ProAgri 137, Junie 2011

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Junie / June 2011 Nr / No 137 ISSN 1042–1558

Ons boer saam: Familieboerdery

Boer groen vir sukses

Jumil: die taai stroper Veeboerdery

|

Meganisasie

|

Bestuur

|

Rasnuus

AgriTrader



In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief ie aankoop van ’n trekker, stroper, voermenger en spilpunt is nie iets waaroor ’n boer sommer in die vooroggend ’n besluit neem nie. Dit verg navorsing, vergelyking van produkte en dienslewering, ondersoek na finansiering en dan daai lekker gevoel van “die een pas by my!”. Dit is waarom dit vir ProAgri baie lekker is om op plase te gaan kuier waar boere tevrede is met die produkte wat hulle aangekoop het en nie omgee om dit vir ander boere te sê nie. As dit in ProAgri vertel word, is daar ’n goeie kans dat die meeste kommersiële boere daarvan kennis sal neem, aangesien ProAgri landwyd versprei word. Kontak ons gerus as u ’n mooi storie het om te vertel oor daardie “onbreekbare” trekker, dan kan ons met die verskaffer reël vir ’n artikel. Ons plaas redelik klem op veeboerdery in hierdie uitgawe, (soos ons pragtige voorblad seker verraai het), en ek glo u sal die artikels, asook ons kuiertjie by die Beefmasters interessant vind. ProAgri behoort nou, benewens ons gewone posverspreiding, oor die grootste gedeelte van die land in die handelstakke van die groot landboumaatskappye beskikbaar te wees. Laat weet ons waar daar probleme is asseblief, want dan kan ons iets daaraan doen. Onthou ook dat elke uitgawe van ProAgri op ons webwerf gepubliseer word. U kan ook daar soek na spesifieke artikels. Lekker lees!

D

Die pragtige foto is deur die Simmentaler/Simbra-genootskap aan ProAgri voorsien vir die vee-uitgawe. Ander genootskappe is ook welkom om foto’s in hoë resolusie aan ons te stuur vir gebruik in die tydskrif of moontlik op die voorblad. Stuur na esta@proagri.co.za.

Business-to-Business: Agriculture January to March 2011

59 167

Annemarie Joubert < annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 5 Jumil-sleepsloper bevry die boer 7 Siloking kraai koning onder voermengers 9 Groen trekkers gee die soet smaak van sukses 11 Vitamech bewaar die beste in jou bale

Die ProAgri-span Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

7

Hulpbronbestuur 13 Bly koelkop met die verf wat kan dink

Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Gewasproduksie 15 Valley bly die boer se watermater Bestuur 16 Ons boer saam: Familieboerdery in Suid-Afrika Veeboerdery 18 Bestry wurms met miseiertellings 19 Taltec vat die berg na Mohammed 20 Wat doen die RPO? 21 By Embrio Plus is sukses die doel Rubrieke 22 Werfnuus 22 Agrikyk & Lees 23 AgriLag

11

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Advertensienavrae Marlien van der Westhuizen > 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za

13

Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste

16

Handelsnuus 24 AgriGids 27 GeneGids 29 Veilings Rasnuus 34 ’n Kwarteeu bewys Beefmaster se waarde

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za

19

Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

34

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za ProAgri 137 – Junie / June 2011

3



Meganisasie

Jumil-sleepstroper bevry die boer

Só reken die JM 390G-stroper met ’n mielieland af teen sowat 2,5 tot 3 ton per uur. Let op die stewige montering aan die trekker. Daar is ’n montering vir elke soort trekker beskikbaar. at ’n wonderlike wêreld sal dit vir die boer wees as hy nie meer aan die genade van stroopkontrakteurs uitgelewer is nie! Valtrac KZN en Jumil maak hierdie droom van die kleiner graanboer en die veeboer wat beperkte hektare graan vir eie voerproduksie plant waar, met die vernuftige Jumil JM 390G-sleepstroper. Die JM 390G word stewig langs ’n trekker van 56 kW gemonteer en verby is dit met afhanklikheid van kontrakteurs se beloftes dat hulle dalk môre of dalk volgende week sal begin stroop! Maar moenie dink oor hy kleiner is en minder kos hierdie flukse kalant staan vir die ou grootstemstropers terug nie. Die Jumil JM 390G is ’n gevorderde ontwerp met vernuftige tegnologie wat daarop bereken is om stroopwerk vir die boer ’n soet ervaring te maak – of jy nou mielies, koring, sorghum, soja of rys wil stroop. Jy kan selfs ’n droëbonetafel monteer. ’n Groot voordeel van die Jumil-

W

stroper is sy sinvolle eenvoud, wat dit maklik maak om te gebruik. Die tweerymielieplukkerkop met sy spasiëring van 45 tot 90 cm wat net die mieliekoppe stroop, die koringtafel met sy snywydte van 2 meter en die bonetafel met terugtrekvingers en voerwurm word maklik en gou omgeruil. Die aksiale dorsstelsel verstop nie en verseker ’n skoon monster en heel graan, wat goed gradeer en selfs vir saad gebruik kan word. Daarvoor sorg die dorsrotor met sy verstelbare dorspenne, wat binne ’n silindersif werk. In net een beweging word die strooi, doppe en stronke verwyder en op die pas gestroopte rye uitgeblaas. Daarna beweeg die graan op na ’n lugskoonmaker, waarna dit deur ’n skudsif wat die laaste stukkies strooi verwyder, in die houtenk van 1 300 liter val. Die monster is verrassend skoon. Vandaar laai ’n tweestadiumwurmhyser die volle vrag van 1 300 liter in minder as ’n minuut oor in ’n tapkar.

Die JM 390G-sleepstroper monteer stewig aan ’n trekker van 56 kW. Die dubbelagterwiele regs sorg vir vasberade stabiliteit en die doldraaiwiel links dat jy baie knap kan krink. www.proagri.co.za

Die uitlaaihoogte is 3,20 meter, wat beteken dat bykans enige hoogte tapkar of sleepwa gebruik kan word. Teen ’n werkspoed van 3 tot 5 kmu stroop die Jumil so 2,5 tot 3 ton per uur, afhangend van die opbrengs op die land. Stewige dubbelwiele sorg vir rotsvaste stabiliteit sodat die Jumil nie, soos sommige ander sleepstropers, dronk-dronk deur die land steier nie. Die Jumil JM 390G-stroper is ’n toonbeeld van stewige, betroubare, doeltreffende eenvoud wat vir die boer jare en jare se probleemvry diens sal gee. En die beste nuus van alles dit dat dit deur Valtrac se tegnologiese uitmuntendheid en legendariese diens gerugsteun word. Om uit te vind watter een van die groot aantal Jumil-handelaars naaste aan jou is, praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7308 of henniedut@valtrac.co.za.

So laai die JM 390G sy vrag van 1 300 liter graan binne ’n minuut oor in ’n tapkar. Die leweringshoogte is 3,2 meter. ProAgri 137 – Junie / June 2011

5



Meganisasie

Siloking kraai koning onder voermengers s drieduisend voerkraalbeeste in jou oë kyk vir hulle volle daaglikse dieet, kan jy nie kanse waag nie – dan moet jy die beste, doeltreffendste betroubaarste voermenger gebruik om seker te maak dat elke bees elke dag alles kry wat hy nodig het om na wense te presteer. Daardie koning van voermengers is Siloking van Greenfields, sê Louis Tratschler van Winterton. Met sy twee vertikale awegare en ruim, stewige pens wat 18 kubieke meter hou, is die Siloking mans genoeg vir die uitbreiding na 4 500 voerkraalbeeste wat Louis beplan. Normaalweg is daar nog 3 500 voerkraalskape ook om te voer, maar op die oomblik is lammers skaars as gevolg van verlede jaar se slenkdalkoors, sê Marthinus Genis, bestuurder van die voerkraal. Vir Marthinus is betroubaarheid van ’n voermenger baie belangrik. “As hy gaan staan, is daar groot probleme.” Maar die Siloking het hulle nog nooit in die steek gelaat nie. Boonop het Marthinus volle vertroue in Greenfields se diens om enigiets wat hulle verskaf volstoom aan die werk te hou. Dit is duidelik dat Greenfields die boer se situasie verstaan en dat hulle vertrou kan word, sê hy. Dis ook duidelik dat hulle trots is op die produkte en diens wat hulle lewer. Marthinus hou van die menger se logiese, reguit tweespoedaandryfstelsel en die feit dat die twee mengwurms

A

Marthinus Genis, bestuurder van Louis Tratschler se voerkraal naby Winterton, is ingenome met die betroubaarheid en doeltreffendheid van die voerkraal se Silokingvoermenger.

regop staan, elkeen met sy eie ratkas reg onder hom. Dit is ’n goed deurdinkte ontwerp en verleng die laers se lewe, sê hy. Horisontale wurms hang knaend aan die laers, wat ’n onnodige las is. Die menger is so ontwerp en vervaardig dat dit beslis lank gaan hou, sê Marthinus. Die skaal word geprogrammeer om elke voerkomponent presies af te weeg en is so gemonteer dat dit selfs op ongelyke oppervlaktes akkuraat weeg. Die laaigraafoperateur kan duidelik sien wat die skaal sê en vyftien sekondes nadat elke produk ingelaai is, keer dit na nul terug vir die volgende een. Die menger meng alle voerkomponente honderd persent homogeen, ook die katoenoliekoek, voerkalk, konsentrate en die spoorelemente wat reeds in die melassestroop is. Op die oomblik word kuilvoer as ruvoer gebruik, maar wanneer dit opraak, gebruik hulle grasbale. Die Siloking sny die bale netjies op en meng dit net so deeglik soos die kuilvoer. Dis nie nodig om Vir tydige, perfek gemengde voer 365 dae van die jaar iewers te staan en wag kan jy reken op Greenfields se Siloking-voermenger.

