer die Welze nou baie meer tyd op die plaas. Tuli’s aard ewe goed oral in ons land en sorg vir hulself. Bulle van Great Karoo Tuli’s by Murraysburg het in Mei en Junie op die blote veld ’n gemiddelde daaglikse toename van 1,37 kg behaal – sonder enige aanvullende voeding, lek of selfs sout! Die bees hanteer ook maklik en daarvan getuig Dawie Pieterse van Lady Brand en Koot en Jan van der Walt van Die Rits Tuli-stoet naby Venterstad. Hulle almal hanteer groot troppe bees

met net een arbeider. ’n Tuli se vel voel so glad en sag soos ’n worshond s’n,” vertel Dawie Pieterse en verklaar dat dit ’n rede is hoekom bosluise, en gevolglike bosluisgedraagde siektes, nie eintlik vat aan ’n Tuli kry nie. Nogtans verdra hulle die koue van dié kille deel van die Vrystaat baie maklik. Die poenskopfaktor is sterk oorerflik by Tuli-beeste, wat horingknippery grootliks uitskakel om die boer se sake nog makliker te maak. Suiwer Tuli-beeste gee jou dus min moeite, maar baie wins en baie plesier. Maar as jy regtig wil geld maak, benut jy die unieke kruisteeltvoordele wat Tuli jou bied. Basterkrag ’n Baie groot voordeel van Tuli-beeste is dat hulle ’n klas van hulle eie is: Hulle word nie as bos taurus of bos indicus geklassifiseer nie maar val in die groep bos taurus africanus, sê Alwyn Marx van Alpha Omega Stoet naby Burgersdorp, daarom het jy die voordeel van basterkrag in kruisteelt met albei groepe en ook met kruisings daarvan soos Brafords of Simbra’s. In navorsing wat oor ’n tydperk van 30 jaar in die VSA gedoen is, het die Tuli baie goeie resultate gelewer in kruisteling met Europese en Britse rasse terwyl kruisteelt in Australië met bos indicus beeste net so suksesvol was. Hier by ons het Dave Mullins van Grahamstad en sy pa, Arthur, Ngunitipe beeste se speengewig met 32 kg per kalf opgestoot deur Tuli-bulle te gebruik. Tuli basterkrag in kruisings met ander sanga beeste is dus net so lonend.

Dries Wiese van Loxton, wat eintlik uitsluitlik in skaapwêreld is, het verskillende soorte bulle op 120 koeie van verskillende soorte probeer en hy verklaar dat Tuli loshande die beste resultate gelewer het. Tuli as moederlyn Met ’n Tuli as moederlyn kan jy benewens die genetiese pluspunte ook dus baat by die volgende eienskappe wat die ras jou bied: • Vrugbaarheid: Alwyn het byvoorbeeld in die sewe jaar wat hy met Tuli’s boer nog nie ’n konsepsie van laer as 95% oor ’n drie maande dekseisoen gehad nie. Hulle het ’n kort interkalfperiode en slaan nie sommer oor nie. • Maklike kalwing: Met hulle effense hangkruise kalf selfs Tuli-verse sonder probleme. Dit is uiters selde nodig om ’n Tuli se kalf uit te trek. Mooi uiers en goeie melkproduksie sorg dat die kalf vinnig en gesond groei. • Goeie moederseienskappe: ’n Tuli sorg baie goed vir haar kalf en verdedig hom doeltreffend teen roofdiere. • Maklike hantering: Met die kalm geaardheid en maklike hantering van Tuli-koeie en -verse is jou hele boerdery ’n winsgewende plesier.

Laat Tuli ook jou beesboerdery oor die wenstreep dra. Praat vandag met die Tuli-telersgenootskap by 051-4100985. Besoek ook www.tulicattle.co.za. Tuli-koeie kalf maklik, hulle het goeie moederseienskappe, mooi uiers met genoeg melk om elke jaar ’n gesonde sterk kalf te speen

Tuli-koeie kalf maklik, hulle het goeie moederseienskappe, mooi uiers en baie melk om hulle kalwers vinnig en gesond groot te maak. www.proagri.co.za

ProAgri 134 - Maart / March 2011

33


Rasnuus

Boer vooruit met Beefmasterkoeie Boere wat in die voordele van hierdie teelbeleid wil deel, is welkom om op Woensdag 13 April die volgende produksieveiling van Nooitverwag Beefmasters by te woon. Daar gaan onder meer 30 geregistreerde Beefmasterbulle en ’n groot verskeidenheid geregistreerde koeie en kalwers, sowel as kommersiële verse en koeie met kalwers, aangebied word. Met genetika soos hierdie, is dit nie ’n wonder dat Pieter van Deventer se kudde uitblink in die LNR se Vleisbeesverbeteringskema nie! yk, in boerdery moet jy vooruit gaan en aanhou groei, anders stagneer jy en sak terug.” Aan die woord is Jannie Myburg, ’n jong kommersiële boer van die Ermeloomgewing. Die groot verandering na vooruitgang in sy boerdery het gekom toe hy in 2005 net Beefmasterbulle begin gebruik het. Hy het begin om die rooi vervangingsverse terug te hou en sê sy kudde lyk nou baie mooi. Die grootste voordeel was egter die verbetering in speengewig en die toename in vrugbaarheid. So ’n paar weke gelede het hulle vrugbaarheidstoetse gedoen en sy verse toon 82% dragtigheid. “Ons het vir twee jaar lank kunsmatige inseminasie toegepas, maar dit het net te intensief geraak. Jy moet weet ons is maar gewone boere – ons hou daarvan om die bulle by die koeie te laat loop.” Jannie praat ook oor Ermelo se taai winters en hy voorspel dat die winter wat voorlê lank en moeilik gaan wees. Dit het in Februarie en die eerste helfte van Maart omtrent niks gereën in hulle omgewing aan die westekant van Ermelo nie en die mielies verdroog op die land. Tog is hy vol vertroue dat sy beeste die winter goed gaan oorleef met die hooi wat hy van Oulandsgras en Smutsvinger maak, asook die mieliestoppels op die land. Die plan is wel om sy beesgetalle voor die winter te verminder. Gelukkig is dit nie ’n probleem om speenkalwers te verkoop nie. Die kalwers word regstreeks van die ma af aan ’n voerkraal in die omgewing verkoop, wat ’n premie betaal juis omdat dit Beefmasters is! Jannie sê: “Ons hou tussendeur aan

