ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
April 2011 Nr / No 135 ISSN 1042–1558
Alfa Kuikens: Daar’s geld in hoenders
Spesiaal! Ondersteun ons mense by Nampo: Kry jou kaart binne
Valtrac se
Bronto E-500 pers puik voer uit soja | Veilings | Hulpbronbestuur | Toerustingkeuse | Wen op die werf
AgriTrader
In hierdie uitgawe Voorblad
Redakteursbrief aar is ’n afwagting in die lug, so ’n bruising in die boerebloed, want een van die dae is dit weer tyd vir kyk en kuier by Nampo. ProAgri het vir hierdie spesiale Nampo-uitgawe by ons gereelde adverteerders aange-klop om uit te vind wat die boere te wagte kan wees, want ons weet uit ondervinding dat ’n boer daarvan hou om eers sy huiswerk te doen voor hy sy beursie uithaal. Om u nog verder te help om u besoek aan Nampo te beplan, het ons ’n terreinplan in die middel van die tydskrif gesit, wat u kan gebruik om al die uitstallers wat in hierdie uitgawe adverteer, op die Nampo-terrein te vind. Die onverwagse afsterwe van een van ons adverteerders, mnr Koos Vermeulen van Vermillian Verf, was vir ons ’n groot skok. Ons bid sy familie, vriende en kollegas sterkte toe. Ons is oortuig dat Vermillian sal voortgaan om die gehalte produkte te lewer waaroor ons onder meer in hierdie uitgawe skryf. Boere kan gerus kennis neem van die unieke waterdigtingsmateriaal wat Vermillian ontwikkel het. Die waarde van vennootskappe in die inligtingsbedryf kan nie onderskat word nie. Daarom het ProAgri ook hande gevat met die organiseerders van die allFresh!konferensie wat in Oktober by Sun City plaasvind. Ons vertrou ons gaan deur hierdie verbintenis ook waardevolle inligting oor veral groente- en vrugteboerdery bekom wat ons u kan deurgee. Volg gerus die skakel op ProAgri se webwerf (www.proagri.co.za) om meer oor allFresh! uit te vind.
Met Valtrac se vernuftige Bronto E500deurpersmasjien kan enige boer nou sojabone in ’n japtrap in voedsame, heerlike veevoer omskep. Lees meer op bladsy 7.
D
Geniet hierdie heerlike propvol uitgawe en ons sien mekaar by Nampo!
Inhoudsopgawe / Contents
9
11
18
Georganiseerde landbou 27 TLU SA is daar waar dit saak maak Veeboerdery 29 Daar’s geld in hoenders 30 Rolo maak kleingeld van bale uitry 31 Eet lekker, bespaar geld, verdien geld
24
Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
www.proagri.co.za
Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Bemarkers Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Minnette van Eeden > 079-515-8493 minnette@smartpublishing.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste
Rubrieke 32 AgriKyk & Lees 32 AgriLag 33 Werfnuus Handelsnuus 34 AgriGids 38 GeneGids 40 Veilings
Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
22 Ondersteun ons mense by Nampo: Terreinplan Gewasproduksie 24 Wat beteken insekdoder groepkodes?
Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za
Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Meganisasie 9 Laers van die hoogste gehalte
Hulpbronbestuur 12 Kyk na ons grond 14 Pas op! Inkbessie kan jou vee afskryf 16 Bewaar water sonder sukkel 18 Maak water goedkoop warm 20 Maak jou water veilig
MASS MEDIA SPECIALISTS
Die ProAgri-span
Voorbladartikel 7 Druk meer uit voer met deurpersing
Instandhouding 11 Boender kieme uit met waterdigting
SMARTPUBLISHING
Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za
27
29
Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za
ProAgri 135 – April 2011
5
Meganisasie
Druk meer uit voer met deurpersing deurgepersde materiaal met die buitelug in aanraking kom, plof dit oop tot bros, krakerige pilletjies. Met hierdie enkele, eenvoudige proses word die volgende bereik: maal, sterilisasie, hittebehandeling, volumevermeerdering, brosmaking en stabilisering. Deurpersing is ook die proses wat gebruik word om kaaskrulle te maak en net so lekker as wat kaaskrulle vir kinders is, so is deurgepersde soja vir beeste, skape, varke en perde. Dit alles word moontlik gemaak deur die Bronto E-500-deurperser wat Valtrac binne bereik van elke boer plaas. Met hierdie vernuftige masjien kan jy rantsoene vir vee, troeteldiere of pluimvee maak, en volvetsoja, kanola en sonneblom deurpers om ’n produk met ’n hoë verteerbaarheid en vry van skadelike mikro-organismes en ander nadelige stowwe te maak. Sojabone, gort, rog, mielies, koring, ertjies, kanola en sonneblomsaad kan met die deurperser verwerk word. Die eindproduk is smaaklik, maklik koubaar, maklik en volledig verteerbaar, voedsaam en sonder enige skadelike stowwe. Vir die boer is dit sinvol omdat dit hom die volgende bied: Magdom voedingswaarde lê in elke sojaboon opgesluit, maar ongelukkig kon die veeboer dit tot dusver nie vir sy diere benut voordat die verwerker daarmee klaar is nie. Goeie nuus vir boere is dat Valtrac, die verskaffer wat die boer verstaan, nou vir die boer die geleentheid bied om self sy sojabone (of ander bone of graan) deur te pers sodat dit geskik vir veevoeding is. In die proses word die nie-voedsame faktore in soja geneutraliseer, maar die proteïne, vitamine en aminosure wat so noodsaaklik vir goeie gesondheid is, behou. Sojabone met ’n voggehalte van 10 tot 14% word as grondstof gebruik. Deurpersing (extrusion) is die proses waarvolgens sojabone in een proses fyngemaal word en dan deur ’n sterk metaalbuis onder geweldige hoë druk (40 atmosfeer) en teen ’n hoë temperatuur (120 tot 150 grade C) deur ’n wurmaangedrewe element deur ’n klein opening gepers word. Sodra die
’n
Proewe het bewys dat deurgepersde voer kan help om die gemiddelde daaglikse gewigstoename van vee en pluimvee met 50 tot 60% op te skuif en melkproduksie met 1,5 tot 1,7 keer. Deurpersing met Valtrac se Bronto E-500 is ’n verstandige opsie, want: • • • • •
Dit verg ’n lae kapitale uitleg. Dit gebruik min energie. Dit neem min ruimte in beslag. Dis maklik om te doen. Dit het ’n verskeidenheid aanwendings. • Dit lewer eindprodukte van ’n hoogstaande gehalte. Valtrac is reeds wyd bekend as die maatskappy wat die boer se probleme verstaan en immer beter oplossings bied. Praat met Valtrac se behulpsame mense by 056-817-7308 vir toegewyde diens en die hoogste kundigheid enige plek in die land. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se Valtratrekkers en ander werktuie wat die boer se lewe lekker en lonend maak
• Voer van ’n hoë gehalte. • Bespaar 40% graan in die voer van vee. • Bespaar 30% van die energie by soja, kanola en sonneblom teenoor oliepersing. • Benut beskikbare voerprodukte doeltreffend. • Raak ontslae van mikroorganismes in substandaard grondstowwe. • Omdat dit bros is, neem dit maklik vloeistowwe soos melasse op.
Valtrac se Bronto E-500-deurpersmasjien omskep sojabone in ’n japtrap tot smaaklike, gesonde, veilige veevoerpille. www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
7
Dion-kuilvoerkerwer F41 en F41KP
Macdon A30D-sleepmodel snyerkneuser
Koppe beskikbaar om op Dion-kuilvoerkerwer te pas
Tubeline-baaltoedraaier
TL5500AX2-ronde en vierkantige baaltoedraaier
Macdon M150-selfaangedrewe platsnyer met MacDon D60D-tafel
Brillion-fynsaadplanter SSP12
Kom besoek ons by Nampo Standplaas 94: 17-20 Mei 2011
MacDon FD70 Flexdraper Stropertafel
Provitis - wingerdtoerusting
Macdon D60-stropertafel
Pickett-bone-oesmasjien
“Pre Prunner”
Macdon R80-sleepmodel-tolsnyer
Skakel Jurie Swart 021-907-8025 / 083-375-8840 Louis van der Merwe 021-907-8000 / 072-626-8409 Shaun Fourie 021-907-8021 / 082-803-1014
One Step - Ahead
One Step
“Trimmer”
Meganisasie
Bearings International:
Laers van die hoogste gehalte earings International, met die leuse “Your Solutions Partner”, is een van die leiers in die Suid-Afrikaanse landboumark met die voorsiening van laers en transmissieprodukte. Bearings International streef daarna om deur sy 53 takke landswyd, toegevoegde waarde aan die eindverbruiker te bring. Toegevoegde waarde soos ʼn noodlyn wat 24/7 beman word, personeel met tegniese vaardighede, probleemoplossing en opleiding, word verskaf tesame met produkte van internasionale gehalte en handelsmerke, onder meer FAG, INA, Koyo, KML, Good Year, Rexnord, Loctite en Bauer, om net ʼn
B
Praat met Basie by 083-306-4059 om te hoor waar die verskaffer naaste aan jou is of besoek www.bearings.co.za vir ’n produklys.
www.proagri.co.za
paar te noem. Kom besoek gerus ons uitstalling by die Nampo-skou waar ons gespesialiseerde personeel u meer kan inlig oor ons wye verskeidenheid van produkte. Nuut op ons rakke is die Jonnesway-gereedskap-reeks en wat ook by Nampo besigtig kan word. Bearings International streef daarna om ʼn vennoot in u suksesvolle besigheid te wees.