www.proagri.co.za

vir die Siloking om sy mengwerk te doen nie. Hy meng in sy rytyd en teen die tyd dat jy die voer aflaai, is dit deeglik gemeng sodat elke dier met elke hap presies alles inkry wat hy nodig het. Jy kan vooraf kies aan watter kant jou Siloking moet aflaai en dan bou hulle hom so vir jou. Marthinus-hulle het regs gekies. Jy kan ook kies watter lengte uitlaaigeut jy wil he: 0,9, 1,2 of 1,8 meter. Marthinus-hulle het hulle krippe en dak gemeet, die inligting aangestuur en hulle Siloking laai perfek af. Die Siloking het nog nooit vasgeslaan of vasgesteek nie. Normaalweg vra hy ’n trekker van 64 kW om hom aan te dryf, maar op die voerkraal se plaas, Connaught, is daar skotige, modderige opdraandes wat beteken dat hulle ’n trekker van 99 kW gebruik om die sleepwerk baas te raak. Greenfields is ’n gerekende verskaffer van landbouwerktuie en hulle bied ’n wye reeks Siloking-voermengers – een vir elke behoefte, vanaf die Siloking Smart vir 10 tot 35 beeste tot die reusagtige stilstaande menger met ’n volume van 70 kubieke meter en die selfaangedrewe menger met sy uitmuntende maneuvreerbaarheid. Praat met Derek Nicolle by 083-7980056 (Oos-Kaap, Wes-Kaap en NoordKaap) Charlie Harper by 082-385-6415 (Kwazulu-Natal, OosKaap), of Glen Clark by 082-804-8045 (Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat en Noordwes) of stuur ’n e-pos na info@greenagri.co.za. ProAgri 137 – Junie / June 2011

7


NEW!!!

Agri-spread are licensed manufacturers of the highest quality spreaders worldwide and now for the first time imported by Jupidex. • Capable of spreading a wide variety of materials… lime, fertiliser, sand, salt, chicken litter, etc. • Headland Control valve allows spreading to be restricted to one side, saving on materials and meeting environmental laws. • Hydraulic driven belt or chain conveyor with steep sides for maximum flow control of material. • 3 Speed Gearbox: Allows a wide variation in application rates. GPS ready! • The complete backend of machine is manufactured from stainless steel. • Eaton, high quality hydraulic motors are mounted on shafts away from material, with bearings and coupling. Shock absorbing nylon insert takes the load of the motor ensuring a longer motor life. Product Sales Managers: Crop Care & Tine Implements Planters & Soil Engaging Grass Products

- Johan Jansen - José de Nobrega - Ben Bamberger

082-338-6002 079-885-7902 082-449-8116

Area Managers: Northern Province, Mpumalanga Gauteng Northwest Northern Cape Free State, North Eastern Cape Western- and South-Eastern Cape South and Eastern Cape Kwazulu-Natal

- Mike Lombaard - Johann de Bruin - Dawie Bennett - Lutz Hellmuth - Dirk Rossouw - Etienne Clarence - Leonard Kennedy - Johann Pearson

082-338-6001 071-480-5645 082-766-4115 072-190-9110 082-448-1511 082-445-5834 079-376-4294 082-554-2732

National Spares Manager:

- Andre van der Vyver

082-561-8893

Head Office - Pietermaritzburg Tel: 033-345-2733 / Fax: 033-345-2737 E-mail: nico.storm@jupidex.co.za Web: www.kvernelandgroup.com


Meganisasie

Groen trekkers gee die soet smaak van sukses! ’n Belangrike voordeel is dat John Deere nie bloot trekkers verkoop nie, maar oplossings bied, vertel Colin. “Mascor is die John Deere-agente en hulle kundige mense hou saam met ons werksessies om ons trekkerbehoeftes noukeurig te bepaal. Ons het By die John Deere 6330 van 80 kW met sy laaigraaf wat binne verlede jaar op sekondes aan- en afhaak staan Colin Hohls, Sean kleiner trekkers Stuart, hoofbestuurder van Hohls Farming se Melmothbesluit om op die boerdery, en Tots Oscroft. hellings in die suikerrietlande te werk uikerboerdery kan ’n soet ervaring en ook omdat ons nie so baie grondwees as jy die regte trekkers het. So voorbereiding soos mielieboere hoef te sê Colin Hohls van Hohls Farming wat op doen nie.” verskeie plase in Zoeloeland suikerriet, Die trekkers ry 7-tonvragte uit die hout, avokados, kool en tamaties land na die laaiwerf, sommiges doen verbou. grondvoorbereiding en sny gras en Daardie regte trekkers is John Deere, sleep ander vragte, en vir dié werk is op verklaar Colin met volle oortuiging, John Deere 6225-trekkers van 66 kW gegrond op praktiese ondervinding. besluit. Hohls Farming is ’n familieboerdery Hohls Farming het ook besluit om vir wat reeds in 1980 by Dalton begin het. die eerste keer sommer sewe nuwe In 1997 het hulle na Eshowe verskuif en trekkers aan te koop, maar terselfdertyd intussen meer plase in die Eshowe- en hulle vloot van 19 tot 14 trekkers terug Melmoth-omgewing aangeskaf. te sny. Terselfdertyd het hulle John Hulle gebruik John Deere reeds van Deere se “Merit Claim” aangeskaf, wat die begin af en Colin glo dat dit een van ’n verlengde waarborg van 5 000 uur of die redes vir die onderneming se sukses 5 jaar op alle hoofslytonderdele is. is. Saam met van die plase wat hulle Dit beteken dat daar nou ’n flink span bygekoop het, het hulle trekkers van nuwe trekkers aan die werk is, dat daar ander soorte “geërf” en dit het Colin se geen staantyd is nie, dat doeltreffendwaardering vir John Deere net groter heid en produktiwiteit drasties verbeter gemaak. is en dat groot besparings ten opsigte “John Deere is betroubaarder, doelvan operateurs en brandstof behaal treffender en ratser,” sê Colin, “en die word. trekkeroperateurs stem daarmee saam.” Die 6225-trekkers werk Hy vertel hoe nuwe operateurs wat skofte van 7 tot 8 uur en aan ander trekkers gewoond is se gebruik 5,5 liter diesel gesigte straal wanneer hulle eers gevoel het hoe lekker dit is om agter ’n John Deere se stuur te sit. ’n John Deere draai knapper sodat dit nie nodig is om telkens heen en tru te stoot nie, en sy hidrouliese stelsel is net beter en sterker.

S

per uur, waarmee Colin nog nie tevrede is nie. Hy wil ’n dieselverbruik van 3,5 liter per uur hê en beplan om met die volgende aankooprondte nog kleiner trekkers te koop – 58 kW of maksimum 60 kW. Maar dat dit weer John Deere sal wees, is verseker. Colin se Duitse afkoms slaan trots deur as hy vertel dat al Hohls Farming se John Deere-trekkers in Duitsland gemaak is, maar hy verklaar dat ’n mens maar ’n John Deere kan koop wat in enige land gemaak is. “Alle John Deere-fabrieke werk volgens streng spesifikasies en nie een kan ’n minderwaardige trekker maak nie.” Colin is ook beïndruk met die feit dat diens en onderdele altyd beskikbaar is en dat John Deere-onderdele in sommige gevalle selfs minder as dié van gewone trekkers kos. Maar die boer moet darem ook sy goed versorg en oppas, glo Colin. Sy pa se reël dat olie gereeld vervang moet word en dat net egte John Deereonderdele gebruik moet word, geld nog steeds en so het hulle al ’n John Deere 2140 gehad wat 24 000 uur gewerk het voordat sy enjin aandag nodig gehad het. Vir grondvoorbereiding het Hohls Boerdery sy eerste kajuittrekker aangekoop – ’n 6330 van 80 kW. Ook dit was ’n baie gesonde besluit omdat die operateur nou graag ’n paar ekstra ure werk in die gerief van beskerming teen die elemente, lugversorging, ’n yskas en ’n radio. John Deere kan ook jóú boerdery ’n soet ervaring maak. Praat met jou naaste John Deere-handelaar oor die trekker en die maatskappy wat jou meer bied. As jy nie weet wie jou handelaar is nie, vra vir Carel Theron by 082-802-2209.