“K

met kuddeverbetering, maar as ek al die doelwitte bereik het met vrugbaarheid, ek weet nie, dan sal ons seker begin opwerk na stoet…” Hy hoef nie ver te kyk om ’n goeie voorbeeld van ’n suksesvolle Beefmasterstoet te kry nie. Sy buurman is die baas van Nooitverwag Beefmasters… Vrugbaarheid lei tot wins Kerneels Janse van Rensburg van die plaas De Vereeniging het in 1993 sy kudde aangebied vir keuring in die opgraderingstelsel. Hy sê: “Ek het reeds in die eerste jaar nadat ek Beefmasterbulle gebruik het, ’n verhoging van 20 kg per speenkalf gekry. Vandag is dit al 40 kg hoër as in 1993!” Kerneels het dadelik die sespuntplan wat deur die rasvader, Tom Lasater, in die veertigerjare van die vorige eeu vasgelê is, toegepas, met groot klem op vrugbaarheid as eerste beginsel. Die ander ekonomiese eienskappe waarvoor geselekteer word is temperament, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie. Hy sê daar was dadelik makliker geboortes en verhoogde gewigstoename in sy kudde. Vandag het hy een van die vrugbaarste Beefmasterkuddes in die land. “My koeie is vir my die maatstaf van doeltreffendheid.” Die Nooitverwag-stoet het tans van die meeste Elite- (12), Superieur- (5) en Voortreflike (18) -koeie in die ras. Sy teeldoelwitte is om vir die stoetbedryf, sowel as die kommersiële beesbedryf, goeie, bekostigbare, aangepaste bulle en vroulike diere te teel. Dit beteken vrugbare vroulike diere met goeie melkproduksie en moedereienskappe wat hoë gehalte speenkalwers teel.

Van die ooste, na die weste In die Lichtenburg-omgewing het Pieter van Deventer ook al 17 jaar gelede sy oplossing in Beefmasters gevind. Hy is ’n sakeman wat net deeltyds boer en moes ’n ras kies wat by sy omstandighede inpas en ekstensief steeds kan presteer. In sy teelbeleid hou hy ook streng by die ses ekonomiese seleksiebeginsels. Hy hou elke jaar ’n groot persentasie verse terug en sit hulle op ongeveer 14 maande by die bul. “Dit stel my in staat om streng te selekteer vir vrugbaarheid deur elke koei of vers wat nie beset raak nie, uit te skot.” Die dekseisoen is 75 dae vir koeie en 45 dae vir verse en na afloop van die 2010-seisoen was die gemiddelde tussenkalfperiode 367 dae. Pieter sê: “Ek ondersteun die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema omdat dit so nou aansluit by die Beefmasterbeginsel van seleksie vir ekonomies belangrike eienskappe.” Die Hybrid-kudde was die afgelope ses jaar ’n finalis in die LNR se Kudde van die Jaar-toekennings in die Noordwes-provinsie en was die wenner vir die streek in 2010. Een van sy koeie is ook in 2008 aangewys as die Farmer’s Weekly Beste Produserende Koei. Op 20 April bied Hybrid en Janzel saam met gasverkopers ’n veiling op die Lichtenburgskouterrein aan. Daar sal 25 veldaangepaste bulle en 60 koeie aangebied word. Miskien is die beste getuigskrif vir die Beefmaster in Pieter se eie woorde: “Elke rit plaas toe bly ’n plesier.” Vir meer inligting oor Beefmaster se presterende vroulike diere, skakel Helga Prinsloo by die Beefmastergenootskap by 086-111-3144 of 083-417-7047.

Die Nooitverwag Beefmasterstoet se koeie is vir die teler, Kerneels Janse van Rensburg, sy “maatstaf van sukses”. 34

ProAgri 134 - Maart / March 2011

www.proagri.co.za


Veilings

Hybrid & Janzel BEEFMASTERS

g (EN GASVERKOPERS) Produksieveilin 20 April 2011 om 11:00 te Lichtenburg Skougronde

Aanbod: 25 Veldaangepaste bulle asook 60 vroulike diere LOT 14: AHA 07-443

Ons het besluit om ons ouer bulle te bemark, daarom hou ons nou in April veiling. • Bulle word op die veld met minder kragvoer afgerond. • Bulle kan voor die volgende dekseisoen op u plaas aanpas en sal klaar gewissel wees.

Navrae: • Jan du Toit 083-627-4402 • Pieter van Deventer 018-632-6061 • Hans Coetzee 083-259-2503 www.proagri.co.za

ProAgri 134 - Maart / March 2011

35


Alles onder een dak! Staal

Hout

L E E S R E P E W U N M E H E L BETH Omheining Boumateriaal


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.