Bearings International hou die landbou aan die rol.
ProAgri 135 – April 2011
9
Instandhouding
Vermillian Verf:
Boender kieme uit met waterdigting soos met gewone waterdigtingsmiddels aan te wend; nie net in digting nie. As Vermillian varkhokke en ander dierehuisvesting praat van dig, dan bedoel soos melkerye, hoenderhuise en stalle hulle honderd persent nie, maar ook in verpakking- en verdig, sê John. werkingsaanlegte en slagterye waar honBoonop bevat Vermilderd persent higiëne ’n vereiste is, en op lian se ontsmettende sink, teel en betondakke waar dit lek tot seëlaar ’n antiseptiese in die verlede boender. middel wat sorg dat die Vermillian se waterdigting is vloer of muur waarop dit rekbaarder en skeurtraer as akrielaangebring word, volwaterverdigting, sodat dit uitsetting en kome kiemvry is. inkrimping baie beter weerstaan. Dit, Wanneer varkhokke wat saam met die feit dat dit nie bloot met Vermillian se wateropplak soos ander produkte nie, maar in digting waterdig gemaak die behandelde oppervlak insmelt en deel is, skoongespuit word, bly daarvan word, verseker dat boere nou daar geen kieme, baknie meer aanhoudend met waterdigting terieë of reuke oor nie. hoef te sukkel nie – Vermillian doen dit Vermillian se ontsmettende seëlaar dring elke krakie en Varke verkies om die eerste keer reg. Vermillian is immers barsie in elke varkhokmuur en -vloer doeltreffend skoon te wees en is die verf wat kan dink. binne en smelt daarmee saam om dit absoluut honderd gelukkiger as ’n mens Maar waterdigting is nie al wat persent dig te verseël. Dit verseker dat geen kieme hulle skoon omstandigVermillian jou bied nie. Dié vindingryke daar kan skuil om die winsgewendheid van die hede bied om in te leef. hoëtegnologiemaatskappy is die plek om boerdery te benadeel nie. Vermillian se waterdigDit, saam met die afweaan te klop vir al jou verfbehoeftes. tingsmiddels werk ewe doeltreffend in alle dierebehuisigheid van kieme en Vermillian bied nie net die regte sing, slaghuise, verwerkingsaanlegte en op sink- en bakterieë wat siektes produkte nie, maar ook die regte betondakke. veroorsaak, bring mee dat raad. beduidend minder varke vrek en dit stoot ook die Skakel Vermillian Verf by 012-335-0330 Absolute voorvereiste vir winsspeengewig op – wat alles meer geld in of 012-546-3350 asook 083-697-6798 of gewende varkboerdery is honderd die boer se sak beteken. 082-491-8272. Besoek ook enige van persent higiëne. So sê John Westerink By Hunter’s Rise-varkboerdery het die Vermillian se winkels of die webwerf, van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite produksieverbetering wat Vermillian se www.vermillianpaint.com. Lees in verlede Viljoenskroon in die Vrystaat. maand se ProAgri meer oor waterdigting meegebring het maklik die Daarom tref die boerdery alle moontwaterdigting en hoe Vermillian roes troef koste van die verf betaal en nou is dit al met Verust. Volgende keer vertel ProAgri like maatreëls om biosekuriteit te die pad wins met skoon, tevrede, meer van temperatuurbeheer met handhaaf. Werknemers stort voor hulle gelukkige, gesonde varke. behulp van Vermillian. die varkhokke betree, dra spesiale klere Dis maklik om Vermillian se wateren die varkhokke word met spesiale skuimseep en ’n hoëdrukspuit skoongemaak en ontsmet. Maar beton is altyd poreus. Diep in die krakies en barsies van die betonvloere en gepleisterde steenmure skuil steeds hardnekkige bakterieë en virusse wat die siekterisiko van ’n boerdery gevaarlik verhoog. Gelukkig is daar ’n doeltreffende oplossing vir die probleem, vertel John: Vermillian Verf se ontsmettende seëlaar dring diep in die vloere en mure in en verseël dit honderd persent sodat daar geen inkomplek vir selfs die skelmste kiem of selfs reuk oorbly nie. Hierdie unieke waterdigtingsmiddel werk met nanotegnologie, wat beteken dat die deeltjies waaruit dit bestaan so klein is dat dit tussen die betonmolekules indring en letterlik daarmee verbind. Dit kan dus nie lostrek soos gewone seëlmiddels nie. As jy gelukkige, tevrede, gesonde varke wil grootmaak, is higiëne baie belangrik. Omdat die deeltjies soveel kleiner as Daarom het Hunter’s Rise-varkboerdery naby Viljoenskroon hulle varkhokke se mure watermolekules is, kan water wat daarop en vloere met Vermillian Verf se ontsmettende seëlaar behandel sodat geen kiem, lê glad nie uiteindelik daardeur syfer bakterie of reuk daarin skuilplek kan vind nie. Dit werk!
’n
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
11
Hulpbronbestuur
Kyk na ons grond (2) Hierdie is die tweede artikel in die reeks oor grond en grondbewerking, opgestel deur JP le Roux. n die vorige artikel het ons gekyk na die rol wat die grondsoort speel in die keuse van grondbewerking. In hierdie artikel kyk ons na faktore soos die diepte van bewerking, die invloed van langtermynproewe op aanbevelings, asook die koste van verskillende bewerkings.