John Deere verkoop nie net trekkers nie, maar oplossings waarmee die boer sy werk doeltreffender en ekonomieser kan verrig. Hohls Farming se span John Deere 6225’s sleep sulke 7-tonvragte suikerriet uit die lande na die laaiwerf en doen ook grondvoorbereiding en ander werk. Hierdie trekkers werk omtrent 1 800 tot 2 000 uur per jaar. www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011 9


10

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

Vitamech bewaar die

beste in jou bale itamech is nie een van daardie maatskappye wat sommer maklik vir jou die son, maan en sterre beloof nie, maar met hulle puik baaltoedraaiers en nuwe Sun Gold Stretch Film kan jy voorwaar die beste in jou bale vasvang! Sunfilm-baalplastiek is reeds sedert 1988 bekend onder boere en is wêreldwyd in verskillende klimaatsomstandighede getoets. Nou, met nuwe tegnologie, voer Sun Gold Stretch Film die goeie eienskappe verder. Dit is besonder sterk en skeurtraag en weerkaats die son se skadelike ultravioletstrale so dat die bale se temperatuur grootliks konstant bly. Daarby klou die baalplastiek werklik om te verseker dat die suurstof- en vog-inhoud optimaal bly. Elke bees is ’n belegging en daarom moet ’n boer toesien dat die voer wat hy gee voedsaam en gesond is. Om bale toe te draai, maak dit vir ’n boer moontlik om daardie ekstra voedingskrag vas te vang en lank te bewaar. Om seker te maak dat die voordele van Sun Gold Stretch Film nie net praatjies is nie, het Vitamech die hulp van die Universiteit van Stellenbosch ingeroep om dit te toets. Dr Andy Roediger het 600 uur lank sy bes probeer om die baalplastiek se swakhede te vind. Die toets is gelykstaande aan ’n jaar se blootstelling aan wind en weer. Dit is wat hy te sê gehad het:

V

“The bale wrap looks good and does not break while retaining the same amount of elongation. It is considered not to decompose during a one year outdoor exposure.” Nog ’n nuutjie wat Vitamech graag aan boere bekend stel, is die doeltreffende nuwe Tube-Line-baaltoedraaier. Dié hardwerkende, vinnige masjien hanteer ronde en vierkantige bale en kan nou die bale net so vinnig toedraai as wat hulle gebaal word. Groot besparings is moontlik omdat die bale in een string aanmekaar toegedraai word, so knus soos ’n lekker stukkie boerewors! Al drie Tube-Line-modelle is daarop bereken om dit vir die boer so maklik as moontlik te maak om die beste voer vir sy diere te verseker. Jy kan kies: • Die TLR5000AX2 draai ronde bale van 1,68 meter toe. • Die TLR5500AX2 is geskik vir ronde bale tot 1,68 meter en blokkiebale tot 0,914 x 0,914 x 1,68 meter. • Die ouboet van die reeks, die TL 6500AX2, se kos is ronde bale tot 1,83 meter en vierkantbale tot 0,914 x 0,914 x 2,1 meter. Al drie modelle draai 120 bale per uur toe en is lekker laag sodat hulle maklik gevoer kan word. Hulle het hulle eie enjins en hidrouliese stelsels sodat jy net ’n trekker nodig het om hom van ry tot

ry (of plaas tot plaas) te beweeg. Die Tube-Line se enjin is laag gemonteer vir maklike versiening en beheer. Sy groot brandstoftenk sorg dat jy nie elke nou en dan vir aanvulling hoef te stop nie en die rollerwiele waarop sy “ram” beweeg, verminder wrywing en verseker ’n lang raamlewe. Dis maklik en gou om nuwe baalrye te begin en voltooide rye af te sluit. Die “wors” bale word sagkens neergelaat op ’n “bewerstert” met rollers, en die bale word styf teenmekaar ingeryg sodat geen lug kan indring om jou voer te benadeel nie. As jy sake nog lekkerder, makliker en vinniger wil maak, praat dan met die Vitamech-span oor opsies soos die Twin Wrap-stel wat die beskerming verdubbel en die toedraaityd verminder, die robuuste afstandbeheerder wat tot op 30 meter werk, ’n sterker enjin en hidrouliese pomp vir vinniger toedraaiwerk, ’n filmsensor wat die masjien stop as die toedraaiplastiek opraak, ’n hidrouliese aandryfstelsel wat die toedraaier sonder trekker van ry na ry laat stap en ’n werklig sodat jy tot laat in die nag kan bale toedraai. Vir meer inligting oor Sun Gold Stretch Film-baalplastiek, kontak Barry Raats, barry@vitamech.co.za, 021-907-8000/082-801-6109. As jy meer oor die Tube-Line-baaltoedraaier wil weet, praat met: Jurie Swart, jurie@vitamech.co.za, 083-375-8840, Louis v/d Merwe, louis@vitamech.co.za, 072-626-8409 of Shaun Fourie, shaun@vitamech.co.za, 082-803-1014.

Vitamech se Sun Gold Stretch Film beskerm jou voer voortreflik. Dit is besonder sterk en skeurtraag en weerkaats die son se skadelike ultravioletstrale sodat die bale se temperatuur grootliks konstant bly. Daarby klou die baalplastiek werklik om te verseker dat die suurstof- en vog-inhoud optimaal bly.

Die Tube-Line-baaltoedraaier draai ’n hele ry bale kop aan kop toe: vinnig, maklik en doeltreffend. www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

11


12

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Bly koelkop met die verf wat kan dink n vra hulle my waarom dek ek hom nie dan sê ek as die son skyn dan lek hy mos nie.” Só lui ’n versie oor die vaal ou pondokkie met die lekkende dak in die lied oor kwaai oom Karel Malang van Aasvoëlgesang se mooi dogter. Gelukkig is ons boere nie so kortsigtig soos die vryer in hierdie lied nie – ons boere weet dat winter in die somerreënstreke die tyd van die jaar is om al die dakke op die plaas weer dig en diensbaar te maak. Dakke beskerm immers waardevolle bates soos diere, werktuie, voer, voertuie en mense. Die wyse boer wat eens en vir altyd die beste diens uit sy dakke wil put en nie elke winter die werk oor wil doen nie, se eerste stap in daksorg is om by Vermillian Verf aan te klop. Dis waar hy die beste raad en die beste produkte kry om sy dakke te beskerm sodat die dakke sy bates kan beskerm. So ’n boer is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery naby Viljoenskroon. Hunter’s Rise huisves sowat 6 500 varke en om al hierdie varke gesond en tevrede te hou sodat hulle ten beste presteer, is gerieflike huisvesting met digte, doeltreffende dakke noodsaaklik.

“E

Koel diere presteer meer Die nanotegnologie van Vermillian se Solar Aircon waarmee die dak van Hunter’s Rise-varkboerdery se KI-sentrum behandel is, sorg vir ’n lekker koel temperatuur op snikwarm somersdae. Gemaklike sôe vat makliker en sorg dat die boerdery winsgewend werk. Solar Aircon is geskik vir alle dierebehuising, maar ook vir skure, pakhuise en woonhuise. Dit is in verskillende mooi kleure te kry.

Besoek www.vermillianpaint.com vir wenke en meer inligting oor die spesiale winteraanbod op al Vermillian se nanoprodukte

prestasie merkbaar benadeel. Dit geld veral vir die boerdery se sentrum vir kunsmatige inseminasie, waar temperatuurskommelinge bevrugting – wat die begin van die produksieproses is – kan benadeel. Maar Vermillian het ’n plan: ’n produk genaamd Solar Aircon, wat die temperatuur onder ’n dak wat daarmee behandel is op warm dae met 6 tot 7 grade Celsius verlaag. Afhangend van verskeie faktore is daar gebruikers wat ’n kleiner verbetering kry, maar daar is ook gebruikers wat daarin slaag om die temperatuur met tot 10 grade te verminder. ’n Temperatuurdaling van slegs enkele grade op ’n warm dag kan ’n aansienlike verskil in diereproduksie meebring, vertel John. Hy self kan sommer sien hoeveel gemakliker sy varksôe onder Solar Aircon is. Dit geld ook vir ander diere onder dak, soos hoenders en Vermillian se hittewerende verf skep gerieflike, koel melkbeeste en omstandighede waarin diere gemaklik kan leef en op hulle beste kan die mortapresteer. liteitsyfer

Koel plan Vroeër het ProAgri beskryf hoe Vermillian se Verust roes uitknikker en wat Vermillian se nanotegnologie-waterdigting vir boere kan doen. Maar Vermillian bied nog ’n baie belangrike voordeel vir dakeienaars: temperatuurbeheer. Enige boer weet dat diere wat gemakliker is minder geïrriteerd raak en beter groei, sê John. In die somermaande, en selfs op sonnige wintersdae, kan dit soms ongemaklik warm raak onder sinkdakke en dit kan die varke se

www.proagri.co.za

aansienlik afbring. Om Solar Aircon aan te wend is baie maklik. As die sinkdak nog nuut is, is dit raadsaam om dit eers met Galvanise Cleaner, ook beskikbaar by Vermillian Verf, te behandel. As daar ’n roesgevaar is, kan dit met Vermillian se Verust beheer word. Solar Aircon word dan oorkruis in twee lae met die kwas op ’n skoon oppervlakte aangewend en siedaar, jou diere sal jou bedank. Soos Vermillian se ander produkte, bind Solar Aircon baie goed sodat dit nie oplig of afdop nie, sê John met ’n tevrede glimlag. Verdere goeie nuus is dat doeltreffendheid nie eentonig hoef te wees nie. Solar Aircon is in verkillende kleure te kry, soos kalahari, mosgroen, sonskyngeel, wit en naaswit. Al die kleure weerkaats die son se warmte ewe goed, want soos met Vermillian se waterdigting, lê die geheim in gevorderde nanotegnologie. Vermillian staan nie verniet bekend as die verf wat kan dink nie. Lees in ProAgri 134 hoe Vermillian roes troef en in ProAgri 135 (www. proagri.co.za) hoe Vermillian jou help sodat jy nooit weer met ’n lekkende dak, dam, tenk of krip hoef te sukkel nie. Dis nou die tyd om aandag aan dakke te gee. As jy die angel uit volgende somer se hitte en daklekkery wil pluk, praat nou met Vermillian Verf se behulpsame slimkoppe by 012-335-0330, 012-546-3350, 012-335-5446 of 012-345-4273. Besoek ook enigeen van Vermillian se winkels of die webwerf, www.vermillianpaint.com. ProAgri 137 – Junie / June 2011