I
Diepte van bewerking Die diepte van grondbewerking op verskillende gronde staan regstreeks in verband met die grondsoort en kleipersentasie daarvan. Indien nie ag gegee word op die verband nie of verkeerde werktuie aangewend word, kan opbrengsverliese gely word. Die skrywer van hierdie artikel en kollegas het verskeie dieptebewerkingsproewe uitgevoer op twee grondsoorte, naamlik ’n sandgrond van 10 tot 15% klei en ’n sandleem van 15 tot 20% klei. Verskillende klimaatstoestande is gedurende die vier seisoene ondervind. Tog het die resultate duidelike tendense getoon. Uit die proef-werk het twee feite duidelik na vore gekom:
• Elke grondsoort het ’n optimum bewerkingsdiepte • Te aggresiewe bewerkings kan net so nadelig wees as te vlak bewerkings. Die vier jaar se gemiddelde resultate word soos volg opgesom. • Vir die grondgroep waarvan die kleipersentasie tussen 10 en 15% wissel, was die gemiddelde opbrengste in die algemeen ± 0,45 ton/ha beter as by die hoër kleipersentasie grond. Dit dui op ’n beter vogberging- en vogleweringvermoë van dié gronde vir benutting deur die oes in kritieke fases. • Soos die kleipersentasie van die gronde daal, so vermeerder die behoefte aan ’n dieper bewerking om maksimum opbrengste te bereik. Die resultaat was baie duidelik deurdat by die 10 – 15% klei die optimum diepte van bewerking en opbrengs eers tussen 350 – 400 mm bereik word, terwyl die ooreenstemmende optimum op die 15 – 20% klei reeds
op 275 – 325 mm diepte bereik word. • Baie aggressiewe bewerkings soos wat verkry is met die skeurtand toegerus met ’n groot vlerkskaar (deltaskaar) het opbrengste laat daal, veral op die grond met ’n laer kleipersentasie. ’n Moontlike verklaring is die volgende: Die plantontwikkeling op die persele is baie gestimuleer en het hoë plante met groot blaaroppervlaktes en groot wortelstelsels ontwikkel, wat baie rojaal vog verbruik het. Tydens die kritieke fase van bestuiwing en pitvul en ’n gesamentlike afname in reënval, was die persele se vogreserwe gevolglik reeds so uitgeput dat stremmings ontstaan het wat in die opbrengste weerspieël word. • Dieselfde tendens is verkry met bewerkings wat dieper as die optimum uitgevoer is en waar laer of dieselfde opbrengste verkry is. Die bykomende koste wat aangegaan is om sulke aggressiewe of dieper-asoptimum bewerkings uit te voer, is vervolg op bl13
In Tabel 1 word hierdie riglyne vir u gerief saamgevat. Let veral op na die aanbevelings vir bewerkingsdiepte en ander waarskuwings oor die toepassing van sekere praktyke. *
12
Grondgroepe
Klei %
Bewerkingsmetode
Diepte (mm)
Bruin en vaal ligte sandgrond
Onder 15%
1 Somerploeg en plant 2 Spoorverkeer* (Vermy disbewerking)** (Maak seker van verdigte lae)***
250 – 300 300 – 400
Rooi, bruin en vaal ligte sanderige grond wat op normale ploegdiepte nie veel swaarder word as in die bogrond nie
15 – 20%
1 Somerploeg en -plant 2 Deklaag/Krap 3 Spoorverkeer* (Vermy disbewerking)** (Maak seker van verdigte lae)***
200 – 250 200 – 300 250 – 300
Rooi, bruin en vaal medium leemgrond wat op ploegdiepte geneig is om effens swaarder te word as in die bogrond
20 – 30%
1 2 3 4
150 150 100 200
Swaar rooi kleigrond wat swaarder word op ploegdiepte en swaarder kleigrond met geel klei in die ondergrond
30 – 45%
1 Deklaag/Krap 2 Swaar disbewerking 3 Spoorverkeer* (Vermy winterploeg in droë grond)****
150 – 200 100 – 120 200 – 250
Vaal gebroke kleigrond met potklei in die ondergrond
30 – 45%
1 Deklaag/Krap 2 Swaar disbewerking 3 Spoorverkeer* (Vermy winterploeg in droë grond)****
150 – 200 100 – 120 200 – 250
Swaar turfgrond
Meer as 45%
1 Deklaag/Krap of dis in droë grond opgevolg met plant in droë grond 2 Indien voldoende lentereëns voorkom, kan vlak lenteploeg toegepas word, opgevolg met krapbewerkings met plant. 3 Dieselfde as 1 maar saadbedding bewerk met tandwerktuie in nat grond en daarna plant. 4 Spoorverkeer* (Vermy winterploeg in droë grond)****
100 – 150
ProAgri 135 – April 2011
Deklaag/Krap Somerploeg en -plant Swaar disbewerking Spoorverkeer* (Vermy winterploeg in droë grond)****
– – – –
200 200 150 250
120 – 150
150 – 200
Spoorverkeer beteken skeurploegbewerking (“rip”) op die ry en pas beter by 1,5 meter rye. ** Hierdie gronde is geneig om baie fyn te werk en is dan onderhewig aan wind- en watererosie. Net een disbewerking gedurende die wintermaande om stronke te sny, word aanbeveel. Waar EPTC op somergeploegde gronde toegedien word, word ’n tandwerktuig aanbeveel. *** Verdigting kom veral op sanderige grond voor. Profielgate behoort gegrawe te word om verdigting te identifiseer **** Waar voldoende vog in die winter of lente teenwoordig is, kan ’n ploegbewerking op hierdie grond uitgevoer word. www.proagri.co.za
nie in verhoogde opbrengste verhaal nie en het, inteendeel, ’n laer inkomste tot gevolg gehad. Met hierdie verdeling as grondslag, is daar deur die jare verskillende grondbewerkingstelsels op hierdie grondsoorte getoets. Met die resultate wat verkry is, is grondbewerkingsriglyne vir die verskillende grondsoorte opgestel. Koste van bewerking Die keuse van ’n grondbewerkingspraktyk sal nie voltooi wees as die koste van die verskillende bewerkings nie met mekaar vergelyk is nie. In die Meganisasiegids 2011 wat deur die skrywer van hierdie artikel opgestel is, word die koste van die verskillende praktyke en verskillende trekker-kombinasies in vergelykende tabelle aangetoon. Die Meganisasiegids kan bestel word by koosleroux@absamail.co.za of skakel 082-828-9531.
Wortelontwikkeling wat belofte van ’n goeie opbrengs inhou.
Bestel! Lees resensie op bl 32
www.proagri.co.za
Aanbeveling Om ’n gevolgtrekking te maak dat een bewerking (wat reg uitgevoer word) beter as ’n ander bewerking is (wat reg uitgevoer word) is dus nie moontlik nie. Ander faktore speel ’n rol in die
keuse van ’n spesifieke grondbewerkingstelsel. ’n Paar van hierdie faktore word hier genoem. • Spesifieke voorkeur van die boer. • Die koste van ’n stelsel. • Die invloed wat die stelsel op die totale kapitale belegging in masjinerie het. Sommige stelsels benodig beslis minder trekkers. • Faktore soos grond- en winderosie kan ’n bydrae lewer tot ’n sekere keuse. • Kontoerwalle en veral die spasiëring van die walle speel ’n rol. Dit word dus aanbeveel dat, indien u op ’n sekere grondbewerkingstelsel besluit, u seker moet maak dat dit reg uitgevoer word. Die grondbewerkingsdiepte speel ’n belangrike rol in die sukses van die stelsel en spesiale aandag moet hieraan gegee word. Wanneer u dit oorweeg om na ’n ander bewerkingstelsel oor te slaan, moet u seker maak dat u dit om die regte redes doen. Ontleed alle faktore voordat u ’n besluit neem. In die volgende artikel gaan ons die grondbewerkingstelsel van geenbewerking bespreek.
Die Meganisasiegids vir 2011 is nou beskikbaar teen R200 (posgeld ingesluit) Bestel joune by koosleroux@absamail.co.za of 082-828-9531.
ProAgri 135 – April 2011
13
Hulpbronbestuur
Pas op! Inkbessie kan jou vee afskryf
ulle groei in vrugbare en onvrugbare grond, hulle plant maklik voort, het pragtige geel blomme en hulle vergiftig ons diere! Die inkbessie (Cestrum laevigatum) is een van ’n verskeidenheid indringerplante wat besig is om Suid-Afrika se natuurlike weiveld te verwoes. Die plant is nie net ’n probleem weens sy vinnige verspreiding nie, maar ook omdat sy blare en bessies giftig is en tot vrektes onder skape, bokke en beeste kan lei. Selfs kinders het al gesterf nadat hulle die groen bessies geëet het. Die meeste gevalle van inkbessievergiftiging kom in Junie en Julie voor wanneer die bessies nog groen is en weiding skaars is. Boere moet dus nou optree om die pes beveg, voor dit nog ’n seisoen se ellende kan veroorsaak. Attie en Elrina Juyn wat in die Potchefstroom-omgewing naby die Vaalrivier boer, het ’n hulpkreet na ProAgri
H
gestuur in ’n poging om boere en ander instansies bewus te maak van die gevaar. Elrina skryf: “Kromdraai en groot gedeeltes van die Koepel (ja, die bewaringsgebied) het kanker! Ons het die afgelope jaar-en-’n-half al R14 000 bestee aan die gif en diesel waarmee dit gemeng moet word.” Soos met die bestryding van die meeste indringerplante is die kern van die probleem dat nie almal saamwerk nie. Dit help nie een boer doen sy plig en die voëltjies, wat hulle nie juis aan heinings en die gif in die bessies steur nie, dra maar net weer die bessies oor die plaas se grens nie. Net so help dit ook nie dat die boere uit hulle pad gaan, maar die stadsrade en ander owerhede is laks nie. Elrina som dit so op: “Ek voel in hierdie stadium oorweldig deur die omvang van die toestand en voel ons voer ’n verlore stryd. Solank daar op buurplase (en langs die pad!) van die plante in massas blom, word die bessies soos ’n veldbrand deur voëls versprei en jy begin telkens maar net weer van voor af.” Roei die indringers uit Mnr Piet Theron van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op