13


SENTER 360

Passievol oor spilpunte! By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontse end sterk is en buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied. Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel masjiene), toringstu e, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvas gheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook op ons beheerpaneelreeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillende vlakke van outoma sering en kommunikasie opgradeer word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom wat die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gra s opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas -kombinasie aangedryf word. * Termes en voorwaardes geld Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

14

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

Valley bly die boer se watermater Dié breë glimlag van ’n boer wat weet hy kan op Valley-doeltreffendheid en -betroubaarheid reken, behoort aan Kobus Botha van H&T Honiball Boerdery naby Bergville. it my ondervinding is Valley die beste spilpunt.” Dit is die onomwonde woorde van Kobus Botha van H&T Honiball Boerdery by Bergville aan die voet van die Drakensberge in Natal. In hierdie familieboerdery doen elke broer en swaer sy deel. Saaiery is Kobus se deel en volgens hom kon Valley net so wel ook een van die familie gewees het, so belangrik en getrou is die rol wat die boerdery se spilpunte speel. Een van die boerdery se nege spilpunte waaronder mielies, soja en koring geproduseer word, was van ’n ander soort, maar Kobus het hom al so ge-Valleyfiseer dat hy ook al die betroubaarheid vanself is. Valleyfiseer? Dit is Valley se oplossing vir boere om gewone spilpunte tot Valley-gehalte op te gradeer. Valley maak regte Valley-motors en ratkaste en ander onderdele wat ook op gewone spilpunte pas sodat jy ’n spilpunt stuk vir stuk kan opgradeer totdat hy ’n trotse, doeltreffende Valley is. Die nie-Valley se rubberkoppelings is al met Valley-koppelings vervang, net twee van sy ratkaste is nog nie Valley nie, sy sproeierpakket is met Valley vervang om hom meer doeltreffend te maak en sy beheerkas is ook al Valley. En met elke stukkie Valleyfisering word die spilpunt beter, betroubaarder en doeltreffender. Met die volbloed-Valley-spilpunte ondervind Kobus geen probleme nie – net plesier en goeie diens. Valley se struktuur is eenvoudiger maar baie sterker as sommige ander spilpunte s’n, sê Kobus. Terselfdertyd is dit ligter as ander spilpunte. Die boerdery het nog nie een Valley gehad wat omgeval het of ’n oorhang verloor het nie.

“U

www.proagri.co.za

Hulle het wel ’n Valley-spilpunt wat kan swem, vertel Kobus! Dis ’n halfsirkel wat al twee keer in die dam ingeloop het, en dan elke keer ewe luiters weer teruggeloop het sonder die geringste skade. Hy is so tevrede met sy Valleyspilpunte dat hy nie eers daaraan dink om ’n ander soort te oorweeg nie, sê Kobus, ook nie vir die nuwe sirkels wat hy besig is om uit te merk nie. “Ek sien mos hoe ander boere met ander spilpunte spook.” Een buurman het ’n ander soort spilpunt waarvan twee torings nou al twee keer omgeval het. Ten einde raad het hy die regte ding gedoen: Valley se mense gebel. Die Saterdag het die torings geval en Maandag was die Valley-agent daar om die twee torings te Valleyfiseer. Daarmee is die omvallery op ’n einde. Hierdie soort flink Valley-diens is baie belangrik vir die besproeiingsboer. Onderdele en diens moet altyd beskikbaar wees, want gesaaides kan nie wag vir water nie. Aanvanklik het Valley se mense Kobus gehelp met die beplanning en uitmeet van nuwe sirkels, toevoerlyne en pompe, maar intussen het hy so gekonfyt geraak dat hy hierdie diens nie meer nodig het nie – hy doen dit nou self. Maar ’n boer wat vir die eerste keer spilpuntbesproeiing wil toepas, kan verseker wees dat Valley hom die regte kundige raad en hulp sal gee om ’n sukses te maak. Vir Kobus is dit belangrik dat ’n spilpunt se struktuur stewig moet wees, aangesien hy 1 000 uur per jaar met sleepspilpunte besproei wat van die een sirkel na die ander verskuif moet word. Steeds toon daardie Valley-spilpunte geen teken van swik of inmekaarval nie.

Voorts is dit vir Kobus baie belangrik dat ’n spilpunt se elektronika en veiligheidsmeganismes perfek moet werk en betroubaar moet wees. Ook hier slaag Valley die toets loshande. As jy ook vooruit wil boer met besproeiing, praat met Gert van der Werff van Valley Besproeiing by 082-451-5055 of 011-814-4464 vir meer inligting en om te hoor waar jou naaste verskaffer is.

H&T Honiball Boerdery se koring begin nou nog net opkom in hierdie sirkel, maar hulle weet al hulle kan op Valley reken vir die besproeiing wat ’n wenoes sal verseker. ProAgri 137 – Junie / June 2011 15


Hulpbronbestuur

Ons boer saam Die aard en belangrikheid van familie-boerderye in Suid-Afrika (1) deur Elmarie Venter amilie-ondernemings lewer ’n beduidende bydrae tot die wêreld- en Suid-Afrikaanse ekonomie. Na raming kan tussen sowat 70% en 90% van ondernemings in ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë as familieondernemings geklassifiseer word. Die meerderheid boerderye in SuidAfrika kan ook as familie-ondernemings geklassifiseer word. Hierdie familieboerderye vorm die grondslag van die landbousektor, daarom is dit belangrik dat hierdie sektor van ons ekonomie gesond bly, want ons land se maatskaplike en ekonomiese welvaart hang in ’n groot mate van hulle af. ’n Boerdery word as ’n familieonderneming of ’n familieboerdery geklassifiseer indien ’n enkele familie ’n beherende aandeel in die boerdery het, twee of meer familielede regstreeks by die bedryf of bestuur van die boerdery betrokke is, en die senior geslag familielede (ouers) van voorneme is om die boerdery aan die jonger geslag van dieselfde familie (kinders) oor te dra. Familielede kan ook lede van die uitgebreide familie, soos ooms, tantes, neefs, niggies en skoonfamilie insluit. ’n Familieboerdery is grondliggend verskillend van nie-familie-ondernemings in Suid-Afrika. Die belangrikste verskil is dat die belange van die

F

onderneming (boerdery) nou verweef is met die belange van die familie, asook met die bloedbande, emosionele verwantskappe, eienaarskapsvraagstukke en magsverhoudinge binne ’n bepaalde familie. ’n Groot uitdaging is om familiebelange in ooreenstemming met die boerdery se sakebelange te bring. Verskille in die boerdery spoel gewoonlik oor na familieverhoudinge en omgekeerd. As die interaksie tussen die familie- en boerderybelange nie doelmatig bestuur word nie, kan dit tot ’n ernstige botsing van belange lei wat die volhoubaarheid van die boerdery benadeel. Die onvermoë om die unieke karaktertrekke van ’n familieboerdery te verstaan, kan lei tot konflik, konstante (sake-) probleme en geleenthede wat misgeloop word. Dit kan nie net die onderneming benadeel nie, maar ook tot familiekonflik en twis lei. Die langlewendheid van hierdie ondernemings is egter ’n groot bron van kommer. Dit is algemeen bekend dat slegs 30% familie-ondernemings suksesvol na die tweede geslag en slegs 10% na die derde geslag oorgedra word. Hoewel dié statistiek nie summier regstreeks op die Suid-Afrikaanse landbousektor van toepassing gemaak kan word nie, is dit nogtans skokkend.

Verskeie familieplase beland binne tien jaar nadat die jonger geslag familielede dit oorgeneem het, in die hande van vreemdelinge. Die verlies van ’n familieplaas kan ernstige maatskaplike en ekonomiese gevolge vir die betrokke familie inhou. Min families herstel van die teleurstelling en skok om ’n familieplaas te verloor. Mislukking, hetsy geldelik of andersins, van ’n familieboerdery kan verskeie oorsake hê. Volgens prof Stephan van der Merwe van die Noordwes Universiteit is die volgende klassieke voorbeelde van faktore wat tot die mislukking van familieboerderye lei: • Gebrekkige of geen opvolgbeplanning: Een van die belangrikste redes, indien nie dié rede vir die hoë mislukkings-koers van familieboerderye, is die familie se onvermoë en onwilligheid om betyds te beplan vir eienaarskap- en bestuursopvolging. Die tekort aan geld om aan die eise van die testament en die opvolgplan te voldoen, lui die doodsklok vir menige familieboerdery. • Die familieboerdery is geldelik nie in staat om almal te akkommodeer nie: Dit is gewoonlik ’n probleem as meer as een kind plaas toe kom. Die boerdery sukkel geldelik en sterf ’n

Die vier Van Greunen-broers, Nelius, Johan, Bennie en Christie hanteer elkeen ’n vertakking van hulle uitgebreide boerdery in die Outeniekwa. Nelius sê om deel te wees van so ’n span beteken dat ’n mens nooit alleen staan nie. 16

ProAgri 137 - Junie / June 2011

www.proagri.co.za


stadige dood. • Nepotisme: Familie word dikwels op grond van bloedbande in diens geneem of bevorder, eerder as op grond van bevoegdheid of toepaslike vaardighede. • Die sterk en dominante vader: Die vader het ’n sterk en dominante persoonlikheid. Hy doen alles alleen en gee nie sy wederhelf en kinders die geleentheid om te ontwikkel, besluite te neem en verantwoordelikheid aan te leer nie. • Die skielike sterfte van die vader: As veral ’n dominante vader skielik wegval, is daar groot probleme. Ná sy afsterwe sukkel sy wederhelf en jong kinders om die mas in die boerdery op te kom. • Rykmanskinders: Dit is die kinders van vermoënde boere wat alles kry wat hulle harte begeer. Hulle is spandabelrig en ken nie swaarkry nie. Die boerdery word mettertyd geldelik gedreineer. Skoonkinders is dikwels ook groot sondaars. • Konflik tussen die kinders: Ná die aftrede of afsterwe van die ouers ontstaan magstryde tussen die kinders. Dit lei tot groot konflik. Eiebelang word eerste gestel en die boerdery ly daaronder. • Konflik oor die testament: Konflik ontstaan oor die billikheid en die regverdigheid van die erflating.