Soos vele ander gevaarlike indringerplante, het die inkbessie ’n skyn van onskuld met sy pragtige geel-groen kelkblomme. In die noordelike dele van die land vorm die inkbessie ’n struik van 1 tot 2 m hoog, maar aan die kusstreke van Natal en die Kaap kan dit die vorm van ’n boom aanneem wat tot 5 m hoog kan groei. 14
ProAgri 135 – April 2011
Potchefstroom het in reaksie op ’n navraag van ProAgri gesê hy is bly dat die media begin om die oorlog saam te veg. Hy het onlangs in ’n artikel in die plaaslike koerant, die Potchefstroom Herald, ’n ernstige pleidooi gerig dat Verklaarde Onkruid en Indringerplante (VOI) uitgeroei moet word. Hy sê: “Ingevolge die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne,1983 (Wet 43 van 1983) mag geen VOI op enige grond voorkom nie en dit sluit stadsgebied in. Aangesien die Departement die uitroei van VOI in ’n ernstige lig beskou, is daar alreeds met die uitreik van kennisgewings ingevolge die Wet begin en word daar beplan om aansienlik meer kennisgewings uit te reik waar grondgebruikers nie die plante uit eie beweging beheer nie.” Grondeienaars wat nie hierdie plante uitroei nie, maak hulleself skuldig aan ’n misdryf, maar mnr Theron sê hy wil eerder mense se samewerking hê as om hulle met vervolging te dreig: “Die Departement hoop en vertrou dat alle grondgebruikers sal saamwerk om hierdie plante vrywillig uit te roei aangesien dit reeds ’n nadelige invloed op die landbougrond in die distrik het. Die voorkoms van inkbessie langs die Vaalrivier neem alreeds ernstige afmetings aan en boere verloor jaarliks beeste as gevolg daarvan.” Ken jou vyand Hildegard Klein van die LNR se Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming skryf in ’n inligtingstuk wat in 1986 uitgereik is, dat die inkbessie toe reeds versprei het na dele van die Kaapprovinsie, Kwazulu-Natal, die sentrale en suidelike dele van Transvaal, die Noord-Vrystaat, asook Swaziland en Zimbabwe. Die plant is van Brasilië af ingevoer om as heiningsplant en windskerm aangeplant te word, maar dit het in die veld versprei. Die vrugte en bas van inkbessie bevat die gifstowwe, saponien en setrumied, wat hoofsaaklik in die jong lote met blare, asook in die jong groen bessies, gekonsentreer is. Chase Valley-siekte, ’n siektetoestand by beeste wat gereeld in die Chasevallei naby Pietermaritzburg voorkom, word toegeskryf aan die inname van inkbessies. Diere wat groot hoeveelhede inkbessies vreet, vrek gewoonlik skielik en sonder waarskuwende simptome. Die inligtingstuk beskryf inkbessievergiftiging soos volg: “Akute vergiftiging gaan gewoonlik gepaard met buikpyn, tandegekners, pogings om die buik te skop of met die horings by te www.proagri.co.za
Twee jaar gelede het die Departement van Landbou begin met ’n veldtog om die stadsraad van Potchefstroom te help om indringerplante uit te roei, maar dit was nie orals ewe geslaagd nie, soos dié inkbessies langs die muur van die stadsraad se kwekery getuig! kom, kwyling, tranende oë, ’n kromgetrekte rug, ’n wankelende gang, versnelde asemhaling, swak polsslag, toenemende swakheid en soms gelerige oogbindvliese en slymvliese. “Net voor die dood word die worsteling en skoppery erger en die dood tree gewoonlik in na 4 tot 12 uur. In die
www.proagri.co.za
geval van minder akute vergiftiging is die simptome minder ernstig en die toestand kan na 3 tot 4 dae verbeter.” Kry jou wapens Geen boer of regdenkende grondeienaar kan tog ’n onskuldige dier so ’n wrede lyding toewens nie, daarom
moet elkeen saamwerk vir doeltreffende beheer van die pesplant wat dit veroorsaak. Mnr Theron sê: “Met doeltreffende beheer word bedoel dat geen saadvorming mag plaasvind nie. Die maklikste metode is om as eerste fase slegs die plante naby die grond af te sny. Die tweede fase is om die plante algeheel uit te haal. Waar grondtoestande of gebrek aan arbeid dit moeilik of onmoontlik maak om die plante heeltemal uit te haal, kan die afgesaagde stompe net so gelaat word op voorwaarde geen hergroei toegelaat word nie. Deur alle hergroei gereeld af te sny voordat dit 500 mm oorskry, sal die wortelreserwes van die plante mettertyd uitgeput word en sal dit later doodgaan.” Daar is wel gifmiddels teen die inkbessie geregistreer, maar navorsing is aan die gang om die gifmiddels te verbeter sodat dit makliker aangewend kan word. Tans moet die middels deur stamaanwending toegedien word. In praktyk behels dit dat elke plant eers afgesaag moet word voordat die middel aangewend word. Die proses is nie maklik of goedkoop nie en daarom is dit belangrik dat ’n hele gebied van ’n kant af skoongemaak moet word. Dit is òf dit, òf die alternatief soos deur Elrina uitgespel: “Party boere gee net moed op met veeboerdery. Inkbessie se gif is verskriklik gevaarlik.”
ProAgri 135 – April 2011
15
Hulpbronbestuur
Bewaar water sonder sukkel ie reën kom op sy tyd, maar sy tyd is nie altyd die tyd wanneer ’n boer water nodig het nie. Dit is waarom die opgaar van water ’n noodsaaklike deel van boerdery is. Maar die meeste boere het ellelange ellendes van sukkel met damme en opgaartenks wat moeilik is om te bou, knaend lek en baie instandhouding verg. Dit is waarom die oplossings wat Hefer Plant Hire met hulle hoëdigtheidpoliëtileenvoerings (HDPE) asook voerings van polivinielchloried (PVC) bied, so gesog is. Geosintetiese voering is buigsaam, maar baie sterk. Dit word regstreeks op die voorbereide grond geplaas en skrik glad nie vir waterdruk of die son nie. Die voering is UV-bestand vir 10 tot 20 jaar, afhangende van die dikte van die plastiek. Hefer Plant Hire verskaf ook nie net die materiaal nie, maar ’n totaledienspakket (turnkey operation). Boere kan gerus van hulle kundigheid gebruik maak om te help met die beplanning en ontwerp van damme, asook die bouwerk self, belyning en herstel van bestaande damme. Shawn Hefer vertel: “Ons het ingenieurs met jare se ondervinding om myne te help met die ontwerp van hulle
D
opgaar- en slikdamme. Ons kan boere raad gee oor die wetlike vereistes en kan ook vir ’n boer ’n akkurate kosteberaming doen.” Daarby hoef ’n boer nie bang te wees vir die arbeid verbonde aan iets soos ’n gronddam nie, dit is immers Hefer Plant Hire met wie hy sake doen – hulle het enige masjien wat grond kan verskuif in
hulle vloot! Hulle het selfs ’n slim masjien wat op eie stoom die plastiekstroke aanmekaar vassmelt sodat geen druppel water daar kan deurdring nie. Skakel Shawn Hefer by 082-496-8696 of besoek www.heferplant.co.za vir meer inligting.
Geosintetiese voering is buigsaam, maar dit is ook stewig en het ’n baie lang lewensduur sodat boere water sonder sukkel kan opgaar.
DIAMOND IMPLEMENTS IDEALE MENGER
Besparing Nuut! van 40% op mengkoste. Skakel ons vir meer inligting
Die perfekte konsentraatmenger. Ideaal vir konsentrate, skaap-, vark- en pluimveerantsoene. Meng tot 1500 kg.
KERWER, MENGER, VOERDER
Die Voermengerspesialiste Beskikbaar van 4m3 tot 24m3
Kom besoek ons by Nampo 17 - 20 Mei 2011 Standplaas 88 D, E
Nuut!
VIR MEER INLIGTING, KONTAK: DIAMOND IMPLEMENTS, PO Box 1004, Delmas, 2210, Mpumalanga, Republiek van Suid-Afrika Tel (+27)13-665-1032, Fax (+27)13-665-1436
epos: diamond@netactive.co.za
WAAR TEGNOLOGIE EN NATUUR EEN WORD www.proagri.co.za
ProAgri 135 - April 2011
17
Hulpbronbestuur
Maak water goedkoop warm sommer nou vinnig-vinnig ’n plan maak om water te verwarm vir hulle eie en hulle werkers se gebruik. Die u-koppeling maak dit maklik om op enige dak of langs die swembad of plaasdam ’n stelsel te bou wat sonkrag gebruik om water warm te maak. Johan sê: “Ek wou self so stelsel bou en het begin soek na ’n koppelstuk. Ek kon nêrens naastenby so iets in die hande kry nie en het toe self ’n plan gemaak.” ’n Volledige stel instruksies word saam met die koppelstukke verskaf sodat die stelsel maklik, maar ook netjies en stewig opgerig kan word. Daar moet onder meer voorsiening gemaak word vir die uitsetting en inkrimping van die pype sonder om lekkasies te veroorsaak. Die sommetjie vir die hoeveelheid warm water wat deur die stelsel verkry kan word, is eenvoudig: 100 m pyp wat 40 mm dik is, lewer 125 liter warm water en 100 m pyp wat 20 mm dik is, lewer 31 liter warm water. Die water word sommer vinnig tot 60 grade Celsius verhit. Die stelsel kan op sy eie gebruik word of om water te Niemand hoef in koue water te bad solank die verwarm voor dit by ’n geyser son skyn nie. Met Johan Weideman se u-koppelinloop sodat die geyser nie veel stuk word waterverwarming maklik en bekostigkrag hoef te gebruik nie. Vir baar.