www.proagri.co.za

• Die kinders stel nie belang om te boer nie: Dit is ’n tameletjie. Dit kinders het dalk nie ’n goeie gesindheid teenoor die plaas nie, beoefen ’n suksesvolle professionele beroep of hulle voel hulle sal nie op die plaas hulle potensiaal kan verwesenlik nie. • Daar is net dogters: Baie vaders voel dat dogters nie bevoeg en bekwaam is om te boer nie. Hulle fokus meer daarop om die regte skoonseun te soek, in plaas daarvan om hulle dogters te ontwikkel en lief te maak vir die plaas. Teen hierdie agtergrond is dit dus belangrik dat die oorsake van probleme in die familieboerdery betyds geïdentifiseer word. Bestuurders fokus dikwels op die simptome eerder as die oorsake van probleme. Dit het gewoonlik ’n krisisbestuursbenadering tot gevolg. Die eienaar-bestuurder moet daarom deeglik kennis dra van dié oorsake en unieke uitdagings en voorkomend optree voordat dit te laat is. In die volgende paar uitgawes gaan ons kyk hoe om die unieke uitdagings van familieboerderye te bestuur. Aspekte soos onder meer opvolgbeplanning, die rol van die vrou in familieboerderye, konflikhantering en eienaarskapbeplanning, sal bespreek word.

Hierdie reeks artikels word deur professor Elmarie Venter van die Departement Ondernemingsbestuur, NMMU (Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit), geskryf. Haar navorsingsveld is familie-ondernemings en vraagstukke soos opvolging, die rol van die vrou, ensovoorts, en sy werk tans aan ’n boek daaroor.

ProAgri 137 - Junie / June 2011

17


Veeboerdery

Bestry wurms in die veekudde met miseiertellings s jy ’n doseermiddel gebruik wat ondoeltreffend is, gaan dit jou meer kos as net die kostes van die doseermiddel. So sê dr Flip van Schalkwyk, spesialis-veearts in parasitologie. Indien jy met skape, bokke of beeste boer, kan jy gerus Spreuke 27:23 gaan lees: “Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe.”

A

Antwoord nou die volgende vrae: • Wat is die huidige wurmstatus in jou trop of kudde? • Was die laaste dosering (ontwurming) wat gedoen is doeltreffend? • Is daar enige weerstand teen wurmmiddels op die plaas? • Weet jy watter wurmsoorte teenwoordig is in die vee op jou plaas?

wiskundetoets te slaag: Ja. Om wurms in die kudde te beheer: Nee. Hieruit blyk dit duidelik dat daar so na as moontlik aan 100% doeltreffendheid nodig is as dit by wurmbeheer kom. Daar is egter nie een middel op die mark wat 100% doeltreffend is nie, en juis daarom is dit so belangrik om miseiertellings te doen, verkieslik voor en na dosering om te bepaal hoe doeltreffend die middel is. Hou in gedagte dat daardie wurms wat nie gedood word nie, eiers produseer teen ongeveer 5 000 – 10 000 eiers per wyfie per dag. Dit beteken kortweg dat daar derduisende eiers op die weiding beland van wurms wat weerstandbiedend is teen die middel wat alreeds net 75% doeltreffend is. Geen oorlog is al ooit gewen waar die vyand nie bekend was nie. Die oorlog teen wurms kan alleenlik gewen word as die vyand bekend is:

Foto: Leon Kruger Een van die tipiese tekens van haarwurmbesmetting by skape en bokke is die kwakkeel wat voorkom wanneer daar al definitiewe bloedarmoede is.

Dit is noodsaaklik om die antwoorde vir die bogenoemde vrae te ken; hoe anders gaan jy weet of die wurmmiddel wat jy gebruik doeltreffend is al dan nie? As daar nie so ’n hoë koste • Weet watter wurms kom voor. aan dosering verbonde was nie, dan • Weet in watter getalle kom hulle kon ’n mens dit seker regverdig om voor. deur middel van blinde probeerslae • Weet of die middels waarmee Foto: UP antwoorde op die bogenoemde vrae te baklei word, werk. vind. Die bleek oogslymvlies is kenmerkend Daar is egter net een manier om die Dit alles kan slegs gedoen word deur van bloedarmoede wat deur wurms raaiwerk uit te skakel: “Om te meet is miseiertellings, larwekulture- en veroorsaak word. om te weet.” Met die wydverspreide miseiertellingreduksietoetse te laat voorkoms van wurmweerstand teen doen en dan saam met ’n opgeleide doseermiddels, het die tyd aangebreek kundige die resultate en strategie te dat wurmbeheer gegrond moet word bespreek. op beproefde wetenskaplike maatreëls. Wurmbeheer berus nie alleenlik by In die verlede was daar die die toediening van doseermiddels nie, probleem dat miseiertellings slegs maar dit begin daarmee. Maak dus beskore was vir plase wat naby genoeg seker dit werk, anders val al die ander aan sentra was waar die monsters maatreëls ook plat. ontleed kon word. Dit was grootliks weens die feit dat die mismonsters Vir enige navrae in verband met koud gehou moes word en die mismonsterontledingsdienste soos laboratorium binne ’n sekere tyd moes wurmeiertellings, larwekulture- en bereik. wurmbeheer, kontak dr Flip van Daardie probleem is ook nou Foto: Leon Kruger Schalkwyk by 082-783-7179 of oorkom danksy ’n nuwe tegniek wat dr Glyn Catton by 012-672-9169/ ontwikkel is. Dit behels dat die Melklintwurmsegmente soos gesien in 082-663-2664. mismonsters vakuumverseël word met die mis van ’n lam. gewone huishoudelike vakuumverpakkers wat in die Kyk na die volgende tabelle: handel verkrygbaar is. Die monster kan dan per posdiens Tipe haarwurmbesmetting Aantal wurms in die gasheer Volume bloedverlies per dag (toonbank tot toonbank) of Hiper-akuut 10 000 – 30 000 200 – 600 ml koerier versend word sonder Akuut 1000 – 10 000 50 – 200 ml enige verkoeling. Kronies 100 – 1000 5 – 50 ml Die waarde van misTipe haarwurmbesmetting Aantal wurms in die gasheer Aantal wurms in die eiertellings kan nie ondergasheer na dosering: skat word nie. 75% middel doeltreffendheid Die doeltreffendheid van ’n Hiper-akuut 10 000 – 30 000 2 500 – 7 500 wurmmiddel moet gemoniteer Akuut 1000 – 10 000 250 – 2 500 word. Vra jouself die vraag af: Kronies 100 – 1000 25 – 250 Is 75% doeltreffend? Om ’n 18

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Veeboerdery

Tal-Tec vat die berg na Mohammed:

Mobiele kraal maak dit maklik ie gesegde lui: As Mohammed nie na die berg wil gaan nie, vat die berg na Mohammed! Met Tal-Tec se nuwe Kraal-op-’n-sleepwa raak dit sommer kinderspeletjies om berge te versit! Dit was nog nooit so maklik om beeste op enige plek in die veld te hanteer soos met die slim-ontwerpte mobiele Kraal-op-’n-sleepwa nie. Tot die beeste op die “ver” plaas of huurweiding kan nou met gemak gespuit, gedoseer, onthoring of ge-KI word sonder om die diere aan te jaag of om ten duurste daar ook krale, drukgange en kopklampe op te rig. Die sleepwa is spesiaal ontwerp om nie net die vervoer van die hekke Embrio Plus maklik te maak nie, maar ook die op- en aflaai. Daarby het Tal-Tec seker gemaak dat die hekke lig genoeg is om maklik hanteer te word, natuurlik sonder om sterkte in te boet. Tot 120 beeste kan met gemak in die kraal pas as die volle stelsel uitgepak word. Boere kan enige kombinasie van

D

Op die sleepwa pas: 10 hekke (3m lank) 3 kort boograme 10 hekke (2,3m lank) 2 toegangshekke 1 hekraam (3m) 1 toegeboude 1 lang boograam nekklamp (2,3m)

hekke en/of die nekklamp kies. Die stelsel is ook ideaal vir landboudepartemente of veeartse wat op afgeleë plekke beeste moet gaan inent, vir skoudemonstrasies en vir veilings op plekke waar nie permanente krale is nie. Afslaers wat soms veilings op die “haaie vlakte” moet aanbied, kan gerus hierdie opsie van Tal-Tec oorweeg, want ’n gewone bakkie sleep die sleepwakraal met gemak, wat vervoerkoste aansienlik kan bespaar. Vind meer uit oor die Kraal-op-’nsleepwa by bronwen@taltec.co.za of skakel haar by 082-736-4476 of 012-250-2188

Tal-Tec se nuwe mobiele kraal maak dit moontlik om beeste op enige plek te hanteer.

Die nekklamp is aangepas vir vervoerbaarheid, maar die slim patent maak voorsiening daarvoor dat die bees se eie gewig die klamp stewig op die grond hou, want hy staan met sy voorpote op ’n vloerplaat, beduie Bronwen Talbot hier by Nampo.

Daar is geen gesukkel met los penne wat wegraak nie, want elke hek se pen is aan hom vasgeheg.

Die spesiale ligter hekke kan lag-lag deur een persoon hanteer word, maar as hulle eers staangemaak is, is dit enige bees se baas!

www.proagri.co.za

Die Tal-Tec-sleepwa is spesiaal so gebou dat elke deel van die kraal stewig op sy plek pas.

ProAgri 137 – Junie / June 2011

19


Veeboerdery

Wat doen die RPO? deur Gerhard Schutte – hoofuitvoerende beampte RPO ie Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is ’n onafhanklike produsente-organisasie wat streef na volhoubare en winsgewende rooivleisproduksie in Suid-Afrika. Die RPO poog om die belange van die kommersiële rooivleisprodusente binne die waardeketting van die rooivleisbedryf te beskerm en te bevorder en paat namens die produsent in die totale rooivleisbedryf. As kollektiewe bedingingsorganisasie is dit die RPO se taak om die ekonomiese welvaart van sy lede te verbeter. Een van die organisasie se belangrikste take is om die 40% ad valorem-invoertarief te beskerm en om ongerymdhede met vleisinvoere te monitor. Die RPO monitor ook alle wetgewing wat die rooivleisprodusent negatief kan raak en lewer namens die produsent kommentaar daarop deur die regte kanale. Buiten tariefbeskerming en onderhandelings ten opsigte van wetlike raamwerke, fokus die RPO ook op internasionale handelsooreenkomste, voorligting en dieregesondheid, asook uitvoerbevordering. Dit is die RPO se taak om produsente-belange en sake by owerheids- en nie-owerheidsinstansies te stel. So ook die vestiging en bevordering van ’n positiewe beeld van die produk en die bedryf. Verder is die RPO intensief betrokke by roofdierbestuur, veediefstalbekamping en- voorkoming, die bedinging en verlaging van inset- en bemarkingskoste, inligting oor produksiestelsels en markinligting. Die RPO het verteenwoordiging en inspraak by onder meer die volgende invloedryke instansies:

D

• Die Nasionale Landboubemarkingsraad. • Die Nasionale Landbounavorsingsforum. • Onderstepoort Biologiese Produkte. • Onderstepoort Veterinêre Instituut.

• Die Nasionale Veediefstalforum. • Georganiseerde landbou-organisasies. • Agri SA Bedryfskamer. • Lewendehawe Produsenteorganisasie, Namibië. • Die Predasie Bestuursforum. • Telersgenootskappe. • Nasionale en provinsiale staatsdepartemente. • Opleidingsinstellings. • Koördinerende Komitee vir die Welsyn van Lewendehawe. • Die Rooivleisbedryfstrust projek- en beplanningskomitee. Die RPO verteenwoordig ook rooivleisprodusente se belange in die Vleisbedryfsforum, wat na die totale waardeketting van die rooivleisbedryf omsien. Die RPO vorm saam met die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusenteorganisasie (NERPO), die Federasie van Rooivleisprodusente van Suid-Afrika. Die Federasie hanteer die kollektiewe belange van primêre kommersiële en opkomende rooivleisprodusente. Al hierdie krities belangrike funksies vir die oorlewing en welvaart van primêre rooivleisprodusente en die rooivleisbedryf in geheel, word befonds uit twee afsonderlike bronne; die statutêre heffing en ’n vrywillige produsenteheffing. Die statutêre heffing is binne die raamwerk van die Nasionale Landboubemarkingswet ingestel en word uitsluitlik aangewend om die volgende sake te bevorder: • Verbruikersekuriteit (voedselveiligheid). • Verbruikerskommunikasie en opvoeding (bemarking). • Navorsing en -ontwikkeling. • Bedryfskakeling. • Ontwikkeling van die opkomende sektor. • Produksie-ontwikkeling en bedryfsprojekte. Die RPO is saam met ander rolspelers verantwoordelik vir die funksies van verbruikersopvoeding, produksieontwikkeling en bedryfskakeling. Die RPO is ook verantwoordelik vir die bevordering van skaapvleis, in die vorm van die Skaapvleisbemarkingsforum. By dié forum word die boodskap dat rooivleis en spesifiek skaapvleis, as ’n voedselbron

20

ProAgri 137 – Junie / June 2011

oor unieke voedingseienskappe beskik, deur verskeie inisiatiewe uitgedra. Die bevordering van skaapvleis wat deur die Skaapvleisbemarkingsforum gedoen word, word gerugsteun deur wetenskaplike navorsing wat op skaapvleis gedoen is. Die huidige statutêre heffingstelsel, wat tot November 2013 geldig is, behels die volgende in die geval van beeste: • R3,87 per kop word van die verkoper verhaal en aan die koper oorbetaal by alle transaksies. • R6,45 per kop word by die verslagtingspunt deur die persoon wat die dier vir verslagting aanbied, betaal. • ’n Permit vir beesvleis-invoere kos R720 en lewendehawe agente moet 0,07% van hulle kommissie aan heffings betaal. In die geval van skape, geld die volgende: • R0,83 per kop word van die verkoper verhaal en aan die koper oorbetaal by alle transaksies. • R1,25 per kop word by die verslagtingspunt deur die persoon wat die dier vir verslagting aanbied, betaal. • ’n Permit vir skaapvleisinvoere kos R720 en lewendehawe agente moet 0,07% van hul kommissie aan heffings betaal. Die vrywillige heffing van die RPO word op ’n provinsiale grondslag gehef teen ’n 0,15% basis op transaksies dit is R1,50 per omset van R1 000. Die vrywillige heffing word aangewend vir RPO personeel en infrastruktuurkostes wat nie uit die statutêre heffing gefinansier mag word nie. Die vrywillige heffing maak dit moontlik om op provinsiale en nasionale vlak inspraak te hê in die proses om statutêre fondse aan te wend in die belang van die bedryf en produsent. Om deel te word van die RPO, skakel gerus een van die volgende persone: Nasionale RPO • Hoofuitvoerende beampte: Gerhard Schutte, 012-348-1933 • Mpumalanga: Koos Dafel, 082-4938428, • Noordwes: Wanda Potgieter, 018-632-0130, • Oos-Kaap: Adele Rhode, 041-365-5030, • Noord-Kaap:Corine van Rensburg, 053-832-9595, • Wes-Kaap: Helena van Eeden, 021-860-3800, • KwazuluNatal: Danneman Smit, 034-3411270, • Vrystaat: Carine Annandale, 051-451-2314, • Limpopo: Wilma Prinsloo, 015-297-3749, • Gauteng: Willie Clack, 082-574-2653. www.proagri.co.za


Veeboerdery

By Embrio Plus is sukses die doel ’n Paar algemene riglyne wat die boer kan volg is: - Die skenkers moet rustig en sonder spanning hanteer word. - Geen opgietdipmiddel moet gebruik word vanaf sewe dae voor die begin van die superovulasie tot die dag van spoeling nie. - Die skenkerkoei moet vir minstens drie weke voor die begin van die program by die voeding aangepas wees. - Maak seker dat die KI-proses suksevol verloop, want dit gaan hier oor bevrugte embrio’s. - Volg Embrio Plus se program noukeurig. Moenie dit aan onkundiges oorlaat nie.

Embrio Plus Dr Robert Treadwell is een van Embrio Plus se kundige veeartse wat verantwoordelik is vir embriospoelings en -oorplasings.

mbrio-oorplasings is wêreldwyd die vinnigste en goedkoopste metode van genetiese vordering. Dr Mornè de la Rey van Embrio Plus op Brits sê al hoe meer telers gebruik embrio-oorplasings, of wil dit gebruik. Soos semenversameling die vermeerdering van bulgenetika bewerkstellig, is embrio-oorplasings tans die beste ekonomiese manier om koeigenetika in melk- en vleisbeeste te vermeerder en te bewaar, sê hy. Boere moet egter weet wat dit behels, want die fisiese oorplasing van die embrio is net een deel van ’n totale program wat die boer moet bestuur.

E

Hoe werk embrio-oorplasing? Die skenkerkoei word hormone gespuit om meer eierselle te produseer. Die eierselle wat met bulsemen van die boer se keuse bevrug word, ontwikkel tot embrio’s en word sewe dae na bevrugting uit die skenkerkoei gespoel. Elke embrio word dan na ’n ontvanger, wat geneties van laer gehalte is, oorgeplaas. Die ontvanger dien as draer en voorsien die embrio van voedingstowwe om tot ’n kalf te ontwikkel, baar die kalf en maak dit groot. Die skenkerkoei kan herhaaldelik elke 7 tot 8 weke gespoel word of dragtig gemaak word om weer ’n kalf te dra. Waarom behoort ’n boer embriospoeling te oorweeg? - ’n Waardevolle koei se nageslag kanvermeerder word sonder dat sy elke keer deur die kalwingsproses hoef te gaan. - Spoeling van ’n koei wat haarself al as ’n goeie teelkoei, soos moeder van skou-kampioene of van ’n KI-bul bewys het, help die boer met voorspelbaarheid. www.proagri.co.za

- ’n Vers met waardevolle genetika kan gespoel word om die generasie-interval te verkort. - Dit stel die boer in staat om spesifieke genetiese lyne te kies en te vermeerder. - Meer dragtighede kan met duur of skaars semen verkry word. - ’n Ouer koei of ’n beseerde koei wat nie meer self kan kalf of teel nie, se genetika hoef nie verlore te gaan nie. Keuse van skenkers Embrio Plus staan boere graag by om die regte skenkerkoeie te kies, maar gee die volgende raad: Nie alle koeie is goeie skenkers nie. Daar moet eers gespoel word om te bepaal wat die koei se skenkvermoë is. Mornè sê: “Ons beveel aan om ’n koei drie keer te spoel, aangesien daar baie faktore is wat ’n rol speel by die sukses van die spoeling. Dit stel ons en die boer in staat om probleme uit te stryk en moontlik ’n ander superovulasieprogram te probeer.” Moontlike probleme kan sistemies van aard wees, soos haar baarmoederomstandighede, spanning op die koei, bestuursfoute, omgewingsfaktore soos klimaat en reën, voedingstoestand en semengehalte. Die aantal embrio’s wat ’n skenkerkoei produseer, wissel ook na gelang van ras, ouderdom en laktasiestadium. Hantering van skenkers Skenkerkoeie moet reg hanteer word. Embrio Plus werk saam met die plaaslike veearts aan die roetine-voorbereidingswerk. Die veearts kan byvoorbeeld seker maak dat die koei se baarmoeder na kalwing normale involusie ondergaan het, dat sy skoon en gesond is en dat haar kondisie reg is.