it is nie nodig om in sonnige SuidAfrika ’n plaas se prys te betaal vir warm water nie. Met die hulp van ’n eenvoudige u-koppelstuk wat deur Johan Weideman van Nylstroom ontwikkel is, kan boere
D
www.proagri.co.za
’n Aluminiumstaaf verseker dat die pype van die verwarmingstelsel nie rondskuif nie. gebruik saam met ’n geyser is dit net belangrik om van ’n drukklep gebruik te maak. Om meer uit te vind oor die plan, skakel vir Johan by 082-825-7573 of stuur ’n e-pos aan u-connector@live.com. Die U-koppelstuk word ook deur Agrinet versprei en kan by enige landbouhandelstak bestel word. Die kodes is: 20 mm u-koppelstuk: 45001 en die 40 mm u-koppelstuk: 45002
ProAgri 135 – April 2011
19
Hulpbronbestuur
Maak jou drinkwater veilig S uid-Afrika se natuurlike waterbronne (damme, riviere en ondergrondse water) se gehalte versleg baie vinnig en ons bevind ons tans in ’n waterkrisis – so beweer onder meer kundiges, wetenskaplikes, navorsing- en opleidingsinstansies met goeie rede. Die regstreekse gevolg vir boere is dat feitlik alle water in opgaardamme en tenks ook besmet is en nie meer sonder behandeling “veilig” is vir mens- en diergebruik nie. Die belangrikste behandelingstap om hierdie drinkwater ‘veilig’ te maak, is ontsmetting. Die goedkoopste, maklikste en doeltreffendste manier van ontsmetting is dekades lank al sonder twyfel chlorinering. Voldoende chlorinering van water vernietig dodelike bakterieë, virusse en verhoed alge- en slymvorming in opgaardamme/tenks en pyplyne. Arch Chemicals verskaf ’n reeks van chlorinering-
www.proagri.co.za
stelsels en -produkte gemik op die uiteindelike voorsiening van veilige drinkwater. Hierdie stelsels en produkte is spesiaal ontwerp vir gebruik in wateropgaardamme en -tenks en sluit die volgende in:
1. In-line Feeder (inlyntoediener) wat tesame met HTH® Scientific™ Slow Release Tablets (stadigoplosbare tablette) aangewend kan word in watervoerlyne na en van wateropgaardamme of -tenks. 2. HTH® Scientific™ Mini Reservoir Floater (minitenkvlotter) wat in kleiner wateropgaartenks (bv JoJo-tenks) gebruik kan word. 3. HTH® Scientific™ Reservoir Floater (opgaardamvlotter) vir gebruik in groter wateropgaardamme. Vir meer inligting skakel Arch Chemicals by 011-393-9000 (ICM-divisie).
ProAgri 135 – April 2011
21
Diamond Implements
Four Lakes Caltexsaal 19
Tags for Africa Caltexsaal 48
John Deere Mercedes Benz SA
K2Agri Roodebank Saadsaal 5
Vitamech
Bearing Internation Namposaal 45 & 46
Monsanto Roodebank Saadsaal 2
Agri-Afrika Shell SA
Rolo 46
Arch Chemicals Agrinetsaal 50 & 51
Besoek ook gerus al ons telersgenootskappe in die bees- en skaapkomplekse.
Turf-ag
22
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
ProAgri ProAgri wens graag ons adverteerders wat die geleentheid gebruik het om in hierdie spesiale Nampo-uitgawe te adverteer, alle sukses met hulle uitstallings by Nampo toe. Boere wat suksesvol vorentoe wil boer met ProAgri, kan dié verskaffers vind soos op die kaart aangedui. Valtrac
Southtrade al
Electrolee Namposaal 32
TLU SA Namposaal 1
Verseker jou onderneming se plek in ProAgri se 2012-Nampo-uitgawe. Skakel sommer nou al een van ons bemarkers of stuur ’n e-pos na info@proagri.co.za. Lys van bemarkers Stefan van Wyk: Anelda Strauss: Minnette van Eeden: Mabel Schmall: Carmel Ann Singh:
Nic Sleepwaens
www.proagri.co.za
Senter 360
Irrigation Unlimited
082-381-7563 083-748-3413 079-515-8493 082-563-4427 079-515-8708
Toyota
ProAgri 135 – April 2011
23
Vervaardiger van die
Tel: 018-469-1331
e-pos: info@senter360.co.za www.senter360.co.za
spilpunt
Gewasproduksie
Wat beteken insekdodergroepkodes? deur Johan Marais van Philagro ns het al almal gehoor dat landbouchemiese agente praat van produkte met verskillende groepkodes en gewonder waaroor hulle nou eintlik praat. So wat is produkgroepkodes en wat beteken dit? Die groepkodes van insekdoders word gevind op die hoofpaneel van die etiket net na die registrasienommer en basiese aansprake, maar voor die benoeming van die aktiewe bestanddele. Indien ’n produk meer as een aktiewe bestanddeel bevat, word die groepkodes in dieselfde volgorde as die aktiewe bestanddele gelys. Daar is verskillende maniere waarop ’n produk ’n insek kan doodmaak, daarom sal ’n groep insekdoders met verskillende name, maar dieselfde wyse van werking, aan dieselfde groepkode behoort (Tabel 1). ’n Paar maniere waarop insekdoders werk is byvoorbeeld middels wat die senuweestelsel van ’n insek buite aksie stel (groep 1 hieronder) of middels wat die groeihormoonvlakke beheer sodat die insek nooit volwassenheid bereik nie (groep 7 hieronder) of middels wat met die metaboliese ensieme in die insekliggaam bind en so die insek daarvan weerhou om te voed. Die insekdodergroepkode word saamgestel uit die “Groep” en “Subgroep”. Die subgroepe beteken die produkte is twee verskillende chemiese tipes, byvoorbeeld organofosfate en karbamate, maar maak steeds die insek op dieselfde manier dood. As ons kyk na insekte wat weerstandbiedend geword het teen sekere chemiegroepe, is sitrusrooidopluis sekerlik een van die belangrikstes. Hierdie insek is ’n groot kommersiële plaag in die sitrusbedryf en sonder doeltreffende beheer van hierdie plaag
O
’n Voorbeeld van ’n produketiket waar die insekdodergroepkode baie duidelik gemerk is deur ’n rooi blokkie.
kan ’n boer verlaagde opbrengs ervaar, sy vrugte sal nie uitgevoer kan word nie en boomterugsterwing kan ’n gevolg wees van swaar besmetting. Organofosfate (chemie-groep 1B) is ’n breëspektrum insekdoder wat vir rooidopluisbeheer en ook vir die gelyktydige beheer van ander insekplae gespuit is. Boere het dus in die verlede baie staatgemaak op ’n spuitprogram waar organofosfate herhaaldelik gespuit is. So het dit gebeur dat rooidopluis kort voor lank bestand geraak het teen organofosfate. Dit het die landbousektor in die moeilikheid gelaat. Die probleem is egter oorkom deur insekgroeihormone soos Piriproksifen (groep 7C) in kombinasie met minerale olie in te span. Juis omdat Piriproksifen in kombinasie met minerale olie (wat ’n smorende effek op dopluis het) gebruik word, is hierdie groeihormoon al 18 jaar lank doeltreffend teen rooidopluis, sonder enige bewerings van weerstand. Dit is belangrik dat ons die insekdodergroepkodes verstaan, sodat dit vir ons makliker is om die opbou van weerstand in insekte te beveg. Dit geld vir alle landbouplae soos onkruid, swamme en siektes. Die fout wat baie van ons maak is om, onwetend, seisoen na seisoen dieselfde produk te spuit of miskien wissel ons die produkte af, maar met ander produkte wat aan dieselfde groepkode behoort. As daar nooit variasie in groepkodes is nie, is dit ’n groot probleem, omdat insekte dan weerstand kan opbou teen al die produkte wat aan daardie een groep behoort. In elke plaagbevolking is daar sekere enkelinge wat fisiologies beter toegerus is om die werking van ’n sekere produkgroep te kan oorleef. Dit is juis hierdie enkelinge wat sal oorleef en voortplant en dieselfde fisiologiese eienskape aan hulle nageslag oordra. Indien produkte uit dieselfde produkgroep aanhoudend gebruik word, sal insekte dus kort voor
Die rooidopluis teister sitrusboere. lank weerstand teen alle produkte in daardie spesifieke groep van produkte opbou. Dit is dan dat ons praat van kruisweerstand tussen produkte. Daar is ’n baie eenvoudige oplossing om hierdie risiko te verlaag. Ons moet produkte uit verskillende groepkodes saam in ’n spuitprogram gebruik om een spesifieke plaag te bestry. Produkte uit verskillende groepkodes kan ook saam gebruik word in ’n tenkmengsel. Dit is belangrik om nie ’n enkele produk meer as vier keer in ’n seisoen toe te dien nie. Op hierdie manier word die werkswyse-spektrum van die spuitprogram verbreed met die gevolg dat individue uit ’n plaagbevolking op verskeie maniere gedood word. Die uiteindelike gevolg is dus dat die produkte van albei groepkodes vir ’n langer tydperk doeltreffend sal bly. Dit is uiters belangrik dat ons noukeurig oorweeg watter produkte van verskillende groepkodes ons saam in ’n spuitprogram sal spuit om sodoende vir ’n langer tydperk beter beheer te waarborg met die produkte wat tans beskikbaar is.