Keuse en hantering van ontvangerkoeie ’n Paar van die riglyne wat hier geld is: - Gebruik vrugbare diere. - Verse is goeie ontvangers mits hulle geslagsryp en groot genoeg is. - Die swakste ontvangers is eerstekalfkoeie. - Benut die diere wat jy het volgens potensiaal; dis goedkoper en veiliger as om onbekende diere in te koop. - Kies ontvangers wat groot genoeg is om die skenkers se kalwers te dra. - Kondisie is baie belangrik: ’n Kondisie-telling van 2,5 tot 3 is ideaal. - Minstens tagtig dae moet na kalwing verloop voor oorplasing. - Moenie ontvangers gebruik wat al twee keer voorheen onsuksesvol gebruik is nie. - Voeding, vitamine-aanvulling en die rustige hantering van die ontvanger is belangrik. Dit is belangrik dat ’n veearts die ontvangers ondersoek voor die begin van die program en dat hulle hittetyd behoorlik gesinkroniseer word. Mornè sê: “Al is dit dikwels ’n probleem om genoeg ontvangers te kry, stel ons voor dat omtrent tien ontvangers vir elke skenkerkoei voorberei word.” Dragtigheidsondersoeke moet op twee maande gedoen word. Die embrio groei stadiger as normaalweg en die fetus is baie meer sensitief. Resorpsie vind makliker plaas. Die belangrikste beginsel rakende die kalwingsproses is: Die kalf is baie meer werd as die ontvanger! Embrio Plus ontwikkel ook embriooorplasingsprogramme binne boere se teelbeleid en breë kuddebeplanning. Soos Mornè sê: “Ons werk saam vir sukses.” Kontakbesonderhede: Skakel Embrio Plus 012-250-2359, info@embryoplus.com, www.embryoplus.com ProAgri 137 – Junie / June 2011 21


Lekkerlees

Agrikyk & Lees Siektes en parasiete by skape en bokke in Suid-Afrika deur Pamela en Peter Oberem ISBN: 978-0-620-49562-2 Uitgewer: Landbouweekblad en Afrivet een skaap- of bokboer in SuidAfrika behoort sonder hierdie volledige siektegids betrap te word nie. Die Oberem-veeartspaar is bekend vir die volledige en duidelike manier waarop hulle inligting aan boere oordra en die boek wat pas verskyn het, is geen uitsondering nie. Die boek bevat inligting oor al die siektes wat skape en bokke teister, asook inwendige en uitwendige parasiete. Daar is ook ’n hele afdeling oor vergiftiging, omdat baie van die simptome met dié van siektetoestande verwar kan word. Die afdeling oor diagnose en ondersoek gaan boere baie help om te besluit wanneer hulle self kan optree en wanneer die veearts se hulp ingeroep moet word. Maar miskien die belangrikste van alles, is die uitgebreide afdeling oor die voorkoming van siektes. Dit gaan oor keuse van ras, bestuur, voeding en selfs roofdier bestuur. Die belangrikheid van inenting word so beklemtoon: “Die gebruik van entstowwe om infeksiesiektes te voorkom, is ’n klein belegging met hoë opbrengste. Die koste van die entstof is altyd laag teenoor die koste van die dier.” Die “Sleutel tot algemene siektesimptome” agter in die boek gee vir die boer ’n vinnige verwysing na moontlike siektes, sodat hy betyds kan optree om daardie skapie wat byvoorbeeld skielik begin hoes se lewe met die regte behandeling te red. Die hardebandboek van 140 bladsye met sy magdom duidelike foto’s het ook plek waar boere aantekeninge kan maak, want dit is ’n boek wat gebruik moet word. Siektes en parasiete by skape en bokke in Suid-Afrika kan teen R330 (posgeld uitgesluit) by Kejafa Knowledge Works bestel word. Stuur ’n e-pos na kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388 om die boek te bestel.

G

Een gelukkige besoeker aan ProAgri se bakkiesblad (Facebook) kan die nuttige boek wen. Volg net die aanwysings hieronder:

Wen!! Siektes en parasiete by skape en bokke in Suid-Afrika Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook en “Laaik” ons Prystrekking vind op 15 Julie plaas en die wenner sal per Bakkiesblad laat weet word. 22

ProAgri 137 – Junie / June 2011

Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: Julle moet nou sê waar julle staan sê TLU SA aan regering In ’n skerp bewoorde verklaring het TLU SA se president, mnr Ben Marais gesê die ANC sal self aan sy mense moet verduidelik as daar ’n kosskaarste in die land sou ontstaan: http://bit.ly/waar Agri SA looi geskiedkundige wanvoorstellings Kommersiële boere kan nie gebrandmerk word al sou hulle hul plase onregmatig bekom het nie, het dr Theo de Jager, visepresident van Agri SA in ’n verklaring gesê: http://bit.ly/AgriSAlooi Boere toe nie grootste kragdiewe Eskom het vroeëre verklarings dat boere die grootste kragdiewe in die land is, teruggetrek. Dit was glo ’n “wanvertolking van data”: http://bit.ly/kragsteel Boere moet hulleself beveilig na Malema se uitsprake Dr Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront-Plus en adjunkminister van Landbou, het boere gewaarsku om hulleself te beveilig na Julius Malema se uitsprake: http://bit.ly/boereveilig Europese boere kry komkommer kompensasie Europese groenteboere wat reuse verliese gely het sedert die skuld van die E-coli-uitbraak op besmette komkommers geplaas is, gaan vergoed word met 210 miljoen euro: http://bit.ly/komkommer Maagvirus in Europa het niks met voerkrale te doen nie Dit is nie eers die moeite werd om te reageer op bewerings dat die uitbreking van ’n E-coli-verwante siekte in Duitsland iets met die gebruik van antibiotika in voerkrale te doen het nie sê Dave Ford van die Voerkraalvereniging: http://bit.ly/maagvirus BTW drama: Nie net boere betrokke Dit blyk uit ’n gesprek tussen Agri SA en SARS dat die drama wat in die Vrystaat ontvou het oor sogenaamde vervalsde BTW-eise nie noodwendig landbougerig is, soos in die media gerapporteer nie: http://bit.ly/BTWdrama Melkpryse deur kopers verhoog Die MPO sê hy ontvang ’n toenemende aantal berigte oor die verhoging van produsente-pryse deur melkkopers regoor die land, in sommige gevalle met soveel as 20 sent per liter: http://bit.ly/mtrnA9 www.proagri.co.za


Lekkerlees Christo Wiese van die Koue Bokkeveld verwarm die winter en wen ’n musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, met ’n hele paar pittighede:

agrilag

Slegte nuus Klein Jorsie se pa vra hom eendag: “Weet jy van die blommetjies en bytjies?” deur Dom Boer “Ek wil dit nie hoor nie!” sê Jorsie en bars in trane uit. Verward vra die pa vir Jorsie wat fout is. “Ag Pa," snik klein Jorsie, “toe ek ses was het Pa vir my gesê daar is geen Kersvader nie. Toe ek sewe was het Pa gesê daar is geen Paashaas nie. Toe ek agt was het Pa gesê daar is geen tandemuis nie. As Pa my nou gaan vertel dat grootmense nie regtig vry nie, het ek niks meer om na uit te sien nie.” Wrange waarheid Die ouerige oom is al duidelik oor sy beste jare. Hy vra die instrukteur van die gimnasium: “Ek wil daardie mooi meisie beïndruk. Watter masjien dink jy moet ek gebruik?” Die instrukteur bekyk hom so en antwoord: “Ek dink die masjien wat die beste vir jou sal werk, is die OTM in die portaal.” Heel logies Die reisiger besluit skielik hy wil die naweek by die huis deurbring. Hy telegrafeer vir sy vrou en spring in die pad. By die huis vind hy sy vrou in die arms van ’n vreemde man. Hy sê vir haar hy gaan haar om ’n egskeiding dagvaar en gaan slaap in ’n hotel. Die volgende dag bel sy skoonpa: “Ek is seker my dogter sal ’n verduideliking vir haar gedrag hê. Wil jy nie tot môre wag voordat jy iets aan die egskeiding doen nie?” Teësinnig stem die man in. Die volgende oggend kom sy skoonpa daar aan, baie ingenome: “Ek het geweet Grietjie sal ’n goeie verduideliking hê,” sê hy: “Sy het nie jou telegram gekry nie.” Kry vir jou! ’n Ou wat duidelik te veel rook en drink besoek die dokter. Dokter: “Hoeveel sigarette rook jy per dag? Pasiënt: “So veertig, Dokter.” Dokter: “Dink jy jy sal dit kan opstoot tot so tagtig per dag?” Pasiënt (wat dink dis darem ’n lekker dokter): “Seker Dokter, maar hoe dan so?” Dokter: “Miskien val een van jou longe plat, dan is daar meer plek vir jou lewer!” Kuis, asseblief Wat het die ou hen vir die jong hennetjie gesê? – My Kind, ’n dame lê nie so nie. Vreeslike wraak “Vrou,” sê die boer op sy sterfbed, “belowe my as ek doodgaan sal jy met ou ryk Sjieling Siebert trou?” “Maar waarom?” “Hy het my eenkeer met ’n veetransaksie verkul.” Regtig gehoor Jors: “Ek het ’n plaas gekoop wat twintig kilometer lank en ’n duim breed is.” Sors: “Wat gaan jy daarmee doen?” Jors: “Spaghetti kweek.” Jy kan ook ’n musiekpiering van die Bosveldklong wen. Stuur jou grappies aan domboer01@mweb.co.za of Proagri, Posbus 32123, Glenstantia, 0010. www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

23


AgriGids

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk Marlien vd Westhuizen

24

(Bloemfontein) (Pretoria)

ProAgri 137 – Junie / June 2011

082-381-7563 | 051-446-0789 012-362-2730

stefan@agritrader.co.za marlien@smartpublishing.co.za

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

25


AgriGids

Baie geluk aan Nico Venter van Noordwes. Hy het ’n naweek vir twee by Farm Inn net buite Pretoria gewen deur ons wedstrydvraag op die webwerf reg te antwoord.

Die vraag was: Hoeveel eksemplare van ProAgri word elke maand versprei? Die antwoord is: 60 000 Adverteer u gaste- of jagplaas in ons spesialis-tydskrif Stay.Play.Eat Skakel Renier van Vuuren by 082-555-6866

26

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

CC 2008/168787/23 Enquiries/Orders: Retha 011-693-5234 / 076-759-2042

www.tagsforafrica.co.za

GeneGids

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

27


GeneGids Veilings 28

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Veilings

Enquiries: KirtoN Livestock and Property Agents PO Box 1528 Dundee 3000 Office: 034-218-1261 Stoffel Mouton: 082-329-0225 Trevor Ehrens: 082-739-0226 Auctioneer: Brandon Leer: 082-570-5863 Brokkie Brockman: 084-429-3091 André Pitout: 072-300-3921 Pieter van Zyl: 082-459-0668

www.proagri.co.za

Bulls: 27 Bonsmaras WB Stein & son (20) Al Barakah (7) 4 Simbra J Prinsloo (4) 23 Simmentalers LCS Meintjes (15) NJ van Zyl (8) 15 Brahmans J Mahne (2) FH Venter (3) J Prinsloo (5) B Pringle (5) 8 Borans Zebu Boerdery (4) PG Borans (4) 5 Brangus Tetaan Henning Red (4) Tetaan Henning Black (1) 5 Drakensbergers Swartkoos Cecag (5) Rams: Black Head Dorper Rams LCS Meintjes (8) Dohne Merinos J Beukes (4) Sufflok HE Engelbrecht (5) White Dorpers PC Hanekom (7)

ProAgri 137 – Junie / June 2011

29


Veilings

Thiele Estates

27 Julie 2011 - Ermelo Veiling Navrae: Carl Thiele 082-944-0480

30 ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Veilings

Ons hanteer ook: • Plaasveilings • Eiendomstransaksies • Spesiale veilings

U word die geleentheid gebied om vee teen mededingende pryse te koop!

LEWENDEHAWE-VEILING

Elke Vrydag om 11:00 by ons veilingskrale te Nylstroom Vir enige navrae: Marinus van Jaarsveld: 082-558-3137 Manie Mountany: 082-702-6885 S24’45’25 O28’26’94 Webtuiste: www.umjindi.com e-pos: manie@umjindi.com

k r a m e s r e

Bo

Boer-se-mark op ProAgri se webwerf bied nou gratis kleinadvertensies van maksimum 25 woorde (sluit prys en kontaknommer in) vir landbouverwante goedere of dienste.

Stuur nou jou advertensie vir die eerste rondte na oppiestoep@mweb.co.za of faks dit na 012-362-2732. Besoek www.proagri.co.za, klik op Oppiestoep en Boer-se-mark om te kyk watter winskope ander boere bied. Besoek ons webwerf vir die jongste landbounuus:

www.proagri.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

31


Veilings

Oljaco Game Dealers

Coena Smith

• Pyl wild vir enting, behandeling en navorsing • Koop en verkoop wild • Vervoer en hervestig wild • Wildplaasontwikkeling • Voer wild uit • Vang wild • Tel wild

014-755-3626 / 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za 082-388-2741 / 082-388-2742 / 082-388-2743 / 082-388-2744 of faks: 086-510-6889 32

ProAgri 137 – Junie / June 2011

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

33


Veeboerdery

’n Kwarteeu bewys Beefmaster se waarde joe dit is nou vir jou ’n MENEER van ’n bul daai!” “Ja dis Piet se Beefmaster; wat ’n BUL van ’n man!” Boere en hulle beeste is so onafskeidbaar dat die een gebruik word om die ander te beskryf. Nêrens is die verbintenis tussen die menseras en beesras so sterk soos by die Beefmasters nie.

“S

Die geskiedenis van die ras getuig daarvan Net meer as ’n eeu gelede was daar ’n boer in Texas met die naam van Ed Lasater. Hy het kennis geneem van die kruiskragwaarde van die Brahman wat in daardie stadium as ras ontwikkel is uit die Amerikaanse Longhorns en Europese vleisbeestipes. Hy het twee kuddes ontwikkel: ’n Brahman/Herefordkruising en ’n Brahman/Shorthornkruising. Ed is in 1930 dood en sy seun, Tom, wat toe maar net 20 jaar oud was, moes die bestuur van die boerdery oorneem in die middel van ’n depressie. Dié MENEER van ’n bul behoort aan Kerneels van Rensburg van Nooitverwacht Beefmasters. Die kudde wat hy geërf het was Hy was van 2003 tot 2006 president van die genootskap. goed aangepas by die omstandighede in die suide van Texas en seleksiebeginsels van Tom Lasater. Onder Boere wat in hierdie 25 jaar se het oor goeie genetika beskik. Geld die leiding van ’n reeks toegewyde sukses wil deel, kan gerus ’n om bulle van buite in te koop was daar presidente en raadslede het Beefmaster draai maak by die Beefmasters nie en Tom het begin om die beste die ras geword wat die vinnigste groei in se nasionale veiling op 13 Julie bulle uit die een kudde op die beste Suid-Afrika. Die Genootskap het nie net koeie in die ander kudde te gebruik. 2011. Kry meer inligting by ’n toekenning ontvang vir beste Onder-steun deur ’n rewolusionêre Helga Prinsloo by 086-111-3144 dienslewering nie, maar het ook baie streng aandag gegee aan die ontwikkeling van of blaai na die advertensie op seleksieprogram het die poging die mense wat by die ras betrokke is deur die agterblad. uitgeloop op die presterende opleiding- en keurderskursusse. Beefmaster. Van 2009 af, onder leiding van die ment, gehardheid en aanpasbaarheid, Die seleksiebeginsels was en is nog bestaande president, Piet Human, word bouvorm en melkproduksie. steeds vrugbaarheid, groei, temperadaar ook baie klem geplaas op prestasieDie drieraskruising is in 1954 deur die

Vir die kwarteeuviering van Beefmaster in Suid-Afrika het die Genootskap ’n pragjoernaal uitgegee wat van waarde sal wees vir enige vleisbeesboer. Bestel gerus een by Helga Prinsloo by 086-111-3144. 34

ProAgri 137 – Junie / June 2011

Amerikaanse Departement van Landbou erken en geregistreer. Suid-Afrikaanse boere, wat maar altyd ’n oog vir ’n goeie bees het, was nie links nie. Die eerste semen is in die laat 70’s deur Tony Brink deur Botswana in die land ingesmokkel en 500 koeie is gekies om die Beefmasterras hier te vestig. Dit is opgevolg deur ’n aantal boere wat in die vroeë 80’s ook uit hulle pad gegaan het om Beefmaster-genetika die land in te bring, soos Paul Yiannikus, Martin Bam en Pieter Bosch, wat die eerste president van die Beefmasterklub geword het. Dit is duidelik dat die behoefte aan Beefmaster-genetika sterker as die reëls was, want sommer gou, in 1987, het die Beefmaster-beestelersgenootskap tot stand gekom met volle erkenning deur SA Stamboek. Pieter Bosch is weer tot president verkies. Die genootskap en die ras het van toe af met rasse skrede gegroei met natuurlik die streng toepassing van die ses

toetsing. Steeds bly die slagspreuk van Tom Lasater op die voorgrond: “In culling every female that fails to wean a calf every year, regardless of the reason, we lose some good ones but we get all the lemons.” Dit is die soort van doelgerigte bestuur wat daartoe lei dat die uitspraak, “Beefmasterkoeie is die beste”, in syfers uitgedruk kan word. Die speengewig van kalwers is ’n baie belangrike maatstaf vir die sukses van ’n ras. ’n Vergelykende tabel van rasse wat aan die LNR se Veeverbeteringskema deelneem, wys dat Beefmaster uit elf rasse spog met die hoogste speengewigverhouding, naamlik 47,2%. Die verhouding word bepaal deur die massa van die speenkalf uit te druk as ’n persentasie van die koei se gewig op speentyd, aangepas na 205 dae. Wat ons terugbring by die belangrike verhouding tussen mens en dier – as die boer sy deel doen, betaal die Beefmaster terug met prestasie. www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 137 – Junie / June 2011

35



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.