Tabel 1: Klassifikasie van insekdoders volgens werkswyse. Croplife, IRAC werkgroep Groep
Subgroep
Hoofteikengebied van werking
1
A B A B
Asetielcholien-esterase-inhibeerders
2 3 4
7
www.proagri.co.za
A B C A B C
GABA - Gehokte chloriedkanaalantagoniste Natriumkanaal-moduleerders Nikotiniese asetielcholienreseptor bestryders/-antagoniste Jeughormoonnabootsers
Chemiese subgroep of voorbeeld van aktiewe bestanddeel Karbamate Organofosfate Siklodien organochlorien Fiproniel (of Fenielpirasool) Piretroïde, Piretrien DDT Neonikotinoïede Nikotien Cartap, Bensultap Jeughormoonanaloë Fenoksikarb Piriproksifen
ProAgri 135 – April 2011
25
26
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
Georganiseerde landbou
TLU SA is daar waar dit saak maak Grondeise Die Krugers boer al geslagte lank in die Kloof van Renosterhoek. Dit is agter die Sudwalagrotte tussen Nelspruit en Sabie. Die plaas is nog deur president Paul Kruger aan Jan Kruger wat nou al self 65 is, se oupagrootjie toegeken. Die grondeis wat deur ’n swart gemeenskap teen die grond ingedien is, het dus vir Jan en sy vrou, Santa, as ’n groot skok gekom. Gelukkig is hulle lede van TLU SA en Jan het die hulp van Piet Kemp, TLU SA se grondeiskenner, ingeroep. Die eis teen al sewe plase in die Kloof is later teruggetrek, want met die TLU SA se kundigheid kon daar bewys word dat die gemeenskap nooit daar gewoon het nie. Santa Kruger vertel: “Daar is grafte uitgewys op ’n plaas oorkant die rivier, maar beslis nie hier by ons nie.” Van die 336 eise wat TLU SA in die Oos-Streek hanteer het, is 20% amptelik teruggetrek en die res is almal as ongeldig bewys, hoewel die staat se papierwerk nog nie afgehandel is nie. Grondbelasting Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê: “In Suid-Afrika het daar oor die laaste dekade heelwat wette op die wetboek beland wat nie in die belang van voedselsekerheid en die landbouer is nie. Boere ly daaronder, maar probeer dit meestal hanteer na die beste van hulle vermoë, want hulle is wetsgehoorsame mense.” Dit is so dat daar aan die bestaan van ’n wet soos grondbelasting nie veel gedoen kan word nie, maar die toepassing daarvan kan wel fyn dopgehou word. Dit is waar ’n verteenwoordigende liggaam soos TLU SA ’n groot verskil kan maak. ’n Boer se werk is om kos te produseer, nie om wette te bestudeer nie.
John Anderson van Oos-Londen is baie tevrede met die raad en bystand wat hy van TLU SA ontvang het met betrekking tot grondbelasting. www.proagri.co.za
TLU SA het onlangs ’n ooreenkoms met Georgië geteken om die land, wat groot skade onder die kommunistiese bestel gely het, te help om weer sy landboubedryf op die voete te kry. Hier is Georgië se minister van diaspora, Mirza Davitaia, by Bennie van Zyl, hoofbestuurder, en Ben Marais, president van TLU SA.
ProAgri is ’n borg van TLU SA se Kongres 2011 wat in September plaasvind. Die fyn bestudering van die grondbelastingwet het vir John Anderson en ’n paar ander TLU SA-lede in die OosLonden-omgewing tot dusver groot voordele ingehou. As gevolg van die verkeerde toepassing van die wet, betaal hulle nie grondbelasting soos die ander boere om hulle nie. John sê graag: “Ons het hulle met hulle eie lat geslaan!” Hy sê die raad en bystand wat hulle van TLU SA en sy verteenwoordigers ontvang het, was absoluut professioneel en het hulle gehelp om ’n oorwinning teen die Buffalo City-munisipaliteit te behaal. Veiligheid TLU SA se landelike beveiligingsplan bestaan nou al dekades lank en kan aangepas word om voorsiening te maak vir veranderende omstandighede en natuurlik verskillende gemeenskappe. Die plan skep ’n struktuur waarbinne mense mekaar oppas. Waar almal saamwerk, werk die plan baie goed en selfs in dorpe wat die plan aangeneem het, is daar ’n dramatiese daling in misdaadsyfers. Louis Trichardt is ’n voorbeeld van so ’n dorp waar plaas- en dorpsbewoners hande gevat het, die hele omgewing in sektore verdeel het en mekaar ondersteun met baie goeie gevolge. Die misdaadsyfer het met 85% gedaal. Veiligheid gaan egter nie net oor beskermingsaksies op grondvlak nie, dit gaan ook oor klimaatskepping. Dit is waarom die TLU SA besluit het om betrokke te raak by die hoëprofiel-saak
teen die ANC-jeugleier, Julius Malema se strydkreet, Dubul' iBhunu, wat letterlik beteken: “Skiet die boer”. In ’n land waar geweld hoogty vier, moet iemand onverantwoordelike politici, wat hierdie geweld net verder aanblaas, in die bek ruk. Hoeveel boere kan dit bekostig om op hulle eie so ’n saak te dryf? Standpunte Volgens mnr Van Zyl word die aksies van TLU SA uitgevoer binne die raamwerk van beleidsbeginsels wat elke jaar by die organisasie se nasionale kongres bevestig en in standpunte verwoord word. TLU SA het ’n federale struktuur wat beteken dat elke lid van ’n plaaslike boerevereniging deur sy verkose verteenwoordigers tot op die hoogste vlak inspraak het. ’n Hoofraad, bestaande uit verteenwoordigers uit al die streke, kom gereeld bymekaar om besluite te neem oor die praktiese uitvoering van die kongres se besluite. Op TLU SA se webwerf (www.tlu.co.za) word die organisasie se standpunte oor sake soos volhoubare boerdery, skakeling met die owerhede en ander landbou-organisasies, veiligheid, plaaslike owerhede en transformasie uiteengesit. TLU SA se kategorieë van lidmaatskap maak voorsiening vir voltydse en kommersiële boere, asook deeltydse boere, kleinhoewe-bewoners en enigiemand wat as Vriend van TLU SA wil aansluit. Al die besonderhede en lidmaatskapvorms is beskikbaar op die webwerf. Besoek www.tlu.co.za of skakel die hoofkantoor in Pretoria by 012-804-8031 vir meer inligting. ProAgri 135 – April 2011
27
28
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Dankbaar Hoenderslagpale:
Daar’s geld in hoenders!
oenders kraai koning as ’n immer groeiende bedryf wat ’n goeie aanvullende inkomste en kontantomset in jou sak kan laat beland. Dit kan jou deurdra tussen oestye, want die dae toe vroulief maklik werk in die dorp kon kry om die pot tussendeur aan die kook te hou, is verby. Die hoendermark in Suid-Afrika groei konstant tussen 10 en 15 persent per jaar en die onlangse skandaal van hoenders wat met soutwater ingespuit word, het die eerbare, kleiner slaghoenderprodusent nog verder bevoordeel. As gesonde en bekostigbare voedsel – en ook omdat dit so lekker is – word hoendervleis al hoe gewilder. Een wyse boer wat munt slaan uit hoenderproduksie, is oom Braam Pretorius van Dankbaar Kuikens by Hartswater. Dankbaar Kuikens het oorspronklik die lig gesien om ’n meer deurlopende kontantvloei op sy skemagrond te
H
bewerkstellig. Uiteindelik het dit oom Braam se hoofbedryf geword, sodat Dankbaar Kuikens vandag ook ’n goedgekeurde hoenderslagpale insluit, wat so 800 hoenders per dag kan slag. Die hoenders word heel of in porsies verpak en verwerk tot produkte soos ontbeende of gerookte hoender, hoenderworsies, -sosaties en -frikkadelle vir supermarkte en die private koper. Dankbaar Kuikens se hokke maak voorsiening vir 1 000 hoenders elke twee weke. Dit beteken dat die slagtery ook hoenders van ander boere inkoop vir hulle eie markte. Hulle slag ook ander hoenderboere wat hulle eie bemarking doen, se hoenders. Dankbaar Hoenderslagpale handhaaf die hoogste gehalte en die Departement van Vleishigiëne en Gesondheid hou gereeld inspeksies. Hoenders word op die mees higiëniese manier geslag en dan onmiddellik afgekoel na amper vriespunt om ’n vars, gesonde produk te verseker. Haakplekke in die bedryf Maar hoenderproduksie is gewis nie sonder haakplekke nie. “Hoenderboerdery het onbeskryflike potensiaal vir die man wat wil – maar is ook die vinnigste om geld mee te verloor as jy dit nie reg doen nie,” sê oom Braam. As jou hoenderhuisvesting, voer, medikasie, temperatuur of ventilasie nie reg is nie, of as jy met pieperige kuikens begin, is dit moontlik om jou met hoen-
By Dankbaar Hoenderslagpale word hoenders op die mees higiëniese manier geslag en dan onmiddellik afgekoel na amper vriespunt om ’n vars, gesonde produk te verseker. www.proagri.co.za
Braaikuikenproduksie is nie net ’n goeie bron vir ’n aanvullende inkomste nie, maar dit kan selfs ’n lonende hoofbedryf word, soos in die geval van oom Braam Pretorius van Dankbaar Kuikens op Hartswater. Alfa Kuikens se puik gehalte kuikens en kundigheid het hom gehelp om ’n voorspoedige hoenderboerdery te vestig. Foto's deur Jacques Terblanche. ders in die ellende in te boer. Aanvanklik het dit maar sukkel-sukkel gegaan. Verliese was te hoog en die boerdery was nie winsgewend nie. Die oplossing “Vandat ek die regte kuikens van die hoogste gehalte en raad van Alfa Kuikenplaas en hulle flink span kundiges naby Pretoria kry, was daar ’n ommeswaai in my boerdery,” sê oom Braam. “Die groot geheim is om die regte gehalte kuikens met die regte genetika te kry. Die kuikens word by ons afgelaai in klimaatbeheerde voertuie wat verkoel en bevogtig word met ventilasie om minimale spanning op die kuikens te plaas. Hulle verskaf ook raad oor hokke, toerusting en bestuur. Volg maar hulle raad noukeurig na en jy sal ’n sukses maak en winsgewend met hoenders boer,” sê oom Braam. “Alfa Kuikenplaas se kundige mense het my gehelp om my hoenderboerdery lonend en suksesvol te maak, maar dit is ’n voorvereiste dat ’n mens hulle riglyne noukeurig moet navolg,” vertel oom Braam. “As die voer, medisyne, temperatuur en ventilasie reg is, loop die geldsake ook reg.” Boere wat hulle hoenders by Dankbaar Kuikens wil laat slag, kan gerus skakel met oom Braam: 083-251-3462 of Jacques (Bestuurder): 053-474-0207
ProAgri 135 – April 2011
29
Veeboerdery
Rolo maak kleingeld van bale uitry en trekker, een operateur, een rit, 10 bale! Dit is die wiskunde wat die Rolo-som so goed laat werk en kleingeld maak van bale uit die land uit ry. Eers was daar die Rolo Baby Spider wat met gemak vyf groot ronde bale kan skuif en nou is daar die nuwe Rolo Spider wat tien bale kan laai en vervoer. Die aksie werk dieselfde, maar daar is twee baalrakke langs mekaar. Die Rolo Spider-aksie werk eenvoudig: Die baallaaier word reg agter die trekker gehaak en tot in die land waar die bale lê en wag gesleep. Die
E
hele Spider se pens word hidroulies op sy wiele laat sak tot net bo die grond. Die operateur hoef dan net stadig vorentoe te ry en siedaar, die bale word netjies opgetel. Vir die uitry word die pens weer gelig en die bale kan gerieflik deur enige normale hek tot by hulle bestemming vervoer word. Met die Baby Spider kan een operateur lag-lag sowat 250 bale per dag skuif en nou, met die nuwe Spider, kan amper dubbeld soveel werk gedoen word! Rolo se Spiders is nou al net so gewild onder die boere soos sy
Die Rolo Baby Spider het voorwaar ’n omwenteling in die vervoer van bale teweeg gebring.
Kontak Koos 082-802-1906 of Arno 072-344-0683 ProAgri 135 – April 2011
In die Vrystaat is Stefanie by 082964-6879 of Marni by 082-350-8051 gereed om jou vrae te antwoord en in die Wes-Kaap wag Alwyn by 082-797-2249 vir jou oproep. Die e-posadres is rolo@isat.co.za.
Twee baalrakke beteken dubbeld soveel werk in dieselfde tyd. Gaan kyk gerus by Nampo (standplaas 43) wat Rolo vir jou boerdery kan doen.
Vervaardig in Bloemfontein Ben Jonesstraat 32 Hamilton, Bloemfontein Tel: 051-434-2349 Faks: 051-434-2447
30
bekostigbare en veelsydige konsentraat- en vertikale voermengers en die Rolo Rollermeule. Gaan kuier gerus by die Rolo-uitstalling by Nampo wat van 17 tot 20 Mei aangebied word en hoor wat Rolo alles vir jou boerdery kan beteken.
Clanwilliam Vervaardiging : Clanwilliam Dawie Smit - 082-897-4885 Pinetree Irrigation : Estcourt Thomas Gremals - 083-231-9532 De Nel Besproeiing : Piketberg Pierre de Kock - 083-284-0041 NTK Limpopo : Nylstroom Janneman Henn - 082-802-8959 Hartswater Spilpunte : Hartswater Dawid Saunders - 082-333-3765 Border Irrigation : Queenstown Frikkie Kruger - 082-927-8767 Ranos : Koffiefontein Gert Lambrecht - 082-804-0469 Bergsig Ingenieurs Werke : Worcester Johan Naude - 082-774-4226 Datha Besproeiing : Nelspruit Dawie vd Merwe - 082-458-2646 Obaro : Groblersdal Berto Rossouw - 082-490-4260 Spilhaus : Cradock Hylton Frost - 082-896-1390 Irrigation & Drainage : Pietermaritzburg Dave v Rensburg - 072-125-2732 Obaro Hoofkantoor : Brits Machael Pretorius - 072-863-1355
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Lotter Stopper: Eet lekker, bespaar geld, verdien geld maaklike nuus: Jy hoef nie meer van winkel tot slaghuis te ry en telkens ten duurste vir wors te betaal wat net nie smaak soos dit moet nie – en soms selfs stukke sening en been bevat. Jy kan nou jou eie, perfekte wors maak – maklik, lekker en heilsaam. Daarvoor sorg Lotter Stopper, die bekostigbare worsstopper wat presies aan jou doel voldoen. Lotter Stopper is immers ontwerp toe Gerrie Lotter en sy jag- en vleisvriende genoeg gesukkel het met duur,
S
ondoeltreffende ingevoerde worsstoppers. Bespaar hierdie winter geld – bewerk jou eie vleis en maak jou eie wors, droëwors, salami en hamburgerfrikkadelle met Lotter Stopper se gewaarborgde stoppers, frikkadeldrukkers, vleisversagters, vleissae, biltongkerwers en vleismeulens. Al Lotter Stopper se produkte is in noue samewerking met boere, jagters, slagters en spyseniers ontwerp en word spesiaal gemaak om jou jare en jare getroue diens te bied. Kerke en skole is immer op soek na
Lotter Stopper maak horisontale en vertikale worsstoppers wat van 3 tot 15 liter vleis op 'n keer kan hou, almal met 'n tweejaarwaarborg. Tregters van 10, 16 en 20 mm kan gekies word.
iets om mee geld te verdien. Ook hier help Lotter Stopper met sy aartappelspiraalsnyer. Kyk maar by skoue en kermisse hoe gewild is aartappelspirale – en dit alles met net een flukse, maar bekostigbare, masjientjie van Lotter Stopper.
Met Lotter Stopper se worsstopper kan jy nou jou eie perfekte wors maak.
www.proagri.co.za
Lotter Stopper se aartappelspiraalsnyer is ’n wenner waarmee skole, kerke en private persone sakke vol geld verdien by skoue, sportsaamtrekke en basaars.
Maak hierdie winter ’n ware vleisfees – lekker, maklik, bekostigbaar – met Lotter Stopper. Praat met Gerrie Lotter by 082-219-7232 of 012-561-1754. Besoek ook www.lotterstopper.co.za vir meer inligting.
ProAgri 135 – April 2011
31
Lekkerlees
Agrikyk & Lees Meganisasiegids 2011 Opgestel en uitgegee deur: JP le Roux en ME le Roux ir ’n trekker van tussen 150 en 200 kW wat ’n 7-skaar ploeg op 400 mm diepte insteek, sal dit 4,5 dae neem om 100 ha te ploeg teen ’n koste van R793,13 per uur of R412,87 per hektaar. En daai enkelkajuit 2,5 liter dieselbakkie kos jou R4,07 per kilometer sonder vrag. Om die land om te ploeg is noodsaaklik, maar miskien moet Boeta liewer sy nooi met die Volla fliek toe vat! ’n Boer wat syfers soos hierdie in ’n oogwink kan uitpluk om hom te help met besluite, is ’n slim en waarskynlik suksesvolle boer, want die kans is goed dat hy reeds Koos le Roux se jongste Meganisasiegids aangeskaf het. Die Meganisasiegids vir 2011 het onlangs verskyn en een gelukkige besoeker aan ProAgri se bakkiesblad (facebook-bladsy) kan vir hom/haar so ’n gids losslaan. Volg net die aanwysings hieronder. ’n Mens mag dink dat daar nie veel te sê is oor ’n gids wat vir die 22ste keer verskyn nie, maar die skrywer slaag nog elke jaar daarin om met goeie, betroubare en nuwe inligting ’n staatmaker in die landbouwêreld te bly. Die 2011-uitgawe is so saamgestel dat die verskillende trekker- en werktuigkombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van die tabelle af gelees kan word in rand per uur of rand per hektaar. Die skrywer waarsku net dat die gebruiker rekening moet hou met wisselende brandstofpryse – die gids gebruik die brandstofprys van Maart as riglyn. ’n Groot pluspunt van die gids is dat al die terme in Afrikaans en Engels aangebied word. ’n Boer wat nie seker is wat ’n disc mower in Afrikaans of ’n skyfsnymasjien in Engels is nie, kan dus maar ontspan, hy sal wel tussen die verskillende soorte snyers die twee by mekaar uitbring. Nog ’n interessante toevoeging vanjaar is ’n stel netjiese wenke oor die keuse van die regte trekker en daar word ook interessante hoogtepunte in die ontwikkeling van die trekker aangedui. Het u geweet dat die eerste stoomenjin wat ’n ploeg getrek het al 150 jaar gelede deur JW Fawkes gebou is? Dit kon 8 ploegbodems teen 4,8 km/uur trek. Bestel die Meganisasiegids teen R200 (posgeld ingesluit) by koosleroux@absamail.co.za of skakel Koos le Roux by 082-828-9531 .
V
Wen!! Meganisasiegids 2011 deur ProAgri se bakkiesblad te besoek Gaan na facebook.com/proagri en kliek op “like”! Die wenner sal op 15 Mei 2011 aangewys en per facebook in kennis gestel word. 32
ProAgri 135 – April 2011
Eina!
agrilag
Die blondine betrap haar kêrel en ’n ander meisie warm aan die vry. Sy druk ’n pistool teen haar eie kop. Haar kêrel spring op en sê: "Wag, wag! Moenie iets onverantwoordeliks doen nie!" "Bly stil, jy is volgende," antwoord sy. deur Dom Boer – Suzette du Plooy van Queenstown ’n Swaar vragmotor ry teen die boer se bakkie vas. Niemand het baie seer gekry nie, maar die boer se vrou se duim is af. Sy eis miljoen rand by die versekering. Die assessor maak beswaar: “Mevrou, jy kan nie so ’n ontsettende groot eis instel vir die verlies van net een vinger nie.” “Jy verstaan nie,” antwoord sy. “Dis geen gewone duim nie. Dit was die duim waaronder ek my man gehou het.” “Sjoe, Fienjas,” roep die boer, “die weer is darem swaar. Hoe naby aan jou het hy geslaan?” “Hau! Al wat ek weet is voor hy geslaan het, het my pyp nie gebrand nie.” Jong wysheid Die seuntjie spog by sy pa: “Pappa, kyk net hierdie groot kakiebos wat ek uitgetrek het.” “Maggies, hy is groot,” prys die pa hom. “Jy is darem ’n sterk seun.” “Ja, Pa, en die hele aarde het die ander kant probeer vashou.” Wrange waarheid Die boer lewer ’n vrag pampoene by die gestig af en een van die inwoners word aangesê om hom te help aflaai. Terwyl hulle ’n ruskansie geniet vra die boer: “Het jy al ooit geboer?” “Ja, ek het al geboer,” antwoord die inwoner. “Was jy al ooit in ’n gestig?” “Nee.” “Wel, laat ek jou dit sê, dis beter as boerdery.” ’n Verkoopsman kom op ’n plaas aangery en sien ’n klein seuntjie wat sukkel om ’n bees aan te jaag. Hy vra die knaap wat hy doen. Die seun vertel dat sy pa hom gestuur het om die bul na die koeie te neem sodat hy hulle kan dek. Die verkoopsman vra: “Kan jou pa dit nie doen nie?” “Nee oom,” antwoord die seun, “net die bul kan dit doen.” – André Dumas van Ceres ’n Boer maak ’n plan Hennie: “Ek hoor jy’s verlede week getroud. Hoe lyk jou nuwe vrou?” Heinie: “Om die waarheid te sê, is sy nie eintlik mooi nie; trouens sy is maar lelik, maar sy het ’n pragtige innerlike.” Hennie: “O. Dis jammer jy kan haar nie omdop nie.” Tydens ’n ernstige windstorm vang ’n verkeerskonstabel ’n boer wat teen 160 km per uur met sy stroper deur Caledon jaag. Die boer verduidelik: “Ek het daardie koring geplant en ek gaan dit stroop al moet ek dit tot anderkant Bredasdorp jaag.”
Suzette du Plooy van Queenstown en André Dumas van Ceres wen elkeen ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong vir hulle bydraes. Stuur grappies en pittighede saam met jou naam en adres aan domboer01@mweb.co.za.
www.proagri.co.za
Lekkerlees
Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: SA suiwelmark groei met meer as 4% verlede jaar Die Suid-Afrikaanse mark vir suiwelprodukte het in 2010 met meer as 4% gegroei. Die Melkprodusenteorganisasie sê in sy jongste nuusbrief die vraag na vars melk het volgens die jongste syfers met 4,5% gestyg: http://bit.ly/suiwelmark “Skiet die boer” stel boere in gevaar Liedjies wat geweld goedpraat of wat mense of groepe uitskel as honde kan die jeug sodanig beïnvloed dat hulle glo geweld is reg, al gaan hulle nie dadelik oor tot geweld nie: http://bit.ly/ew7XJ1 SA en Argentinië wil saam boer “Suid-Afrika en Afrika kan nie toelaat dat die Europese-, Amerikaanse- en Asiatiese ekonomiese magsblokke ons ignoreer en irrelevant probeer maak nie,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Buenos Aires gesê: http://bit.ly/gZn0lQ Taai staptog teen renosterstroop Twee wildbewaarders beplan om op ’n aflosgrondslag reg oor die land te stap om geld vir die bewaring van renosters in te samel. Die staptog van 1 700 kilometer begin in Messina en volg die hoofroete tot in Kaapstad: http://bit.ly/i0atZL Konferensie vir Vrystaatse wildboere Die vereniging vir wildboere, WRSA, bied op 21 Mei ’n konferensie in die Suid-Vrystaat aan. Die wildboer van die jaar vir 2009, dr Johan Kriek gaan gesels oor ekonomiese wildbestuur en bona fide boerdery met skaars wildspesies: http://bit.ly/fWDlYe
ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
www.proagri.co.za ProAgri word na 530 dorpe versprei en het ‘n oplaag van 60 000 As jy sukkel om ProAgri in jou dorp in die hande te kry, stuur asb ‘n e-pos aan info@proagri.co.za www.proagri.co.za
Brandstofpryse ry boere bloots Die drastiese verhoging in brandstofpryse bedreig voedselsekerheid, want dit raak onlonend vir veral boere wat met kontantgewasse boer, om hulle produkte by markte af te lewer: http://bit.ly/dYhVve
Wen op die Werf! Wen ’n naweek vir twee by die luukse Farm Inn net buite Pretoria. Wildrit ingesluit. Besoek www.proagri.co.za en antwoord die eenvoudige wedstrydvraag. Sluitingsdatum
3 Junie 2011. ProAgri 135 – April 2011
33
AgriTrader
Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer
60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd
AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.
AgriGids
Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 stefan@agritrader.co.za Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2730 marlien@smartpublishing.co.za
34
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
35
AgriGids 36
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
AgriGids GeneGids
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
37
AgriGids GeneiGids 38
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
GeneiGids
Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
39
Veilings 40
ProAgri 135 – April 2011
www.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
41
Veilings
15 jong ooitjies – dogters van SA KAMPIOEN RAM GE 7011 – geloop by DTC 9311 en DTC 9122
DTC 9122 - seun van DTC 5071
42
DTC 9311 - seun van DTC 5071
ProAgri 135 – April 2011
DTC 9326 (voor) - seun van SA kampioen ooi DTC 5084
DTC 9323 - seun van SA kampioen ooi DTC 5084
www.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 135 – April 2011
43